help daar is ‘n tiener in my huis

Daar is ongeveer 400 tieners in ons tienerbediening. Dit laat ons met ongeveer 300 gesinne met tieners in die huise en omtrent net so veel wat tieners binne die volgende paar jaar nog steeds of vir die eerste keer in die huis gaan hê. Die kinder- en tienerjare is van die belangrikste vormingsjare in ‘n mens se lewe. As gevolg van die feit dat die tienerjare ‘n tyd is wat die tiener in ‘n nuwe lewensfase ingaan, ontstaan daar dikwels konflik in gesinne tussen die tiener en die res van die gesin. Soos die een jong tiener onlangs vir haar ma sê: “Ek mis vir sussie (wat universiteit toe is) want nou is daar niemand om mee te baklei nie, en dit is nie pret om met mamma te baklei nie want mamma baklei terug en mamma is gewoonlik reg.”

‘n Ander tiener moet van verskillende vulkane leer en onthou dit so: My ma is ‘n aktiewe vulkaan, meeste van die tyd besig om vuur te spoeg. My pa is ‘n sluimerende vulkaan, hy kan enige tyd ontplof. My sussie is ‘n uitgewerkte vulkaan, sy beteken niks nie.

In sommige gesinne is daar meer konflik as in ander, maar in alle gesinne met tieners is daar konflik. Die tieners sê dit is die ouers se skuld en die ouers sê dit is die tieners se skuld. Maak nie saak wie se skuld dit is nie, as ouers het ons die verantwoordelikheid om aan ons verhoudings met ons kinders en veral tieners te werk. Hier is ‘n paar wenke:

1. Gee tyd vir hulle.

Bv. Eet saam met hulle aan tafel en deel wat in die dag met jou gebeur het, selfs as hulle hulle oë rol, dit gebeur die hele tyd met my.

2. Respekteer hulle privaatheid.

Jy verwag van hulle om jou privaatheid te respekteer. Sê nou hy/sy sal by jou kamer instap as jou deur toe is????

3. Stel belang in dit waarin hulle belangstel.

Jy sal nie weet waarin hulle belangstel as julle nie met mekaar praat nie.

4. Luister na hom/haar.

Wag omtrent twee weke voor jy raad gee of preek.

5. Wys jou liefde.

Sê vir hulle en druk hom/haar selfs al reageer hy/sy soos ‘n winkelpop – net nie voor sy/haar maats nie!

6. Skep herinneringe en spog met hulle.

Hang hulle kunswerke en prestasies teen die muur waar almal dit kan sien. “ag ma” beteken eintlik “Moet asseblief nie ophou nie.” Maak ‘n “collage” van die vakansie se fotos en hand dit teen die muur op.

Ek glo nie dit sal hulle buie verander nie, maar dit sal hulle baie leer oor verhoudings wat hulle in hulle eie lewens kan toepas. Jy gaan dit waarskynlik so geniet om hierdie dinge te doen, dat jy nog ‘n tiener gaan aanneem – myne is beskikbaar.

Advertisements

4 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

4 responses to “help daar is ‘n tiener in my huis

  1. Duusman

    Lekker inskrywing Ds. Die 2 weke wag is dalk lank- tieners se halfleeftyd vir onthou, is so 1 week.

    Ds se tiener- ek sal belangstel( dis nou as dit ‘n dogter is) 😉

  2. Dagse Ds Attie
    Tieners is die manier wat ouers terug betaal word vir die probleem wat hulle eie ouers gehad het met hulle. 😉

    Sterkte dis ‘n moeilike tyd maar baie lekker ook.

    Groete

  3. Duusman: Een van die mooiste meisiekinders wat ek al ooit gesien het – nie net omdat sy my dogter is nie. Langbeen blonde dogter met ‘n blou beld in karatie. Ons kan oor die lobola ondehandel. Soos die een advertensie sê een of ander klein landjie, nie te fancy nie, iets soos Australië. En.. die 1 week, natuurlik so.
    White Knight: Eerder uitdagend as moeilik. Baie pret ook…

  4. Katvoet

    My tienerdogter is vandag 14. Mooi soos die moreson. Sjoe die kinders word net vir my mooier en mooier. Sy leer my baie, van haar en myself. Tande is partykeer stomp gekners, maar ja, ek verruil haar vir niks. Dankie Attie, waardeer jou post baie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s