christen en besittings

Daar is baie emosionele druk op Christene om finansieel by te dra tot verskillende sake. Ek dink verskeie van hierdie aktiwiteite verdien ons finansiële en enige ander steun wat hulle moontlik kan kry.

‘n paar dinge oor die manier waarop hierdie sake gestel word, laat sekere vrae by my.

Die eerste is dat hierdie emosionele druk wat op mense geplaas word dikwels ‘n skuldgevoel by mense opwek om dat hulle nie vir hierdie sake ‘n finansiële bydra wil maak nie en omdat hulle meer het as wat ander het.Op die ou end ontken rykes dat hulle ryk is en ander probeer hulle bes om ryk te lyk sodat hulle ook kan ontken dat hulle ryk is.

Die Bybel verkondig die beginsel van ewewig:

“Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle wat nou oorvloed het, die help wat gebrek ly.” (2 Kor. 8:13)

Ewewig beteken vir my:

“Diè met baie, het nie te veel gehad nie, en die met ‘n bietjie het nie te min gehad nie.” (2 Kor. 8:15)

Christelike vrygewigheid beteken nie dat ek moet skuldig voel omdat my huis duurder is as iemand anders sin nie en omdat my kar duurder is as iemand anders sin nie. Ewewig beteken dat ek my rykdom gebruik om ‘n ander in sy nood te help, maar nie noodwendig tot op dieselfde vlak as ek nie. As ek reg het, is dit kommunisme. Die staat besit alles en sorg dat almal ewe veel (of ewe min) het.

Dit is my een probleem. Die ander probleem is dat gelowiges hulle verantwoordelikheid teenoor ander gelowiges miskyk. 2 Korintiërs 8 gaan spesifiek oor die hulp aan medegelowiges, maar Galasiërs 6:10 sê dit in een sin:

“Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan medegelowiges.”

Wat probeer ek sê: Hou op skuldig voel as jy meer het as ander. Gebruik dit waarmee die Here jou geseën het om jou medegelowige in nood te help.

Advertisements

1 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

One response to “christen en besittings

  1. Attie
    Finansies en die kerk was maar nog altyd kontroversieel. Is dit nie een van die sake waaroor daar heelwat in die Bybel geskryf word nie? My standpunt is dat ons vrygewig moet wees en moet gee sonder om skuldig te voel daaroor. Ek hou daarvan om te gee waar ek sien daar is nood. Om te gee as jy gevra word het nog altyd ‘n nasmaak gelaat. Ek glo dat God Sy kinders in so ‘n mate seen dat hulle genoeg het om van te lewe en ook genoeg het om weg te gee. In die huidige ekonomiese toestande wereld wyd het die waarheid van die Woord oor finansies nog meer bewys dat God se beginsels werk. Die mense wat die minste geraak word, is die wat sonder skuld is. Ek streef nog daarna, maar glo dat God sal voorsien. Dink net hoeveel sal ons he om weg te gee as ons nie skuld gehad het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s