drie vra wat niemand vra nie

Dalk is ek nie veronderstel om hierdie stukkie te skryf nie.

Ek het al voorheen geskryf oor Phillip Yancey se boek “Dissipointment with God”. Die subtitel van die boek is “Three questions nobody asks aloud.”

In die boek skryf Yancey oor sy gesprek met Richard, een van sy studente wat sy doktoraal in teologie by hom gedoen het. As gevolg van verskillende dinge wat in sy lewe gebeur het, vra Richard hierdie drie vrae:

1. Is God regverdig?

Richard het sy bes probeer om ‘n volgeling van die Here Jesus te wees, maar ten spyte van sy opregte pogings, het sy lewe steeds in duie gestort. Hy kon nie dit wat hy beleef versoen met die Bybel se beloftes van seën en geluk nie. En wat van al die mense wat openlik God se bestaan ontken en tog voorspoed en seën beleef?

2. Bly God stil?

Drie keer in sy lewe moes Richardt kritiese besluite neem met betrekking tot sy opleiding, beroep en liefdeslewe. Hy het by God gepleit vir duidelike leiding. Elke keer het hy gedink hy weet wat God se wil is, net om daarna agter te kom dat hy die bal mis geslaan het. Hy sê hy het male sonder tal gehoor dat God ‘n wonderlike plan vir sy lewe het, maar hoekom maak God dan nie sy plan aan hom bekend nie?

3. Is God weggesteek?

Richard het ‘n brandende begeerte gehad dat God Homself aan hom sal openbaar. Dit het nie gebeur nie, en dit het hom die vraag laat vra: “Hoe kan ek ‘n verhouding hê met ‘n God van wie se bestaan ek nie eers seker is nie?” Dit was vir Richard asof God Homself doelbewus wesgteek, selfs vir mense wat in alle opregtheid na Hom soek.

Oor ‘n paar uur sal ek ‘n begrafnis hou van ‘n ma met een seun wat in ‘n motorongeluk dood is. Later vanmiddag sal ek ‘n jong dogter sien wat onlangs verkrag is. More begrawe ek ‘n agt en tnigtig jarige vrou wat selfmoord gepleeg het. Verlede week Donderdag het ek ‘n groep mans gesien wat saam ‘n gewapende roof beleef het.

Saam met al hierdie dinge en wat oor die laaste paar dae met my gebeur het, het ek weer gevra wat die verskil tussen die kerk en ‘n weermag? En die antwoord is:  ‘n Weermag skiet nie sy gewondes nie.

Met al hierdie dinge in my gemoed gaan ek my bes probeer om die twee families vandag en more hoop en troos te bring.Gaan ek die verkragte meisie en en die geroofde mans sin laat sien in alles wat gebeur. EN dalk, wie weet maak dinge vir myself ook weer sin.

Daar is nie vandag baie dinge wat vir my rede gee om te glo nie, maar geloof is meeste van die tyd ‘n keuse.

” Toe ek hierdie dinge hoor, het ek gesidder,

my lippe het gebewe, my hele liggaam het lam geword,

my bene het aan die ruk gegaan.

Tog sal ek geduldig wag dat die dag van oordeel

moet kom oor die volk deur wie ons aangeval is.

Al sou die vyeboom nie bot nie

en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie,

al sou die olyfoes misluk

en die lande geen oes lewer nie,

al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie

en die beeskrale sonder beeste wees

nogtans sal ek in die Here jubel

sal ek juig in God my Redder.

Die Here my God gee vir my krag.

Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok,

op hoë plekke laat Hy my veilig loop.”

(Habakuk 3:16-19)

10 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

10 responses to “drie vra wat niemand vra nie

  1. M

    Ds.Attie, u het my gehelp om God weer in my lewe te vind nadat ek gevoel het God het my (ons gesin) verlaat. Daarvoor sal ek u altyd dankbaar wees en ek dank die Vader dat u daar was / is vir so baie mense wat u nodig het.

    Gister sê `n vriendin vir my: “kanker steel jou vrede” en dit is regtig so…..daar is baie dinge wat ons vrede steel en mens kom in opstand daaroor, word kwaad, moedeloos…en dan gebeur daar `n Maandag in my lewe…

    Ons het Maandag `n genade pakkie van die Vader ontvang….toegedraai in die mooiste papier van liefde en binne in was`n geskenk van onskatbare waarde: kosbare tyd!!

    Groete

  2. M: Saam met julle baie dankbaar en bly oor die genade pakkie.

  3. Attie, dis verfrissend dat jy so eerlik kan wees oor jou eie worstelinge. Jy is nie die enigste herder wat ek ken nie (as ek nou kan aanneem ek ken jou!) en ek het net nou die dag vir iemand opgemerk dat ek ongelooflike respek vir herders het. Baie mense sal se dat ‘n leraar die “beste werk” het, want “hy/sy werk net Sondae”. Sulke mense het natuurlik geen benul van wat ‘n leraar doen wat sy werk behoorlik doen nie. Ek haal my hoed af vir die situasies waarmee jy en soveel ander leraars daagliks mee te doen het. Ek kan ook net dink hoe sieltappend dit moet wees. Weet net altyd dat jy vir andere meer beteken as wat jy besef. My bede is ook met jou in hierdie situasies.
    Ek is bly jy haal weer vir Yancey aan. Die spesifieke boek van hom het geweldig positief op my eie lewe ingewerk. En ek dink jy vat geloof in sy essensie saam (soos in Habakuk ook aangedui): geloof is nie “as gevolg van nie”, maar “ten spyte van”. Dis ‘n keuse en ‘n baie persoonlike keuse daarby.

    Sterkte!

  4. Attie, ek kom kry altyd my krag hier by jou, en soms vergeet ek dat selfs die wat vir ander krag gee soms self krag nodig het. Uiteindelik kom die krag van God af deur sy Heilige Gees. Hierdie bron van krag word nooit uitgeput nie. Hoe nader mens aan die bron is hoe beter vloei die krag.

    As iemand wat van nature maar graag antwoorde wil he^ is dit soms vir my baie swaar as ek nie by antwoorde kan uitkom nie. Dis dan wat mens maar net op geloof kan staatmaak, deur te glo dat al maak dinge nie nou sin nie is daar tog sin in.

  5. Ek stem absoluut saam. Dankie. En sterkte vir dit wat jy daagliks moet hanteer.

  6. freddiescoffeebar

    Hi oom

    Hierdie boek was vir my een van die beste boeke ooit! Ek dink ek moet dit weer lees…

    Dankie dat oom ook oom se eie menslikheid met ons deel. Dit versterk my geloof in God, wat bereid is om saam met my te wandel, ten spyte van my menslikheid en seer.

    Groete
    F

    PS… Ek mis die Rustenburgers. Stuur groete asb…

  7. kati

    dit breuk my hart… ek verstaan soms nie geloof nie, meeste van ons verstaan nie waarom ons moet seer kry nie, maar min van ons besef dat domenies dalk ook nie vestaan nie. ek wonder som ook of ds. besef watse groot rolmodel jy is nie… die feit dat ds.soms ook ‘n harde tyd en soms selfs ‘n HARDER tyd kan beleef maak ds. weer mens , en die van ons om ds. kan saggies weer begin asem haal wanneer ons besef dis ok om soos ‘n bad dag, week maand of kwartaal te he…
    niemand het die antwoorde nie, NIEMAND, ons almal hou aan vra, en blameer en gee gou moed op, almal het altyd beter raad as die volgende … ek kyk na al die pyn in die wereld en sien dan ook die vraagtekens in almal se oe. ek glo God se ewewig, is TE groot vir ons om te begryp. sy wee is hoer as myne! en dan juis omdat ek nie weet waarom dit met somge mense sleg gaan nie, en sien hoe mense rondm my so veel seer het, en ek ook, juis daarom glo ek meer in my vader, juis dan moet ek op hou wil verstaan en net glo, ek is nietig en klein in die skepper se hande.
    net omdat ek nie verstaan waarom my God doen wat hy doen nie, maak hom geensing verkeerd nie, sy wee is hoer as myne…

  8. kati

    e dink hierdie dag stukke het meer vir my beteken as enage ander ding wat ek al ooit van ds. geleer het…

  9. Tiens

    Liewe Doom

    Baie dankie vir hierdie stukkie, ek het altyd gevra wat ‘n predekant nou eindlik vir die samelewing beteken, vandag het ek my antwoord gekry, baie dankie.

    Tiens

  10. Tiens, ek is bly om weer van jou te hoor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s