deelname is nie dissipelskap nie.

Ons dink as ‘n reël dat lidmate wat deel neem aan die verskillende dinge wat die gemeente doen en betrokke is by die verskillende aksies van die gemeente na binne en na byuite, ook die lidmate is wat geestelik meer volwasse is. Willow Creek het na aanleiding van hulle eie situasie navorsing hieroor gedoen. Hulle het op die ou end volgelinge van die Here Jesus (Dissipels)  rofweg in vier kategorië ingedeel.

Die vier kategorieë is:

Ondersoek Christenskap

Groei in Christus

Naby aan Christus

Christus gesentreerd

Die ONDERSOEKENDE CHRISTEN kan iets sê soos:

“Ek glo in God, maar ek is nie seker oor Christus nie. My geloof is nie ‘n betekenisvolle deel van my lewe nie. “

Hierdie mense is besig met die eerste treetjies in geestelike groei en word gekenmerk deur min instemming met sekere geloofs-uitdrukkigns soos: “Ek glo dat verlossing net deur Jesus Christus moontlik is.”

Die GROEIENDE CHRISTEN kan weer iets sê soos:

“Ek glo in Jesus Christus en ek probeer verstaan wat dit beteken om Hom regtig te ken.”

Hierdie gelowiges groei in hulle geloofslewe deur die dinge wat in en om die kerk gebeur en begin om sekere van die geestelike dissiplines en praktyke in hulle lewens weg van die kerk af toe te pas.

Die Christen wat  NABY AAN CHRISTUS is, kan op sy beurt iets sê soos:

“Ek beleef dat ek regtig naby aan Christus leef en op Hom vertrou vir daaglikse leiding.”

Hierdie groep gelowiges het heelwat meer van die geestelike dissiplines en praktyke in hulle lewens. Diens aan ander word ‘n baie belangrike manier waarop hulle uitdrukking gee aan hulle geloof. Alhoewel hulle toewyding aan Christus die hele tyd besig is om te groei, het hulle nog nie op die punt gekom waar daar ‘n reserwelose oorgawe en toewyding aan die Here Jesus is nie.

Die CHRISTUS GESENTREERDE CHRISTEN sê:

“Ek het niks anders as die Here God in my lewe nodig nie. Hy is vir my genoeg. Alles wat ek doen is bedoel om Jesus Christus uit te straal na mense toe.”

Hierdie mense het hulle lewe ten volle aan die Here Jesus oorgegee en hierdie oorgawe word sigbaar in hulle optrede en gesindhede in elke faset van hulle lewens dwarsdeur die dag. Hulle is met passie op soek na God se leiding op elke terrein van hulle lewens.

Alhoewel hierdie groepe nie absoluut is nie, met ander woorde dat mens ook tussen iewers enige van die groepe kan wees, help hierdie opsomming my om te verstaan waar ek is, maar ook waar die mense rondom my hulleself bevind, sodat ek kan weet waarmee ek hulle kan help as hulle in hulle geestelike lewe wil vorder.

Maar dit help my ook om altyd in gedagte te hou dat die lidmaat wat betrokke is en aan die meeste dinge in die gemeente deel neem, nie altyd die geestelik meer volwasse gelowige is nie, alhoewel dit ook nie ‘n vaste reël kan wees nie.

2 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

2 responses to “deelname is nie dissipelskap nie.

  1. Dagse Attie

    Baie duidelik is dit nie jou eerste jaar in die bediening nie. 😀

    Sterkte, dit bly ‘n uitdaging om elke dag met mense en hull persepsies en giere te moet deel.

    Groete

  2. meermin

    Ds baie sterkte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s