sam het net een probleem

Ronnie skryf vir my hierdie brief:

Attie

Ek sien gereeld ‘n sekere man verby my werk in Tlhabane loop terwyl hy ‘n waentjie trek. Voorheen het ek net die waentjie raakgesien, maar vanoggend (6 Feb 2009) het ek die man raakgesien. Dit was moontlik sy kleredrag en die stywe pas waarmee hy geloop het, wat my aandag getrek het. Hy het naby my werk van die pad afgetrek om ‘n ruskansie te vat en ek het nader gestap om ‘n geselsie aan te knoop.

samSam verkoop skrootyster omdat hy nie van die staat kan verwag om vir hom te sorg nie. Hy doen die werk al lankal omdat hy nie ander werk kon kry nie. Hy soek nie nou meer ander werk nie, want hy dink nie hy sal kry nie . Hy hoor hoe die ander mense sukkel om werk te kry. Daar bly nie iets oor nie, maar Sam “kom reg” met die geld wat hy so verdien. As ek ou yster sien rondlê, moet ek hom asseblief sê.

Waar ek hom ontmoet het,was hy nog ongeveer 2km van die skrootwerf af. Sam het die waentjie self gebou met ‘n ou geroeste kruiwabak en 4 wiele waarvan nie twee dieselfde is nie. Sam dra die das want hy wil darem nie sommer-so lyk wanneer hy werk nie. Sam het net een problem. Sy een voorwiel word te gou pap. Hy moet dit elke dag by die garage pomp, maar nie lank nie of dit is weer pap en dit “slow me down”. Hy sê hy kyk uit vir ‘n ander wiel en as ek hoor van een moet ek hom asseblief sê. Die ander drie wiele kan darem nie pap word nie.

Ek het, met Sam se toestemming, ‘n paar fotos met my selfoon geneem. Sien die nommerplaat met TP……GP.

Tydens ons gesprek het Sam ‘n gulde geleentheid gehad om vir my ‘n geldjie te vra, want ek het eintlik die gesprek in die rigting gestuur. Maar nee. Sam het net een probleem… Ek sou hom beledig het as ek dit aangebied het.

Ek het nogal ongemaklik gevoel na die aangrypende ontmoeting en weet nog nie wat om met die gevoel te maak nie.

Groete

6 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

6 responses to “sam het net een probleem

  1. wilna

    Werklik ‘n besondere storie.

  2. Iemand

    Ek dink Ronnie het hierdie man menswaardig behandel.

  3. kleinvissie

    Ek sien ook dikwels hierdie mense wat skrootyster versamel sonder om twee keer daaroor te dink. Skielik sien ek iemand wat trots is en werklik sy bes wil doen om ‘n bestaan te maak. Die das wat hy dra is vir my die beste.

  4. Dagse Attie
    Iemand wat glad nie sommer net gaan le het en verwag die lewe moet by hom verby beweeg nie.

    Die beste wat enige een vir Sam kan doen is om vir hom ‘n ander wiel of selfs ‘n beter waentjie te voorsien.

    Groete

  5. Dankie Sam vir die voorbeeld. Ek het al baie gehoor van trots wat mense tot ‘n val bring, maar hierdie is vir my ‘n voorbeeld van trots wat Sam se beeld goed doen en van hom ‘n beter mens maak. Sy mens wees is ‘n voorbeeld vir baie ander en ek glo hy sal die beloning eendag kry. Kom is bid saam vir Sam en vertrou die Here om deur Sy kinders aan Sam ‘n nuwe waantjie te voorsien.
    Dankie vir die foto Ronnie.

  6. Christo: Ek is nogal nuuskierig om te hoor wat hierna gebeur het. Soos ek vir Ronnie ken sal hy ‘n plan maak wat nie Sam se menswaardigheid aan tas nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s