programme en dissipelskap

Elke leraar van ‘n gemeente behoort dikwels te wonder oor die effektiwiteit van dit wat hulle as gemeente doen. Daarmee saam wonder ons (ek ten minste) oor in hoe ‘n mate is dit wat ons as gemeente doen in ooreenstemming met dit wat die Koning van die kerk van die kerk verwag.

Ek hoor ook dikwels oproepe dat ons net moet teruggaan na die Handelinge kerk en dan sal al ons probleme opgelos wees. Ek dink nie dit is so eenvoudig nie en ek dink nie dat dit ons enigsins nader daaraan gaan bring om as kerk van die Here Jesus meer effektief te wees nie.

Daar is twee redes waarom ek so dink:

Die eerste rede waarom ek dink dat die Handelinge model ons nie sal help om meer effektief kerk te wees nie, is omdat die tye waarbinne ons vandag kerk moet wees bitter min indien enige ooreenstemming het met die tyd waarin die Handelinge kerk gevestig is nie.

Die tweede rede is omdat die Handelinge kerk ook nie volmaak was nie. Ek preek Sondag-aand daaroor, so ek gaan nie nou meer daaroor skryf nie.

Maar geen kerk of gemeente kon nog ooit daarop aanspraak maak dat hulle alles reg doen en dat hulle nie nodig het om te verander en aan te pas nie. Gereelde evaluasie behoort ons te help om te sien waar ons aanpassings behoort te maak.

Een van die kerke of gemeentes wat die pas aangee in die wereld, is Willow Creek in die VSA. Vir baie jare het hulle die “seeker-sensitive” model gebruik en gepropageer. In 2007 het hulle egter ‘n “voorraadopname” gemaak en  besef dat hulle verkeerd was.

Hierdie video-snit verduidelik iets daarvan.(Daar is nie ‘n probleem met die snit, hy is so opgeneem.)

Het jy ‘n mening hieroor?

Advertisements

3 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

3 responses to “programme en dissipelskap

  1. meermin

    Môre ds, ek is vandag bietjie sonder woorde, woorde ontbreek my vandag, ek lees orals blogs, maar om die een of ander rede kry ek geen gedagtes van wat om terug te sè NIE!!

  2. gerrit

    Die handelinge kerk was miskien nie sonder foute nie maar dit was baie meer effektief en die rede daarvoor is omdat hulle afhanklik was van die leiding van die Heilige Gees. Vandag probeer ons allerhande programme, spesiale predikers, opvoerings, en dinge om mense se belangstelling te prikkel maar dit sal nie werk as die Heilige Gees nie betrokke is nie.
    Joh 16:7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
    Joh 16:8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:

  3. gerrit: Programme is nie die laaste antwoord nie, maar is ook nie noodwendig verkeerd nie. Die leiding van die Heilige Gees is die belangrike saak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s