leef coram deo (ii)

Ek het laas begin skryf oor die gedagte om in die teenwoordigheid van God te leef. My gedagtes hieroor het hulle oorsprong by ‘n boekie van Frank Laubach en Brother Lawrence met die titel: “Practicing the Presence of God.”

Die boekie bevat gedeeltes uit die dagboek van Frank Laubach en ‘n paar briewe van Brother Lawrence, waarin hulle beide skryf oor hoe hulle in die teenwoordigheid van God geleef het.

Die boek het my aan die dink gesit: Is dit prakties moontlik om deurlopend in kontak met God te wees?

As ek na die Bybel kyk, dan wil dit tog vir my lyk asof die gedagte op ‘n hele paar plekke genoem word. Lees voort “leef coram deo (ii)”

foute van christen deur die jare

Die geskiedenis vertel op verskeie plekke van gebeure waar Christene niks minder as bose dinge aangevang het nie – alhoewel hulle nie altyd daarop aanspraak gemaak het dat hulle die dinge as Christene gedoen het nie. Voorbeelde hiervan is kruistogte; die Spaanse Inkwisissie; die persone wat aborsie klinieke bombardeer. Sulke gebeure het tot gevolg dat mense dink dat dat Christene eerder deel van die probleem is as wat hulle deel van die oplossing was en is.

Dit is natuurlik waar dat daar van die vroegste tye af mense was wat in die naam van Christenskap erge dinge aangevang het. Lees voort “foute van christen deur die jare”

soos ‘n kind

Die Here Jesus het sy dissipels by geleentheid daarop gewys dat ons soms by kinders iets kan leer oor geloof. Die beeld van weergeboorte laat my ook daaraan dink dat ‘n mens se geestelike lewe deur fases gaan soos die groei van ‘n kind na ‘n volwassene. Daar is ook ‘n spreekwoord wat sê: Uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor. Ons dogter is nou Graad 7, en sy sien ‘n ding baie keer anders as wat ons dit sien en dan sê sy dit ook.

Kom ons kyk meer kere na die lewe deur die oë van ‘n kind. Kyk hierna en dink bietjie daaroor: Lees voort “soos ‘n kind”

dankbaarheid

Ek is vir die afgelope paar maande betrokke by ‘n gesin waar die sestienjarige seun ‘n uiters kwaadaardige gewas op die brein het. Die seun het reeds ‘n breinoperasie gehad waar die gewas verwyder is waarna hy ook chemo gekry het. ‘n Paar weke nadat die chemo behandeling  klaar was, het dat die dokter gesê dat daar geen tekens van die gewas of die kanker meer is nie.

Ek onthou so goed die ma se ekstase en getuienis dat haar seun genees is en dat hy nie weer siek gaan word nie want die Here het ‘n wonderwerk gedoen.

‘n Paar maande later het die simptome wat die seun voor die eerste operasie gehad het, weer teruggekom. Alhoewel die gesin vermoed het wat die dokter gaan sê, was die slegte nuus dat daar weer ‘n gewas is ‘n reuse skok en teleurstelling. Lees voort “dankbaarheid”

deel die boodskap – soek die siekes

Ek was onlangs weer in die situasie waar iemand my vra om met iemand wat sy goed ken te praat oor die persoon se verhouding met die Here omdat sy bang is sy verhouding met die Here is nie reg nie. Ek het wel met die persoon gepraat en na sy geloofsreis geluister en met hom iets van my geloofsreis gedeel en ons is uitmekaar uit na ‘n baie goeie gesprek.

Die Bybel laat oor een ding min twyfel en dit is dat ons getuies van die goeie nuus van Jesus Christus moet wees en dat die wêreld deur ons die boodskap  op so ‘n manier moet kry dat hulle  volgelinge van die Here Jesus sal word.

Die interessante van hierdie situasie hierbo, is dat daar van my verwag word om met die persoon oor sy verhouding met die Here te praat, omdat ek die persoon is wat daarvoor opgelei is. Op die ou end kon ek nie anders as om die gevolgtrekking te maak dat die dame wat bekommerd was oor haar vriend se verhouding met die Here, se verhouding met hom van so ‘n aard was dat sy nie die vrymoedigheid gehad het om met hom oor die Here te praat nie, en met hom was dit dieselfde.

lbur Chapman ‘n bekende evangelis het die volgende waarneming gemaak: Lees voort “deel die boodskap – soek die siekes”

om alles vir almal te wees

In my vorige “post” het ek ‘n opmerking gemaak wat daarop neerkom dat ek die waarheid van die evangelie aan mense in hulle unieke omstandighede en binne hulle eie kulture en binne hulle eie verstaansraamwerk verkondig om soveel mense as moontlik vir Christus te wen.

Die gedagte hier rondom gryp ek natuurlik nie uit die lug uit nie, dit was ook Paulus se benadering. Hy skryf in 1 Korintiërs 9:19-23 hierdie woorde: Lees voort “om alles vir almal te wees”

Waar staan ek?

As kind van God, predikant van ‘n plaaslike gemeente, deel van ‘n groter kerkverband en deel van die kerk en die koninkryk van God dwarsoor die wêreld, kan ek nie anders as om in ‘n poging om soveel mense as moontlik vir Christus te wen, seker te maak dat ek soveel as moontlik te wete kom van wat op die teologiese front aan die gebeur is, maar dan ook om die mens aan wie ek die evangelie van die koninkryk wil bring, so goed as moontlik te probeer verstaan.(Lang sin, maar verskoon my daarvoor) Lees voort “Waar staan ek?”

LEEF CORAM DEO

Coram deo is ‘n Latynse uitdrukking wat vertaal kan word met “Leef voor die aangesig van God.”

Ek het onlangs ‘n boekie van Brother Lawrence en Frank Laubach “Practicing the Presence of God” gelees. In die boekie vertel beide die skrywers hoe hulle hulle lewens daaraan gewy het om in deurlopend in kontak met God te bly. Brother Lawrence het vir die laaste tien jaar van sy lewe op hierdie manier gelewe. Frank Laubach het op sy beurt oor ‘n tydperk van ongeveer twee jaar ‘n dagboek gehou van hoe hy in kontak met God gelewe het. Behalwe vir Laubach se dagboek, is daar briewe van Brother Lawrence wat hy aan verskillende mense oor die onderwerp geskryf het.

Een van die uitstaande indrukke wat die boekie op my gemaak het is die totale afwesigheid van enige vorm van hoogmoed Lees voort “LEEF CORAM DEO”

uitdagings 2009

Ek het ‘n paar drome aan die begin van 2008 gehad, party van hulle het gerealiseer. Een van die drome was om aan die einde van 2008 nog steeds met die “blog” besig te wees. Op daardie stadium was daar ‘n paar “blogs” wat toegemaak het, en ek wou nie dieselfde pad loop nie. By een geleentheid was my “blog” byna toe en in die laaste twee maande van die jaar was ek so besig, dat ek nie eers tyd gehad het om te “blog” nie. Die ander droom was om Scot McKnight na Suid Afrika te bring en hom op ‘n paar plekke te laat optree.

Daardie twee drome het in 2008 gerealiseer.

Ek het aanvanklik gedink dat ek geen drome vir 2009 gaan hê nie. Maar, toe lees ek verlede week ‘n berig in die Beeld oor twee mense wat die hoogste bergpiek in elke provinsie in nege dae geklim het. Lees voort “uitdagings 2009”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑