die toring van babel

‘n Goeie vriend van my vra of ek dalk vir hom die Toring van Babel kan verduidelik. Ek weet nie mooi hoe ‘n mens dit verduidelik nie, maar kom ek probeer ‘n paar gedagtes.

Een van die eerste vrae oor die Toring van Babel is of ons dit as ‘n historiese gebeure verstaan. Ek dink daar is genoeg bewyse (Argeologies asook buite Bybelse bronne) dat die toring van Babel wel bestaan en in die stad destyds bekend as Babilon gebou is.

Die tweede vraag is of die ontstaan van die verskillende tale teruggevoer kan word na die gebeure by Babilon. Die antwoord op hierdie vraag het natuurlik te make met wanneer die Toring van Babel gedateer word. Argeoloë dateer die eerste gebruik van gebakte stene en asfalt in ongeveer 8500 v.C. maar word die eerste keer in geboue gebruik in ongeveer 3100 v.C.  maar volgens navorsing word die Toring tussen 3100 en 2000 v.C. gebou.

Daar is ook bewyse dat verskillende tale bestaan het voor die tyd van die toring van Babel – selfs so ver terug as 10 000 v.C.

Die gebeure rondom die toring van Babel moet verstaan word as ‘n gebeure wat beskryf is nadat die toring gebou is en in die lig van die kennis van die skrywers van die Bybel en die skrywers van die Bybel se poging om die verskillende tale in die wêreld van hulle dag te verstaan.

God het die verstaanswêreld van die Bybel skrywers binne die bestaanstyd van sodanige skrywers gebruik om ‘n bepaalde boodskap aan Bybellesers oor te dra.

Dus: Die Toring van Babel is wel gebou. Die Toring is tussen 3100-2000 v.C. gebou. Die eerste aanduiding van verskillende tale wat bestaan kan sover teruggevoer word as 10 000 v.C. Die verskillende tale het nie by die Toring van Babel ontstaan nie, maar was die Joodse gelowiges se manier om die bestaan van verskillende tale te verduidelik, maar God gebruik ook hierdie gebeure as ‘n stukkie openbaring om die Bybelleser iets van Homself te leer.

11 thoughts on “die toring van babel

Add yours

  1. Dagsê, Doom!
    Wat ‘n interessante verduideliking. Ding is opreg aangenaam verras en dankbaar vir die moeite. Doom, maar nou wonder Ding – dis nou baie feitelik, en Ding hou van feitelik – maar Doom, hoekom het die Toring van Babel sy stene op ‘n hoop gesien? Hoekom is daai toring nooit klaar gebou nie?

    Dankie, Doom. Doom is bepaald ‘n besonder goeie vriend om soveel moeite vir ‘n vriend te doen. Indrukwekkend.

    Grondgroete

  2. Toe ek ‘n kind was, is bygesê dat die betekenis van die verhaal van die toring was dat die verkillende volke apart moet woon – miskien is dit ook die vriend se eintlike vraag; maar lyk my jy wil nie so vêr gaan om dit te sê nie.

  3. alleman: Ek wil darem nie graag die woord apart gebruik nie, want dan is dit nie lank voor apartheid hier insluip nie. Net soos dit ‘n manier was om die ontstaan van die verskillende tale te verduidelik is dit ook die manier om die bestaan van verskillende volke te verduidelik.

  4. Moreseg, Doom

    Doom, Ding wil so kleeeiiin bietjie aspris wees: daai wat Alleman onthou van die apart loop woon – Doom, daai HET die kleurtjie 🙄 van apartheid soos ons dit geken het, gedra destyds. Onthou, Ding wetie van ander gemeentes nie, maar die waarin Ding opgegroei het, het apartheid reëlreguit uit die Bybel regverdig. Ding wil nie politiek praat nie, nie by die koffietafel nie en ook nie elders nie. Maar Ding weet wat Ding kleintyd geleer is. Want Ding het nie daarvan gehou nie. Maar is dit desnieteenstaande nogtans omdat geleer.

    Grondgroete
    d

  5. Beste Ds: Ek het hierdie vraag op Emil se site gevra, sonder enige antwoord tot op hede( onderwerp= vrye wil).Dalk kan ds my ‘n antwoord uit jou perspektief gee. Groetnis

    Is dit moontlik om enige iets te doen , wat buite God se perfekte wil val ?

  6. Ding: Reg oor die regverdiging van apartheid uit die kerk waarvan ek nou deel is. In skaamte moet ek dit erken.

    Duusman: Volgens my is God se volmaakte wil soos die dinge in Genesis 1-2 was waar dat ‘n volmaakte balans is tussen God en mens en mens en God en God en natuur en die mens en die natuur. Is daar iets is wat ‘n mens kan doen wat nie as die volmaakte wil van God beskryf kan word nie, ja. Wat wel waar is, is dat God elke dingetjie wat in ons lewe gebeur kan omdraai en dit gebruik om ons lewens te vorm. Kan gebruik, want ons moet darem ook ‘n bietjie saam met Hom werk.

    Maar, hierdie redenasie kan maklik ‘n drogredenasie word., Bv. Kan God ‘n klip skep wat Hy nie kan nie kan optel nie. Indien Hy kan is Hy nie Almagtig nie. Indien Hy nie kan nie, is Hy nie alwys nie.

  7. Dagsê, Doom

    Hierdie laaste paragraaf van Doom is vir Ding soooo reg – Ding hou baie van die term “drogredenasie”. Skitterend beskrywende begrip. Wat daarna volg, as verklaring van die begrip, herinner ongelooflik skerp aan tipiese Steve Hofmeyr argumente en elektroniese gesprekvoering met hom oor die onderwerp. Eindelik kan Ding terugsit met ‘n sug en ontspan met ‘n slotopmerking: drogredenasie.

    Dankie, Doom!

    Voorspoedige, geseënde week!
    Grondgroete
    d

  8. Hi Ding: Jy is bitter vroeg by hierdie koffietafel vanmore. Hierdie laaste paar dae was dae uit ‘n ander wêreld en ek kry nou vir die eerste keer kans om te kom kyk wat hier aangaan. ‘n Verwoede week van golf op golf van seën vir jou ook.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: