Ek het nie regtig bedoel om die “post” oor evolusie nog ‘n tree verder te vat nie, maar Riaan se opmerking oor die mens wat na die beeld van God geskape is, het my laat wonder en Kleinvissie se vraag oor in watter opsigte ons na die beeld van God geskep is, het my toe ‘n bietjie verder daaroor laat lees.
Natuurlik is dit waar dat ons volgens die Bybel na die beeld van God geskape is, en as Christen aanvaar ek dit met my hele waarheid as hoe God ons gemaak het. Die fyner besonderhede daarvan word egter nie altyd uitgespel nie.
Ek dink ons het soms die gedagte dat God net ‘n supermens is, maar ek dink dit is belangrik om te verstaan dat “na die beeld van God” nie fisiese of liggaamlike eienskappe beteken nie. Met ander woorde: Ek lyk nie soos God nie en God lyk nie soos ek nie, ek is eerder in sekere opsigte soos God, maar nie in die opsigte alles wat God is nie.
Ek dink ons na die beeld van God geskape het betrekking tot die volgende eienskappe:
1. Kreatiwiteit.
Geen ander spesie op die aarde het die vermoë om kreatief te wees nie. Die mens het die unieke vermoë om kreatief te werk te gaan en dan bepaalde betekenis in te lees in sulke simbole en kunswerke.
2. Selfbewustheid.
Op ‘n wetenskaplik onverklaarbare manier kan die mens van homself bewus wees en bewus wees van wat besig is om met hom/haar en in hom/haar en rondom hom/haar te gebeur. Diere se reaksie op dit wat met hulle en rondom hulle gebeure is meestal instinktief en gaan nie gepaard met ‘n bewustehid van dit wat in hom/haar gebeur nie.
3. Persoonlikheid.
Persoonlikheid het te make met hoe elkeen van ons se brein ons uniek maak. Alhoewel daar sekere persoonlikheidstipes is, is daar nie twee mense wat presies dieselfde samestelling van die verskillende eienskappe van ‘n bepaalde persoonlikheid het nie.
4. Abstrakte denke.
Die mens het die besondere vermoë om sekere dinge waar te neem en dan te verstaan en te verduidelik waarom dinge gebeur soos hulle gebeur. Volgens AM Woodburry het selfs chimpanzees nie die vermoë om te onderskei tussen oorsaak en gevolg nie.
5. Gees, siel en liggaam.
In vergelyking met enige ander lewende wese, is daar ‘n wesenlike verskil in die manier waarop die mens morele keuses en besluite maak. Net die mens het ‘n siel wat beskryf kon word as bestaande uit begrip of verstaan, wil en emosie. Die mens is in staat om verhoudings te bou met beide mens en dier.
6. Gees.
Die Gees is daardie deel van ‘n mens wat ‘n mens in staat stel om God lief te hê en in ‘n persoonlike verhouding met God te leef. Die brein is die orgaan waardeur godsdiens beleef word, maar om te sê dat die brien godsdiens skep is soos om te sê dat ‘n klavier skep klank.
7. Morele oordeel.
Na die sondeval het die mens soos God geword in die sin dat hy tussen goed en sleg kon onderskei. Bv. is daar geen dier wat kwaad kan word omdat een dier van ‘n ander steel nie.
8. Sosiale vaardighede.
Net die mens is in staat om sosiale vaardighede aan te leer en die vaardighede te gebruik om in verhoudings met verskillende mense op verskillende vlakke van intimiteit te leef. Alhoewel sekere aapsoorte ook gelyksoortige vaardighede het, het hulle nie die vermoë om die verhoudings te ontwikkel soos die mens nie.
In hierdie opsigte is die mens uniek en is ons na die beeld van God geskape.
Ek dink… en ek dink net, ek mag later anders dink, dat die sondeval tot gevolg gehad het dat die mens in hierdie opsigte nader misluk en sy unieke skepsel wat God ons bedoel het om te wees. Die volgende drie:
- Kan nie onderskei tussen reg en verkeerd nie.
- Kan nie verhoudings vorm en in stand hou nie.
- Het nie die vermoë om skuld te ervaar nie.
- Om nie simpatie te hê vir leed wat ander aangedoen word nie.
- Om nie in ‘n verhouding met God te leef nie.
Weergeboorte is die begin van die omdraai van hierdie proses waar die mens al hoe meer verander word om aan die beeld van God gelyk te word.
Geestelike volwassenheid word dan gemeet aan die mate waarin hierdie proses van omkeer reeds gevorder het.
“Ons moenie probeer om die Bybel sagter te maak om dit meer aanvaarbaar te maak vir ander maak nie”-Ds Attie (http://gelowigenondersoekend.wordpress.com/2009/01/10/die-bybel-stel-moord-op-rebelse-kinders-voor/#comment-599)- is dit nie maar wat alle christene in elk geval doen nie?
“Bv. is daar geen dier wat kwaad kan word omdat een dier van ‘n ander steel nie.”- dit lyk my die diereryk het ‘n beter en sterker moreel-etiese waardesisteem as die mens- dit maak ons dus ondergeskik aan die diereryk.
Duusman: Nee, ek dink nie alle Christene doen dit nie. Diere word inderdaad kwaad as die een die ander se kos steel, maar diere voel nie sleg daaroor dat ‘n ander een oor ‘n stukkie vleis verskeur is nie.
Daar is jy ongelukkig verkeerd oor diere Attie, talle soogdiere kan simpatie ervaar, asook altruisme en mededeelsaamheid.
Diere kan inderhdaad verhoudings vorm en instand hou, selfs voels kan. Van hulle is lewenslank saam.
Dolfyne, sjimpansees en olifante het self ‘n bewussyn van “die self” en kan hulself in ‘n spieel herken. Hulle is inderdaad bewus van die self!!
Die sjimpansee is absoluut instaat tot abstrakte denke, hulle kan selfs vooruit beplan, en die toekoms visualiseer, lees maar wat se die wereld bekende primatoloog Frans de Waal.
Alle diere, veral soogdiere, het ‘n emotiewe lewe, angs en vrees is in alles diere se breinstamme. Diere ervaar geluk, blydskap, spelerigheid, tientalle emosies. Hulle het inderdaad persoonlikheid.
rosalindfranken: Ek is wel bewus dat diere sekere van hierdie dinge ervaar, ek was net nie 100% seker waartoe hulle werklik in staat is nie. Ek weet van dolfyne en walvisse en al die diere wat lewenslange maats het en wat wel seer beleef en al hierdie dinge.
Maar, die uniekheid van die mens lê in die ontwikkelingsvlak van dieselfde dinge, en die vermoë (God-gegewe) om binne ‘n redelike kort tyd regstellings aan hierdie dinge te maak en al hierdie eienskappe verder te neem.
Weergeboorte is die begin van die omdraai van die proses.
Geestelike groei is die mate waarin die proses herstel het of besig is om te herstel.
Ek weet alle Christene doen dit nie teen dieselfde spoed en met dieselfde toewyding nie, maar…
Ek verstaan dit as dat die mense se samestelling van al hierdie dinge is uniek. Ek verstaan ook dat die mens al hierdie eienskappe het – geen dier het almal nie. Geen dier het die behoefte om in ‘n verhouding met God te leef. Alhoewel dit moontlik is om diere bv. aan te leer om kreatief ens. te wees, kan hulle nooit op die vlak van die mens kom nie.
Ek dink rosalind se opmerking lê op die vlak om hierdie dinge te betwis nie, ek lees eerder dat sy ‘n feit regstel.
En:”Geen dier het die behoefte om in ‘n verhouding met God te leef.” Ds Attie: “ek was net nie 100% seker waartoe hulle werklik in staat is “- beide hierdie stelling stel diere op ‘n hoer ontwikkeling vlak as homo sapiens. Diere doen ook geen kwaad nie,het geen sonde nie,ens- Is dit nie tyd dat die mens homself moet afgradeer na die spesie met die laagste ontwikkelings vlak nie?
Duusman: Alle mense is darem nie dieselfde nie. Ek stem saam met en… die mens se behoefte om in ‘n verhouding met God te staan, plaas hom op ‘n hoër ontwikkelingsvlak as diere. Almal hoef nie met ons (ek en en…) daaroor saam te stem nie, maar dit bly in elk geval my (ons?) oortuiging. En… daar is ander eienskappe (Bv. die unieke samestelling van die verskillende aspekte soos hierbo genoem) wat die mens uniek maak. Daar is mense wat soos varke optree en daar is mense wat soos wolwe mekaar opskeur en verslind… maar almal is nie so nie. Maak jou teleurstelling in homo sapiens nie dalk dat jy anders as diere is nie?
Ek het bietjie gaan lees oor navorsing met “chimps”. Jy kan ‘n meer volledige artikel hieroor gaan lees. Dr. Povinelli.
However after missing out on their food reward often enough, the chimps soon learnt to choose the correct person. “Make no mistake,” says Dr Povinelli. “Chimps are thinking, intelligent, cognitive organisms.” And although they may not reason about the mental states underlying others’ behaviour, they do reason about the behaviour itself.
en
He proposes that, after our lineage separated from chimps, humans underwent a special type of psychological evolution which enabled us to perceive others’ mental lives. This went hand-in-hand with the dramatic enlargement of our brain’s pre-frontal cortex. Complex social behaviours were already in place before this evolution, and our new intelligence refined those behaviours without replacing them. As a result, the key difference between us and other primates lies not in our behaviour, but in our interpretation of others’ behaviour.
Ek is nou baie bly jy haal iemand aan wat se dat komplekse sosiale bedrag lank reeds in plek was voor die evolusie van die Homo-lyn se ontwikkeling, van onder meer ‘n groter brein. Want dit is een van die bewyse van evolusie se prosesse.
Dat: ander komplekse lewe bestaan het voor die mens, en dat ons daaruit ontwikkel het. En dat ons nie skielik “geskape” is nie.
rosalinfranklin: Die feit dat ek Povinelli op hierdie punt aanhaal, beteken tog nie dat ek op alle ander punte hoef saam te stem nie. Daar is tog wetenskaplikes wat op hierdie punt van mekaar verskil soos die wat ek in die skrywe oor god en evolusie aangehaal het. Ek aanvaar met my hele hart dat God die Skepper is en dat die mens na die beeld van God geskape is.
My gevoel is dat wanneer geloof en wetenskap die hele tyd teenoor mekaar gestel word, kom ons nêrens nie. Dalk is daar moontlike maniere waarop geloof en wetenskap mekaar kan aanvul. Nie een van die twee het tog die finale antwoord nie.
Naandsê
Praat oor wetenskap en geloof en Ding klink maar aldeur soos ‘n plaat wat vashaak: geen sin in om wetenskap en geloof met mekaar te laat redeneer nie – sit ‘n groen donkerbril op en kyk na ‘n prentjie. Sit ‘n rooi donkerbril op en kyk na dieselfde prentjie. Besluit watter kleur die prentjie is – hoekom sal enigiemand dit wil doen? Selfde met wetenskap en geloof. Analoog aan Maslow se hiërargie van behoeftes resorteer wetenskap en geloof nie op dieselfde vlak nie en derhalwe is dit futiel om uit die twee hoeke te probeer debatteer; voorts ook omdat die argument juis fokus op die kern-bestaanseienskap van geloof. Neewat, Ding kan werklik nie sien waarom God nie evolusie as skeppingsmeganisme kon gebruik nie. Nie dat dit vir Ding enigsins van belang is nie. Wat maak dit saak hoe Ding hier geland het – harde, koue, wetenskaplike feit is dat Ding nou hier is en spore trap soos ‘n mens en honger word soos ‘n dier en lewe en doodgaan nes ‘n mens en dier.
Maar dit bly aangenaam om waar te neem hoe die werklik geletterdes hier by Doom se koffietafel redeneer en filosofeer – dankie aan elkeen van julle! Ding leer baie.
Grondgroete
d
Het die “ander komplekse lewe” waaruit die mens ontstaan het, slegs lukraak en per geluk ontstaan, of was daar ‘n skeppingsmag by betrokke? Ek dink, as ons die mens eers ter syde stel, kan mens met reg die vraag vra of lewe deur God geskep is (moontlik lank voor die mens se ontstaan) of ons as mense slegs maar ‘n kosmiese toevalligheid is.
BiB: EK is nie skaam om te bely dat die mens se bestaan nie toevallig is nie. Die “ander komplekse lewe” is God se maaksel.
Ek dink ons na die beeld van God geskape het betrekking tot die volgende eienskappe:
1. Kreatiwiteit.
Geen ander spesie op die aarde het die vermoë om kreatief te wees nie. Die mens het die unieke vermoë om kreatief te werk te gaan en dan bepaalde betekenis in te lees in sulke simbole en kunswerke.
Selfs onintelligente diere wys kreatiwiteit, kyk net na die bou van neste, pronk en die dans van voëls. Selfs insekte wys sulke kreatiwiteit.
2. Selfbewustheid.
Op ‘n wetenskaplik onverklaarbare manier kan die mens van homself bewus wees en bewus wees van wat besig is om met hom/haar en in hom/haar en rondom hom/haar te gebeur. Diere se reaksie op dit wat met hulle en rondom hulle gebeure is meestal instinktief en gaan nie gepaard met ‘n bewustehid van dit wat in hom/haar gebeur nie.
Mense se reaksie is ook grootliks instinktief, kan maar na enige sport en besluitneming en nood situasies en groeps gedrag. Mense is baie keer meer onbewus van goed wat om hul gebeur as diere. Baie diere is baie selfbewus, kyk net na olifante en hulle gedrag.
3. Persoonlikheid.
Persoonlikheid het te make met hoe elkeen van ons se brein ons uniek maak. Alhoewel daar sekere persoonlikheidstipes is, is daar nie twee mense wat presies dieselfde samestelling van die verskillende eienskappe van ‘n bepaalde persoonlikheid het nie.
Hmm, ek het nog nie enige troeteldier van dieselfde spesie gehad wat dieselfde persoonlikheid het nie. Persoonlikheid is dalk iets moeilik om te bepaal by diere soos insekte wat nie so selfbewus is nie.
4. Abstrakte denke.
Die mens het die besondere vermoë om sekere dinge waar te neem en dan te verstaan en te verduidelik waarom dinge gebeur soos hulle gebeur. Volgens AM Woodburry het selfs chimpanzees nie die vermoë om te onderskei tussen oorsaak en gevolg nie.
Dit is nie rerig waar nie, na die Masaai se aanvalle op olifante in Kenya lei baie van die olifante onder truamatiese stress, net soos vat gevind word onder mense. Hulle koppel die beeste van die Masaai as die Masaai se eiendom en neem wraak op die geweld wat op hulle gedoen is. Olifate rou ook oor die dood. Wetenskaplikes het gekyk hoe ‘n olifant ‘n Masaai doodmaak en vir ure na dit nog om die dooie ligaam gestaan het en hom toe later onder grond begrawe het.
5. Gees, siel en liggaam.
In vergelyking met enige ander lewende wese, is daar ‘n wesenlike verskil in die manier waarop die mens morele keuses en besluite maak. Net die mens het ‘n siel wat beskryf kon word as bestaande uit begrip of verstaan, wil en emosie. Die mens is in staat om verhoudings te bou met beide mens en dier.
Baie diere het ook die vermoe om verhoudings te bou, selfs luiperds kan ‘n baba aap aanneem as ‘n kind. Net so is daar baie verhoudings tussen verskillende diere, en baie van hulle gedrag kan op ‘n evolusionere wyse verduidelik word. Baie mense het ook nie begrip wil of emosie soos wat ons dit aanvaar nie. Ek kan wys na mense wat gruwelike dade aan byde mens en diere doen sonder enige berou, terwyl olifante wel berou oor wat hulle gedoen het. Tot piranas van nie hulle eie spesie aan nie, net so het bakterië wat binne ons ligaame leef geen morele kode om organismes te vernietig wat ons liggaam binne tree nie.
6. Gees.
Die Gees is daardie deel van ‘n mens wat ‘n mens in staat stel om God lief te hê en in ‘n persoonlike verhouding met God te leef. Die brein is die orgaan waardeur godsdiens beleef word, maar om te sê dat die brien godsdiens skep is soos om te sê dat ‘n klavier skep klank.
Die gees is ook die deel wat Zeus, Apollo, Thor, Mithra, FSM skep. Diere en mense het nie nodig om ‘n God te hê nie.
7. Morele oordeel.
Na die sondeval het die mens soos God geword in die sin dat hy tussen goed en sleg kon onderskei. Bv. is daar geen dier wat kwaad kan word omdat een dier van ‘n ander steel nie.
Die sondeval? Bv. is daar geen dier wat kwaad kan word omdat een dier van ‘n ander steel nie. Het jy al ooit na enige natuurprogram gekyk hoe hihinas kos steel by leeus en waar die leeus maar net niks doen nie? Leeus maak baie scavengers dood omdat hulle kos gesteel het. Diere word selfs kwaad vir mekaar en skop individue uit ‘n trop uit as hulle nie die trop se reëls volg nie.
8. Sosiale vaardighede.
Net die mens is in staat om sosiale vaardighede aan te leer en die vaardighede te gebruik om in verhoudings met verskillende mense op verskillende vlakke van intimiteit te leef. Alhoewel sekere aapsoorte ook gelyksoortige vaardighede het, het hulle nie die vermoë om die verhoudings te ontwikkel soos die mens nie.
Weereens die olifante het ‘n baie sterk hierargie, nes ander spesies, soos bokke, mense en ander diere. Olifante wys verskillende vlakke van intimiteit onder hulself soos die respek vir ‘n koei en haar kind, hulle toon duidelik respek of herkenning van ander olifante wat dood is deur hulle rond te dra en selfs na hulle verteer het raak hulle aan die bene en kom gereeld na die skedel toe van die dooie olifant, jare and jare na die olifant se dood.
Olifante wat ook groot word sonder hulle ouers toon baie meer aggresiewe gedrag en onderskei nie goed wat is reg en wat is verkeerd in terme van ‘n normale trop olifante se morele kode nie. Diere leer ook hulle kinders, van voëls tot wildehonde.
Ons as mense is ook nie die eind produk van evolusie nie, oor ‘n paar miljoen jaar sal homo sapien sapien tien teen een lankal uitgesterf het, en vervang word met ‘diere’ wat meer geskik is vir verandering in ons omgewing. Oor ‘n miljard jaar gaan ons antieke geskiedenis wees van laer spesies, tensy ons as mens die aarde al lankaal heeltemal vernietig het.
Dis vir my intresant dat mense so maklik die evolusie leer aanhang en dan verkondig dat die Bybel verkeerd is. Nou sien ek hierdie wetenskaplike studie wat bewys dat ons nie van die Neandertal mens afkomstig is nie en nou wonder ek net wat nou? Kan dit wees dat meer mense nou die Bybel sal glo?
Neanderthals ‘distinct from us’
By James Morgan
Science reporter, BBC News, Chicago
Scientists studying the DNA of Neanderthals say they can find no evidence that this ancient species ever interbred with modern humans.
Edward Rubin’s team found no evidence for a Neanderthal contribution to the modern gene pool, but Professor Paabo’s analysis hints at a possible contribution in the other direction – from modern humans into Neanderthals.
Ek sien nie hoe dit bewyse is teen evolusie nie Alec? Evolusie is nie linear nie.
‘n Wetenskaplike ondersoek kan gedoen word om te verduidelik dat God bestaan, hoe ons na Sy beeld geskape is en alles waaroor mense al OOIT gewonder het aangaande Hom kan verduidelik. Ek het dit soos volg opgestel: (Sonder Diagramatiese Voorstellings, nou)
DOEL: Om die bestaan van God te bevestig, om te bewys dit Hy alles is wat die Woord se Hy is.
HIPOTESE: God se bestaan word nie deur my betwyfel nie. Ek is daarvan oortuig, uit ‘n Christelik en wetenskaplike oogpunt, dat daar fisiese bewyse is dat God bestaan en dat ALLES in Sy woord (nie-letterlik) waar is.
GEREEDSKAP: Ek weet nie, hoe toets mens vir God in jou liggaam? Ha! Ek weet, ek sal net ‘n Biologie handboek gebruik aangesien die eksperiment nie fisies uitgevoer gaan word nie maar feitelik bewys kan word sonder laboratorium gereedskap (omdat die funksies en dele wat in my eksperiment alreeds bewys is as waar bv. dat die Pituitere klier die vlakke van Estrogeen en Progesteroon kan beheer om ‘n vrou in staat te stel om ‘n kind te baar.
METODE: Ek sal die mens se liggaam in groepe moet verdeel en aanhou verdeel tot ek by ‘n fisiese oorsprong van sy bestaan, lewe en funksie kan afkom.
TOETS: 1- Waaruit bestaan ‘n mens, inwendig? = Organe
2- Waaruit bestaan organe? = Gespesialiseerde Selle
3- Waaruit bestaan selle? = organelle soos ‘n kern/nukleus
4- Waaruit bestaan organelle? = Basiese boustene van sel en organelle is proteiene.
5- Waaruit bestaan proteiene? = Proteiene is makromolekules.
6- Waaruit bestaan molekules? = Gerangskikte atome.
7- Waaruit bestaan atome? = Atome is die rein, pure vorm van ENERGIE.
BRONNE:
Definisie van ENERGIE:
Dit beweeg in vaste vorm in, beweeg deur vaste vorm, beweeg uit vaste vorm uit. Dit is wat ENIGE organisme nodig het vir lewe. Energie was nog atyd daar, is nog hier en sal ALTYD daar wees. Is die skeppende krag van mens en alles in die Heelal. Is letterlik die mens se lewenskrag.
Definisie van GOD:
Dit beweeg in vaste vorm in, beweeg deur vaste vorm, beweeg uit vaste vorm uit. Dit is wat ENIGE organisme nodig het vir lewe. Energie was nog atyd daar, is nog hier en sal ALTYD daar wees. Is die skeppende krag van mens en alles in die Heelal. Is letterlik die mens se lewenskrag.
GEVOLGTREKKING:
Die mens het God lankal ontdek en moes Hom lankal laat toegang kry het in ons lewens. Die krag van God is letterlik in ons harte, oral om ons en in alles in die wereld. Ons is sowaar na die BEELD VAN GOD geskape, dit is hierbo bewys. Alhoewel God in iedereen se liggaam is, berus die besluit op die individu of hy daardie energie/lewenskrag wil gebruik en liefhe sodat hy op die beste van sy vermoe kan lewe na DIE BEELD VAN GOD. God is ons wil, Hy is die waarheid. Hy vloei deur ons are, Hy waai deur die wind, Hy is alomteenwoordig. Waarlik, waarlik! God se woord IS die waarheid en die Woord is God.
EKSPERIMENT AANVAAR/VERWERP?
My stukkie werk vir U, Here. Ek hoop mense anvaar dit en aanvaar U. Ek hoop hulle verstaan nou dat hulle U nie kan sien nie, maar dat hul U wonders kan sien. Elke dag. U is kleiner as klein, maar tog is U groter as groot. So groot is U dat ons nie eers die einde van U kan sien na ‘n landing op die maan nie. Leer ons deur U woord om U lief te he, Heer. Mag U almag voort bly lewe in almal van ons se harte.
AMEN
Gevaarlike speletjie waarmee jul , jul self besig hou omdat ou Darwin besluit het om n boekie te skryf!
los al jul verduidelikings en mensie teoriee eerder vir die Wit troon oordeel waar ons anyway voor GOD moet verduidelik!
Evoliesieleer maak my siek soos enige ander leuen van dia satan my siek maak bv. blanke israeliete ( Israel visie )ens! Dien GOD! die anir goed is als, wag vir dit, IMAGE PROBLEEMPIES!
Om Genesis reg te verstaan moet ‘n mens verder kyk as ‘geskape na die beeld van God’
Slegs die van die mens lees ‘n mens dat God aan hulle ‘n opdrag gee om te regeer.
Die opdrag word nie aan die diere gegee nie. Van hulle word slegs gese nadat God hul
geseen het: ‘Wees vrugbaar en word baie’.
Vir die mens het God egter ‘n spesifieke boodskap” God het hulle toe geseen en vir hulle
gese”Wees vrugbaar en kry baie kinders,so baie dat hul oral oor die aarde sal bly.Tem die aarde en heers daaroor.Heers oor die visse van die see,die voels in die lug en al die diere op die aarde”.
Die mens is dus as bestuurder aangestel, hy moet die taak onder neem dit is sy verantwoordelikheid en niemand anders nie, hy kan dit ook nie delegeer aan die diere nie, maar hy is ook aanspreeklik, die mens moet verduidelik, want om die te heers oor die aarde dws dit namens die Skepper te bestuur is die mens en geen ander skepsel se sleutelprestasie
gebied.
Dit onderskei dus die mens van die dier.God roep nie diere om verslag te doen nie, maar wel die mens.Dit is dan ook die mens wat ongehoorsaam raak aan God en nie die diere nie.
Die mens het ‘n ongehoorsame bestuurder geword en sodoende God se besigheid nl. God se
skepping saam met hom in die sonde ingetrek.
By God se strafuitdeling ontvang elkeen die straf na gelang van hul aandeel.
God se vir die slang:Omdat jy dit gedoen het,sal dit met jou sleg gaan.Van al die wilde diere,ja, van almal in die dierewereld sal dit met jou die heel slegste gaan.
Die vrou baar van nou af kinders in groot baringsnood.
Die man moet bitter hard werk.Die aarde lewer nie meer vanself sy opbrengs nie.
‘n Mens moet ook onthou dat die mens heel laaste geskep is.So suurstof , ‘n noodsaaklikheid
vir lewe het reeds bestaan. Toe God die mens geskep het was dit ‘n volledig funksionerede
mens met hart en longe, ens.
Maar ‘n mens lees nie dat God die mens ‘n klap op die boude gee om te begin asemhaal nie
soos dit dikwels met pasgebore babas gedoen word.
God is is Gees en wanneer daar geskryf word: ‘Hy het ook sy asem in die mens se neusgate geblaas en die mens het begin leef’ is dit nie suurstof nie, maar eerder die oomblik toe
die mens ‘n ‘Lewende wese’ geword het.Dit is die oomblik dat God die mens van die dier
geskei het.Dit is die oomblik toe die mens sy grootste gesken ontvang het, naamlik
iets onsterflik.
Nerens lees ons dat God dit nodig geag het om sy asem in diere in te blaas nie om vir
hul te begin lewe nie.
So as jy dus wil weet wat die mens van die dier onderskei sal jy dit in die voorafgaande
vind.
Ek wil ‘n ietsie skryf oor Genesis as die begin van alles.
Die kerk is in die jongste tyd in die spervuur en word daar aan die hand van die bybel heelwat
uitsprake gemaak waarvan een die ouderdom van die aarde is.Die bymekaar tel van geslagte
word dan as ‘n onfeilbare maatstaf gebruik.
.Persoonlik dink ek dat mense fouteer om die tyd van God se skepping aan
die hand van die Bybel te bepaal en dit aan ‘n bepaalde tydperk vasknoop.
Die Skepper bestaan buite tyd en ruimte Hy is die Skepper van tyd en ruimte en is dus nie tyd -of ruimte (plek) gebonde nie.God is ook nie energie nie. Hy is die Skepper van energie en
materie.God het aan Moses gese dat niemand God kan sien en leef nie.
As ons dan nou gaan en die tyd bereken,dus teruggaan in die verlede en se dit het so en soveel jare gelede gebeur, dan is ons besig om God ‘n tydgebonde Wese te maak en raak dan voorskriftelik en skryf dan aan God voor wanneer hy moes geskep het.En dit kan nie.
En as dit dan later blyk dat ons berekening verkeerd was dan bly ons verkeerd en nie God
nie.
Nee ons moet gelowig aanvaar dat God op sy tyd en sy manier geskep na sy goeddunke
en dat die wonderwerk nie so seer daarin le waar en wanneer nie maar wel dat Hy die
mens nie te gering geag het om ons na sy beeld te skep,ver verhewe bo die res van die skepping
en Hom dus daarom moet loof en prys.