evolusie en die mens na die beeld van god?

Ek het nie regtig bedoel om die “post” oor evolusie nog ‘n tree verder te vat nie, maar Riaan se opmerking oor die mens wat na die beeld van God geskape is, het my laat wonder en Kleinvissie se vraag oor in watter opsigte ons na die beeld van God geskep is, het my toe ‘n bietjie verder daaroor laat lees.

Natuurlik is dit waar dat ons volgens die Bybel na die beeld van God geskape is, en as Christen aanvaar ek dit met my hele waarheid as hoe God ons gemaak het. Die fyner besonderhede daarvan word egter nie altyd uitgespel nie.

Ek dink ons het soms die gedagte dat God net ‘n supermens is, maar ek dink dit is belangrik om te verstaan dat “na die beeld van God” nie fisiese of liggaamlike eienskappe beteken nie. Met ander woorde: Ek lyk nie soos God nie en God lyk nie soos ek nie, ek is eerder in sekere opsigte soos God, maar nie in die opsigte alles wat God is nie.

Ek dink ons na die beeld van God geskape het betrekking tot die volgende eienskappe: Lees voort “evolusie en die mens na die beeld van god?”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑