god en evolusie

Ek vermoed ek gooi vandag ‘n vinnige klip in ‘n groot duiwehok (of is dit honderhok?). Die vraag wat ek vra, waarop ek nie al die antwoorde het nie, is:

Kan ons die belydenis dat God die Skepper van die hemel en die aarde is met die gedagte van evolusie met mekaar versoen?

Ek lees graag Scot McKnight se blog en daar is op hierdie stadium ‘n bespreking aan die gang oor geloof en evolusie. Ek leen grootliks uit sy inskrywing vir vandag.

John Polkinghorne in Quarks, Chaos & Christianity het ‘n bepaalde mening hieroor:

“An evolutionary world is to be understood theologically as a world allowed by the Creator to make itself to large degree. Yet this self-making takes place in a setting of finely tuned potentiality, and I believe that God providentially interacts with its history … In other words, creation is not the starting off of something that is produced ready made; rather it is a continuous process. As I said earlier God is as much the Creator today as God was fourteen billion years ago.”

Saving Darwin: How to Be a Christian and Believe in Evolution is geskryf deur Karl Gilberson. Hy maak hierdie stelling:

“Natural History is richly layered in surprising ways.  At the deepest level of reality the world is so simple it boggles the mind. There are only four kinds of interactions that occur in nature: gravitational, electromagnetic, strong nuclear, and weak nuclear. Every event, from a thought in your head, to the chirp of a bird, to the explosion of a distant star, results from these four interactions.

There are only two kinds of physical objects in the world: quarks and leptons. The familiar protons and neutrons are composed of quarks; the electron is the best known example of a lepton. Every physical object, from a guitar string, to the Mona Lisa, to Pluto (whatever it is these days), is made from quarks and leptons.

All natural phenomena, no matter how rich or mundane, results from two kinds of particles interacting via four kinds of interactions. Who could possibly conceptualize the extraordinary creativity of a world built like this? p. 217

Francis Collins in “The Language of God: A Scientist Presents Evidence for Belief.” hom oor

… the complexity and beauty of the genetic code – four “letters” A, C, T, G, and only four, encode the information required to assemble a human brain or a sea anemone. The history of our development and connectedness is recorded in our DNA. ” (Aangehaal deur RJS op Scot se blog.)

Het jy ‘n mening hieroor?

18 thoughts on “god en evolusie

Add yours

  1. Dagse Ds Attie
    Solank daar evolusie leer bestaan wat die plek en orde van die Lewende God as Skepper van die heelal en alles wat daaruit en daarop of daaronder bestaan misken dan is dit net ‘n los gedagte en van geen betekenis nie.
    Indien jy verstaan en aanvaar dat alle by God begin het maar dat hy die program so uitgewerk het dat voortduredn nuwe dinge kan ontstaan en ook verbeter binne die raamwerk wat Hy geskep het dan is ek van mening dat mens op die regte pad wandel. God bly egter die Aplha en die Omega van alles.
    Groete

  2. ek dink mense se persepsie van evolisie maak dat ‘vrae’ gevra word, en die maklike twyfel in kom, mense is geneig om dit as ‘n verskooning te gebruik en te se dat die feite op die tafel le, en christene ‘n blinde oog draai.

    saak staan so, ek dink christene … ALLE christene moet die storie agetr die storie weet van evolisie, en wat DS. hier se, is voeding, nie net vir ons christene nie, maar vir die ongelowiges ook wat twyfel weens hul gehegtheid aan fisiese realiteite… so ek dink dis ons plig nie net om dit self te weet nie, maar om self daardie invormasie oor te verspry,
    die persoon aan die ontvang kant het dan steeds sy eie keurse om te interpreteer maar die kaans om uit gang punt te kry is minder, en juis dit gaan maak dat hul meer oor geloof en veral Christenskap uitvind en miskien, met ‘n klein bitjie hoop nader aan God kom

    dankie DS. daar is altyd iets inspereerend in jou woorde…

  3. Hallo Attie

    Elke blog het seker al een of ander tyd oor evolusie geskryf. Hierdie onderwerp wat altyd reaksie uitlok sal sekerlik nog jare en jare gedebateer word. Wanneer ons luister na verskillende teorie dan is dit sekerlik moontlik dat elkeen se idee of teologie lyk of dit sin maak, maar op die einde van die dag is die enigste gesag God se Woord.

    In Genesis leet ek dat God die mens na Sy beeld en gelykenis geskape het en omdat God nie verander nie, kan ek geen teorie aanvaar wat aantoon dat die mens deur miljoene jare ontwikkel het van een of ander organisme tot waar ons vandag is nie.

  4. Riaan (En enige iemand anders): Ek dink ons sou ‘n fout maak as ons wetenskap gebruik om “teologie” of kennis van die Woord te bepaal, maar osn sou ook ‘n fout maak as ons teologie los van wetenskap probeer bedryf. As die Bybel ons leer dat God “vry” is, met ander woorde nie gebonde aan die wetmatighede van Sy eie skepping nie – bv. die maagdelike geboorte en wonderwerke en die opstanding uit die dood, watter invloed dink jy sou dit he op die evolusie in verhouding met die Bybel?

  5. Attie, hier steek jy jou kop diep in die byekorf! 😉
    Omdat evolusie nie regtig enige tyd in my denke opneem nie, voel ek ambivalent daaroor. Persoonlik dink ek mens kan ‘n Christen en ‘n evolusionis wees en daarom is die (soms) lelike bekgevegte tussen ekstremiste aan beide kant van die spektrum vir my onnodig. Maar miskien weet ek net te min van evolusie af…dit wat ek al egter daaroor gelees het, dui vir my glad nie aan dat dit enigsins God negeer nie. Ek dink dis miskien baie evolusioniste se houding teenoor geloof (negatief) wat Christene ontsenu, eerder as die teorie self.

  6. BiB: Ek is self nie erg skerp op die evolusie nie, maar hierdie het nie net vir my interessant gelyk nie, ek was ook lus om bietjie hieroor te begin nadink. Ek stem saam dat Christene eerder voel dat hulle nie genoeg weet om met die “wetenskaplikes” op hierdie veld saam te gesels nie, en omdat ‘n mens dikwels ‘n stuk onverdraagsaamheid met sogenaamde “naïwe” Christene is. Maar, as ons nie leer om ons self rondom hierdie saak te verantwoord nie, raak ons alhoemeer irrelevant. Tog bly dit ‘n moeilike saak.

  7. ‘n Onderwerp waarop ek ook nie juis ‘n kenner is nie.
    Riaan: Ek stem in ‘n groot mate saam met jou as jy sê dat die Bybel uitdruklik sê dat die mens na die beeld van God : “…ek geen teorie aanvaar wat aantoon dat die mens deur miljoene jare ontwikkel het van een of ander organisme tot waar ons vandag is nie.” Maar… hoe verstaan jy die “na die beeld van God”, met ander woorde in watter opsigte is ons na die beeld van God geskape?

  8. al wat ek dalk kan noem is dat daar ander is wat ook hieroor dink. Kyk hierdie post van Leron Shults wat ek sopas op afkom. Shults is ‘n bekende sistematiese teoloog wat ook geïntereseerd is in die Emerging Church.

  9. Ek dink ook nie Christenskap en die evolusieleer hoef mekaar noodwendig uit te sluit nie. Eintlik gaan evolusie tog maar net oor organismes se vermoe om aan te pas. Organismes met sekere eienskappe oorleef makliker in bepaalde omstandighede en dra dan hulle genetiese materiaal oor aan hulle nasate tot daardie eienskappe deel van die spesie is. Mens hoef maar net om jou te kyk om dit te sien gebeur. Maar ek glo ook vas dat die heelal nie kon ontstaan het uit ‘n “toevalligheid” nie. Daarvoor is die werking van alles net te fyn inmekaar verweef. Dit gaan grootliks oor wat mens kies om te glo en mens se energie kan bepaald beter ingespan word as om in ‘n stryery daaroor betrokke te raak. Maar ek dink ook dis nodig om soms daaroor te dink. Hoekom mens glo soos wat jy glo, is dikwels interessanter as die inhoud van jou geloof. Interessante inskrywing. Dankie!

  10. Johan: Ek vind my redelik tuis by Polkinghorne se mening (Eerste aanhaling hier bo.) Ek weet daar is so iets soos evolusie ek weet (Lees glo onwrikbaar) dat God die Skepper van die heelal is, maar ek weet nie altyd presies hoe om hierdie twee met mekaar te versoen nie. Om die saak van evolusie te ontken, is om bere wat kinders verskeur weg te vertaal.

  11. Attie, ‘n dapper inskrywing. Ek is jammer dat ek nou eers hier uitkom. Ek stem ook grootliks saam met Polkinghorn, met een verskil (as ek reg verstaan wat ek lees). Ek glo nie God het bloot die proses aan die gang gesit en toe agteroor gesit nie. Ek glo die hele proses en elke stap daarvan is spesifiek so geskep deur God. Met ander woorde, die meganisme van evolusie is ‘n patroon wat God in die ontwikkeling van die lewe op aarde geplaas het. Weet nie of ek myself goed uitdruk nie.

    Dis met ander woorde alles behalwe ‘n geval van God of the gaps. God het juis vir ons die wetenskap gegee sodat ons sy skepping kan bestudeer. Die kwarke en leptone is presies die handewerk van God. Die eenvoud daarvan verkondig Sy almag.

  12. Ek dink ons kan in elk geval oor een ding saamstem – hoe dit ookal ontstaan het, die heelal is ‘n verbysterende plek en ons is baie, baie klein. Wat ‘n voorreg om te mag leef 🙂

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: