‘n Paar dae gelede het ek geskryf oor die gedagte dat ons vir mekaar gemaak is, met ander woorde God het ons gemaak om in verhoudings te leef. Die woordjie intiem beskryf iets van hoe naby ‘n verhouding is. Ek het die beste en die mees intieme verhouding met my vrou.
God het ons heel eerste vir Homself gemaak, om in ‘n verhouding wat groei in intimiteit met Hom te leef. In die begin was daar intimiteit wat in Genesis uitgedruk word met die gedagte dat God in die tuin gewandel het waar die mens gewoon het en dat God verwag het om die mens daar te kry. Maar, die sondeval het God se skeppingsdoel in die wiele gery. Deur Jesus Christus se sterwe en opstanding en deur die uitstorting van die Heilige Gees, is God besig om daardie intimiteit te herstel en ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde tot stand te bring.
Nou kan elke mens in ‘n verhouding van groeiende intimiteit met God leef. Lees voort “intimiteit met god” →