Ek het vandag 18 Januarie uit 2 Konings 7:1-21 gepreek. Ek het die vier melaatse manne as voorbeeld gebruik om te verduidelik dat ons ander behoort te vertel van die nuus van rykdom, vervulling en oorwinning wat die Here Jesus vir ons gegee en behaal het.
Omdat preke soos hierdie dikwels onrealistiese druk plaas en skuldgevoelens wakker maak, het ek ook probeer om mense daarvan bewus te maak dat ons nie skuldig hoef te voel oor die kere wat ons dit nie reg gekry het om ons besluite om te vertel deur te voer nie, maar eerder met deursettingsvermoë weer en weer mag probeer.
bitter moeilike onderwerp…
ek sit in ‘n ongemaklike posisie en weet werklik nie wat om te doen nie, ds. weet self mense hier is nie baie gelowig nie, so dus word woorse soos god, jesus, en Oh my god, gereeld gebruik as ietsie verkeerd gaan, basies as vloek woord, ek vang my self al onbewistelik saggies mompel ‘Here vergewe hulle want hulle weet nie wat hul doen nie”0- MAAR, ek wil nie he hulle moet dit se nie, probleem is dis meestal mensies hoer as ek bestuurders en so aan, en almal is maar bietjie nors en misluk, dws, oomblik as ek net so iets gaan noem dat dit nie mooi reg en what ever is nie, gaan ek met ‘n bestuurder sit wat nie baie dink van my vir daai oomblik nie, werks omgewing, altyd ‘n moeilike een???
kan dit nie los, maar kan nie iets se??????, waantoe nou…
‘
hi Kati
Partykeer moet ons praat, ander kere moet ons wag vir die regte geleenmtheid en net die rigting aandui. As jy kans kry luister na die preek om ons kerke se webblad.
Net soos Kati moet ek ook erken dat ek ook te veel stilbly as mense hier die Here se naam so ydelik gebruik, veral as krag woord wanneer iets verkeerd gaan of as hulle bietjie meer “geur” aan die gesprek wil sit met hul verbasing bv: “O my God, you’re kidding me”. Ek was gister nie by my normale kerk nie, maar het ‘n ander kerk besoek en die ds se preek het gegaan oor Eli wat so ‘n blinde oog gedraai het op die volk se sonde om eintlik in hulle guns te bly, en hoe die Here Hom toe aan Samuel openbaar het ipv Eli. Die ds het toe die vraag so in die lug laat hang oor hoeveel van ons draai ook ‘n blinde oog op die verkeerde dinge van ander omdat ons in hulle guns wil bly. Wow, dit het voorwaar my laat regop sit en gaan ek voorwaar jou raad volg Attie, ek sal hulle die rigting aandui as die regte geleentheid hom voordoen en wanneer nodig praat.
Kati en Kiwi: Dit is waar dat die gebruik van die woordjie “god” ‘n mens ongemaklik maak, maar dalk kan ons daaroor dink as dat daar vir mense baie afgode is, en wanneer hulle die woord “god” gebruik, dan praat elkeen van sy eie god en nie my God nie. (Kyk die klein lettertjies) Die rede waarom ek dit noem is dat ons as Christene nie juis die Koninkryk ‘n guns doen om mense aan te spreek oor so iets nie. Ek spreek iemand een keer aan omdat hy die woordjie “god” gebruik, en dan verloor ek hom vir altyd vir die koninkryk. Sou dit nie wonderlike wees as iemand die Here leer ken en getuig: “Ten spyte van die feit dat dit vir hierdie so moeilik moes wees om met my saam te leef in die tyd wat ek ….. gedoen het, het ek beleef dat hierdie persoon my aanvaar en vir die Here geleentheid gee om in my te werk.”
Ek herinner myself telkens daaraan dat ek nie nodig het om God te beskerm nie, hy kan dit self doen. Ek dink die omstandighede van Eli en Samuel was ‘n bietjie anders as die gebruik van die Here se naam.
Dagse Dominee Attie
Puik gedagte en ek stem 100% daarmee saam. Mens moet eerder poog om die mense sover te kry om God te ontmoet en deel van hulle lewe te maak dan kom die respek vir Hom sommer vanself en hou die gespot en ydelike gebruik van Sy Naam daarna van self op.
Groete