weereens integriteit

Ek het verlede Sondag-aand (11 Januarie 2009) Daniël 6:1-6 gebruik om iets oor integriteit te sê.

Ek dink soms ons loop gevaar om te dink dat integriteit soos geloof werk, met ander woorde, genade alleen. Dit is net eenvoudig nie waar nie. Genade alleen en geloof alleen beteken dat ek niks kan doen om verlossing te verdien nie, dit is onverdienstelike genade.

Integriteit is anders. Integriteit moet verdien word. Daar is net een manier waarop ‘n mens as ‘n mens integriteit beskryf kan word. In die eerste plek is dit nie ‘n beskrywing wat jy vir jouself kan opneem nie, dit is ‘n woord waarmee ander jou beskryf. In die tweede plek is dit iets waarvoor jy moet werk en deurlopend en aanhoudend moet bly werk.

Genadiglik is dit iets wat ‘n mens weer deur harde(r) werk kan terugkry. Gaan lees gerus die preek.

5 thoughts on “weereens integriteit

Add yours

  1. (((attie))) Ek dink ons moet jou ‘clone’ sodat ons jou in honderde gemeentes gelyk kan laat preek!

    Ons is grootgemaak met ‘jy het net 1 naam, en as jy hom weggooi, kry jy hom nie weer ten volle terug nie’. Dit het vasgesteek… Vir my is integriteit baie dieselle, verloor dit, en jy gaan dit nie weer heeltemal terugkry nie… Wat ek eintlik probeer sê is, leef so dat jy dit NIE ooit verloor nie!

  2. Ek stem in ‘n groot mate saam met “ou vriendin” maar as ek mag verskil ek ‘n klein bietjie op een punt. Ek stem saam dat ‘n mens met groot toewyding oor jou integriteit moet waak, maar ek stem ook saam met attie dat ‘n mens met baie harde werk jou integriteit kan terugen, maar dit is baie harder werk oor ‘n baie langer tyd. Jy sal weer en weer moet bewys dat jy mense se vertroue verdien, en jy sal baie kere hoor dat jy daarvan beskuldig word dat jy nie integriteit het nie en nie mense se vertroue verdien nie. Maar jy kan opstaan en genesing en herstel beleef. Hoekom? Ek dink dit is genade – net genade.

  3. -Iemand- mens kan altyd weer probeer om iets weer te “kry” hetsy dit ‘n “naam, status, reputasie” watokal is. Probleem is almal is nie altyd omring deur geestelike mense,wat aanvaar jy probeer weer nie, ons wereld is vol ‘donker’, die hardste werk is om vas te klou aan wat jy het en daar op te bou
    ons verloor soms ons vondasie, en neem net aan ons kan aan hou bou, dit werk nie…
    verseker glo ek en jy in genade, en ons Here werk op maniere hoer as ons wee, so ja ek stem saam met jou, maar ek dink dis beter om dit Nie te verloor nie, in die ‘long run’

    Ds.- hoe sien ek noodwendig, integrieteit in ander raak, en waarom sou ek wou?

  4. Kati: Vir my is mense met integriteit is mense wat by hulle beginsels bly; mense wat nie op ander se gunste staat maak nie, maar eerder mense se vertroue in hulle verdien, maar dan ook mense wat betroubaar is en doen wat hulle moet doen en wat hulle onderneem om te doen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: