evangelisasie word dikwels redenasie

Tydens my voorbereiding vir Sondag se preek moes ek weer ‘n bietjie gaan lees oor evangelisasie. Evangelie beteken goeie nuus en om evangelisasie te doen beteken dan om die goeie nuus aan ander te vertel. Oor een ding stem die meeste Christene saam, en dit is dat ons evangelisasie werk moet doen.  (Ja, dit is ongelukkig so dat daar Christene is wat nie dink dit is nodig is ander die goeie nuus van Jesus se verlossing te vertel nie.)

Dat ons evangelisasiewerk moet doen is waar, maar die hoe is ‘n verdere probleem, daaroor wil ek nie nou iets sê nie. Wat my wel verbaas is hoe dikwels die bring van die goeie nuus (evangelisasie) uitloop op redenasie waar standpunte en menings teen mekaar opgeweeg word.

Die voordeel hiervan is natuurlik dat mense nie sommer so maklik  alles gaan aanvaar wat iemand sê nie, en waarskynlik ‘n wel deurdagte besluit oor die goeie nuus gaan neem. Die nadeel is dat daar min Christene is wat al die antwoorde het, terwyl daar menige mens is wat genoeg vrae in sy agterkop het om die beste teoloë ‘n hele rukkie besig sal hou.Die gevolg daarvan is weer dat dit soveel moeiliker geword het om op ‘n manier te getuig, dat ander die geloofstap sal neem.

Een van die opmerkings is dat Christene naïf en soms selfs onnosel is om te glo dat daar lewe na die dood is. Ek hoor dikwels  die redenasie dat ‘n mens doodgaan en dan is jy dood, sommer net niks nie.

In sulke situasies gebruik ek graag die “sê nou” antwoord: Sê nou jy is reg en ek is verkeerd en sê nou ek is reg en jy is verkeerd.

Sê nou dit is waar dat jy reg is dat daar geen lewe na die dood is nie en ek is verkeerd, wat sal die gevolge vir jou wees en wat sal die gevolge vir my wees.

Maar, sê nou ek is reg en jy is verkeerd. Sê nou daar is lewe na die dood en dat geloof in die Here Jesus vir jou die deure na daardie lewe toe oopmaak, wat sal die gevolge vir my wees en wat sal die gevolge vir jou wees.

Ek dink die antwoord is vanselfsprekend, ek dink nie dit is die einde van alle twyfel nie, maar ek dink dit is dalk genoeg om die ander persoon aan die dink te sit. Die res los ek graag in God se hande, as Hy dit goed dink om deur my verder in die persoon se lewe te werk, dan sal dit my voorreg wees.

Ek dink ek het my geloofsreis met ‘n bietjie vrees vir die ewige dood begin, maar vrees het plek gemaak vir die heerlike verwagting om saam met Christus al die gelowiges deur al die eeue die nuwe hemel en die nuwe aarde te deel.

Geloof is om die onsienlike te sien.

Geloof is vir my ook om lewe te sien waar daar dood is.

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s