weereens integriteit

Ek het verlede Sondag-aand (11 Januarie 2009) Daniël 6:1-6 gebruik om iets oor integriteit te sê.

Ek dink soms ons loop gevaar om te dink dat integriteit soos geloof werk, met ander woorde, genade alleen. Dit is net eenvoudig nie waar nie. Genade alleen en geloof alleen beteken dat ek niks kan doen om verlossing te verdien nie, dit is onverdienstelike genade.

Integriteit is anders. Integriteit moet verdien word. Lees voort “weereens integriteit”

evangelisasie word dikwels redenasie

Tydens my voorbereiding vir Sondag se preek moes ek weer ‘n bietjie gaan lees oor evangelisasie. Evangelie beteken goeie nuus en om evangelisasie te doen beteken dan om die goeie nuus aan ander te vertel. Oor een ding stem die meeste Christene saam, en dit is dat ons evangelisasie werk moet doen.  (Ja, dit is ongelukkig so dat daar Christene is wat nie dink dit is nodig is ander die goeie nuus van Jesus se verlossing te vertel nie.)

Dat ons evangelisasiewerk moet doen is waar, maar die hoe is ‘n verdere probleem, daaroor wil ek nie nou iets sê nie. Wat my wel verbaas is hoe dikwels die bring van die goeie nuus (evangelisasie) uitloop op redenasie waar standpunte en menings teen mekaar opgeweeg word. Lees voort “evangelisasie word dikwels redenasie”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑