Ten opsigte van intimiteit sou ‘n mens verhoudings van binne na buite kon beskryf. Heel in die middel is die baie intieme verhouding van die huwelik, of dan die verhouding tussen twee mense. Op die verste punt is die verhoudings tussen verskillende nasies, en dan is daar tussen in al die verskillende verhoudings.
My eie verhoudings sou omtrent so lyk: My vrou –> my kinders –> my ouers –> my broers en susters –> sommige familie –> my vriende –> die mense saam met wie ek werk –>my gemeente –> ens. ens. –> sommige familie (hahahaha) Hoe verder weg die verhoudings beleef hoe minder intiem en persoonlik is daardie verhoudings.
Almal van ons weet op een of ander manier dat ons geskep is met die doel om met mekaar in verhoudings te leef – ons is vir mekaar gemaak. Dit is juis in al hierdie verhoudings , groot en klein, maar in besonder in die meer persoonlike en meer intieme verhoudings waar ons die unieke tekens van ons menswees ontdek en beleef: Ons huil saam; ons lag saam; ander mense is vir ons snaaks; ander mense en dit wat hulle beleef is vir ons tragies; ons vind onsself; ons word kwaad; en ons vergewe. Al hierdie dinge gebeur in verhoudings.
Maar almal van ons ontdek met die verloop van tyd dat die handhawing en instandhouding van hierdie verhoudings nie so maklik is nie. Maar, dit is wie ons is, dit is hoe ons is. Ons kan nie anders as om so te wees nie, op ‘n manier wil ons ook nie anders wees nie. Dikwels werk die dinge nie altyd uit soos ons dink dit behoort uit te werk nie.
Hierdie lewe sal nooit utopia wees nie, maar juis daarom moet ons baie hard werk aan verhoudings en nooit enige een van die verhoudings as vanselfprekend aanvaar nie.
Juis daarom kan daar nie in verhoudings te alle koste “ter wille van die vrede” gepredik word nie. Ja in alle verhoudings moet ons meer dikwels vra: Is dit waaroor ek hierdie “bohaai” gaan maak binne HIERDIE verhouding die moeite werd?
Die eerste is die maklike en die oorwinnende besluit: Ek gaan hierdie ding laat verby gaan ter wille van die verhoudings.
Die tweede een is die meer pynlike en moeiliker een. Die tweede een maak dat jy baie lank daarna weer en weer vir jouself vra: Was dit die moeite werd?
Daar is is die kere wat ons nodig het om die verhouding te waag ter wille van wat reg is, en dikwels ook juis ter wille van die verhouding.
Ai Ds daar is nie plek vir my in Koos se lewe nie, ek staan heel laaste, want sy ouers, sy broer, sy vriende, sy familie, sy ander vriende, die tv kry voorkeur! Ek bestaan al lankal nie meer vir hom nie, hy is die een wat hom onttrek het van my, hy is die een wat niks met my te doen wil hè nie! Hy stoot my weg van hom! Hy bou hierdie muur tussen ons net nog hoèr en nog hoèr!! Hou my blog gerus dop, ek gaan in ander week ‘n lang inskrywing maak oor ons sogenaamde huwelik en wat ek al alles probeer het om hierdie klug te red!! Ek bevind myself tans op die afdraende pad – maar ek sien ook lig in hierdie elle lange donker tonnel!!
Ek oorweeg dit sterk om Sondag deur te ry na Ds se kerk toe, dan kan ons dalk so bietjie gesels.
Dagse Attie
Wil my voorkom die verhouding deel van die lewe staan sterk en word by baie as ‘n belangrike punt op die hart gele om mee te werk. 😉
Die rede vir die beslerming van goeie verhoudinge is seker juis dat dit jou wat binne in dit staan ook beskerm. Sterkte met opvoeding van die volk in die rigting want dit is een deel waar ons mense maar sukkel, ons sny mos maklik af en gooi weg.
Groete
meermin: Jy is welkom. Ek preek Sondag-oggend 08:00 en 10:00. Laat weet as jy wil kom, dan tref ons ‘n reëling.
White Knight: Jy is reg, verhoudings is bedoel vir mense se beskerming, maar in hierdie onvolmaakte wêreld, werk dit nie altyd so uit nie. Soos meermin moet mens alles probeer voordat jy moet opgee. Die feit dat ons so sukkel om ons self te vergewe wanneer ‘n verhouding nie werk nie, beklemtoon juis die belangrike rol wat verhoudings in ons lewe speel. Daarmee saam natuurlik die feit dat verhoudings so bitter seer maak of onbeskryflik baie vreugde bring, beklemtoon oor die belangrikheid van verhoudings.
Doom – as ek lees wat hier geskryf staan, dan lyk dit vir my ons lewe word gedefinieer in terme van verhoudings. Sonder verhoudings… wie en wat is ek dan?
Dominee Attie
Dis juis vir my so opvallend dat daar op verskeie plekke juis oor die onderwerp van verhoudings gepraat en skryf word. Dit dui net vir my daarop dat GOD self besig is om met baie mense oor die onderwerp te praat en die belangrikheid van dit beklemtoon, juis veral gesien in die huidige omstandighede wat ons almal in bevind.
Ek stem 100% saam dat alles eers probeer moet word voor mens moed opgee. Soms het mense net ‘n draai in ‘n ander rigting in hul denke nodig om die lig te sien.
Groete en sterkte met jou roeping
Ds e – pos asseblief vir my die adres, ek ken nie Rustenburg so goed nie!
White Knight: Ek en jy stem saam oor die gedagte dat ‘n mens eers alles moet probeer, maar daar kom tog ‘n dag wat probeer ook opraak, maar ek weet dit is waarvan jy ook praat. Twee foute word gemaak. Eerstens: Mense gee te gou moed op. Tweedens: Skuldgevoel stel mense soms bloot aan een of ander vorm van mishandeling, of emosioneel, of fisies.
Meermin! Hy skuif jou nie weg nie, Koos maak n wonderlike mens dood! En ek is bekommerd oor wanneer dit gaan handuit ruk! Hardloop asseblief?
Gaan Sondag na Attie se kerk toe, dis n goeie 1ste stap! Ek vertrou hom….
Jammer vir die ‘off the topic soort van’ comment!
ou vriendin: ek het die laaste tyd gewonder waar jy is. Lekker om van jou te hoor!!! Maar jy is reg… soms is mense dood lank voor hulle sterf.
Attie – Toe God die mens geskape het, het Hy saam met die mens in die aandwindjie gewandel. Dit wys vir my dat God ‘n God van verhoudings was van die begin van die skepping af.
my man is nie in touch met sy emosies nie en het nog nooit iets geniet nie ek het na duisend kermisse en feesbraaie en kerkbraaie en barn danse alleen moes gaan met my kids, eks nou net gat vol daarvor hy wil nooit uitgegaan het en nuwejaar vier mar tienuur innie bed klim , willie dans en laat party nie, nie rook of popmusiek luister ni nee, ek wil nou by my muse wees eendag, anders gaan ek van die krans daar bo Kaappunt af spring en in die see dissolve en ‘n skuim meermin word.
danki dat dominee luister
cheers!
op doom se preek sondag hoop meermin en ek kan saam swem eendag
Riaan: Ek dink soms die feit dat ons in verhoudings kan leef is dalk een van die besondere maniere waarin ons die beeld van God vertoon.
katjiepiering: Ek wens soms ek het een sin raad gehad vir mense wat so swaarkry in verhoudings, maar ek het nie. Verhoudings is werk, baie werk.
Ek het onlangs tot die besef gekom dat my gesindheid in een verhouding verkeerd om was. Ek praat van my verhouding teenoor my plaaslike kerk. ‘n Wonderlike groep en een waar die kinders elke oomblik geniet en nie genoeg van kan kry nie. Hulle spandeer meer tyd by die kerk en saam met die jeug groep as by die huis. Ons het swaar gekry om vriende in die nuwe gemeente te maak waar ons nou al tweer jaar is. Al ons pogings was onsuksesvol en ons het in Okt 08 besluit om ‘n “break” te vat en by die Here te gaan hoor wat moet ons doen. Die uiteinde was dat ons besef het dat die kerk ons nie nodig het nie, ons vriende het ons nie nodig nie, maar ons het die kerk, die mense in die kerk en ons vriende nodig. Ek het altyd vir my kinders gepreek en gese dat jy moet ‘n vriend wees om ‘n vriend te kan he^. Wel, nou met ‘n lee nes geld dit vir my ook. Ek moet uitgaan en die mense kontak en betrek en nie agteroor sit en wag om genooi te word nie.
katjiepiering: Ek het simpatie met jou, maar ook met jou man. Ek het nie ‘n idee van julle ouderdomme nie, maar vir my het daar ook ‘n tyd gekom waar ek verkies om nie na partytjies en danse ens te gaan nie. Nie omdat ek iets daarteen het en dit geniet nie, maar dit was net nie meer die atmosfeer waarin ek wou beweeg nie. Aanvanklik was dit ‘n aanpassing, maar ‘n verandering in vriende kringe maak soms ‘n verskil. Praat met hom, hy het dit meer nodig as wat jy dink. As hy praat luister en probeer uitvind wat agter alles is. Mans is maar moelike om emosies te kommunikeer en het beslis ‘n behoefte daaraan. Wat het van die man geword wat jy getrou het? Wat het gebeur in sy lewe dat hy so verander het? Het hy dalk sy menswaardigheid op een of ander manier verloor? Het hy dalk eendag ook tot die besef gekom dat daar vir hom op baie maniere gelieg is deur mense en regerings? Laat hom praat, skep die geleentheid om hom te laat praat. Moet net nie vir hom preek nie, dan sal hy nog langer neem om oop te maak en te praat. Ek weet, hy het dit nodig.
ek dink ‘n verhouding is een van die meer kosbare gawes vat aan ons gegee is. ek dink almal streef na die idiaal van elke verhouding in om en rondom God, sal dit nie wonderlik wees nie? ek wil ook noem dat ek dint in elke verhouding, wat ‘n baie nabye band is moet God duideliksigbaar wees, en mense om jou moet ook weet dat die Here ‘n grood faktor in jou lewe is, hoe anders kan jy ‘n nabye verhouding knoop in so geval.
selfde asem wees versigtig vir verhoudings wat jou laat begin twyfel in God, mens dink nie dit kan met jou gebeur nie… aan die begin dink jy, toema ek sal hom/haar later om skakel in ‘n Christen, en dan begin jy dink wel ons is nou al so ver en hy weet niks so ons se maar niks en voor jy weet is ‘n hele verhouding gebou op false waardes, en jy kry op die ou end seer, gewoonlik die seerste.
Kati: Geen verhouding kan gebou word met die gedagte dat iets in die ander persoon deur die verhouding verander kan word nie. ‘n Verhouding word gebou op onvoorwaardelike aanvaarding van die ander persoon se sterpunte en swakpunte en ‘n bereidheid om met die persoon se swakpunte saam te leef.
nee tjorts eks klaar gepraat:lol:
hm
whatever:lol:
julle sal nie verstaan nie
😆
tooodels! ek gaan swemmetjie vat! 😆