Ten opsigte van intimiteit sou ‘n mens verhoudings van binne na buite kon beskryf. Heel in die middel is die baie intieme verhouding van die huwelik, of dan die verhouding tussen twee mense. Op die verste punt is die verhoudings tussen verskillende nasies, en dan is daar tussen in al die verskillende verhoudings.
My eie verhoudings sou omtrent so lyk: My vrou –> my kinders –> my ouers –> my broers en susters –> sommige familie –> my vriende –> die mense saam met wie ek werk –>my gemeente –> ens. ens. –> sommige familie (hahahaha) Hoe verder weg die verhoudings beleef hoe minder intiem en persoonlik is daardie verhoudings.
Almal van ons weet op een of ander manier dat ons geskep is met die doel om met mekaar in verhoudings te leef – ons is vir mekaar gemaak. Lees voort “gemaak vir mekaar”