foute van christen deur die jare

Die geskiedenis vertel op verskeie plekke van gebeure waar Christene niks minder as bose dinge aangevang het nie – alhoewel hulle nie altyd daarop aanspraak gemaak het dat hulle die dinge as Christene gedoen het nie. Voorbeelde hiervan is kruistogte; die Spaanse Inkwisissie; die persone wat aborsie klinieke bombardeer. Sulke gebeure het tot gevolg dat mense dink dat dat Christene eerder deel van die probleem is as wat hulle deel van die oplossing was en is.

Dit is natuurlik waar dat daar van die vroegste tye af mense was wat in die naam van Christenskap erge dinge aangevang het.Apartheid in ons eie land was bv. ‘n Bybels gefundeerde saak.

Christene kan en mag nooit ontken dat hierdie dinge gebeur het nie. Christene kan en mag nie daarop aanspraak maak dat hulle nog altyd alles reg gedoen het nie. Indien ons sou probeer sou ons ons self net in ‘n hoek vas verf tot op die punt dat ons nie weet hoe ons daar uit gaan kom nie. Die Here Jesus het in die model gebed vir gelowiges ‘n sinnetjie  ingesit waarin ons juis vra dat ons sonde vergewe moet word.

Terwyl ons erken dat hierdie wel gebeur het, het baie mense gerieflikheidshalwe die ander deel van die verhaal vergeet.

Byvoorbeel was daar Christen wat onder die leiding van William Wilberforce en Brittanje en John Woolman in dei VSA wat saam onderneem om dit hulle lewenstaak te maak om die slawe bedryf tot ‘n val te bring. Selfs daarna het rasse vooroordeel in die VSA steeds voortgeduur en dit was die Christelike visie van Martin Luther King Jr. wat deur sy effektiewe en vredevolle protes ‘n einde gamaak het aan die amptelike rasse vooroordeel in die VSA, alhoewel sy passie vir regverdigheid hom op die ou end sy lewe gekos het.

Daar was natuurlik ook die jarelange apartheid in Suid Afrika wat deur manne soos Desmond Tutu, met groot risiko vir hulle lewens, op ‘n wonderbaarlike wyse daartoe bygedra het dat die oorgang vredevol was, iets wat bitter min mense in Suid Afrika en die wêreld verwag het gaan gebeur.

Hierdie gebeutenisse moet oor en oor vertel word aan die wêreld ten einde te verseker dat die wêreld nie net die negatiewe hoor nie.

Terwyl ons altyd bly bid… “en vergeef ons ons oortredings soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree.

Advertisements

3 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

3 responses to “foute van christen deur die jare

  1. Soos my Ma altyd se, “Mense sal nooit ophou om my te verbaas nie” kan sekerlik ook op Christene van toepassing wees. Die “main street” media sal veral die negatiewe doen en late van die Christen teen die Christen will gebruik. Dit is seker deel van die taak wat aan ons as Christene opgedra is met die opdrag om die wereld in te gaan en die evangelie te verkondig. Veral die “goeie” nuus wil ek daarby insluit.

    Ek wil ook my eiertjie le oor die MLK dag. Maandag die 19de is ‘n nie amptlelike vankansie dag in die VSA waar MLK vereer vir wat hy gedoen het. Ek stem saam dat hy ‘n besonderse man was en besonderse dinge gedoen het. My vraag is net tot in watter mate word hy verafgod?

  2. kati*

    ek dink persoonlik, mense moet op hou warry oor wat ander dink en wat hulle don agv wat in hulle lewens aan gaan, net omdat ek nie begryp of verstaan waarom iemand ‘n keuse maak nie, beteken nie dat hy verkeerd of reg is nie bloot, dat ek daarmee verskil, dis so goed as om vir ‘n ongelowige van Die liewe Here ve vertel, jy word bombadeer met simpel vra, dom opmerkings, en skewe kyke.. en hey ek mind nie om op te kom vir my geloof nie, maar dink hoe lekker si die duiwel en kry, elke keer as jy moedeloos terug sit, om die volgendie antwoord te probeer vormileer, vir die duiwel is als ‘n kompetiesie, maar ek weet my God het reeds gewen, ek is reeds gered en of daardie persoon daarvan hou of nie, hy is ook, al glo hy dit nie… so los hie arme ding wat nie die lig kan sien nie, probeer liewer op ‘n ander manier deur breek.
    die feit daT Christene foute maak wys ons is ook mense net soos al die ander…deal with it!!!

  3. kati: “… vir die duiwel is alles ‘n kompetiese” wow wat ‘n gedagte. As ons van alles ‘n kompetisie maak …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s