leef coram deo (ii)

Ek het laas begin skryf oor die gedagte om in die teenwoordigheid van God te leef. My gedagtes hieroor het hulle oorsprong by ‘n boekie van Frank Laubach en Brother Lawrence met die titel: “Practicing the Presence of God.”

Die boekie bevat gedeeltes uit die dagboek van Frank Laubach en ‘n paar briewe van Brother Lawrence, waarin hulle beide skryf oor hoe hulle in die teenwoordigheid van God geleef het.

Die boek het my aan die dink gesit: Is dit prakties moontlik om deurlopend in kontak met God te wees?

As ek na die Bybel kyk, dan wil dit tog vir my lyk asof die gedagte op ‘n hele paar plekke genoem word.

Onder andere stel die Bybel God aan ons bekend as “alomteenwoordig”, ek verstaan dit as dat God orals is. (Somtyds wonder ek  nie eerder beteken dat God orals is waar Hy wil wees…) God is alomteenwoordig en dit beteken dat God wel is waar ek is, maar om met God te wandel of dan om in die teenwoordigheid van God te leef beteken dat ons onsself die hele tyd daaraan sal herinner dat ons wel “coram deo”- voor die aangesig van God leef, of dan in die teenwoordigheid van God leef.  Dit is juis hierna wat Frank Laubach op soek was en waaroor Brother Lawrence ‘n paar briewe geskryf het.

In die begin het God die hemel en die aarde gemaak en die hoogtepunt van God se skeppingswerk was toe Hy die mens na sy beeld geskep het, sodat hulle die heerlikheid van sy karakter kon weerspieël, maar God het ook die mens gemaak om in verhouding met Hom te leef.

Die sondeval het daardie verhouding versteur, maar die sondeval het nie gemaak dat God nie meer alomteenwoordig was nie. Daar is voorbeelde van mense wat volgens die Bybel met God gewandel het – in die teenwoordigheid van God geleef het. (Later sal ek oor van die voorbeelde ‘n paar woorde skryf.)Jesus Christus en sy opstanding, maar veral die uitstorting van die Heilige Gees het weer die moontlikheid nuut kom maak om met God te wandel deur bewustelik in sy teenwoordigheid te leef.

Ek het nou al met ‘n paar mense hieroor gesels en dit lyk vir my dat ons wel aanvaar dat God alomteenwoordig is. Die vraag wat in my gedagtes leef is, watter verskil sou dit maak indien ek myself deurlopend daaraan sou herinner dat ek in die teenwoordigheid van God is.

Solu jy daarin belangstel om so ‘n gewoonte aan te leer?

6 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

6 responses to “leef coram deo (ii)

  1. kati*

    haai ds. long time no c???? hahah
    dis ironies genoeg dat ek die gedeelte gelees het vandag. het vir die eerste keer, in ‘n lang tyd ‘n boek by die bib hier, uitgeneem nl:Eat pray love… eks nou eers by bl.12 maar in die paar blaie het ek meer in die vrou se lewe raak gesien wat sy blood as toeval nie, dis ‘n baie interesane boek alhowel ek nie saam stem nie. An die begin vertel sy hoe sy ‘n in een storting gehad het en die volgende oomblik net begin bid het, nogal so : “hey God eks @#$% aangename kennis” wat net beeld hoe min sy van geloof geweet het- punt is aan die einde van haar gebed hou sy op met huil, en besef dat sy op daardie oomblik niks aan die sitiasie kon doen nie, maar om eerder te gaan slaap, sy verduedelik die ervaring so dat dit dood eenvoudig vir my God is wat haar kalmte gegee het en haar van binne af ‘n antwoord gegee het. direk na dit se sy nee, dit was nie ‘n geestelike ervaring nie, geen stemme het met haar gepraat nie
    ek dink dis wat ons dink, ek self wag soms vir ‘n stem, maar nie net ‘n gevoel of innerlike dryf krag nie.
    ek probeer elkedag om posetief te wees, die afgelope paar dae toets die duiwel my konstant, en ek moet bieg, ek wil soms iemand se nek gryp, maar ek het besef om te begin lag is so veel beter, en die oomblik as ek begin lag, lag mense rond om my(hetsy dit saam met my is of vir my, ek gee nie om nie)en ek voel die teenwoordigheid van my Vader…
    ek wil nooit op hou probeer nie

  2. Dit is makliker gese as gedoen, maar dit is beslis my strewe om heeltyd van Sy teenwoordigheid bewus te wees. Ek weet dit, maar die daaglikse eise van mens wees en werker wees, maak dat ‘n mens nie altyd bewustelik aan God se teenwoordigheid dink nie. Na jare se probeer word dit deel van ‘n mens se onderbewuste en doen ‘n mens onbewustelik die dinge wat jy sou gedoen het as jy van Sy teenwoordigheid bewus is. Ek dink dit is waar die werking van die Heilige Gees inkom om in ons onderbewuste te leef en ons te laat neig na God se wil meer en meer.
    Dankie vir die blog en al die gespreks punte wat jy vir ons bring. Dit verander ‘n mens se daaglikse roetine vinnig.

  3. Kati: SO lekker om van jou te hoor. Ek wonder dikwels hoe dit met jou gaan en wanneer ek aan jou dink dat bid ek sommer vir jou waar ek ookal is. Ek bid dat hierdie jaar vir jou in en vir Elane op Universiteit ‘n jaar sal wees waarin julle altwee baie geestelik groei. Maar… ek dink dit was wel ‘n geestelike ervarin wat daardie vrou gehad het, daar was net nie ‘n stem nie.
    Christo: Ek werk aan ‘n metode om die “bewustelikheid” dat ons in die teenwoordigheid van God leef te bevorder. Ek dink dat dit ‘n dramatiese verskil in ons verhouding sou kon maak. Oor die roetine – ek sukkel net altyd om die tyd te maak om te skryf.

  4. kati*

    dankie ds. kry sommer trane in my oe, dit moet ds. se gebede wees wat my dan dra!!!
    ek dink nie ek self verstaan en begryp altyd die krag van gebed nie

    wil graag bylas dat as ‘n mens dood eenvoudig begin deur om jou aleen tye aan God te wei, al dink jy net aan Hom en loof Hom net gou op daardie plek, is jy klaar ‘n stappie nader as wat jy 2min terug was… dalk nie konsant by die werk nie,dis vir almal moeilik, maar die oomblik wat jy kaans kry, in my oomblikke se ek altyd, “dankie Here dat hierdie dag vir my spontaan sal wees, en dat ek die krag en geduld sal handhaaf al dink ek self nie ek kan nie, want God het meer geloof in my as ek in myself”
    ek het besef dat toe ek in ‘n plek was omring deur ander Christenne het ek dit moeilik gevind om ‘n Christen te wees … nou dat ek in ‘n land is waar geloof amper nul beteken, kry ek dit reg om na God te wil streef, ek dink nie dis blood ‘n toeval nie… dis genade van die Alomteenwoordige*

  5. merriemuis

    Ek het rerig geniet om hierdie te lees.

    Ek dink as mens begin om jouself te remind dat God wel alomteenwoordig is en dat jy in Sy teenwoordig leef/is (al is jy nie ‘n Christen nie – ek glo God is alomteenwoordig en om alles en almal) en jy Hom nader is Hy eerstens getrou en trek jou nog nader aan Hom. Wanneer dit gebeur en die gewoonte gedagte gevorm het dat jy in God se teenwoordigheid leef sal jou dade, gedagte-patrone eintlik jou hele leefwyse, verander en meer gefokus raak op wat God se dade, begeertes en drome is. Een van my gunsteling gesegdes is “God does not want visitation rights, He wants to inhabit you”. Ek glo dat wanneer jou gedagtes bepaald en gereeld op God vertoef, jy sal besef waarin jy leef.

  6. Attie – Ek glo dat dit God se Vaderhart is dat ons elke oomblik van ons lewe, maak nie saak waar ons is en wat ons doen, ‘n verhouding met Hom sal hê. Dit beteken dat ek enige oomblik met God in gesprek kan tree, want God is hier met my. Daarom as ons Jesus aanneem, en vra dat ons gevul word met die Heilige Gees, kom woon die Heilige Gees in ons wat beteken dat daar die heeltyd ‘n konneksie met God is, want God is drie-enig, Vader Seun en Heilige Gees. En wanneer ons nie weet wat om met God te praat nie, dan praat die Heilige Gees namens ons soos in Romeine 8:18 – 30.

    Ek stem dus saam met jou. God is alomteenwoordig en ons kan elke oomblik ‘n persoonlike verhouding met God hê, en dit is wanneer die Heilige Gees kom en ons in ons daaglikse wandel begin lei om binne die wil van God te leef.

    Great inskrywing

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s