soos ‘n kind

Die Here Jesus het sy dissipels by geleentheid daarop gewys dat ons soms by kinders iets kan leer oor geloof. Die beeld van weergeboorte laat my ook daaraan dink dat ‘n mens se geestelike lewe deur fases gaan soos die groei van ‘n kind na ‘n volwassene. Daar is ook ‘n spreekwoord wat sê: Uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor. Ons dogter is nou Graad 7, en sy sien ‘n ding baie keer anders as wat ons dit sien en dan sê sy dit ook.

Kom ons kyk meer kere na die lewe deur die oë van ‘n kind. Kyk hierna en dink bietjie daaroor:

Advertisements

13 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

13 responses to “soos ‘n kind

  1. meermin

    Die onskuld van ‘n kind, so rein so mooi, so onvoorwaardelik!

    Môre almal.

  2. Hi meermin – more aan jou ook. Hoop jou dag is mooi.

  3. Attie – Die boodskap van Logan is great, maar wat vir my meer great is, is om te weet dat God elkeen van ons kan gebruik, maak nie saak wie of wat ons is nie. Al wat ons moet doen, is om ons self beskikbaar te stel.

  4. Gerrit

    Yes, God soek nie “ability” nie, Hy soek net “availability”

    groete

  5. Zee

    Attie, ‘n baie voorspoedie 09 vir jou en jou familie… Mag ons almal net God se liefde ervaar hierdie jaar..

  6. Logan het absoluut geluister toe God vir hom gesê het wat hy moet doen! Stem saam met wat Riaan sê – ons moet onsself net beskikbaar stel!

    Dankie dat jy hierdie video geplaas het!

    Attie, dankie dat jy kommentaar probeer lewer het op my blog die ander dag! Ek weet nie hoekom die WordPress ouens nie kommentaar daar gelewer kry nie???!

  7. M

    My trane loop onbeheers en vrylik! My 15 jarige kind het kanker en dit voel asof die boodskap vir my as mamma gestuur is. Die ongelooflike; en ek bedoel die ongelooflike besef dat wie is daar beter as God wat weet hoe ek as ouer voel…

    Dankie Ds. Attie, dit het vir my as mamma so baie beteken om na Logan se video te kyk en God se boodskap te onvang.

  8. As mens Gnostiese tekste uit daardie tyd lees – spesifiek die Evangelie van Judas en die Geheime Boek van Johannes, wat albei uit die Joodse Gnostiek stam – dan sien mens dat hulle se^ Jesus het soms die vorm van ‘n kindjie aangeneem wanneer hy mistiese en apokaliptiese waarhede verkondig het. Dit sluit aan by ‘n vers uit die Hebreeuse Bybel (ek vergeet die teksverwysing) wat se^ “uit die mond van suigelinge sal hulle die waarheid hoor”. Ou Hebreeuse eksegete het daardie teks geinterpreteer as dat kinders ‘n spesiale toegang tot sekere apokaliptiese kennis kan he^ en God se geheime Wet op maniere kan ken wat volwassenes verleer het. As mens Jesus binne die apokaliptiese tradisie lees (soos ek ook meen mens moet) dan sluit sy stellings oor die geloof van ‘n kind daarby aan.

    Bogenoemde is net as bietjie historiese perspektief bedoel en negeer beslis nie dat mens die teks op vandag se lewe kan toepas en (soos jy doen) lesse daaruit kan leer nie.

  9. Piesangverkoper: Alhoewel ek daarvan oortuig is dat die Buite Bybelse bronne die Evangelie van Judas en die Geheime Boek van Johannes kan gebruik om die kultuur van daardie tyd beter te verstaan, (Soos, Snofgraas; NT Wright en ED Sanders dan ook doen doen) heg ek nie meer waarde aan daardie bronne as aan die Bybelse bronne nie.

  10. Nee sekerlik, dis hoekom ek my tweede paragraaf ingesluit het. Die lekker ding van ou tekste is dat mens dit keer op keer kan lees en elke keer iets nuut daarin kan vind. Soms is dit lekker om net die teks te lees en te kyk wat hy vir jou se^, ander tye wil mens dit lees in gesprek met ander tekste. Dis maar verskillende leesstrategiee.

  11. Piesangverkoper: Nou verstaan ek jou benadering. Ek was vir baie lank skrikkerig om daardie tekste te lees, totdat iemand my gewys het hoe om dit te hanteer en watter nut hulle vir Bybellerse kan hê. Ek dink ons (Ek sluit myself in) maak soms spronge na ons “kultuur” en ons omstandighede sonder om deeglik na te dink oor die historiese konteks waarbinne dit wat ons lees sy ontstaan gehad het. Maar… as ons dit wil doen, is dit harde werk.

  12. kati*

    mens besef nie dinge is waarlik net so eenvoudig nie, ons wil alyd alles moeiliker maar is dit nie?

  13. kati: is waar – ons maak alles te ingewikkeld.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s