Ek is vir die afgelope paar maande betrokke by ‘n gesin waar die sestienjarige seun ‘n uiters kwaadaardige gewas op die brein het. Die seun het reeds ‘n breinoperasie gehad waar die gewas verwyder is waarna hy ook chemo gekry het. ‘n Paar weke nadat die chemo behandeling klaar was, het dat die dokter gesê dat daar geen tekens van die gewas of die kanker meer is nie.
Ek onthou so goed die ma se ekstase en getuienis dat haar seun genees is en dat hy nie weer siek gaan word nie want die Here het ‘n wonderwerk gedoen.
‘n Paar maande later het die simptome wat die seun voor die eerste operasie gehad het, weer teruggekom. Alhoewel die gesin vermoed het wat die dokter gaan sê, was die slegte nuus dat daar weer ‘n gewas is ‘n reuse skok en teleurstelling. Lees voort “dankbaarheid”