uitdagings 2009 (2)

Ek het in my vorige post hieroor geskryf oor die moontlikheid om die hoogste piek in elke provinsie in nege dae te klim. Christo het gevra dat ek die verskillende berge noem. Die lys van hoogste pieke in elke provinsie en die hoogte van elke is:

Namahadi in die Vrystaat – 3298 meter.

Mafadi in KwaZulu-Natal – 3450 meter.

Kwaduma in die Oos Kaap – 3019 meter.

Kriegersbaken in die Noord Kaap – 2156 meter.

Seweweekspoort in die Westelike Provinsie – 2325 meter.

Toringkop in Gauteng – 1913 meter.

Nooitgedacht in Noord-Wes – 1805 meter.

Iron Crown in Limpopo – 2123 meter.

De Berg in Mpumalanga – 2331 meter.

Hierdie hoogtes is natuurlik hoogte bo seespieël en dit beteken nie ‘n mens klim soveel meter nie. Op die ou end klim ‘n mens in die omgewing van 6000 meter wat neerkom op 139 km se stap.  Oor die nege dae sal daar ongeveer 5400 kilometer gery word.

Toe ons Kilmanjaro geklim het, het ons oor ‘n tydperk van ses dae 4675 meter geklim en ongever 63 kilometer gestap. Aan die eenkant vermoed ek die hoogte bo seespieël gaan ‘n groot rol speel. Die hoogste piek in Suid Afrika is Mafadi in KwaZulu-Natal – 3450 meter, terwyl Uhuru Peak 5895 meter bo seespieël  is en ons reeds op die tweede dag van ons Kilimanjaro tog tot by Shira kamp geklim het wat 3840 meter bo seespieël is. Die dun lug is een van die grootste faktore wanneer jy Kilimanjaro klim.

Daarmee bedoel ek natuurlik nie dat die nege pieke in Suid Afrika nie erg gaan wees nie, ek bedoel maar net dat dit ander omstandighede in Suid Afrika is. Die feit dat ons die piek van Kilimanjaro kon bereik, sal egter ‘n goeie motivering wees en ons selfvertrou ‘n goeie “boost” gee.

Hoe meer ek daaroor dink, hoe lekkerder raak die challenge, maar ek kan dit nie alleen doen nie, en my medeklimmers is nog nie heeltemal oortuig daarvan dat hulle dit gaan doen nie.

3 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

3 responses to “uitdagings 2009 (2)

  1. Ek het die website gekry vir die 50 hoogste punte in the VSA wat in 50 dae gedoen is. http://www.coleman.com/coleman/5050/highpoints.asp
    9 in 9 sal nogal ‘n uitdaging wees. Sterkte. EK volg die vordering graag.

  2. Ons het gister ‘n bietjie huiswerk gedoen en dit lyk asof die voorbereiding nie minder sal wees as vir Kilmanjaro nie. Een van die dinge is natuurlik dat dit hier vir nege dae aaneen gaan wees en dat elke oggend nuut moet begin. Die versoeking gaan soveel groter wees om nie te klim nie. Op Kilimanjaro het jy nie ‘n keuse gehad nie, jy het nêrens anders gehad om heen te gaan nie.

  3. Klink na ‘n heerlike uitdaging! Baie sterkte en geniet elke oomblik!
    Dankie vir die goeie wense op my blog. Mag jy ook en jou gesin ook ‘n wonderlike 2009 ervaar, vol vreugde, vrede en liefde.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s