uitdagings 2009

Ek het ‘n paar drome aan die begin van 2008 gehad, party van hulle het gerealiseer. Een van die drome was om aan die einde van 2008 nog steeds met die “blog” besig te wees. Op daardie stadium was daar ‘n paar “blogs” wat toegemaak het, en ek wou nie dieselfde pad loop nie. By een geleentheid was my “blog” byna toe en in die laaste twee maande van die jaar was ek so besig, dat ek nie eers tyd gehad het om te “blog” nie. Die ander droom was om Scot McKnight na Suid Afrika te bring en hom op ‘n paar plekke te laat optree.

Daardie twee drome het in 2008 gerealiseer.

Ek het aanvanklik gedink dat ek geen drome vir 2009 gaan hê nie. Maar, toe lees ek verlede week ‘n berig in die Beeld oor twee mense wat die hoogste bergpiek in elke provinsie in nege dae geklim het. Ek kry ongelukkig nie daardie berig nie, maar ek kry toe hierdie berig waar hulle aankondig dat hulle dit gaan doen. Ek was op daardie stadium by my swaer wat ook saam met my Kilimanjaro geklim het, en ek en hy en sy seun het toe besluit om hierdie uitdaging aan te pak.  Ek het  dadelik my een vriend wat ook saam met my Kilimanjaro geklim het uitgedaag en hy het sonder om te huiwer die uitdaging aangegryp.

Die tweede uitdaging is baie meer eenvoudig. Ek wil graag ‘n fotografie kursus doen om beter foto’s met my digitale kamera te kan neem. Ek het twee ander uitdagings wat meer op my geestelike lewe fokus, maar daaroor sal ek dalk by ‘n andergeleentheid skryf.

Sê bietjie vir ons watter drome of uitdagings is daar vir jou in 2009.

Kom nou, waag ‘n bietjie.

Advertisements

4 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

4 responses to “uitdagings 2009

  1. Ek hou van jou voornemens. Baie uitdagend. Hoop jy sal dit suksesvol kan voltooi! (ekself sal eers moet fiks word, voor ek die berge kan aandurf).

  2. BiB: Ek moet ook eers fiks word, maar ek het reeds daaraan begin werk, so ek is opgewonde daaroor. Dalk kan jy ook begin fiks word en saam gaan… hehehehe

  3. Jy moet beslis die fliek “The Bucket List” kyk. Lyk my jy werk hard aan ‘n jaarlikse lys. Ek het self ‘n “life list” van goed wat ek graag wil doen in my lewe, maar het nog nie ‘n lys vir 2009 gemaak nie. My groot droom is om in Scottland die St Andrews golfbaan te gaan speel waar golf begin het. Ek het nog nie ‘n datum daarvoor nie, maar spaar hard daarvoor. Verlede jaar was een van my doelwitte gewees om ‘n myl te kan swem. Dit het baie oefen gekos, en in Augustus het ek dit gemaak.
    Sterkte met die uitdaging. Dit kan baie interessant wees. Lys bietjie die name van die hoogte punte wat julle wil besoek.
    Ek is ook ‘n fotografie entoesias. Lees tans baie daaroor en het ‘n Nikon D70. My gunsteling boek oor fotografie is “The new manual of Photography” van John Hedgecoe. Die moeite werd.

  4. Terug pieng: Attie se koffietafel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s