LEEF CORAM DEO

Coram deo is ‘n Latynse uitdrukking wat vertaal kan word met “Leef voor die aangesig van God.”

Ek het onlangs ‘n boekie van Brother Lawrence en Frank Laubach “Practicing the Presence of God” gelees. In die boekie vertel beide die skrywers hoe hulle hulle lewens daaraan gewy het om in deurlopend in kontak met God te bly. Brother Lawrence het vir die laaste tien jaar van sy lewe op hierdie manier gelewe. Frank Laubach het op sy beurt oor ‘n tydperk van ongeveer twee jaar ‘n dagboek gehou van hoe hy in kontak met God gelewe het. Behalwe vir Laubach se dagboek, is daar briewe van Brother Lawrence wat hy aan verskillende mense oor die onderwerp geskryf het.

Een van die uitstaande indrukke wat die boekie op my gemaak het is die totale afwesigheid van enige vorm van hoogmoed Lees voort “LEEF CORAM DEO”

uitdagings 2009

Ek het ‘n paar drome aan die begin van 2008 gehad, party van hulle het gerealiseer. Een van die drome was om aan die einde van 2008 nog steeds met die “blog” besig te wees. Op daardie stadium was daar ‘n paar “blogs” wat toegemaak het, en ek wou nie dieselfde pad loop nie. By een geleentheid was my “blog” byna toe en in die laaste twee maande van die jaar was ek so besig, dat ek nie eers tyd gehad het om te “blog” nie. Die ander droom was om Scot McKnight na Suid Afrika te bring en hom op ‘n paar plekke te laat optree.

Daardie twee drome het in 2008 gerealiseer.

Ek het aanvanklik gedink dat ek geen drome vir 2009 gaan hĂȘ nie. Maar, toe lees ek verlede week ‘n berig in die Beeld oor twee mense wat die hoogste bergpiek in elke provinsie in nege dae geklim het. Lees voort “uitdagings 2009”

Blog at WordPress.com.

Up ↑