EK GAAN NOOIT WEER KERK TOE NIE (2)

Ek het verlede week geskryf oor ons gemeente se gedagte om lidmate te mobiliseer. Dankie vir almal wat bietjie kommentaar daarop gelewer het. Een van die dinge wat ek nou besef is dat ons sal moet seker maak dat ons nie namens die persone dink wat ons wil mobiliseer nie, maar eerder saam met mense moet dink wat in dieselfde situasie is.

Ons mag ook die doel van hierdie “mobiliseringsaksie” vergeet nie. Na my mening mobiliseer ons lidmate sodat die kerk van die Here Jesus haar effektiwiteit in die wêreld kan verhoog. By wyse van spreke ons mobiliseer die kerk sodat die kerk die wêreld kan mobiliseer.

In elk geval staan die volgende dinge vir my uit indien ons so ‘n aksie sou wou loots: Lees voort “EK GAAN NOOIT WEER KERK TOE NIE (2)”

DIE DA VINCI CODE

Dan Brown se boek (The Da Vinci Code) was ‘n top-verkoper dwarsoor die wêreld en het miljoene mense se aandag getrek en gehou en uit die aard van die saak ‘n reuse debat tot gevolg gehad aangesien bewerings teen historiese Christendom op ‘n besonder kleurvolle manier weergegee.

Van die bewerings wat Brown in die boek maak is: Lees voort “DIE DA VINCI CODE”

DIE BYBEL AS ‘N BOEK VOL WETTE

Ek het gister verwys na Scot Mc Knight se boek “The Blue Parakeet” oor hoe ons die Bybel behoort te lees. (Ek dink ek het die enigste kopie in Suid Afrika op hierdie stadium.)

Die verskillende maniere waarop mense die Bybel lees maak dat elke een sy eie interpretasie het en dan baie moeilik ruimte laat vir iemand wat die Bybel op ‘n ander manier lees. Ek glo nie ons sal ooit op die punt kom waar ons almal oor alles in die Bybel presies dieselfde dink nie, maar dit kan ons help as ons weet hoe ons die Bybel lees.

Mense lees die Bybel op verskillende maniere. Dalk kan ‘n mens sê die volgende ses maniere: Lees voort “DIE BYBEL AS ‘N BOEK VOL WETTE”

‘N HUWELIK TUSSEN TEOLOGIE EN EVOLUSIE?

CS Lewis is een van daardie teoloë wat meestal deur ander teoloë aangehaal word ten einde te verduidelik waarom hulle dink soos hulle dink. CS Lewis is nie maklik om te lees nie, maar altyd die moeite werd. So lees ek toe onlangs hierdie paar woorde van Lewis raak.

In hoofstuk 5 van The Problem of Pain skryf Lewis oor “The Fall of Man”:

For long centuries, God perfected the animal form which was to become the vehicle of humanity and the image of Himself. He gave it hands whose thumbs could be applied to each of the fingers, and jaws and teeth and throat capable of articulation, and a brain sufficiently complex to execute all of the material motions whereby rational thought is incarnated. Lees voort “‘N HUWELIK TUSSEN TEOLOGIE EN EVOLUSIE?”

EKGAAN NOOIT WEER KERK TOE NIE

Ons het ‘n redelik groot gemeente waarvan daar beslis mense is wat sê “Ek gaan nooit weer kerk toe nie!”

Daar is ook die wat nie regtig ‘n goeie rede kan gee waarom hulle nie kerk toe gaan en nie by die gemeente betrokke is nie. Hulle is nie onverskillig of slegte mense nie, kerk toe gaan en deel wees van die gemeente is dalk net nie deel van hulle prioriteite nie. Ens. ens. Ek wil nie probeer uitwerk wat hierdie mense dink en voel nie.

Ons wil nie graag ons lidmate oorlaai en te veel van hulle uiters skaars tyd neem nie. Lees voort “EKGAAN NOOIT WEER KERK TOE NIE”

‘N TYD OM TE KOM EN ‘N TYD OM TE GAAN

Gisteraand was die afsluiting van ‘n fase in my lewe.

Deur die loop van die dag het 78 jong mense belydenis van hulle geloof afgelê. Die einde van ‘n fase het daarmee te make dat ek klaar maak met my werk onder die tieners. Sedert 1987 het ek aan en af met die tieners gewerk en die laaste vyf jaar was die tieners volledig my verantwoordelikheid – heerlike voorreg en uiters bevredigende stukkie werk. Lees voort “‘N TYD OM TE KOM EN ‘N TYD OM TE GAAN”

OM JOU GELOOF TE BELY

‘n Groepie jongmense (76) lê Sondag in ons gemeente belydenis van hulle geloof af. Dit beteken dat hulle voor die gemeente erken en bely dat hulle in God glo en dat hulle as sy getuies in hierdie wêreld wil leef.

Ek is baie bewus daarvan dat al hierdie jongmense nie by die kerk gaan uitstap en model Christene gaan wees nie. Inteendeel, ek verwag dat ‘n paar wenkbroue sal lig oor sommige van die jongmense wat ek wel toelaat om belydenis van hulle geloof af te lê.

Uit die aard van die saak sal my eerste opmerking teenoor die wat hulle wenkbroue lig, die volgende wees: Laat hom wat sonder stene is die eerste lip gooi. Lees voort “OM JOU GELOOF TE BELY”

PEN AKSIE

Ek was hierdie twee dae op ‘n bosberaad van ons sinode. (Sinode is al die gemeentes van die NG Kerk in ‘n sekere streek – hierdie geval die Noordelike SInode.) Die bosberaad is bygewoon deur sowat 40 van die dominees in die streek.

Een van die stories wat my aan die hart gegryp het was die werk wat PEN AKSIE doen. Hulle beskryf hulle visie so: “Serving people of the inner city of Pretoria as total beings in and through Christ.” In die middestad is daar ontelbaar baie mense met uiteenlopende vorme van swaarkry en nood. PEN reik uit na hierdie mens in die middestad.

Ek lees op hulle webblad:

PEN beoog om hierdie jaar net soos vantevore vir 120 kinders uit die middestad drome te laat waar word! Loop jy in die middestad, word jy bewus van die stad se geraas, motors, sirenes en so kry hierdie betonoerwoud ‘n naam: Pretoria middestad! Binne hierdie harde plek bly daar mense, elk met eie stories, drome en ‘’n verlange Lees voort “PEN AKSIE”

Blog at WordPress.com.

Up ↑