Twee moeilike dae agter die rug.
In hierdie twee dae het iemand my seerder as seer gemaak, ‘n seer wat my baie diep geraak het.
Woensdagnag glad nie geslaap nie, verlede nag net tot drie uur geslaap. Drie-uur opgestaan en ek het geweet ek moet hierdie saak by en met my Vader gaan uitsorteer. Amper soos Jakob by die Jabok: Ek sal U nie los voordat U my seën nie.
Ek kom verduidelik toe vir die Vader wat alles gebeur het – asof Hy nie self daar was en weet wat alles gebeur het nie. Toe ek Hom klaar vertel het wat Hy in elk geval reeds geweet het, toe voel ek al klaar ‘n bietjie beter.
Soos gewoonlik is daar in my gebedstyd ‘n stukkie stilte. Baie kere is daar niks nie, maar so nou en dan kom ‘n gedagte by my op wat ek verder neem. Vanoggend was dit nie stil nie. Ek was nie eens lank stil nie, toe kom hierdie een lastige vragie by my op… “Hoekom reageer jy soos jy reageer?”
Want sien, dit het so gewerk. Die ding (Dit was regtig nie ‘n mooi ding nie.) het gebeur en ek het my mateloos vererg (fout). Toe die geleentheid verby is, het ek uitgestap sonder om iemand te groet (fout). Ek het huistoe gekom en hierdie seer vertroetel (fout) soos ‘n kind op kersdag ‘n splinternuwe geskenk troetel. Te lekker hierdie nuwe speelding wat ek gekry het.
Gister-oggend staan ek op. Ek dog ek sou hier kom skryf oor iets soos “ek wens ek het gevloek en gesuip en geslaan”. Gelukkig was daar nie tyd nie. Toe kry ek ‘n briljante plan: “Ek gaan wag, hierdie ou moet my vergifnis kom vra (fout).”Dit is mos die Christelike ding om te doen as jy iemand seer gemaak het – vra vergifnis.
Dit het nie gebeur nie – duur les geleer.
Laat gistermiddag breek die wal en ek kon dit nie meer hanteer nie. Ek kon nie meer funksioneer nie. Ek het myself nie verstaan nie. Renate het oor en oor vir my gesê dat ek mos weet dat dit nie waar is nie. Ek het gewonder hoekom niemand net kom praat en sê ons het gesien en … Op die ou end vermoed ek dit is omdat niemand sou dink dat ek my so daaraan sou steur nie.
Toe kom die tweede lastige vragie: “Wat van vergifnis?” My reaksie: “Ek sal vergewe as hy kom vra!” (Fout) Stilte… doodse stilte, lang stilte.
Volgende vraag: “Hoekom?”
Dit was nie maklik of lekker om by die antwoord uit te kom nie, want ek wou gehad het hy moet kom vra dat ek hom sal vergewe, dan sa hy net so seer hê as ek het, en as hy ook seer het sal my seer beter wees. (Fout – en stupid) Maar erger as dit, ek ontdek toe hierdie uiters hoogmoedige motief: As hy my om verskoning moet vra, dan sal ek sy meerdere wees, ek moet vergewe, hy moet vra… (Fout en liefdeloos)
” … en vergewe ons ons oortredings soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree.”
Toe raak die vrae ‘n bietjie meer gemaklik: “Is dit wat jou so seer gemaak het waar?” (Ek het gekyk of Renate nie skielik in die vertrek ingestap het nie.) Ek het amper nie die moed gehad om te antwoord nie, maar ek moet eerlik wees met my Vader, want Hy vra nie ‘n vraag waarvan Hy nie die antwoord reeds ken nie: “Dit is nie waar nie.” En toe… “Nou wat is die probleem?”
Daar was net een antwoord: “Ek is die probleem.”
In die res van my gebedstyd het ek hierdie foute een vir een bely en my Vader se vergifnis aanvaar. Die laaste paar woorde van daardie gebed, “Here, ek vergewe hom omdat U my vergewe het. Ek vergewe hom selfs al sou hy nie om vergifnis vra nie.”
Die las wat ek gedra het, het ek daar in my studeerkamer gelos en gaan koffie maak, toe ek terugkom is dit weg.
Toe lees ek in Johannes 13 die gedeelte waarmee ek die laaste paar dae besig is. Dit gaan oor Jesus wat sy dissipels se voete was.
“Toe Hy by Simon Petrus kom, vra diè vir Hom: Here, gaan U my voete was?”
Vir my was dit asof die Here Jesus hierdie onvolmaakte mens se voete kom was het, maar op die ou end die hele mens gewas het. Die eintlike vers wat my toe tref is:
“Wat Ek doen, begryp jy nie nou nie, maar later sal jy dit verstaan.”
“My toekoms is in U hand, my Here en my God!”
Ek onthou ‘n prentjie wat ek op Universiteit in my studeerkamer opgeplak het. ‘n Prentjie van ‘n seuntjie wat half moedeloos op sy arms lê en vir my kyk. Onder die prentjie staan daar:
“Please be patient with me, God isn’t finished with me yet.”
Inderdaad…
Dagse Attie
Wat ‘n wonderlike boodskap en dankie dat jy bereid was om ‘n man te wees en jou tekort kominge met ons te deel sodat elke een wat hier lees weer kan moed skep en ook besef ons is maar nog ‘n meesterstuk in wording want HY werk aan ons en daarom sal ons eendag ‘n meesterstuk wees want HY is die MEESTER daarvan.
Dit is juis vir my ook weer uitstaande dat ons sonder uitsondering moet vergewe, sodat ons nie ander se laste (kwade en seermakende dade en gevoelens) op ons laai en saamdra nie.
Wees geseend jy en jou gesin en mag die Liefde en Genade van die Lewende God julle bewaar en versterk elke oomblik van elke dag.
Groete
Ja,Attie:Ek myself was al ‘n paar kere in sulke situasies.Wat ek wel geleer het,is dat dit satan is wat ‘n handvatsel aan ons /my/jou/ wil plak en dit veroorsaak dat jou aandag weggetrek word van jou fokuspunt in die lewe.Jesus Christus,want ons bly afkyk wat ons terughou en gee al hoe meer aandag daaraan.Naderhand word dit ‘n afgod/jie in ons lewe as ons nie onmiddelik die ding hok slaan nie.’N mens bely dit,sny dit af in die naam van Jesus Christus van Nasaret en spreek dit vry.Dit gaan nie on middelik weg nie,en die vryspreek is iets wat elke dag gedoen word en eendag besef ek dat dit nie meer herinneringe bring nie , en dat ek die persoon kan groet en ;n gesprek kan voer,sonder dat ek ongemaklik voel of om die persoon te ontwyk.
dit is maar alles die deel van die bekleding van die wapenrusting van God wat oor ‘n tydperk gebeur,sodat die vurige pyle wat op jou / ons afgevuur word gedeflekteer word en geen uitwerking meer het nie.(‘n Mens moet ook altyd oplet of die persoon jou as individu beskuldig het persoonlik en jou daarvoor verantwoordelik hou,en of die persoon in die algemeen gepraat het.
Dit is ook baie belangrik.
Ek lewe want ek is vergewe,se ek altyd.Ek dra die geestelike rangtekens van satan se aanvalle op my maar dank God dat Hy wat in jou woon Attie,groter is as hy wat in die wereld is,Jy is meer as ‘n oorwinnaar deur Christus Jesus wat jou krag gee.God het jou vrygekoop deur die bloed van Sy ebigste Seun,en nie met goud en silwer wat die wereld jou mee wil koop nie.
As Jesus ons nie gewas het nie,het ons nie deel aan Hom gehad nie.
Goete
Ben.
Onthou net,hoe meer en meer jy versoek word,hoe sterker raak jy.Dit is eintlik niejy wat versoek word nie,maar jou geloof.Jakobus 1 verduidelik alles.Jou geluk le in jou mond.Jy moet dit net spreek .dit stig en rig op.Psalm 24 psalm 91.Bid dit met krag en force.
groete
Ben
Moresê Doom!
Ai Doom, dankie vir die deel van hierdie – dit is nodig en daar is vir almal te leer uit wat Doom hier deel.
Seerkry hou ons nederig.
Sterkte met Doom se werk!
Jou ou vriend
dit is so dat die kinders van die Here nie van alle probleme en seer gevrywaar is nie. Die skrif maak dit duidelik dat ons met baie verdrukking die koninkryk sal ingaan. Die vraag is egter met watter gesindheid hanteer ons die aanvalle. Is die dienskneg groter as sy Heer, want toe HY aangeval was nie terug geslaan het nie, maar alles oorgegee het aan Sy vader wat regverdig oordeel.
Is sekere teenkantinge nie maar net n toets om te sien hoe ons sal reageer nie, n soort van geestelike eksamen……en hoe dikwels dop ons die toets. Toe hulle Jesus wou koning maak het hy dit geweier want Hy het geweet dat die kroon na die kruis kom, met ons is dit ongelukkig baie kere net die teenoorgestelde. As ons saam met Hom ly sal ons saam met Hom regeer.
Ek weet uit ondervinding dat dit nie altyd menslik moontlik is nie want ons wil; maar ons stem laat hoor. Ek onthou so goed nog toe ek so n tyd gelede by die kantoor van binnelandse sake in n tou moes staan. en na n paar uur se geduld was ek voor. En toe kom a amptenaar uit en se ek is in die verkeerde tou en moet weer agter in gaan val. ek se toe vir hom,”julle het gese ek is in die regte tou”
Maar ek moes geweet het daar sit meer as dit daaragter, ek het my bloedig vereg en wou moord pleeg. Ek het die persoon verwens…en die hele dag moordplanne in my hart omgedra……en soos julle weet n rustelose nag in die gesig gestaar.
Maar vroeg die oggend moes ek met trane bely dat n heilige nie so optree nie…en dat die voorval net bewys gelewer het dat daar nog bedrog in my hart was. Ek het die persoon vergewe en God gevra om my te vergewe. En toe gebeur die wonderlikste ondervinding…iets kom soos n stofsuiewr en suig al die lelike gedagtes uit my hart uit en ek is totaal vry. Een ding moet ons altyd besef , enige sonde wat ons pleeg is eerstens teen God. Dawid stort sy hart uit en roep ”Teenoor U het ek gesondig”
Aan ons is die bediening van versoening gegee. Toe hulle eergister weer hier by ons inbreek en baie goed steel,toe staan ek weer voor n toets….maar ek het Paulus se woorde in herrinnering geroep.”aan vaar die berowing van julle goed met blydskap” moielik ne……maar eers die kruis dan die kroon.
goeie more wat n lieflike dag. Is die dag mooi omdat die sonskyn en die tuin gevul is met blommegeur…….dit ook, maar omdat God dit goed geag het om sy asem nog n dag langer aan ons te skenk.Ons lewe is in SY hande, ons sal dit nooit self kan behou nie. Help ons o,Heer om te besef ons is die tempels van U Heilige Gees. U woord is kosbaar vir ons elke dag, dit spreek elke dag met ons op n nuwe aksent as ons dit hoor.Dit het n antwoord vir ons in ons diepste armoede. dit het n evangelie vir elke pyn en seer van die lewe Mag ons ,ons alyd verbly in die nuutheid daarvan en die waarheid wat nooit sal verby gaan.
Mag Hy sy kinders vandag voed wat op Hom wag , mag elkeen vandag sy porsie brood ontvang. mag hy die trane afvee wat geen menslike hand kan bereik nie . Mag daar vandag in Sion n blydsakap wees soos nooit tevore . Seen die bruidegom en die bruid , die vreemdeling in ons poort, die weduwee en die wese, die eensame en die verlate ,die lewens wat soos wrakke langs die lewesweg le. die verlore kind wat glo hy mag nie weer terug kom nie. Die mens wat glo hy het al te ver weg gedwaal om ooit weer terug te kom. Ons het nie woorde om U genade te beskrywe nie….ons kan maar net se dankie.
Dankie, dankie, dankie doom Attie!
Thanx, Attie!
Hoekom is dit so moeilik om eerste ‘sorry’ te sê? Ek wens dit was so maklik om ‘Sorry’ te sê soos dit is om ‘Thanx!’ te sê!
En Baie dankie ook aan Piks vir die ‘link’ na die site toe!!
Ice: Veral rondom verhoudings is daar meer vrae as antwoorde.
Dis waar!