SEERDER AS SEER KAN GENEES

Twee moeilike dae agter die rug.

In hierdie twee dae het iemand my seerder as seer gemaak, ‘n seer wat my baie diep geraak het.

Woensdagnag glad nie geslaap nie, verlede nag net tot drie uur geslaap. Drie-uur opgestaan en ek het geweet ek moet hierdie saak by en met my Vader gaan uitsorteer. Amper soos Jakob by die Jabok: Ek sal U nie los voordat U my se├źn nie.

Ek kom verduidelik toe vir die Vader wat alles gebeur het – asof Hy nie self daar was en weet wat alles gebeur het nie. Toe ek Hom klaar vertel het wat Hy in elk geval reeds geweet het, toe voel ek al klaar ‘n bietjie beter.

Soos gewoonlik is daar in my gebedstyd ‘n stukkie stilte. Lees voort “SEERDER AS SEER KAN GENEES”

Blog at WordPress.com.

Up ↑