SOMS VERANDER ‘N MENS JOU STANDPUNT

‘n Mens se verhouding met die Here bly ‘n wonderlike ding.

Dit wat ek die vorige paar dae geskryf het, het gegaan oor die manier waarop ‘n mens tog kan terugkom na die Here toe. Eers het ek geskryf oor hoe daar so ‘n stuk leegheid of geestelike stilte in ‘n mens se lewe kom. Toe skryf ek oor hoe die Here ‘n mens terug verwelkom na ‘n uitstappie in die “geestelike woestyn”. Gister skryf ek oor twyfel want ek dink dit is ‘n wesenlike deel van die oorgrote meerderheid van God se kinders se geestelike lewe.

As ek vanoggend terugkyk op hierdie week wat verby is, dan besef ek die eerste tree na die herstel van ‘n mens se verhouding met God is die erkenning dat die verhouding herstel nodig het. Ek besef natuurlik ook hoe kort die pad terug gewoonlik is – net een tree. Net een tree dan is jou verhouding weer terug waar dit was – daar is ook uitsonderings en ek het daardie pad ook al geloop.

Maar toe gebeur daar vanoggend iets wat my weer laat besef hoe wonderlik die Here se liefde is en hoe kort die pad terug is. Kom ek vergelyk dit met fietsry: As jy een keer geleer het om fiets te ry, kan jy vir baie jare glad nie fiets ry nie, maar as jy besluit om weer fiets te ry, dan kom alles wat jy oor fietsry geleer het weer terug en jy ry weer fiets sonder om te val.

Ons het gisteraand ‘n belangrike vergadering gehad waar ons oor ‘n saak moes besluit. Een persoon het ‘n voorstel gemaak waarteen ek my stem duidelik laat hoor het en die vergadering het toe my mening gesteun. Vanoggend in my stiltetyd kom die gedagte by my op dat wat ek gesê het nie die beste is vir dit waarmee ons nou besig is nie en ook nie vir die toekoms van die gemeente nie.

Eers wou ek nie erken dat ek verkeerd is nie. Ek wou nie eers in my gebed daaraan dink nie, maar die Here se Gees werk anders, Hy laat my nie los nie – Hy oortuig my toe anders.

Ek gaan lees toe vinnig wat dit is wat die Heilige Gees in ons lewens doen. Die Heilige Gees is God met ons: Hy getuig (Joh 15:26);Hy lei (Joh 16:13);Hy oortuig (Joh 16:8) Hy staan by ons (Rom 8:26a); Hy bid namens ons (Rom 8:26b)  Hy praat (Hd. 13:2); Hy keer en verhinder (Hd 16:6-7); Hy stel aan (Hd 20:28); Hy verander ons (Rom 8:1-17) Hy verseël ons as die eiendom van God (Ef. 1:13); Hy is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het (Ef 1:14)

Dit is nie dat ‘n mens deur geestelike groei meer van die Gees kry of dat een persoon meer van die Heilige Gees het as die ander nie, deur geestelike groei raak ‘n mens meer en meer sensitief en ingestel om te weet watter gedagtes van die Heilige Gees af kom en watter jou eie gedagtes is. Geen mens kom egter ooit op die punt waar hy kan sê dat hy nooit meer ‘n fout maak met betrekking tot die onderskeiding tussen sy eie gedagtes en die gedagtes wat van die Heilige Gees af kom nie.

Deel van geestelike groei is om daardie onderskeid aan te leer – soos ‘n mens leer hoe om fiets te ry.

Vanoggend het ek weer besef dat geestelike vaardighede wat jy aangeleer het so deel van jou lewe word, dat dit sommer gou weer is soos dit was voor jy jou “uitstappie in die geestelike woestyn”.

In vanoggend se tyd alleen by die Here het die Heilige Gees gelei, oortuig, aangestel, gekeer, verander – soos Hy al so baie kere in my lewe gedoen het.

Om in ‘n verhouding met God te leef is om in die teenwoordigheid van die Heilige Gees van God te leef.

Ek is nog nie alles wat ek behoort te wees nie, maar ek is ook nie meer alles wat ek was nie.

21 thoughts on “SOMS VERANDER ‘N MENS JOU STANDPUNT

Add yours

  1. My broer het eenmaal vir my vertel dat die mate waarin mens sensitief kan wees vir die Heilige Gees se insette, word in ‘n mate bepaal deur hoe gehoorsaam mens is aan wat die Heilige Gees vir mens vertel. As mens by ‘n bedelaar langs die straat verby stap en mens se gewete spreek jou aan om iets vir die bedelaar te gee, dan is dit die Heilige Gees wat met jou praat. As jy dit ignoreer dan sal jou gewete jou mettertyd nie meer pla nie, maar dan sal jy ook nie die ander insette van die Heilige Gees af meer ontvang nie. Dis iets wat ek prakties self in my lewe ervaar het.

  2. Attie:’n mens leef nie in die teenwoordigheid van die Heilige Gees nie.By wedergeboorte ontvang ons die Heilige Gees wat dan ‘n inwonende Gees is in jou lewe.Soos ‘n sekere persoon die hele tyd net bv.vloek,het hy ‘n onrein gees in hom wat hom so laat optree.So het ons die Heilige Gees in ons wat nie ‘n bystander in jou lewe is nie,maar binne-in jou woon.die mate wat God se Gees in jou lewe werk is soos wat Jy gese het,hoe sensitief jy vir sy stem is.Almal wat wedergebore is,ontvang God se Gees,maar maak jy Hom ‘n gevange in jou deur Hom ongehoorsaam te wees,en sodoende bedroef jy God se Gees of is jy ‘n kanaal waardeur God kan leef.Laat jy bv.in jou diens toe dat God se Gees werk en gee Jy Hom kans,of praat mens net van hom.Nooi God se gees een sondag en laat Hom toe om Sy werk te doen,terwyl julle net in aanbidding gaan en sensitief word vir die Heilge Gees.Moenie worry oor jou preek nie,hou ‘n Heilige Gees diens.
    Ek moet minder word en Hy moet meer word.Nie net in my persoonlike lewe nie,maar ook in ‘n diens moet ek opsy staan vir Hom.Ek se nie jy moet nooit weer preek nie.Hierdie is nie ‘n persoonlike aanval nie.Dit is wat ons kortkom in vandag se kerke.Die Heilige Gees.
    Geniet jou Sondag,

  3. flippiefanus: Mooi gesê, dit kan mos nie anders nie.

    Ben: Ek is van mening dat die begrip “Heilige Gees wat in my woon” ‘n vorm van beeldspraak is om ons iets te laat verstaan van die werking van die Heilige Gees in die lewe van God se kinders, net soos weergeboorte beeldspraak is waarmee die Bybel ons wil laat verstaan dat die begin van ons lewens saam met God met ‘n mens se geboorte vergelyk kan word.

    Die Heilige Gees het dieselfde eienskappe as God (omdat Hy self God is) en daarom is Hy alomteenwoordig (Psalm 139:7) en kan ‘n mens dus na my mening in die teenwoordigheid van die Heilige Gees lewe.

  4. Jammer,ek verskil van jou of miskien praat ons by mekaar verby.so ver ek weet is die Heilige Gees woonagtig in ons.God self wat IN ons woon deur Sy Gees.As jy in die teenwoordigheid van iemand lewe,beteken dit dat daardie persoon altyd in my teenwoordigheid is,ek kan hom sien,met hom praat en ek is bewus van sy doen en late.dit is egter nie alomteenwoordig nie.dit beteken dat so ‘n persoon op dieselfde tyd regoor die wereld bewus is van wat elkeen doen en dat hy op dieselfde tyd in sa en in rusland kan werk.Miskien is dit wat jy bedoel.miskien is ek verkeerd.maar as iemand IN my liggaam woon en nie rondom my nie,is verskillend.Dit is wat ek bedoel.Rondom jou,in die teenwwordigheid van iemand en iemand binne in jou woon is drie verskillende dinge.Altans vir my.
    Hoop Sondag gaan ‘n awsome dag wees wanneer jy die Gees van God gaan toelaat om die mense te bedien.

  5. as jy in die teenwoordigheid van God se Gees woon,is dit nie dieselfde as wanneer Hy in jou woon nie.In Sy teenwoordigheid en Hy in jou is verskillend.

  6. Ben: Ek sien God aan die werk in baie dinge rondom my. Ek praat enige tyd van die dag met God in gebed. Ek beleef wat Hy in my en deur my en deur ander doen – God is hier teenwoordig, laat ons biddend nader, sing ons.
    As Hy alles weet en van alles bewus is, dan is Hy alwetend – wat Hy is. Alomteenwoordig sê na my mening iets anders as Alwetend.

  7. “… maar die Gees van God het oor die waters gesweef.” (Gen 1:1) Die Heilige Gees is nie in ons nie, maar ook rondom ons.
    “Waarheen sou ek gaan om U Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan U teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel is U daar, gaan lê ek in die doderyk is U ook daar.” (Psalm 139:7)

  8. Persoonlik voel ek te veel tyd word spandeer deur God, godsdienstige terme en die basis van Christenskap se evalueer en dissekteer.

    God IS! He is. Exists. Just is…
    Hoe jy dit aanvaar, hoe enige persoon in die Bybel, kerk, ander gelowige, ens. vir God ervaar, sal tien teen een nooit wees soos jy Hom ervaar nie.
    Wat tel is dat jy doen. Hetsy deur die Gees, God, Jesus…dit maak niks saak nie.

  9. .
    Twyfelaar:Jy se die heilige gees is nie in ons nie,ek verseker jou Hy is in my,of bedoel jy hy is nie net in ons nie?
    Attie,God is olomteenwoordig,daarom is hy alwetend.Al wat ek probeer se is dat die Heilige Gees ook in ons is,of se jy Hy is nie in jou nie?

  10. Attie:ek wag nog vir ‘n antwoord van jou mbt inskrywing 9.

    Twyfelaar:ek wag nog vir ‘n ant wword mbt. inskrywing 11.

    Sou julle se die Heilige Gees is inwonend in julle of nie ?Ja of nee.

  11. Attie,wat ek nog wou byse,alomteenwoordig beteken alles wat jy gese het,behalwe “IN” .Jy sien,vir hulle wat nie gered is nie,het die gees van die antichris,maar vir hulle wat gered is,het die Gees van God.By wewdergeboorte nooi jy Jesus Christus in jou lewe in en daar ontvang jy die Gees van God.Alomteenwoordig beteken onder die aarde,bo die aarde,en in die hoogste hemele.Waar,die Heilige Gees is teenwoordig op die aarde,en ek kan in Sy teenwoordigheid leef,maar die belangrikste,jy moet Hom in nooi tydens wedergeboortE.Dan is daar nog die doping met die Heilige Gees wat net God kan doen,en dit het niks te doen met die doop in water nie.As dit gebeur ,is daar gewoonlik tekens wat volg wat dit bevestig.
    Jy kry ook jou salwing van die Heilige Gees wat dan IN jou woon,Maw jy ontvang krag van God,wat jou voor berei vir die taak wat voorle sodat jy dit met krag en tekens kan doen,en wat volg is wat Jesus gese het,nog groter werke as dit sal julle doen.As daar egter geen krag is in wat jy se of doen nie,sal daar nie tkens wees nie.God verander nooit nie.maar dioe mens verander.Hy besluit wat hy wil aanvaar in die Bybel en wat nie.Wat in die Bybel is is vir alaml beskikbaar en is verniet,maar as gevolg van die tradisies en oorleweringe en deur te luister na mense wat iemand vertel wat om te preek en wat om nie te preek nie.maak ons die woord van God kragteloos.’N mens moet erens op ‘n punt kom en besuit of hy gaan doen wat mense se pf hy gaan doen wat God se.Gaan ek ten dele glo of gaan ek ten volle glo.Is ek beperk ommte preek wat my beheerliggaam se of preek ek alles.Staan ek ten volle op vir Jesus of nie.Eendag in die hemel moet ons egter rekenskap gee of ons die volle waarheid verkondig het aan mense of nie.Ons moet daarvoor antwoord.Gaan die mense dan wat ons voorgeskryf het wat om te se en wat nie,nog steeds daar wees as backup of gaan dit ek en God alleen wees.Die besluit is ons s’n,en die beperking daarby(geestelik)

  12. Ben: Eerstens: Die Heilige Gees is tog die een wat weergeboorte ook werk in die sin dat Hy die behoefte in die mens wakker maak, anders is weergeboorte mensewerk.
    Tweedens: As daar sekere plekke is waar God nie kan wees nie, is Hy dan nog alomteenwoordig?
    Derdens: Ek werk onder gesag en toesig van my kerkraad – deur wie die Heilige Gees ook baie keer werk – maar ek doen wat ek doen onder die leiding van die Heilie Gees. Dit is moontlik dat ek soms my eie gedagtes kan verwar met die leiding van die Heilie Gees en sulke tye is ek dankbaar vir die manne en vroue wat die Here vir my gegee het om mee saam te werk.
    Vierdens: Ons kerk (NG Kerk) het ‘n ryke tradisie waarop ons baie trots is.

  13. Attie:jy bly al om die punt praat.Asjy nie wedergebore is nie,het jy nie die Gees van God in jou nie.Jy word nie daarmee gebore nie.By wedergeboorte nooi jy Hom in om IN jou te kom woon.As almal dan die
    Heilige gees het vanaf vleeslike geboorte,dan moet Hy dan dood wees in hulle wat nie wedergebore is nie,en lewendig in hulle wat dan wedergebore is.Slegs met bekering ontvang jy die Heilige gees wat jy dan in nooi on in jou te kom woon en Hy skep dan die Gees van Christus in jou en soos wat geestelike greoi (ons noen dit heiligmaking gebeur oor ;n tydperk,)en dan neem die vorm van Jesus plaas in ons,optrede.manier van praat,bid deur die krag van die Heilige gGees wat in jou woon.God forseer Homself nie op jou af nie,jy besluit.feit bly staan,nie wedergebore,gees van die antichris,wedergebore,heilige gees wat die gees van Christus in jou vorm.Dit is skriftuurlik.As jy wil sal ek dit opsoek en dit hier plaas.Hierdie gaan nie oor wie reg is of wie verkeerd is nie,maar hoe dit in God se woord is en anderste as dit kan dit nie wees nie.
    Alomteenwoordig:Ja god is alomteenwoordig,soos ek gese het en ook soos dit in die skrif staan.in die hemel,op die aarde,en onder die aarde,en IN hulle wat wedergebore is,maar NIE in hulle wat nie wedergebore is nie.Hulle het nog die gees van die wereld,die skrif se die gees van die antichris.jy is either vir Hom of teen hom.Daar is nie ‘n tussen in nie.Op ‘n ander noot,by God is daar nie tradisies nie,elke dag en elke werk is anderste by God.Niks is ooit dieselfde nie.Tradisies kom van mense af.Dit is waarom God se:as gevolg van die tradisies en oorleweringe van die ou mense maak julle die woord van God kragteloos.Ons aanbid en onderhou tradisies en oorleweringe in die kerk,en soos dit aanhou en aangaan word dit ‘n heilige koei wat se wortels so diep ingeplant is in die kerksisteme dat dit dit is wat ons onderhou en beofen elke sondag ens.dat ons nie eers naby God kom in dienste nie.Trots is ook nie ;n vrug Van die Heilige Gees nie,of dit nou persoonlike trots is od trots wat werke (geskiedenis)van mense is waarop hulle praat en roem nie.Daardie woord moet verdwyn uit ons woordeskat.God wil aanbid word.ALLEEN,nie tesame met tradisies nie. Hy bokant ons en ons onder Hom,niks anderste saam met ons nie.Ons kerke is vervuil met tradisies en werke van mense.Dit gaan nie oor ons nie,maar net oor Hom en Hom alleen.Hy alleen is heilig en niks anderste nie.God se duidelik in Sty woord se dat Hy ons soek sonder ons verfoeisels sodat ons weer skoon voor Hom kan kom staan.Jy moet voor God gaan le in vas en gebed en by God hoor wat jou gemeente nodig het en so moet jy dit weer aan hulle oordra.Elke gemeente se behoeftes is anderste en nooit dieselfde nie.As tien kerke ‘n opdrag ontvang van hulle hoofkantoor,dat almal sondag net oor ‘n sekere onderwerp moet preek,is dit eenheid,maar wel eenheid wat deur mense geskep word.By God gaan dit oor Geestelike eenheid.ons moiet navolgers wees van God en nie van Mense nie.Vraag is,hoe radikaal is ek vir Jesus.is ek ‘n Dawid.God sal jmy nooit uitskop as ek na hom luister nie.maar mense wel.wie vrees ek,God of die mense.Ons is al so vas gevang dat ons nie eers meer tradisies sien nie,maar onder die indruk dat dit van God af kom.Gaan bietjie en vas vir 21 of 40 dae.net water alleen en sonder jou af van alle mense,en kyk wat gebeur met jou geestelike lewe.Hierdie is nie ‘n aanval teen enige kerk of nominasie nie,maar wel hoe dit in kerke gaan.Dink mooi,op jou eie,geld Het God vervang in die kerk.As jy se ons het geld nodig,kyk wat se mattheus 6 vers 31 +32 +33 vir jou.
    Let wel,ek gesels,ek oordeel nie.Ek maak bewus van feite,Party mense is bewus hiervan,ander weet dit en doen niks daaraan nie,daarom is ek nie baie populer in ons gemeente nie,want God se in Sy woord.elke menslike plant wat nie deur my Hemelse Vader geplant is nie,sal ontwortel word(deur God).As gevolg van hierdie goed en nog etlike ander,is vandag se kerke kragteloos en maai die vyand onder ongereddes en gereddes want ons weet nie meer hoe om ons self te verdedig teen die vyand nie.Waarlik,hy hy steel ,vernietig en maak dood na hartelus.Geestelik en vleeslik.
    Ons het ‘n lewendige God nodig,nie tradisies en gewwontes nie.Dit is dooie werke.Vir wie gaan ons opstaan,vir tradisies of vir God.?Miskien sal jy dalk nie meer wil he dat ek verder op jou blog moet kommentaar lewer nie,as gevolg van my uitgesprokenheid vir Jesus en dat ek opstaan vir Hom en wat op Sy hart is.

  14. Ben

    Ek dink jy maak dalk nou ‘n berg van ‘n molshoop. In die Bybel staan daar iewer: “Christus in ons en ons in Hom” (of iets van die aard). As mens dit nou probeer fisies interpreteer dan maak dit duidelik nie sin nie. Met ander woorde, dit moet metafories bedoel wees.

    Wanneer ons die Heilige Gees ontvang met wedergeboorte is dit nie belangrik waar hy fisies in my sit nie. Dis baie meer belangrik wat dit prakties beteken. Dis eerder ‘n aanwysing daarvan dat ‘n Christen hom/haarself tot beskikking van God stel om sodoende deur die Heilige Gees gelei te word in alles wat ons doen. Hoe ons alles wat ons doen volgens die wil van God doen. As ons se^ dat ons die Heilige Gees in ons lewens inlaat dat beteken dit prakties dat ons alles in ons lewens oopmaak vir God. Daarmee bedoel ek dat geen faset van ons lewens so gelei moet word dat dit in stryd is met God se wil nie.

    Met wat jy se^ van tradisies stem ek ook nie saam nie. God het juis in die Ou Testament baie tradisies gebruik om die mense te herhinner aan wat goed is. Vandag kan tradisies dieselfde doen. Daar is slegte tradisies en goeie tradisies. Om Kersfees te vier is ‘n tradisie. Mens kan dit op ‘n slegte (materialistiese) manier doen of mens kan dit op ‘n goeie manier doen deur onsself weer te herhinner aan Christus se geboorte en wat dit vir ons beteken.

    God het die mens gemaak. Hy het ook die kultuurmeganisme van die mens gemaak. Hy gebruik hierdie kultuurmeganisme waarvan tradisies deel is juis om die mens na Hom toe te lei.

  15. flippiefanus:ek het myself moeg oor en oor verduidelik uit God se woord en alles wat ek gese het kan na verwys word.Wat jy se of beweer is nie skriftelik nie,maar soos wat JY dit verstaan ,maar skriftelik kan dit nie geboekstaaf word nie.Ek gaan dit nie weer verduidelik nie.Lees wat gese is en gaan slaan dit in die bybel na.
    Erens is daar ‘n groot leemte oor die Heilige Gees.Ek beveel aan jy gaan na ‘n boekwinkel toe en koop dr.miles munro se boek
    The most important person on earth en ook Murray Jansen se boeke oor die Heilige Gees.Dit is gesonde christelike leesstof en sal baie deure vir jou oopmaak.BY THE WAY,God werk deur sy Heilige Gees en nie deur tradisies nie.Waarvoor dink jy is die Heilige Gees op aarde?By God is daar GEEN tradisies nie.geen , nogmaals geen.
    afgode is tradisies en as God vir jou ‘n afgod is stem ek met jou saam maar vir my IS hy lewend en leef HY daarom is Hy my enigste Vader,Voorsiener,Redder,Liefde,Jehova Nissi,Jehova Jireh,EK IS.Koning van die konings en nog meer.Hy brand in my hart en ek staan teen alle tradisies en wereld stelsels wat God se woord kragteloos maak.Jy mag miskien verwys na die ou testament,maar Jesus het jou en my en al mal vrygekoop van die vloek van die wet,die tradisies en vir ons ‘n vloek geword.Die nuwe testament begin eers waar Jesus se bloed gestort is en Hy voor die Vader vir ons verskyn het.Het HY nie gedurig die skrifgeleerders en Fariseers oor en oor gewaarsku oor die tradisies nie.?Ons is mos nou vrygekoop deur die bloed van Jesus of is jy nog onder die wet/ou testament.Ons onderhou nog steeds die wet,maar nie uit vrees en tradisies nie,maar uit genade en liefde en die belangrikste,Die Heilige Gees.Hy lei ons.Romeine 8v9 ; lukas11v13 ;lukas17v21; 1 kor12v13 ;mattheus 3v11; handelinge1v5 ;lukas4vers14;en die belangrikste,lees Johannes 3 vers 3 en lees ook johannes 3 vers 5 en 6,maar koop die twee boeke en bestudeer dit.Shalom..

  16. Ben
    Ek wil net vir jou sê: Ek dink nie iemand verskil van jou standpunte en skriftuurlike verduideliking daarvan nie. Gaan dit nie maar uiteindelik daaroor hoe ELKEEN wat die Bybel lees die stem van die Here hoor en leiding deur die Heilige Gees ontvang oor hoe om dit te gaan uitleef nie. Ek lees nie graag nie want ek hou nie van lees nie dus is daar dalk dinge wat ek anders verstaan omdat ek nie Dr Miles en Jansen se boeke gelees het nie. Maar tog weet ek (omdat ek weerdergebore is) dat ek elke dag onder leiding van die Heilige Gees lewe en Hom toelaat om my lewe beheer en beheers.

    Is dit nodig dat ons so drasties van mekaar moet verskil om die Heilige Gees en werking van die Heilige Gees te verstaan? As mede kin van God wil ek vir jou sê dat ek lief is vir jou en dankie sê vir die Here vir die wyse wat Hy die Bybel in so ‘n wyse(gawe van kennis) aan jou openbaar.

    Groete

  17. Pieter en al die ander:Dit is jammer dat ons nie as ‘n groep bymekaar kan kom se so 1 maal per week en dan teachings aan bied nie.Dan kan mens die skrifte ondersoek en presies sien hoe alles “funksioneer”
    Dankie vir jou geestelike volwassenheid en hoe jy die aangeleentheid hanteer.Ek kan gerus by jou ook leer.
    Shalom

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: