Ek lees ‘n ruk terug hierdie woorde:
God often does His work thorugh ‘holy fools’, dreamers who strike out in ridiculous faith…
In die wêreld en die tyd waarin ons lewe is dit intelligensie, voorkoms, selfvertroue en gesofistikeerdheid wat die aandag trek. Alles dui daarop dat dit by die Here anders is. In die Bybel, maar ook deur die verhale in die geskiedenis, maak God dikwels staat op eenvoudige mense wat dikwels nie veel meer weet as om Hom te vertrou nie. Baie kere is dit juis hierdie mense deur wie Hy wonderwerke doen. Die persoon wat die op die oog af lyk na iemand wat nie regtig enige bydra tot die kerk of die koninkryk kan maak nie, word byvoorbeeld die strydros in gebed, want al wat nodig is om “groot” te wees in gebed, is die intense behoefte het om tyd alleen met God deur te bring.
Wanneer ‘n mens deur die verskillende wonderwerke in die evangelies lees, dan kom jy agter dat daar verskillende grade van geloof is. ‘n Paar van die mense het onwrikbare geloof gewys, soos bv. die vrou van aan bloedvloeïng gely het. Sy het geweet dat al wat sy nodig geahd het, was om aan die soom van sy klere te raak.
Daar is ook die onverwagte wanneer mense van wie jy dit die minste verwag, Jesus bevraagteken. Wanneer Johannes die Doper in die tronk sit, stuur hy ‘n boodskapper na die Een wie se koms en werke hy voorspel het om te vra of Hy die Een is wat hy voorspel het sou kom.
Ons is nie almal dieselfde nie. Net soos elkeen van ons ons eie unieke persoonlikheid het, het elkeen van ons ‘n ander benadering met betrekking tot ons geloof, maar ook ‘n ander mate van geloof.
By geleentheid kom ‘n man na Jesus toe en vra Hom om sy dogtertjie te genees. Jesus vra hom of hy glo. Hy antwoord: “Ek glo Here! Help my in my ongeloof.” (My eie vertaling.) Job se vriende het met skok en verbasing gereageer op sy twyfel en sy vrae oor die bestaan van God. Die dissipel Thomas se twyfel is al byna legendaries.
Kan ek laastens een van die groot name in die kerk noem? Martin Luther skryf so: ”
For more than a week, Christ was wholly lost. I was shaken by desperation and blasphemy against God.”
En dan is daar ek…
Die steen wat die bouers verwerp het het die hoeksteen geword. My naam is “Twyfelaar”. Sonder twyfel kan ek nie glo nie.
Wanneer ek deur ‘n tyd van twyfel en onsekerheid geworstel het, het dit maak weer plek vir een of ander vorm van ‘n vaste geloof, dan is dit vir my of iemand die gordyne van ‘n donker vertrek oopmaak sodat die son in kan skyn.
Attie, dankie vir jou inskrywings en die opregtheid wat jy openbaar. Dit is kos vir my honger siel. Ek het al deur baie moeilike stadiums in my lewe gegaan. Op die oomblik voel ek nogal meer in kontak met God. Dis asof die deelname op die bloggosfeer my nader aan God bring. Ek het dit nie so beplan nie. Dit wys vir my dat as iemand ‘n gesonde verhouding met God wil he moet hy vir God getuig en vir Hom werk. Mens kan nie net die hele tyd ontvang nie. Mens moet ook op ‘n stadium gee. God kan enigiemand gebruik, maar dis op die ou ent die wat uitgaan en bereid is om iets te doen wat deur God gebruik word.
My pa het altyd gese, when in doubt, there’s no doubt
Jou vlees staan tussen dit wat Christus in gedagte het vir en jou vermoee om dit te ontvang.Die vyand gebruik jou vlees om jou te laat twyfel dat die onmoontlike nie kan gebeur nie.Haal jou vlees uit die pad en kyk wat gebeur.Alles is dan moontlik.(Ek praat en neem aan asof almal wel wedergebore is).Die skrif se dat as jy wandel deur die Heilige Gees,dan maak jy die werke van die vlees tot niet.Voed jou Gees en nie jou vlees nie.God kan almal magtig gebruik,maar hoe ver is jy bereid om jou te onderwerp aan Hom.Hoe kleiner jy word voor Hom,hoe groter word Hy in jou.Ek moet sterwe sodat Hy deur my kan lewe.Daar is nie plek vir ons altwee nie.Hy moet meer word en ek moet minder word.God se oe deurkruis die hele aarde en is op soek na ‘n man wat se hart ONVERDEELD op Hom gerig is.Wedergeboorte is maar net die beginproses om in nederigheid ander te help.Dit is nie ‘n status simbool nie,jy is juis wedergebore om die werk van God op aarde te doen.Daarvoor gee die Heilige Gees gawes om ander mense te help,nie om oor te roem nie.Filippense 2 vers 13″want dit is God wat IN julle werk om te wil sowel as om te werk na SY welbehae.Nie joune nie,Syne.Dit gaan nie oor jou nie,dit gaan oor Hom.Submit…submit….submit……..
“Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late ‘n ander wet wat stryd teen die wet van my gees.” (Rom 7:22)
As ek wandel deur die Heilige Gees,dan word die werke van die vlees nie volbring nie.As dit nie so is nie,is daar gedurigdeur ‘n stryd tussen die vlees en die Gees,’n getoutrekkery
Ek skaar my by Paulus.