Moeder Teresa is een van my rolmodelle, onder andere vir die self-loosheid (is daar so ‘n woord?) waarmee sy in die strate van Calcutta haar werk gedoen het en ander aangespoor het om saam met haar die werk te doen.
Sy was alreeds een van my rolmodelle toe haar geestelike stryd in 2002 bekend geword het. Haar stryd is onder so beskryf:
“Mother Teresa, put on the fast-track to sainthood by the Pope after her death five years ago, was tormented by a crisis of belief for 50 years, her writings reveal.
Her letters and diaries present a completely different picture of the nun and Nobel peace laureate from her public image as a woman confident of her faith.”
Ek het gister geskryf oor hoe ek sukkel om te skryf. Ek het egter nie gesê hoe ek sukkel om te bid en Bybel te lees nie, en eerder die tye wat ek alleen by die Here moet wees by die venster sit en sommer net niks doen nie. (Die gewoonte van vroeg opstaan het gemaak dat ek wel elke oggend daar was. Ek het selfs die stoel waarop ek gewoonlik sit as ek stiltetyd hou vermy en nie daarop gaan sit nie.
Vir ‘n hele rukkie, is die enigste tye wat ek bid, die tye wat ek as predikant voor mense en vir mense moet bid. Nodeloos om te sê dat daardie gebede selfs vir my half-hartig en leeg geklink het.
Gisteraand was ‘n jong dame by my wat oor baie dinge met my kom praat het en op die ou end vir my sê sy kan nie bid nie. Ek het geskrik. Nou moet ek wat self sukkel om te bid, vir iemand help om die stryd van biddeloosheid te wen. Volgens haar is die rede waarom sy nie kan bid nie die baie slegte verhouding wat sy met haar pa het.
Aan die einde van die gesprek het ons saam ooreengekom dat sy nie moet toelaat dat die feit dat sy sukkel om te bid, sover moet gaan dat sy haar rug draai op God nie.
Ek het huistoe gekom en gisteraand en vanoggend baie lank oor my eie geestelike stryd gedink. Die antwoord wat ek vir haar gegee het, het my nie gehelp nie en nie my probleem opgelos nie. Ek was nog steeds nie lus om te bid nie; ej was vanoggend toe ek opstaan nog steeds nie lus om te bid nie; ek was na die eerste koppie koffie nog steeds nie lus om te bid nie. Op die ou end het ek tog maar op die stoel gaan sit en my stiltetyd Bybel opgetel en die dinge begin gedoen wat ek altyd doen (Noem dit ‘n ritueel as jy wil) wanneer ek stiltetyd hou.
Stadig maar seker het gebeur wat ek gewoonlik nie kan beskryf nie omdat enige woorde afbreek sal doen aan dit wat daar gebeur. Kom ons sê maar net dat die gordyne weggetrek is en die Son die donker vertrek van my hart verlig het. Op die ou end was vanoggend se tyd alleen by die Here een van die meer bevredigende stiltetye wat ek in ‘n baie lang tyd gehad het. Die tyd om die gesin wakker te maak het te gou gekom. Ek sou nog ‘n rukkie daar kon bly.
Ek het opgestaan met die gedagte dat hierdie tyd alleen was soos daardie tye wanneer ek en Renate vir ‘n lang tyd weg was en ons mekaar weer sien. Gewoonlik kan ons nie ophou gesels nie en kry ons nie genoeg van mekaar se aandag nie. Ons sal lang tye op die stoep sit terwyl alles rondom ons donker is en net mekaar se ook stil nabyheid geniet.
Ek het die vanoggend die idee gekry dat die Here na my verlang het en dat Hy bly was dat ek terug is. Ek het besef dat ek Hom ook gemis het en dat ek baie bly is dat ek terug is.
Sal al my probleme vandag verby wees? Nee, maar ek en die Here het “op-gemaak”!
Dalk help die stryd van ‘n dienskneg jou om nie moedeloos te raak as jy deur ‘n tyd van geestelike droogte gaan nie.
Dankie!
Jy vertel my verhaal. Ek is nog net nie terug op die stoel nie.
Ek het gister gewonder wat aangaan. Ek kon sien iets is nie lekker nie en gister het bevestig dat ek reg sien. Ek het nie gedink dat jy ooit bereid sal wees om so iets te skryf nie, daar is net soveel mense in die gemeente wat opkyk na jou. Maar, ek moet sê… jy help my met hierdie inskrywing.
Hi Attie, Moeder Theresa was ook vir my ‘n rolmodel, so vol liefde vir haar medemens!
Dankie vir jou eerlike inskrywing ek dink ons almal kom soms hier!
Doom
Ek is nog een. Hoekom gebeur die dinge? veral as ons dink ons is naby voel dit skielik of ons weer vêr is. Ek weet dit is nie dat God skuif of my verlaat nie maar ek maar ek skuif ook nie doelbewus en ek is seker Doom ook nie. Hoekom?
Groete en dankie vir die inskrywing, ek is seker dit laat ander net soos ek voel dat ons is nie alleen nie.
Daar is ‘n lied wat ons in ons gemeente sing. Die eers woorde van die een vers is: “Soms kom daar ‘n stilte oor my lewe as ek kniel. Maar soms breek dit uit in lofsang en dit vul my moedelose siel.” Ons leer dit vir die gemeente, want niemand bly die heeltyd “bo” nie – ook nie dominees nie.
More Attie,ja,dit gebeur met almal,met ny ook.Ek dink dat God wil he dat ons soms so bietjie uit ons “comfort sone”moet kom en Hom weer moet begin soek.Ek se altyd,”God also wants to be wanted”He also wants to be longed for by praise and worship from a clean and pure heart.Vanoggend lees ek Filippense 2 vanaf vers 3 – 17,en ek raak bewus van die feit dat Christenskap nie net ‘n gebeurtenis is wat jou in ‘n hoer posisie plaas as ander mense nie,maar juis om jou te plaas onder hulle in nederigheid en hulle laste te dra,sodat jy Jesus kan “demonstreer”as ek dit so kan stel vir hulle.Mens ontvang van die Heilige Gees gawes en daardie gawes is jius daar om hulle te help wat verdruk word,siek is,te ondersteun,wat gebroke is.Ons as Christene is daar om die wereld ‘n beter plek te maak vir ander mense,nie om te dink dat ons beter as hulle is nie.Wedergeboorte is juis die proses wat God laat plaasvind om jou voor te gerei om diensbaar te wees vir hierdie wereld en sy mense,om in die koninkryk van God te stap op aarde,en Jesus te wees vir ander.Al opgelet dat ons sintuie,oe,ore,stem,hande,perfek is vir die gawes van die Heilige Gees.Dit is darem maar wonderlik.Vers 13 se,dat dit God is wat in ons werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae.Hy in ons en ons in Hom.As almal dinge so sien sal die wereld ‘n beter plek wees.As ons maar net kan ophou om eie eer te neem en God die eer te gee,as ons maar net kan besef dit gaan nie oor ons nie,maar oor God.As hoogmoed maar net tot ‘n val kan kom,veral in die kerkewereld.Seenwense,niks met jou verkeerd nie,God roep net na intiemheid met Hom en dat ons meer moet soek en Hom begeer.Amen
Ek hou van die eerlikheid waarmee jy in hierdie plasing van jou praat oor jou geestelike stryd. Oor baie van die ander goed wat jy al geskryf het verskil ek van jou maar die pos getuig van eerlike integriteit.
Mens kan lank gesels oor twyfel en geestelike stryd. Daarmee gee ek nie te kenne dat jy twyfel nie maar die twee is op ‘n manier aan mekaar verwant.
Daar is mense wat meen so ‘n stryd of twyfel is die werk van die “duiwel” . Dit laat mense wat in daardie situasie is soms baie skuldig voel. My raad is om nie daaroor skuldig te voel nie. Om vrae te vrae en te twyfel is doodnormaal en deel van ons spirituele reis.
Ons hoef ook nie more en oormore te glo soos wat die mense van gister geglo het of presies soos ons vandag glo nie. Niks bly dieselfde nie. Ook nie geloof nie. Ek weet baie mense sal hieroor verskil maar dit is my eerlike mening. Ander mag anders dink daaroor.
Oor bid: Dit is dikwels baie beter om net gewoon stil te word as wat dit is om ‘n klomp woorde te prewel wat in elk geval geen sin maak nie.
Sterkte op jou reis!
Ben: Ek het besef dat ek juis in my “comfort zone” teruggetrek het in hierdie tyd.
Jak: – ek het getwyfel. Oor die verskille – ons verskil mos maar almal met mekaar. Juis die feit dat ons verskil is serklik ‘n aanduiding dat ook van jou sal verskil. Maar ons moet leer om gesprek te voer oor ons verskille. EK self sukkel omdat ons Afrikaners nog besig is om ‘n dialoog kultuut aan te leer.
Attie, wat bedoel jy hier presies met bid? Miskien is jy net nie lus om met toe oe” te sit en goed te sê nie. Maar bid kan ook mos ander dinge beteken. Soms net om stil te sit met wat vir jou heilig is. Soms nie eens op jou kniee of langs die bed nie. Soms sommer met jou oe oop terwyl jy in die tuin sit of in die straat afstap, as jy wakker skrik en skoonheid sien en iets in jou hart dankbaar voel. Dis tog nie minderwaardige gebed nie.
piesangverkoper: Ek stem saam dat hierdie aktiwiteit deur die loop van die dag ook bid sou kon wees. Maar, bid waar ek in gesprek met die Here is, is ook iets anders. Dit is deel van ‘n baie intieme naby aan die Here wees. In my gebedstyd is daar tye wat ek rondom my kyk en dinge raaksien waarvoor ek die Here kan dankie sê of waaroor ek kan bid.
Kan ek dit weereens met my verhouding met my vrou vergelyk.Ek gaan soms dinge raaksien wat ek van haar waardeer en dit nie sê nie, en ander kere gaan ek ‘n punt daarvan maak om dit wel te sê. Die feit dat ek dit sê verdiep ons verhouding. Daar is ook die kere wat ek gaan nodig hê om haar te vra om vir my iets te doen sodat sy kan weet wat my behoeftes is. natuurlik weet die Here wat my behoeftes is, maar daar is soveel voorbeelde in die Bybel waar gebed hierdie intieme en persoonlike gesprek met die Here is. Bv. die Psalms.
Attie, dankie vir so ‘n eerlike inskrywing. Ek dink ons almal gaan deur dorre tye in ons verhouding met die Here en dan is daar weer tye wanneer mens se verhouding blom. Ek dink dis baie raak om dit te vergelyk met hou huweliksverhouding. Mense verloor uit die oog dat ‘n verhouding met die Skepper maar baie dieselfde oppe en affe het as enige ander verhouding. Is jy altyd lief vir jou vrou? Ja, sekerlik…maar partykeer is die verhouding verseker beter en meer naby as ander tye.
Dankie dat jy ook die met ons deel! Dit maak my, vir een, meer ‘aanvaarbaar’ voel.
Ek het onlangs by ‘n baie wyse man aan geklop… Hierdie man het vir my 2 baie waardevolle dinge gesê:
1. Relax oor God – Jip, dit klink seker disrespekvol, maar ek self het deur ‘n vreeslike moeilike tyd gegaan, om verskillende reds. Ek gaan steeds deur ‘n hectic tyd. En juis as gevolg daarvan, sukkel ek om met God te praat. Maar soos die wyse man vir my gesê het – God sien jou hart, dit sal weer regkom. Bly net hoop op God.
2. Om die beste vrou te wees vir my aanstaande man – Ek het ‘n wonderlike kêrelkie. Sy pa is self ook ‘n predikant. Ek lees op die stadium ‘n boek: Captivating. Daarin vertel Stasi & John Eldridge meer oor die siel & hart van ‘n vrou. Aan alml wat van die vroulike geslag is sal weet waarvan ek nou praat… As vrou wil mens weet dat daar iemand is “that longs for you”. Dit is ‘n eienskap van God wat deur ons reflekteer. Net soos ons verlang na daardie iemand, net so verlang God na ons.
Dankie vir die wyse woorde Wyse Man
Groete