Moeder Teresa is een van my rolmodelle, onder andere vir die self-loosheid (is daar so ‘n woord?) waarmee sy in die strate van Calcutta haar werk gedoen het en ander aangespoor het om saam met haar die werk te doen.
Sy was alreeds een van my rolmodelle toe haar geestelike stryd in 2002 bekend geword het. Haar stryd is onder so beskryf:
“Mother Teresa, put on the fast-track to sainthood by the Pope after her death five years ago, was tormented by a crisis of belief for 50 years, her writings reveal.
Her letters and diaries present a completely different picture of the nun and Nobel peace laureate from her public image as a woman confident of her faith.”
Ek het gister geskryf oor hoe ek sukkel om te skryf. Ek het egter nie gesĂȘ hoe ek sukkel om te bid en Bybel te lees nie, en eerder die tye wat ek alleen by die Here moet wees by die venster sit en sommer net niks doen nie. Lees voort “DIE GEESTELIKE STRYD VAN ‘N DIENSKNEG”