Ek het verlede week geskryf oor ons gemeente se gedagte om lidmate te mobiliseer. Dankie vir almal wat bietjie kommentaar daarop gelewer het. Een van die dinge wat ek nou besef is dat ons sal moet seker maak dat ons nie namens die persone dink wat ons wil mobiliseer nie, maar eerder saam met mense moet dink wat in dieselfde situasie is.
Ons mag ook die doel van hierdie “mobiliseringsaksie” vergeet nie. Na my mening mobiliseer ons lidmate sodat die kerk van die Here Jesus haar effektiwiteit in die wêreld kan verhoog. By wyse van spreke ons mobiliseer die kerk sodat die kerk die wêreld kan mobiliseer.
In elk geval staan die volgende dinge vir my uit indien ons so ‘n aksie sou wou loots: Lees voort “EK GAAN NOOIT WEER KERK TOE NIE (2)”