DIE DA VINCI CODE

Dan Brown se boek (The Da Vinci Code) was ‘n top-verkoper dwarsoor die wêreld en het miljoene mense se aandag getrek en gehou en uit die aard van die saak ‘n reuse debat tot gevolg gehad aangesien bewerings teen historiese Christendom op ‘n besonder kleurvolle manier weergegee.

Van die bewerings wat Brown in die boek maak is:

  • Die ware geskiedkundige feite is deur die kerk onderdruk.
  • Meer as 80 verskillende evangelies kon moontlik in die Nuwe Testament opgeneem gewees het.
  • Maria Magdalena is eintlik aangewys om die leier van die vroeë kerk te wees.
  • Daar is ‘n geheime organisasie wat die besonderhede oos Jesus se nageslag geheim hou, en Jesus se nageslag leef vandag nog.
  • ‘n Kerk-vergadering in die vierde eeu, het besluit dat Jesus die Seun van God en dus self ook God was.

Dan Brown hou die roman voor as gebaseer op feite, deur te sê:

“All descriptions of artwork, architecture, documents, and secret rituals in this novel are accurate.”

USA Today het so geskryf:

“… the book consists of historical fact with a contemparary storyline.”

Charles Taylor sê:

“The most amazing thing about this novel is that it is based on fact.”

Gay Coultier op sy beurt skryf so:

“For me it is quite clear that the book isn’t even close to history or reality on such a large number of points … It’s asserted at the beginning that there are facts at the foundation of what is otherwise a work of fiction, yet beginning about page 238 this novel takes a turn in the complete opposite direction – numerous things begin being proposed as if they well might be factual, things which in fact are quite preposterous.”

Carl A Olson sê:

“It would be hard to exaggerate how wrong he (Brown) is about all of those things, how wildly off the mark he is.,”

Het jy die boek gelees?

Indien wel, wat was jou mening?

Indien nie, wat het jy van die boek gehoor?

12 thoughts on “DIE DA VINCI CODE

Add yours

  1. Nie regtig gelees nie, maar baie daarvan gehoor en ook gehoor hoe dit mense laat twyfel oor die geloofwaardigheid van die Christendom.

  2. Ek het die boek gekoop, maar die manier waarop Brown die feite voorgehou het, het my laat ophou lees. Ek het gedink my kennis is nie genoeg om tussen feit en fiksie te onderskei nie.

  3. EK het wel die boek gelees, maar op die ou end aanvaar dat dit net ‘n fiktiewe boek is geskryf deur ‘n man wat met sensasie sy boek verkoop wou kry. Hy sê nogal hy is ‘n Christen.

  4. Het die boek gelees, gebasseer op hipotese, weereens wou hy soos Salman Rushdi it’s kontroversieels skryf om mense se nuuskurigheid te prikkel, en al sou die feite waar wees, sal dit nie my liefde vir Jesus enigsins verander nie, sy aanslag is teen die RKK, nie regtig teen die protestante en poerityne nie, hy meen dat die biblioteek in die vatikaan baie geheimenisse bevat en sou dit op die lappe kom die hele christelike geloof ongeldig maak, om die waarheid te se, het ek ‘n baie interressante boek gelees wat handel oor die jusiete, en wat hul alles aangevang het, veral in die tyd van die reformasie, onderleiding van Ignasius van loyola, dit was meer ‘n eye opener as Davinci Code

  5. Hallo Attie

    Ek het die fliek gekyk. Dit was werklik interessant en die storielyn is geweldig boeiend.

    Ek is een van daardie mense wat glo dat iets betekenis het as jy dit betekenis gee.

    Gestel Dan Brown se teorie is wel waar. Ernstig, wat maak dit regtig saak? Dit neem niks weg uit my geloof nie.

    Attie, het jy die boek gelees?

    Emma

  6. Ek het wel die boek gelees en nie regtig geweet wat om daarvan te maak nie, en toe het ek bietjie gaan kyk wat ander oor die boek gesê het, sodat ek self kon weet wat om daarmee te maak en daarvan te dink.

    Ek weet egter van mense wat hulle rug op die Christelike geloof gedraai het as gevolg van die boek. Die gedagte dat Jesus getroud was met Maria Magdalena was onder andere vir hulle te veel.

  7. cebella: Dit is ‘n goeie storie alhoewel die ware roman-skrywers sê dat ‘n goeie roman mag fiktiewe karakters hê, maar die agtergrondsfeite mag nie verdraai word nie – dit is blykbaar waar hierdie een dit mis.

  8. Enige argument wat nodig het om die media te blameer of toegeskryf word aan geheime organisasies wat met internasionale sameswerings die waarheid probeer verdoesel, verdien ‘n groot dosis skeptisisme. Dalk vind mense Brown se boeke vermaaklik, maar feitelik is dit nie.

  9. Ek dink Dan Brown is ‘n uitstekende bemarker. Deur die storie breedweg te intervleg met feitelike gegewens het hy daarin geslaag om lesers (en veral oningeligte lesers) in te lok na die skemerwereld waar feite en fiksie moeilik onderskeidbaar word. Ek dink hy’s ‘n baie goeie, boeiende en (veral) slim skrywer wat vooraf weet watter tipe storie sy boeke sal verkoop (en ook uitstekende navorsing doen). Uit die aard van die saak is hierdie (asook sy ander boeke) suiwer fiksie, maar deur te stel dat dit op sekere feite gebaseer is, skep hy ‘n illusie van “pseudo nie-fiksie” waarvoor liggelowige mense ongelukkig val. Sy verhale is bloot dit: fiktiewe verhale. Om dit meer of minder te maak as dit, is onnodig, ondanks sy slim bemarkingsfoefies.
    Jammer as ek op tone trap, maar ek dink in elk geval dat mense wat eerder ‘n skrywer van populere fiksie glo as die Bybel, se geloof was in die eerste plek baie oppervlakkig.

  10. George Maru enb Bib: Paul Maier – een van die voorste kenners van antieke geskeidenis lag openlik vir Brown se “feite” en sê dat minder as 20% van Brown se “feite” is feite.

    Stem saam, iemand wat hom/haar deur so bemarkingsfoeie laat mislei het, behoort ‘n vraag vra oor die diepte van sy/haar geloof.

  11. Ek dink God skud net Sy kop vir hulle wat ook op ander paaie wandel.Party kan nie weer terugkom nie.So word die bloed van Jesus vertrap.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: