DIE BYBEL AS ‘N BOEK VOL WETTE

Ek het gister verwys na Scot Mc Knight se boek “The Blue Parakeet” oor hoe ons die Bybel behoort te lees. (Ek dink ek het die enigste kopie in Suid Afrika op hierdie stadium.)

Die verskillende maniere waarop mense die Bybel lees maak dat elke een sy eie interpretasie het en dan baie moeilik ruimte laat vir iemand wat die Bybel op ‘n ander manier lees. Ek glo nie ons sal ooit op die punt kom waar ons almal oor alles in die Bybel presies dieselfde dink nie, maar dit kan ons help as ons weet hoe ons die Bybel lees.

Mense lees die Bybel op verskillende maniere. Dalk kan ‘n mens sê die volgende ses maniere:

1. Die Bybel as ‘n boek met reëls en beginsels wat gehoorsaam moet word.

2. Die Bybel as ‘n boek vol seëninge en beloftes.

3. Die Bybel as ‘n spieël

4. Die Bybel as een groot legkaart.

5. Die Bybel waar ons leer van ‘n navolgenswaardige meester.

Elke een van hierdie maniere waarop mense die Bybel lees is “kort paaie” omdat ons nie bereid is om die langer en meer moeisame pad te volg waar ons na die groter boodskap van die Bybel soek nie. Ek self was al skuldig daaraan om die Bybel op die meeste van hierdie “kortpad” metodes te lees.

Daar is ook ‘n sesde manier om die Bybel te lees:

6. Die Bybel as een groot verhaal.

DIE BYBEL AS ‘N BOEK MET REëLS EN BEGINSELS WAT GEHOORSAAM MOET WORD.

Sommige lees die Bybel as ‘n boek met reëls en beginsels wat gehoorsaam moet word. Dit is natuurlik verstaanbaar want daar is net in die Ou Testament allen 619 verskillende wette wat gehoorsaam moet word.

Die ongelukkige gevolg van hierdie manier van die Bybel lees is dat God die “wet-gewer” word wat maklik ongeduldig en geïriteerd raak met ons onvermoë om volgens sy standaarde te lewe.

Ons verhouding met God word dan afhanklik van die mate van gehoorsaamheid wat ons as burgers van hierdie Koninkryk wys.

Die mees nadelige effek van hierdie manier van Bybellees, is dat ons oorweldig word met ons eie morele sukses en dat ons meer bekommerd raak daaroor om regte wees as om goed te wees, en dan natuurlik die groot gevaar van veroordeling van die wat nie moreel so suksesvol is as ons nie. Met ander woorde, die gevaar van geestelike hoogmoed.

Daar is natuurlik ‘n belangrike plek vir die reëls en beginsels wat gehoorsaam moet word. Pslam 119 vertel bv. hoe ‘n man wonderlike vreugde gevind het in ‘n lewe in die teenwoordigheid van die “wet-gewer”. Die skrywer van die Pslam was ‘n man wat die Here baie lief gehad het, en wat die reëls en beginsels van die Bybel verstaan het as ‘n manier om in hierdie lewe so met God te wandel, dat hy God se besondere seën in sy lewe beleef het.

Maar… as die Bybel net ‘n boek met ‘n stel reëls en beginsels word wat gehoorsaam moet word, dan mis ons die belangriker boodskap van die Bybel.

3 thoughts on “DIE BYBEL AS ‘N BOEK VOL WETTE

Add yours

  1. Die Bybel is vir my die beste boek ooit. Op gesigswaarde is daar wonderlike stories, voorbeelde om van te leer, lesse, waarskuwings en baie hoop. In my lewe het die Here my gelei tot op ‘n punt waar ek totaal leeg en heeltemal gebroke voor Hom gestaan het. Ek het niks meer verstaan en kon niks meer verstaan nie. Op daardie punt het Hy boeke en mense oor my pad gebring en my kop begin swaai. Ek glo Hy wil hê ons moet anders dink oor die Bybel en die Bybel op ‘n nuwe en ander manier lees as wat ons ken. Dit is baie meer as net skuif van Westerse denkwyse na iets anders. Dit is beslis nie om my jarelange “kennis” in my agterkop te hou terwyl ek lees nie. Dit is lees vanuit ‘n besondere verhouding waarin jy met jou Vader staan. ‘n Verhouding waarin jy net Sy kind is, niks meer nie. Ek kon nooit daardie verhouding beleef voordat ek nie ‘n maand of twee terug heeltemal gebreek het nie. In hierdie nuwe verhouding is jy nie staat om te oordeel en te beoordeel nie, jy is net oopgestel vir dit wat die Gees vir jou oopmaak. En uit daardie werkswyse vloei die werklike strome van lewende water wat Hy vir ons bedoel het, en kan ek die Bybel ook so lees.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: