‘N HUWELIK TUSSEN TEOLOGIE EN EVOLUSIE?

CS Lewis is een van daardie teoloë wat meestal deur ander teoloë aangehaal word ten einde te verduidelik waarom hulle dink soos hulle dink. CS Lewis is nie maklik om te lees nie, maar altyd die moeite werd. So lees ek toe onlangs hierdie paar woorde van Lewis raak.

In hoofstuk 5 van The Problem of Pain skryf Lewis oor “The Fall of Man”:

For long centuries, God perfected the animal form which was to become the vehicle of humanity and the image of Himself. He gave it hands whose thumbs could be applied to each of the fingers, and jaws and teeth and throat capable of articulation, and a brain sufficiently complex to execute all of the material motions whereby rational thought is incarnated. The creature may have existed in this stage for ages before it became man: it may have even been clever enough to make things which a clever archaeologist would accept as proof of its humanity. But it was only an animal because all its physical and psychical processes where directed to purely material and natural ends. Then in fullness of time, God caused to descend upon this organism, both on its psychology and physiology, a new kind of consciousness which could say “I” and “me,” which could look upon itself as an object, which knew God, which could make judgments of truth, beauty, and goodness, and which was so far above time that is could perceive time flowing past. … We do not know how many of these creatures God made, nor how long they continued in the Paradisal state. But sooner or later they fell. Someone or something whispered that they could become as gods. … They wanted some corner in the universe in which they could say to God, “This is our business, not yours.” But there is no such corner. They wanted to be nouns, but they were and must eternally be, mere adjectives. We have no idea what particular act, or series of acts, the self-contradictory, impossible wish found expression. For all I can see, it might have concerned the literal eating of a fruit, but the question is of no consequence.

Hoe laat hierdie gedagtes jou dink en voel oor Genesis 1-3 en die hele gedagte van evolusie en Christenskap?

11 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

11 responses to “‘N HUWELIK TUSSEN TEOLOGIE EN EVOLUSIE?

  1. Merkwaardig, ek was nie bewus daarvan dat CS Lewis hierdie opinie gehuldig het nie. Dis nou ironies dat jy hierdie deel aanhaal net nadat ek en Johannes ‘n redenasie gehad het oor die ouderdom van die heelal.

    My persoonlike siening is dat mens nie dit wat in Genesis 1-3 geskryf is te letterlik moet interpreteer nie. Een ding wat ek spesifiek vir Johannes uitgelig het is dat daar ‘n verskil is tussen God se tyd en ons tyd. Wat daar na verwys word in hierdie dele van die Bybel is volgens my eerder God se tyd.

    Nogtans glo ek dat hoe mens hierdie dele interpreteer nie sentraal staan tot die verlossende kennis nie. Mense wat dit verskillende interpreteer kan steeds almal deur God se genade gered word.

  2. filppiefanus: Scot McKnight het ‘n besondere boek geskryf “The Blue Parakeet”. Die boek handel juis oor hoe ons die Bybel lees en beklemtoon onder andere die belangrikheid daarvan om die Bybel in konteks – met ander woorde elke gedeelte as deel van ‘n groter verhaal – te lees.

    Hy som dan die groter verhaal so op:
    Die begin: Genesis 1-11
    Middel: Genesis 12- Maleagi 4; Matteus – Openbaring.
    Einde: Matteus 25; Romeine 8 en Openbaring 21-22

    Ons sien nie altyd kans om die langer en meer moeisame (L.W. nie moeiliker nie) roete te volg om by die boodskap van die Bybel uit te kom nie.

  3. BEN

    Hoe kan ‘n mens homself blootstel om sulke fiktiewe inligting in te neem.Hierdie ie seker ‘n outobiografie van CS Lewis oor homself en hoe hy ontstaan het.daar is skere mense wat dit alreeds moeilik vind om die Bybel te verstaan , en dan word hulle ook nog blootgestel aan sulke snert.Attie,kom ons bevorder die koninikryk van God en nie sulke fiktiewe leringe nie.Net die waarheid sal jou vry maak.
    hierdie is nie ‘n aanval nie.Hoe vergelyk mens wat in genesis geskryf is deur Moses met dit wat CS Lewis skryf.Ek glo dat ons ons nie so moet besoedel nie.Christene het God se Woord om hulle mee besig te hou.
    Waarom die vyand publisiteit gee?

  4. Twyfelaar

    Mag ek…
    Hoe lank gaan die kerk nog ‘n absolute skeiding tussen wetenskap en teologie probeer handhaaf. Hoe langer julle (ek sien myself as ‘n Christen maar nie as deel van die kerk nie) dit doen, hoe moeiliker raak dit vir my om te glo dat julle enigsins opreg is in julle uitreik na die mens van die 21ste eeu.

    Die Bybel bevat vir my ‘n boodskap geskryf deur God-geïnspireerde skrywers binne hulle eie tyd en binne die denkraamwerk van hoe hulle die wêreld in daardie tyd verstaan het. Die boodskap is vir my die bekendmaking (ek gebruik doelbewus nie die woord openbaring nie) van wie God is en wie die skepping in verhouding tot God is en behoort te wees. Dalk iets soos: Die Bybel is bekendmaking van wie God is deur mense geïnspireer deur God die Heilige Gees.

    As ek die Bybel so verstaan dan is daar vir my geen probleem om ‘n hoogs-toegewyde gelowige en teoloog soos Lewis se weergawe nie net te aanvaar nie, maar ook te verwelkom.

  5. Ben: Ek dink juis ‘n gesprek soos hierdie bevorder die Koninkryk. Ek dink dit is nie die boodskap van die Bybel wat bevraagteken word nie, maar mense se verstaan van die boodskap van die Bybel. Daaroor moet ons praat. Wat maak ons as Christene met die wetenskaplike bevindings oor aangeleenthede soos hierdie?
    Twyfelaar: Ek sou graag wou sien dat ons al hoe meer hierdie gesprek voort sit en na mekaar luister oor sake soos hierdie. Die deursnee gelowige is tussen twee vure: Aan die een kant wetenskaplike bevindinge wat tot op ‘n sekere punt aanvaar word, maar andersins verwerp moet word. Mense beleef dit as inkonsekwent, veral as Christene nie bereid om ‘n sinvolle egsprek hieroor te voer nie.

  6. Attie, baie dankie vir die verwysing. Ek sal bietjie gaan kyk of ek nie dalk sommer dit hier in CUM boeke kan kry nie.

    Ek ondersteun gesprek oor hierdie onderwerp volledig. Om die waarheid te se^ dis min of meer waarmee ek my meeste van die tyd besighou met my inskrywings (al was dit nie aanvanklik my bedoeling nie).

  7. Ben, dink gou ‘n bietjie vir jouself. Het Moses regtig die pentateug geskryf as hy self iewers in die middel daarvan doodgaan?

  8. flippiefanus: Ek dink nie die boek is in Suid Afrika beskikbaar nie. Die boek is eers in die laaste twee maande gepubliseer en myne was ‘n geskenk van Scot. Jy sal dalk ‘n rukkie moet wag, maar probeer gerus Amazon.

  9. Dagse Attie

    Persoonlik dink ek ook dat mens die verstand van God ontvang het om juis alles dinge te ondersoek, maar dit biddend te doen sodat jy met Sy leiding wel by die waarheid kan uitkom. Baie dinge is nie soos mense dit deur die eeue aan ander voorgehou het nie en dus raak dit nog meer nodig om ondersoekend te wees in jou wandel met God en Jesus Christus. DIe enigste manier om te groei.

    Groete

  10. Attie, ek het BAIE tyd vir CS Lewis omrede hy (in my eie, subjektiewe opinie) ‘n uiters begaafde en intelligente Christelike denker was. Ek het baie van sy boeke reeds gelees, oa “The Problem of Pain”. Dis g’n wonder so baie mense haal hom aan nie. Hy is baie gebalanseerd en genuanseerd en ek het nog altyd aanklank gevind by die manier waarop hy oor Christenskap gedink het. Dus, dankie vir hierdie inskrywing.
    Persoonlik kon ek nog nooit insien hoekom Christenskap en die wetenskap so in opposisie teenoor mekaar moet staan nie. Maar miskien het ek nie die insig van ekstreme evolusioniste of kreasioniste nie.

  11. Weetie, Glo net

    Snaaks

    Jesus se: …voordat Abraham was, IS Ek,

    Ons almal het maar net teorie en niks konkreets nie, sommige aanvaar die bybel as die enigste bron van waarheid, en ander vra vrae waar daar nie antwoorde voor is nie.

    Ek dink God se onbekendheid en geheimsinnigheid, is ook sy heerlikeid en wonderbaarlikheid, ons WEET nie, maar ons kan glo dat God die oerbron van alles is, of miskien is Hy alles, of miskien IS Hy.

    Wat ons weet en glo is somtyds twee verskillende goed, die een is nie beter as die ander nie, dit is maar wat dit is…

    Weetie

    Weetie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s