‘n Groepie jongmense (76) lê Sondag in ons gemeente belydenis van hulle geloof af. Dit beteken dat hulle voor die gemeente erken en bely dat hulle in God glo en dat hulle as sy getuies in hierdie wêreld wil leef.
Ek is baie bewus daarvan dat al hierdie jongmense nie by die kerk gaan uitstap en model Christene gaan wees nie. Inteendeel, ek verwag dat ‘n paar wenkbroue sal lig oor sommige van die jongmense wat ek wel toelaat om belydenis van hulle geloof af te lê.
Uit die aard van die saak sal my eerste opmerking teenoor die wat hulle wenkbroue lig, die volgende wees: Laat hom wat sonder stene is die eerste lip gooi. In die kerk sit elke Sondag mense wat jare terug belydenis van hulle geloof afgelê het, maar wat ook nie die geloof wat hulle bely het uitleef nie.
Maar daar sal ook die wees wat wonder waarom ek jongmense belydenis van geloof laat aflê as ek geen waarborg het dat hulle dit wat hulle bely sal uitleef nie. Ek dink aan dieselfde gedeelte in die Bybel waar mense die prostituut met klippe wou doodgooi. Jesus het haar weggestuur met die boodskap dat Hy haar ook nie oordeel nie en met die opdrag dat sy nie meer sonde moet doen nie. Ons lees nooit weer van die vrou nie. Jesus het haar laat gaan, sonder dat hy enige waarborg gehad het dat sy nie weer dieselfde sonde sal doen of haar lewe sal verander nie.
As die dominee wat hierdie kinders op hierdie pad begelei het, is hierdie ook ‘n geleentheid waar ek my eie geloof bely. Ek bely dat ek glo in God die Vader wat elke een van die jongmense liefhet en wat nooit sal ophou om in hulle te werk nie.
Ek bely dat ek glo in die Here Jesus Christus wat sy lewe aan die kruis gegee het vir die mense wat daar was en ook die mense wat in die toekoms in Hom sou glo – soos ek glo dat die Here Jesus ook gesterf het vir die jongmense wat in die toekoms die keuse sal maak om te glo dat Hy hulle Verlosser en Here is.
Ek bely dat ek glo in die Heilige Gees wat in ons werk, dat Hy die saadjies wat ek geplant het of natgemaak het, sal laat groei.
Dan is daar ook daardie jongmense wat ek met groot vrymoedigheid die wêreld instuur. Ek weet dat hulle nie volmaak is nie, maar ek weet ook dat hulle bereid om die goeie nuus van die Bybel op so ‘n manier te leef, dat hulle ander aan God sal laat dink en selfs sover sal kry om ook te glo.
Mag die res van hulle lewensreis ‘n geseënde reis wees.
Ek dink jy illustreer HOOP baie goed met hierdie inskrywing.
Ek het die dinge anders beleef toe ek belydenis van geloof afgelê het. Ek was oortuig daarvan dat ek sal moet presteer anders gaan die Here my uit sy hemel uitskop.
My geloofsbelydenis was vir my ‘n ritueel waarvan ek bitter min verstaan het, maar tog het dit later in my lewe vir my waarde gekry. Ek dink dit was ook dalk ‘n saadjie wat deur iemand geplant is en deur iemand anders natgemaak is wat ons hemelse Vader laat groei het.
Ons lê nie belydenis van geloof af nie, ons doop ons mense wanneer hulle tot bekering kom. Ek wonder of die twee dieselfde betekenis het. Ek sien ook maar in die wat by ons groot gedoop word die groepe waarvan jy hier praat. Niemand het die waarborg dat hulle nie die een of ander tyd die pad byster gaan raak nie.
Ek is nie gedoop nie en ek het ook nie belydenis van geloof afgelê nie, maar ek het die Here lief.
Deur die genade het my ouers my van dei Here geleer en die Here se liefde geleef sodat my belydenis-geleentheid vir my ‘n besondere ervaring was.
Ek was ook in die NG.kerk,en het ook belydenis van geloof afgele.
Ek was egter nie wedergebore nie.Ek glo dat as jy belydenis van geloof afle,jy dit doen wanneer jy wedergebore is.Hoe kan bely dat jy in God glo en nie wedergebore is nie..Belydenis van geloof is mos ‘n verbond wat mens afle met God,en hoe kan mens dit doen,as jy nie wedergebore is nie?Dit beteken dan mos niks.Ek is egter groot gedoop toe ek tot bekering gekom het.Ek glo vas dat belydenis van geloof niks beteken as wedergeboorte nie plaasgevind het nie.Dit is dan ‘n tradisie,geen geestelike betekenis nie.Ek val nie ‘n kerkgroep aan nie,of ‘n geloof nie,maar miskien beteken dit erens vir iemand iets in sy binnekamer,wanneer hy met God besig is.
Dit is dieselfde met nagmaal,jy kan dit nie gebruik as jy nie wedergebore is nie,want wat beteken die bloed van Jesus en Sy liggaam vir jou as jy nie wedergebore is nie.Die woord van God waarsku ons streng daarteen.Ek dink dat mense moet geleer word wat wedergeboorte beteken,hoe dit gebeur,en watter geestelike betekenis dit het.dit is nie iets wat ‘n mens kan doen nie,maar net die Heilige Gees van God.Party mense verkeer onder ‘n wanindruk wat wedergeboorte is.Voorspoed met moreDoop en belydenis van geloof het niks te doen met wedergeboorte nie.Dit volg na dit.Voorspoed met more , ek glo dat dit goed sal gaan.
Ben: Ek verstaan jou standpunt en dit is waar dat ‘n mens nie dinge wat vir die Here kosbaar is ligtelik moet opneem. In 1 Kor. beskryf die Bybel vir my die mooi proses waar die een persoon (Apollos) die saadjie plant en ‘n ander (Paulus) die saadjie natgooi en God dit dan laat groei. Ek is in my hart daarvan oortuig dat weergeboorte en bekering meer ‘n proses as ‘n enkele geleentheid is. As ons dan nou die beeld van weergeboorte ‘n klein bietjie verder moet neem. ‘n Babatjie se lewe begin nie die oomblik van geboorte nie. Die babatjie leef reeds vir nege maande in sy mamma, die hoogtepunt van daardie “weggesteekte” lewe is die oomblik van geboorte.
Dagse Attie
Net soos Ben het ek ‘n soortgelyke pad gestap. Dit was vir my ook al die jare nog ‘n kwel vraag, Hoe kan ek belydenis van geloof afgele het as ek nie eers behoorlik “geloof” gehad het nie.
Met die lees van jou skrywe vanoggend word die hele ding duidelik, want in my gees kry ek toe die antwoord. Die Belydenis van Geloof wat julle met die kinders deurgaan is inderwaarheid ‘n Belydenis van Hoop en Vertroue dat dit wat hulle in onderig is as die Waarheid oor die Drie Enige GOD die fondasie vorm van hul eie geloofspad en dus nooit sal kan se hulle het nie die Waarheid geweet nie.
Hulle bely dus dat hulle onderrig is in die Kern van die Christelike Geloof en dat dit die Hoeksteen is van hulle eie Geloofslewe en dus die nodige toerusting ontvang het en nou is hulle self verantwoorelik vir die uitkoms van dit in hulle lewe.
Die Belydenis van Geloof moet dus nie verwar word met ‘n openbare belydenis of erkening dat hy/sy wel hul lewe aan God oor gegee het deur wedergeboorte nie.
Hoop ek maak sin.
Groete
White Knight: Vir sommige van daardie jongmense is dit ongetwyfeld ‘n erkenning en ‘n belydenis van die feit dat hulle hulle lewens aan die here oorgegee het, vir ander is dit nie eens heeltemal duidelik waarom hulle dit doen nie. Ek dink ook aan die gelykenis van die onkruid en die koring wat Jesus vertel het waar die boer sy werkers keer om die onkruid uit te haal omdat hulle dalk onkruid met koring kan verwar. Maar, sonder twyfel dink ek dat hierdie kinders nooit sal kan sê: “Ek het nie geweet nie, of ek het nie gehoor nie.
Dagse Attie
Defnitief glo ek dat van hulle wel die Waarheid ken en ook Christus aangeneem het dat Jesus die enigste Verlossers is in hul lewe en hulle lewe daar volgens inrig.
Die res is wat ek hierbo van kommentar gelewer het.
Wel sterkte met dit en alles van die beste.
Groete
Goeie dag … ek soek hulp …
Om Belydenis van Geloof af te le is groter as om ja te se as jy trou … dus gaan ons my dogter se belydenis baie spesiaal wil maak … oral kry ‘n mens uitnodigings vir ‘n doop of huwelik … gee my idees vir ‘n uitnodiging na belydenis aflegging?
goeie naand en goeie more. hello face book span. ek wil graag my verduidelikking gee oor doop klein of groot. en ook oor wedergeboorte.
as julle almal mattheus gelees het oor hoe johannes vir jesus gedoop het. ja dis reg. tot op jesus is gedoop.
as julle johannes 3:5 lees, wat staan daar geskrywe. deur water en gees.
jesus verduiddelik, water is baar moeder, nie n waterdoop nie. nie groot of klein doop nie. maar uit die mens gebore. dit is aarts.
jesus verduiddelik, gees wat is gees, al wat gees is, is jesus, as mens deur my gebore word, ontvang hy die heilige gees. ek is die weg, ek is die waarheid, ek is die lewe. as n mens dit vir my beter kan verduiddelik, dan sal ek bly wees. johannes 3:5 is so mooi verduiddelik, hoekom lees mense dit nie. doen die wil van die here, alleenlik deur sy heilige gees.
hoe doen n mens die wil van die here, deur hom aan te neem.
al wat my nog pla, is oor al die kerke, wat vandag nog bestaan,is dat hulle kan nie saam staan nie. waarom is daar so baie kerke, een si slimmer as die ander. as ons maar net vir jesus kon gesien het, maar nou sien ons hom deur die gees. jesus is die rots, jesus is die kerk, neem hom net aan,
hy is klaar vir ons gedoop deur johannes. johannes het gese, daar vrugte wat by die bekering pas. en dit is die wil van die here. johannes het nie gese dra die doop wat by bekering pas nie. as n mens n belofte af le voor die here met n doop van n kind, dan moet jy dit na kom. wat se jesus, jesus se ons mag nie n belofte af le nie, laat ons ja maar net ja wees, en ons nee maar net nee. so hoekom word daar nog gedoop in die kerke.
neem die here aan, en doen sy wil. julle sal nie verlore gaan nie.
wat bring n mens na jesus toe? die doop of om jesus aan te neem.
hoe word n mens gered? die doop of om jesus aan te neem
die mense wat vir jesus aangeneem het, en in hom glo, genade en vrede vir julle almal, nie van my af nie, maar van jesus christus, want hy is die weg,die waarheid, en die lewe.
die uwe
bertus vos
Beste Bertus
“Jesus is vir ons gedoop en daarom hoef ons nie gedoop te word nie.” Wat van Jesus se opdrag dat sy dissipels moes doop?