PEN AKSIE

Ek was hierdie twee dae op ‘n bosberaad van ons sinode. (Sinode is al die gemeentes van die NG Kerk in ‘n sekere streek – hierdie geval die Noordelike SInode.) Die bosberaad is bygewoon deur sowat 40 van die dominees in die streek.

Een van die stories wat my aan die hart gegryp het was die werk wat PEN AKSIE doen. Hulle beskryf hulle visie so: “Serving people of the inner city of Pretoria as total beings in and through Christ.” In die middestad is daar ontelbaar baie mense met uiteenlopende vorme van swaarkry en nood. PEN reik uit na hierdie mens in die middestad.

Ek lees op hulle webblad:

PEN beoog om hierdie jaar net soos vantevore vir 120 kinders uit die middestad drome te laat waar word! Loop jy in die middestad, word jy bewus van die stad se geraas, motors, sirenes en so kry hierdie betonoerwoud ‘n naam: Pretoria middestad! Binne hierdie harde plek bly daar mense, elk met eie stories, drome en ‘’n verlange om iets van “Liewe Jesus” se hart te sien. Wil jy saam kom bou aan ‘n kind se droom? ‘n Geleentheid om weg te kom van mamma se probleme, van pa wat nie werk het nie. Dit is die realiteit vandag binne die hartjie van ons stad. Dalk bly jy ook in die stad. Of dalk bly jy in ’n plek waar jy rustig kan asemhaal en veilig voel. Waar gaan jy hierdie Desember wees?

Kom raak deel van God se planne in die midde-stad en kom vat hande met PEN en help om drome te realiseer! Word ‘n PEN vriend en bou met jou hande en dalk jou rande aan die blink ogies wat moontlik vir die eerste keer die see gaan sien, elke dag ’n lekker warm bord kos kry en ja, dalk ‘n roomys of twee!!! Die krag van drome lê in jou hande, kom sit hand by hierdie Desember en sien hoe 120 kinders se lewens verander deur God wat jou inspireer! Ons bring alle eer aan die Here vir PEN en vir PEN se ondersteuners. Dit is en bly ‘n groot voorreg om deel te wees van ‘n storie van inspirasie en ‘n storie van mense se lewens in alle areas van die samelewing, wat verander en vernuwe word tot verheerliking van God se Naam.”

Ek kon nie anders as om te sê nie.

2 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

2 responses to “PEN AKSIE

  1. Elna Fouché

    Goeie middag Attie
    Ek was saam met Marie du Preez op skool en sal baie graag weer met haar wil kontak maak. Ek het via my sussie, Sandra Cadle gehoor dat julle familie is.
    Baie dankie
    Elna Fouché

  2. Anja Swarts

    Goeie dag Attie
    Ek soek nou al ‘n hele rukkie op google iemand wat kan help. Hier het ‘n 18jarige blanke seun by ons aangekom wat uit sy ouer huis geskop is. Hy het net st 6, het nie blyplek nie en ook nie kos om te eet nie. die kind slaap heel waarskynlik op straat of soms hier op die mark. My baas het hom tydelik werk gegee maar omrede die arme kind nie eers ‘n ID boek het nie omdat sy ouer hom nooit daarvoor gevat het nie, kan ons hom net tydelik help. Hy moet aansoek doen vir ‘n afskrif van sy geboorte sertifikaat ook. Die kind vat hart aan my hart en dis sad om te weet hoeveel van hulle daar buite is. Niemand wil vir hom blyplek gee nie omrede hy nie ‘n ID het nie. Asseblief is daar iemand daar buite wat die kind kan help. Groot asseblief.
    Anja Swarts
    pta@prokonsa.co.za

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s