Bybelstudie is nie dieselfde as om die Bybel te lees nie.
‘n Mens kan die Bybel lees sonder om die Bybel te verstaan.
Bybelstudie is nie dieselfde as meditasie oor die Woord nie.
Tydens meditasie fokus ‘n mens jou gedagtes op een of twee verse op ‘n slag.
Bybelstudie is nie dieselfde as om boeke oor die Bybel te lees nie.
Boeke oor die Bybel behoort net hulpmiddels te wees om jou te help om die Bybel beter te ken en te verstaan.
Bybelstudie is nie dieselfde as om te luister na wat ander oor die Bybel sê nie.
Om net na preke te luister is soos om net boeke oor die Bybel te lees – dit behoort net ‘n hulpmiddel te wees.
Hoekom moet ek Bybelstudie doen?
Om die Bybel deel van my lewe te maak.
Ons onthou dit wat ons lees beter as wanneer ons net iets hoor, maar wanneer ek self iets ontdek, het dit vir my meer waarde en onthou ek dit langer.
Om die Bybel beter te verstaan.
As ek seker maak dat ek die gedeelte wat ek lees reg verstaan, dan is dit vir my makliker om te weet hoe om dit wat ek lees op my eie lewe toe te pas en hoe om die boodskap van die Bybel aan ander te verduidelik.
Om te kan weet wanneer iemand die boodskap van die Bybel verdraai.
In Handelinge 17:11 is Paulus opgewonde omdat die mense in Berea nie net met groot belangstelling geluister het nie, maar ook elke dag die Skrif ondersoek het om seker te maak die dinge is soos Paulus dit sê. Juis daarom was die mense in Berea so leerbaar.
Om ander te kan leer.
Elke Christen behoort op een of ander stadium op die punt te wees waar hy/sy vir ander mense sou kon verduidelik wat die Bybel leer.
n Redelik maklike manier om Bybelstudie te doen, is om ‘n antwoord te soek op die volgende vrae terwyl die Bybel gelees word:
1. Wat leer hierdie gedeelte my oor God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees?
2. Wat leer die gedeelte my oor die Christelike lewe? Is hier ‘n opdrag wat ek moet gehoorsaam; ‘n waarskuwing om op ag te slaan; ‘n belofte wat ek my eie moet maak; ‘n voorbeeld wat ek kan navolg of ‘n fout om te vermy.
3. Wat is die belangrikste boodskap van hierdie gedeelte?
Wanneer jy klaar is met hierdie vrae, skryf jy in jou eie woorde wat jy uit die gedeelte uit die Bybel sal wil onthou.
‘n Baie goeie wenk is om ‘n dagboekie (Joernaal) te hou waar jy jou antwoorde op die vrae neerskryf en selfs iets van jou gebed ook neerskryf. Jy sal verbaas wees wanneer jy oor ‘n tydperk terugkom, oor hoeveel jy geleer en gegroei het en hoeveel gebede verhoor is.
Op watter manier lees jy die Bybel of doen jy Bybelstudie?
Tydens ons weeklikse selgroepbyeenkoms kyk ons eerstens na ‘n DVD wat handel oor die tema van die kwartaal. Ons predikante maak beurte om elkeen ‘n les op die DVD aan te bied. Daarna werk ons deur die Bybelstudiestuk wat die lees van gedeeltes uit die Bybel sowel as die bespreking en beantwoording van vrae insluit. Deur as ‘n groep saam deur die vrae te werk, beteken vir my baie meer as wat ek dit op my eie sou doen.
Ek het n probleem gehad wat ek in die kerk ontmoet het geskei,het by n vrou gebly ek kamer aangebied,hy eers loseer goeie vriendskap gehad,los my en gaan weer na die vrou wat hy mee saamgeslaap het,hy het gese hy is lief vir my en wil sy lewe met my sluit,nou is hy weg na haar toe.Ek het die Here gevra hoekom hy was saam met my in die Kerk,ek voel nie meer om na die kerk toe te gaan nie,sy was in NG kerk en is nou saam met hom ek wil hom nie sien nie hy het my goedheid misbruik en my geloof het verswak Marthie Cilliers