VERDWAAL (3)

Ek wonder of die van ons wat lank terug, nadat ons so erg verdwaal was en toe op een of ander wyse weer die pad waarop ons moes wees gekry het, ooit nog kan onthou hoe dit gevoel het toe ons verdwaal was. Vir ons wat reeds die pad terug gekry het, mag dit, van waar ons nou is lyk asof “verdwaal” of “selfs “verlore” ‘n goeie woord is om te beskryf waar ons ons self op daardie stadium bevind het, maar dit is sonder twyfel nie die manier waarop die mense wat steeds “verdwaal” of “verlore” is hulleself beskryf, of aan hulleself dink nie. Inteendeel, hulle dink nie hulle is verdwaal – hulle dink dalk eerder dit is ons wat verdwaal het.

“Verdwaal” of “verlore” is ‘n woord waarmee ‘n mens die situasie beskryf waar iemand hom-/haar self bevind as hy/sy nie volgens sy/haar skeppingsdoel leef nie. Terloops: God se skeppingsdoel vir ons is nie om ‘n gebed op sê wat ons vrye toegang tot die hemel gee nie, alhoewel daardie gebed deel is van die die roete waarlangs sommige van ons by ons skeppingsdoel uitkom, sien ek dit meer as die bestuurder wat langs die pad stop en aanwysings vra. Daarna moet die persoon nog die pad-aanwysings volg om by sy bestemming uit te kom.

Baie mense leef hulle skeppingsdoel sonder dat hulle ooit in hulle lewe die sogenaamde “sinners prayer” gesê het. Ek beleef meer en meer dat mense in geloof in groei en op ‘n dag ontdek dat hulle deur God se genade hulle weg gevind het en nou oppad is na die bestemming wat God vir hulle bedoel het.

Ek self het die pad terug gekry nadat ek by wyse van spreke gestop het en pad-aanwysings gevra het. ‘n Paar mense het ‘n kritiese rol gespeel om vir my die pad te beduie. In die peerste plek was daar Susan Erlank met wie ek op daardie stadium uitgegaan het. Susan het na ‘n koffiekroeg in Oudtshoorn genooi- ek het gegaan omdat sy baie mooi was en ek haar nie wou verloor nie. Daardie aand het ek vir die eerste keer in baie jare my voet in iets soos ‘n kerk gesit sonder dat ek gedwing is om daar te wees nie.

Dieselfde aand het Andrè Fourie, nou predikant in Namibië vir my die vraag gevra: “As jy nou doodgaan, waar heen gaan jy?” Die uiteinde was die “sinners prayer” waarin ek Jesus Christus as my Verlosser aangeneem het en die verskering gegee is dat ek nou ‘n kind van God is en die ewige lewe het.

In die tyd wat gevolg het, was dit veral drie dames wat ‘n groot rol gespeel het om my aan Christus Jesus te koppel en seker te maak dat ek nie weer die verkeerde afdraaie vat nie. Marlene van der Hoven, haar suster Danette van die Hoven en hulle vriendin en woonstelmaat Lynette Poolman (Nou haar van). Ongelukkig het ek kontak met al hierdie mense verloor, maar ek sê nog gereeld vir die Here baie dankie vir die rol wat hulle in my lewe gespeel het.

Andrè Fourie het ek by geleentheid op ‘n predikante konferensie raakgeloop en hom aan my kollegas voorgestel as die een wat ‘n besondere rol gespeel het om vir my die regte aanwysings te gee wat my gebring het waar ek vandag is. Ek het al dikwels probeer om die ander op te spoor, maar was tot nou toe onsuksesvol.

My vrou daarenteen het groot geword in ‘n huis waar haar pa ‘n besondere rol gespeel het en vir haar ‘n baie duidelike padkaart geteken het, met daardie padkaart het sy haar lewensreis aangepak en nie verdwaal nie.  In haar matriekjaar op ‘n skooverwisselingskamp het die Here net weer aan haar pad aanwysings reg is.

So het elke een van ons sy unieke verhaal oor die pad wat die Here met ons geloop het.

Hier is my uitdaging vanoggend:

Wie het die grootste invloed gehad op die verhouding wat jy op hierdie stadium met die Here het en hoekom sê jy so?

Tweede vraag: Wat weet jy op hierdie stadium van die persoon en wanneer laas het jy vir die persoon dankie gesê?

5 thoughts on “VERDWAAL (3)

Add yours

  1. Ds Attie
    My ouers het n groot rol in my lewe gespeel, Hulle was baie lief vir die Here. Hulle het al die regte dinge gedoen om my die pad aan te wys. Beide is nou oorlede en ek het nooit vir hulle dankie gese vir die geestelike rol wat hulle in my lewe gespeel het nie. Dan het jy ds Attie so 3 jaar gelede in die aande iets aangebied oor stilte tyd. Dit het regtig my lewe verander deur my n pad te wys met n baie nou persoonlike verhouding met God. Dit het ook struktuur aan my verhouding met God gegee wat op daardie stadium gewissel het tussen vas en los. Baie, baie dankie daarvoor!

  2. Ek kan nie presies onthou hoe wat en waar die dinge gebeur het nie. EK dink my ouers het ‘n rol gespeel. Maar, toe ek eendag daaroor nadink toe besef ek net dat ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is wat in my plek aan die kruis gesterf het en uit die dood opgestaan het en dat Hy my geroep het om aan Hom toegewy te lewe. Nou lewe toegewy aan my Here, en ek weet nie eers hoe dit gebeur het nie. Ek is net dankbaar vir sy onuitspreeklike groot genade.

  3. My godsdiens was baie vanselfsprekend soos ek groot geword het. Eers op oudedom 23 en ‘n paar maande het ‘n ds. my van die preekstoel gekonfronteer met die vraag? Waarheen gaan ek heen as ek nie môre doodgaan nie. Nie as – As ek môre doodgaan nie. Dit het my geskok en ek het ek het my hart net daar vir die Here gegee en belowe dat ek my lig sal laat skyn tot die dag wat Hy my ontvang, nie kom haal nie!
    Ek kan nie eens die ds. se naam en van onthou nie, dit was net ‘n preek wat my lewe verander het. Miskien omdat ek werklik ge-“SJEMA” het en nie net geluister het nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: