DIE WATERKLOOF 4

Bertus vra my die moelike vraag of ek dink ons behoort vir die Waterkloof 4 te bid en indien wel wat behoort ons te bid?

My antwoord was:

Bertus: Jy vra moeilike vrae. Ek het baie teenstrydige emosies beleef toe ek hoor hulle gaan tronk toe. My eerste emosies was met betrekking tot die ouers. Tog was ek ook baie jammer vir die seuns, sonder om te probeer regverdig wat hulle gedoen het.

Aan die ander kant was hulle arrogansie (as ek dit so mag noem) tydens die hofsaak ontstellend.

Ja, ek sal vir hulle bid. Ek sal bid vir hulle bewaring in die tronk, ander kere is ek bang dat ek net vir hulle wil bid omdat hulle wit en Afrikaans is, en waarom ek dan nie met dieselfde passie bid vir swart jeugdiges wat soortgelyke misdade pleeg nie.

Soms wonder ek of ‘n mens ook moet bid vir hulle rehabilitasie in die sin dat hulle verantwoordelikheid sal aanvaar vir wat gebeur het, en dat hulle en ander daaruit sal leer. Ander kere dink ek daaraan dat hulle opgeneem is in ‘n land waar misdaad buite beheer geraak het, maar weereens mag dit geen mens se misdadige optrede regverdig nie.

Maar, meeste van alles sal ek bid vir hulle ouers – vir troos, dat die Here mense oor hulle pad sal stuur wat hulle sal help en sal bemoedig oor die volgende paar jare.

Ek sal bid, maar dan sal ek ook bid: Here, U weet wat ons (en hulle en hulle ouers) nodig het, nog voordat ons vra.

Hoe voel jy daaroor?

15 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

15 responses to “DIE WATERKLOOF 4

  1. Attie, terwyl ek nog lees wat jy skryf, het ek gedink eintlik moet mens meer bid vir die ouers en ek onthou dat ek vandag in Die Burger gelees het – by ‘n lesersblog – dat die skuld vierkantig op hul ouers en hule opvoeding en die feit dat hulle ryk is, gepak word. Ek stem natuurlik nie 100% saam hiermee nie – geen ouer voed sy kind willens en wetens op om te moor nie, maar ek dink die ouers het dalk tog in ‘n mate hierdie seuns beskerm en verhoed om ten volle verantwoordelikheid vir hul dade te aanvaar.

    Ek sal maar vir hulle almal bid – die tronk is nie ‘n plek waar enige ouer sy kind wil sien nie! En in my hart is ek jammer vir daardie seuns – hulle gaan ‘n harde les leer vir een nag se onverantwoordelikheid. Niemand kom uit die tronk ongeskonde nie.

  2. Bertus!

    Ek stem saam.

  3. Tiens

    “Our mission in life is to help others, but if we don’t help them we should atleast not hurt tem” – Dalai Lama

    Daardie man wie hul doodgemaak het waar was sy beskerming? Hulle moes hom beskerm het, en hom nie seer/dood gemaak het nie.

    Ek hoop hulle het hul les geleer, en ek hoop hul kom ryker uit die’situasie uit.

  4. Semisoet

    Mag hulle storie mense se harte raak en tog n paar jeugdiges in die toekoms 2 keer laat dink? Dit is jammer dat hul so harde prys moet betaal, ons almal het tog sonde in ons lewens. Is moord en lieg nie dan gelyk in God se oe nie?

  5. Pieter

    Ek bid ook vir die ouers soos hierbo genoem, maar ek wil bid vir die vier. Dat hulle verantwoordelikheid sal aanvaar vir ‘n keuse wat hulle geneem het, dat hulle nie nou/voorheen daaroor sal lieg om te probeer wegkom van hulle keuse nie.
    Maar bo alles dat HULLE nou ook sal stil word en vergifnis by God sal kry vir dit wat hulle gedoen het. Soos Semi.. sê, hulle moor en ons lieg – Wie is meer skuldig? Ek of hulle? voor God is ons almal skuldig maar vrygespreek deur Jesus se bloed en genade. Ook hulle as hulle dit aanvaar !!

  6. Muis

    Ek sal bid. Vir hulle en hulle families en elkeen in ons mooi land.

  7. Op ‘n nie-biddende noot. ‘n Mens moet onthou dat die kinders 17 was toe dit gebeur het (ek dink een was 15?) Vraag is nou, hoe het dit gekom dat hulle so swaar gestraf is? My siening, arrogante ouers, swak regsadvies…..Hulle moes die ding gepleit het, way back toe hulle nog 17 was, soos die mannetjies in Bellville gedoen het, en nie in die pers soos die fantastic 4 geparadeer het nie.

  8. Ek bid, nie net vir die Waterkloof 4 nie, maar vir die hele Afrika. Ek bid dat die Heilige Gees deur die kontinent sal gaan soos ‘n veldbrand en dat Afrika weer heel sal word. Ek bid vir verdraagsaamheid- iets waarmee ek nie juis geseend is nie en ek bid dat die Heilige Gees my die krag sal gee om my vyande werklik te vergewe- soos God ons deur Jesus se Bloed vergewe.

  9. Blondie

    Ek kan ongelukkig nie jammer voel vir die kinders nie. Die Here moet my vergewe hiervoor, maar hulle het met arogante houdingtjies geloop so asof hulle pa se geld hulle uit die tronk gaan hou, spesiaal die voorloper met die donker hare.
    GEEN BEROU…NON WHATSOEVER!!!

    Ek oordeel nie, en wil ook nie, Sal maar net bid dat die Here hulle oe sal oopmaak, ‘n lewe is ‘nlewe en hulle het dit geneem.
    Vir elke aksie is daar ‘n reaksie en dan moet jy maar die gevolge dra..party van ons leer net op die harde manier.

    en dan ook vir die ouers, dis baie seer!

  10. pluim

    Blixer, en ek sê amen op jou gebed.
    Daar is stories wat ontvou oor een individu wat die pad byster geraak het en weer tot God gekom het in die tronk, en die hoe God die een persoon gebruik het om die hele tronk te transformeer. Dat alles ten goede sal meerwerk in die mannetjies se lewe, en dat hulle die doel en die sin van waardes sal besef. Ons moet bid sonder ophou, nie net vir die menere nie. “Ek was in die tronk en julle het my nie besoek nie”

  11. Charles Scheepers

    Bid eerder dat God julle die dors na waarheid sal gee en miskien so gaaf sal wees om die skille van julle oë af te haal sodat julle gebede aangewend kan word waar dit die meeste nodig is. Bid dat God julle nie sal oordeel soos julle hierdie vier seuns en hulle ouers veroordeel het nie. Bid vir vergifnis oor julle blindelings alles glo in die media gepubliseer word.

    Hierdie seuns het een man aangerand en hulle het dit van die begin af erken. Die twee aanrandings en die moord soos gepubliseer en selfs soos deur geleerde regters bevind is, is loutere onsin. Die waarheid is beskikbaar maar mense weier om dit te sien.

  12. Charles: Ek respekteer jou mening, maar dit sal darem moeilik wees om te aanvaar dat die regsproses alles vol foute was – nie dar regters nooit foute maak nie.Verder het ek nie regtig enige vorm van oordeel gesien nie.

  13. Charles Scheepers

    Beste Attie

    Dit is moeilik om te glo dat die regsproses in sy geheel gefaal het en om die eerlike waarheid te sê behoort dit sekerlik so te wees. Die verskeie prosesse wat beskikbaar is om foute uit te skakel maak dit werklik moeilik om te dink dat hulle nie die straf gekry het wat hulle verdien nie. Hierdie is een van die redes wat ek aanvoer as bewys dat hierdie onregverdige proses nie toe geskryf kan word aan menslike natuur nie. Daar was eksterne invloed.

    Hierdie is nie net iets wat ek sê nie, ek het my bewyse op skrif gelê en klagtes ingedien teen die verskeie regters wat betrokke was. Ek plaas my naam op die spel en ek is meer as bereid om opreg om verskoning te vra indien iemand my verkeerd bewys. Dit het nog nie gebeur nie. Selfs nie eens vanuit die geledere van die regters nie. Dink maar net aan die bronne van jou “kennis” van hierdie saak. Dit is meestal die media en ‘n paar mense om ‘n braaivleisvuur. Ek het elke stuk hofdokumentasie in die hande gekry en dit in detail bestudeer. Dit het my meer as drie maande geneem.

    Soos ek in ander skrifte al gesê het: jy kan vergewe word indien jy dink dat ek hierdie doen vir vier rykmanskinders. Ek doen dit vir my kind en daarmee saam ook vir al die ander mense wat hulself verlusitig het in die leed van die vier families. Die regsbank het die vermoë om ons te beskerm teen die magsdors van roekelose politiekuste en ek het nou bewys dat die vingers van politiek alreeds in die regsstelsel is. Demokrasie is ‘n geweldige voorreg en meeste mense vergeet die plig wat saam met daardie voorreg kom. Die enigste onderhoubare manier om almal in hierdie land te help is om te verseker dat demokratiese prosesse vry van menslike natuur bly.

    My doel is nie om jou te vra vir hulp nie; wees gerus. My doel is om te verseker dat mense nie kan omdraai en sê dat hulle nie geweet het nie. Jy sal verbaas wees hoe mense hardloop wanneer hulle met die waarheid gekonfronteer word. Dit is om van bedroef te raak. Ek dink ons noordelike buurland behoort vir ons so ‘n duidelike voorbeeld te wees van wat gebeur wanneer mense apties is teenoor magsmisbruik. Dit is juis die verrotting van die regsstelsel wat finaal Zim se rug geknak het. Wanneer ons eendag voor die Skepper staan, wil ek ten minste kan sê dat ek probeer het.

    Lekker naweek…

  14. Charles: Sterkte met jou missie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s