DIE BYBEL IS UNIEK IN VERSPREIDING
Die Bybel is alreeds in 2000 verskillende tale vertaal en elke vertaling word vanuit die oorspronklike Grieks, Hebreeus of Aramees vertaal. Geen ander boek is naastenby in soveel tale vertaal nie en die Bybel is jaarliks die boek waarvan daar die meeste verkoop word. Volgens die Genius Book of Records is daar reeds meer as 2.5 biljard Bybels gedruk.
Die Ou Testament is aanvanklik in Hebreeus geskryf, maar in 250 v.C. word die Ou Testament in Grieks vertaal, sodat die Ou Testament ook vir die Griekse gemeenskap toeganklik kon wees. Die vertaling staan bekend as die Septuagint.
DIE BYBEL IS UNIEK IN OORLEWING.
Verskillende magtige mense en instansies het al probeer om die Bybel te vernietig en te verhinder dat dit verder versprei word en om mense te oortuig dat die Bybel ongeloofwaardig en vol foute is. Maar, die Bybel het oorleef. Geen land is of was nog ooit effektief om te verhinder dat die Bybel in daardie lande versprei word nie.vandag is daar soveel Bybels dwarsoor die wêreld dat dit onmoontlik sou wees om die Bybel uit die gemeenskap uit te haal. Deur al die jare was daar aanslae op die Bybel en op Bybellesers om aan te dui dat die Bybel nie geloofwaardig is nie en dat die Bybel nie werklik God aan ons bekend maak (openbaar) nie. Die Bybel het dit oorleef en vandag nog word die mense wat die Bybel as openbaring van God aanvaar meer.
Al hierdie dinge Igister en vandag se “posts”) mag ons ook nie laat beweer dat alles wat die Bybel sê histories korrek is nie. Al hierdie dinge is ook nie bewyse dat die Bybel wel die Woord van God is nie. Vir Christene wat reeds die Bybel glo, is al hierdie dinge ‘n wonderlike bevestiging dat hulle goeie rede het om die Bybel te aanvaar as die boek waardeur God aan die Woord kom en waardeur ons Hom kan leer ken vir wie Hy werklik is, maar dit sal nie ‘n ongelowige persoon oortuig dat die Bybel wel die Woord van God is nie.
Maar, mense wat skepties is oor die Bybel mag dalk begin vra: Is hier nie iets wat ‘n klein bietjie meer van my aandag vra nie? Is hierdie boek nie dalk ‘n klein bietjie meer besonders as wat ek nog altyd gedink het nie? Mense wat op soek is na die enigste ware God, kan dalk begin vra: Is dit nie dalk moontlik dat ek in en deur hierdie boek die ware God kan ontdek en leer ken nie? Beskryf hierdie boek nie dalk die ware God waarna ek op soek is nie?
As kinders het ons ‘n speletjie gehad wat ons telefoontjie genoem het. Almal wat speel sit in ‘n sirkel. Die een persoon begin deur ‘n sinnetjie in die een langs hom se oor te fluister. Die persoon fluister weer in die een langs hom se oor wat hy gehoor, en so word die boodskap oorgedra na die laaste persoon toe. Die groot grap is die skewe boodskap wat dan aan die einde uitkom. Die indruk word baie kere geskep dat dit die manier is waarop die Bybel tot stand gekom het.
Die Bybel is nie die eindresultaat van so ‘n “telefoontjie” speletjie nie. Ten spyte van duisende jare se kopieë en oorskryf en vertaal het die boodskap van die verskillende boeke van die Bybel in ‘n baie groot mate behoue gebly sodat ons met sekerheid kan sê dat die Grieks en Hebreeuse en Aramese teks wat ons vandag gebruik om die Bybel uit te vertaal, 99% dieselfde is as wat die oorspronklike teks was.
Daar is ‘n wetenskaplike manier waarop so ‘n bewering gestaaf kan word. Meer daaroor more.
Baie, baie interessant!!
“Volgens die Genius Book of Records is daar reeds meer as 2.5 biljard Bybels gedruk.”
Statistiek is altyd interessant: Hoeveel van die 2.5 biljard Bybels word gelees, hoeveel daarvan verstaan wat hulle lees, en hoeveel pas werklik toe wat hulle lees?
DIT sal nogal interessante statistiek, Doom.
KoggelXander, dalk kan jy ons vertel? 🙂
mynameisbotha: Altwee die vrae is baie moeilik om te antwoord. Ek sou self graag daardie inligting wou sien.
Lees more verder.
ek wil graag hoor of iemand my an se waar ek sal kan reg kom met so 1000 bybels vir minder bevoorregdes wat ons in Desember wil uitdeel. as jy weet kan jy my bel by 082 8154195
Hi we are looking for the ou vertaaling bybels to hand out as a tool as we are currently evangelizing and discipling the farm workers in Durbanville Cape Town
can you assist or point us in the right direction please God Bless
Is die Bybel nie een van die wonderlikse boeke wat ooit geskryf is nie, Dir is nie deur mensegeskryf nie maar is onder leiding van die Heilige gees geskryf. Dit wat in die Bybel staan is op elke individu van toepassing in ons hedendaagse lewe. Die 3 EENHEID is groot en die Vader , Seun en Heilige Gees het elkeen sy unieke werking in die Bybel. ALLE WAT ON HET IN HIERDIE LEWE IS GENADE EN GENADE IS ALLES.
DANKIE AAN MY HEMELSE VADER WAT VIR ONS LIEFDE OP LIEFDE DAAGLIKS BETOON