‘n Baie interessante en moet ek sê beleefde gesprek het verlede begin oor die Bybel as die Woord van God. Ek was aangenaam verras met die manier waarop ouens wat van mekaar verskil die egsprek hanteer het en dat daar nie wedersyds kwetsende dinge gesê is nie.
Die Bybel is op ‘n paar punte uniek. Daarmee bedoel ek dat ek van geen ander boek weet waarvan dieselfde dinge gesê kan word as wat van die Bybel gesê word nie. Dit inligting is heeltemal te veel vir een “post” sou ek gaan dit oor ‘n paar “posts” versprei.
Ek wil nie nou of later elke een van hierdie besware probeer antwoord nie, maar wat ek wel in verlede week se gesprek agtergekom het, is dat mense redes kan gee waarom hulle sukkel om te aanvaar dat die Bybel die woord God is nie. Sommige van die die mense met hierdie besware is eerlik aan die worstel oor die gesag en die aansprake van die Bybel.
In alle billikheid moet ‘n mens dalk ten minste sê dat die skrywers van die Ou Testament grootliks gebeure in die geskiedenis beskryf sonder om regtig kommentaar op die gebeure te lewer. Ons verwag dikwels meer van die Bybelskrywers as wat ons van moderne historici verwag. Moderne historici verskil ook oor sekere dinge en maak ook ernstig historiese foute – kyk maar na die geskiedenis in die apartheidsera. Kyk maar na die geskiedenis wat van op skole geleer word. Wanneer Bybelskrywers se weergawe oor gebeure nie 100% akkuraat is nie, word hulle integriteit en eerlikheid dadelik bevraagteken en die hele Bybel daarmee saam.
DIE BLY EGTER MOEILIK OM DIE BYBEL TE GLO.
Ons kan nie wegredeneer dat dit vir sommige mense moeilik is om die Bybel te glo nie. Sommige mense is bang vir wat ander sal sê en daarom worstel hulle eerder op hulle eie met die vraag of hulle die Bybel kan glo of nie. Dalk moet ons leer om ruimte te laat vir mense se onsekerheid en in plaas daarvan om hulle te veroordeel oor hulle twyfel vir hulle erkenning te gee dat hulle eerlik is en saam met hulle worstel om die antwoord op hulle vrae te kry.
Die probleem met ons as Christene is egter dat ons baie kere tekste in die Bybel gebruik om te verduidelik waarom ons die Bybel glo. As iemand nie weet of hy die Bybel kan glo nie, of selfs prontuit sê dat hulle nie die Bybel glo nie is daar geen manier waarop ons sulke mense met teksverse gaan oortuig dat die Bybel geglo kan word nie.
Teksverse oor die Bybel kan hoogstens gebruik word om gelowiges wat onseker is of die Bybel regtig die Woord van God is, te oortuig, maar ek het ‘n vermoede dat teksverse ook nie vir sulke mense sal help nie.
Ek weet nie of die uniekheid van die Bybel mense sal oortuig dat die Bybel die Woord van God is nie. Na my mening sal die uniekheid van die Bybel mense net so ver kry om te begin dink oor die Bybel en die wat reeds aanvaar dat die Bybel die Woord van God is, se geloof in hierdie wete versterk.
DIE BYBEL IS UNIEK IN SY SAMESTELLING.
Daar is geen ander boek wat naastenby soos die Bybel saamgestel is nie.
BOEKE: Die Bybel bestaan uit twee dele wat bekend staan as die Ou Testament en die Nuwe Testament. In totaal is daar 66 boeke in die Bybel wat oor ‘n tydperk van ongeveer 1600 jaar geskryf is. Die Ou Testament het 39 boeke en die Nuwe Testament 27. Die Ou Testament het baie geskiedenis, maar daar is ook baie voorspellings van ‘n Messias of ‘n Verlosser wat sal kom.
Die 27 boeke van die Nuwe Testament is geskryf deur verskillende mense wat in die tyd van Jesus gelewe het en dus ooggetuies was van Jesus se lewe op aarde. Paulus was wel nie een van Jesus se dissipels nie, maar hy het in dieselfde tyd gelewe en het net na die opstanding die gelowiges aktief vervolg. Al 27 boeke is binne 27 jaar na Jesus se sterwe en opstanding geskryf.
OORSPRONG: Die Bybel is geskryf op drie verskillende kontinente: Afrika; Asië en Europa, in tye van vrede, voorspoed, hongersnood, verdrukking, oorwinning en in drie verskillende tale: Grieks, Hebreeus en Aramees.
SKRYWERS: Die Bybel is deur 40 verskillende mense uit elke moontlike vlak van die samelewing geskryf:
Moses was ‘n geleerde man.
Petrus was ‘n visserman.
Dawid was ‘n Koning.
Matteus het vir die ontvanger van inkomste gewerk.
Rut was uit die werkersklas.
Ester was ‘n koningin.
Paulus was ‘n Fariseër en het die grootste gedeelte van die Ou Testament uit sy kop geken.
Lukas was ‘n mediese dokter.
ROLSPELERS: In teenstelling met enige ander boek, is die Bybel eerlik oor die foute en mislukkings van die verskillende mense wat in die Bybel beskryf word, aangesien die mense nie die belangrikste rolspelers is nie – God is die sentrale figuur in die Bybel.
Abraham lieg oor sy vrou.
Moses pleeg moord en verloor sy humeur.
Dawid – die man na God se hart pleeg owerspel.
Rahab – uit wie se nageslag die Messias gebore sou word – was ‘n prostituut.
Petrus maak asof hy Jesus nie ken nie.
Thomas weier om te glo dat Jesus uit die dood opgestaan het.
EENHEID EN HARMONIE: Ten spyte van al hierdie dinge is daar ‘n goue draad wat as ‘n sentrale boodskap beskryf kan word. Daar is dwarsdeur die Bybel ‘n sekere eenheid en harmonie. Daar is redelike eenheid en harmonie met betrekking tot onder andere die volgende:
Wie is God?
Hoe is God?
Waar het alles begin?
Waar het alles verkeerd geloop?
Wat is in die oë van God reg en wat is verkeerd?
Wat is die grootste probleem van die mensdom?
Hoe gaan die probleem van die mensdom opgelos word?
Wie gaan wat doen om die probleem van die mensdom op te los?
Hierdie is ‘n paar eerste gedagtes oor die unikheid van die Bybel. Ek hoor graag jou opmerkings hieroor.
Dankie Dooms
Na jare van katkesasie, kerk toe gaan en selfs bekeerd het nog niemand vir my die Woord so oopgebreek(in feite) soos gisteraand nie. Ek begin twyfel oor die wat twyfel of dit die Woord van God is !
Dankie vir al die feite rondom die Bybel wat ek geleer het in gisteraand se preek. Dit moes ure se navorsing gekos het. Die antwoorde op party van hierdie moeilike vrae het vir my so effentjies begin lig kry soos wat ek in ‘n absolute lewende verhouding met die Heilige Gees begin staan het. Die “oopbreek” en verstaan van party van hierdie goed is regtig partykeer soos deur ‘n sleutelgat loer. Jy sien en verstaan vir ‘n oomblik en dan is dit weg. Dit is regtig vir my ‘n “God-thing.” wat ek nie met woorde kan beskryf nie. Ek worstel regtig met die ding – gaan ons nie soveel meer leer en ervaar by Hom self as ons Hom net openlik vertrou en ons harte vir sy influistering oopmaak, as om vir ure en dae te debatteer en te lees wat ander mense van Sy woord sê, as om net by Sy voete te gaan sit, stil te word en te hoor hoe Hy so saggies en so spesiaal influister wat Hy bedoel het en wat Sy planne is nie?
muis:jy is op die regte pad.
Ag nee, ek sou dit nou graag wou gehoor het.
Dooms gaan jy dit op jou blog sit, seblief!!
Lekker dag
Annel
Skuus, ek sien nou u het dit op
..blonde oomblik!!
LOL 🙂
Attie, Ek is my hele lewe al besig om daagliks te ontdek dat God aan die woord kom in die Woord. Jou uiteensetting gisteraand was treffend en op die punt af. Dankie daarvoor!! Ek het nog nooit getwyfel oor die eenheid en harmonie in die Bybel nie. Telkens staan ek verstom oor die manier waarop God Homself deur die Woord openbaar. ‘n Noodsaaklike ‘voorwaarde’ om God te hoor in die woord is geloof. Geloof kan ook gespel word met die woord “verhouding”. ‘n Verhouding dan tussen God en sy kinders. In God se Woord kom die geskrewe Woord, geopenbaarde Woord en gepreekte Woord in harmonie met mekaar voor.
Kannie wag om die res te lees nie.
😛
Blondie: Ek het nog nie gekyk of dit dalk op ons gemeente se webblad is nie, ek vermoed wel so. Wanneer ek die “posts” op die blog klaar geskryf het, sal ek die hele teks hier plaas.
Herman: Daar kom tye in my lewe wat ek wel wonder of die Bybel wel alles is wat ons sê dit is, en dit is elke keer hierdie dinge wat weer terugbring en laat sê: Dankie Here vir U Woord.
Ek verwys na Dawid en jaans se opmerkings op die vorige “post”. Ek het dieselfde daar geskryf, maar ek skryf dit weer hier omdat ek dink mense gaan dalk nie terug na die vorige “post” nie.
Ek het doelbewus nie voorheen hierdie vraag gevra nie, omdat ek geweet het ek gaan dit gisteraand aanspreek. Nou wil ek egter die vraag vra. Ek wil graag vir Dawid en vir jaans vra: Kan enige een van julle asseblief vir my aanhaal waar enige iemand aangedui het dat die Bybel deur die jare deur enige iemand of kerk of regering of heerser verander is en indien moontlik watter metode gebruik is om te bewys dat dit wel verander is? Ek is wel bereid om later ‘n paar opmerkings te maak oor die teendeel.
Dankie Dooms
Het gekyk, maar niks relevants gesien nie.
Ek het gisteraand gelees in 2 Kor 1v13:
Ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie.
en ek hoop dat julle dit tot aan die einde sal verstaan.
MAW: as daar staan dat die wereld in 6 dae geskape is, dan is dit.
Baie mense se maar die bybel bedoel dit of dat, vir my is dit, wat die bybel se dit is.
Toe ek dit begin prakties toepas, toe werk dit.
Jes 28 v 9 – Vir wie wil hy die openbaringe bekend maak? vir die wat van die melk gespeen is.
Hy leer ons gebod op gebod, reel op reel, hier ‘n biki daar ‘n biki.
As ek die bybel net in konteks lees dat is ek geneig om oor seker reels te lees. Daarom se die HG hy is daar om dit aan ons te openbaar, en as Hy dit nie doen nie, dan lees ek dit soos dit daar staan.
Veral die reels wat ons biki op die vingers tik. Dan is ons so geneig om vinnig te se nee dit was net op daardie tyd van toepassing…
Wat is dan op ons van toepassing – alles?
Vir wie is die bybel dan geskryf?? vir ons?? of hulle???
nee vir JOU of vir My, maak dit persoonlik.
en eweskielik is die bybel op my van toepassing….
Gerieflikheids halwe kruip ons weg agter “ONS”.
Hand 17 v 10 & 11
waar die mense van Berea geleer word.
Hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang
en “elke Dag” die skrifte ondersoek!!
Dis presies wat ons moet doen.
Daardie mense in Berea het nie alles soos soetkoek opgeeet nie, hulle het die woord met welwillendheid ontvang en daarna elke dag die skrifte ondersoek…
die Bybel se: gaan toets alle profete en leraars volgens DIE BYBEL.
of wat daarin gestaan is.
Jos 1 v8
“Hierdie Wetboek mag nie uit jou mond wyk nie (Bybel)
Maar bepeins dit DAG EN NAG!”
dan sien ek ‘n Christen lewenswyse
hoekom???
“sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan, want dan sal jy met goeie gevolg handel en in al jou wee voorspoedig wees.
Maar ons probleem is:
Matt 22v29
Julle dwaal omdat julle die skrifte nie ken en ook nie die krag van God nie.
Ons wil he almal andersins, die dominee, jou vrou ens moet die bybel lees en nie onsself nie.
2tim3 v 16
Die hele skrif is deur God ingegee
sodat ons volkome toegerus is.
Ons moet die hele skrif gebruik om te leer van.
sorry Dooms maar net my gedagte gang wat ek met u wou deel.
Blessings!
Na my mening is nie korrek om na die Bybel te verwys as ‘n boek nie. Dit is ‘n stel boeke wat as gevolg van mense se besluite in een bundel saamgevat is. Dit is ongetwyfeld ‘n unieke bundel boeke en daar ook baie letterkundige skatte in die Bybel.
Ongelukkig is dit natuurlik nie die woord van God nie maar slegs mense se woorde en gewaarwordinge oor hoe hulle God beleef en ervaar.
Om te beweer daar is redelike eenheid en harmonie met betrekking tot wie God in die Bybel is, is natuurlik nie waar. Daar is geen eenheid of harmonie oor wie God is in die Bybel nie. Die God van Abraham en die God van die Nuwe Testament is baie beslis nie dieselfde God nie.
Daarom bestaan daar ook nie regtig iets soos die God van die Bybel nie. Mens sou eerder kon praat van die gode van die Bybel.
Sakkie Spangenberg stel dit soos volg in ‘n onderhoud wat Kletskerk onlangs met hom gevoer het: “Ek wil eerstens die uitdrukking die “God van die Bybel” nekomdraai, want daar bestaan nie so ’n karakter nie. Wanneer Jesus optree, maak Hy gewag van die “God van Abraham, Isak en Jakob”, maar nêrens van die “God van die Ou Testament”, of die “God van die Hebreeuse Bybel” nie.
Naïewe Bybellesers maak die fout deur van die “God van die Bybel” te praat en reken dan dat die Bybel van Genesis tot Openbaring dieselfde God verkondig en dat daardie God ’n drie-eenheid is. Hulle is geneig om die Christelike dogmas terug te lees in die Bybel in.
Wanneer mense die Bybel noukeurig bestudeer, sal hulle gou agterkom dat die skrywers van die Bybelboeke nie uit een mond oor die God van Israel praat nie. Die wyse waarop die skrywer van die boek Prediker oor die God van Israel praat, verskil radikaal van hoe die skrywer van Genesis 2–3 oor Hom praat. Intensiewe studie van die Ou Testament en argeologiese ontdekkings het uitgewys dat Israel se godsdiens aanvanklik politeïsties was en dat dit eers tydens en na die Babiloniese ballingskap in ’n monoteïsme ontwikkel het. Ou-Testamentici tref deesdae ’n onderskeid tussen Jahwisme en Judaïsme. Die ballingskap vorm die skeidslyn tussen die twee godsdienste. Verder is dit duidelik dat daar verskillende Jahwismes bestaan het net soos wat daar verskillende Judaïsmes bestaan het. Na regte moet ons van vroeë Judaïsme praat, want die Judaïsme wat tans bestaan, is nie die Judaïsme wat tydens Jesus se tyd bestaan het nie. Uit vroeë Judaïsme het Rabbynse Judaïsme en vroeë Christendom ontwikkel. Jahwisme, vroeë Judaïsme, vroeë Christendom en Rabbynse Judaïsme lê in mekaar se verlengde, maar hulle is nie identies nie.
Daarom kan ons nie maar net praat van die “Bybelse God” nie. Ons moet sensitiwiteit aanleer vir die verskille. Godsdienste verander oor tyd heen net soos alle ander dinge op aarde. Die vroeë Christendom en die Christendom van die 5de eeu n.C. verskil van mekaar. Die Christendom van die 20ste en 21ste eeu is eweneens verskillend van die vroeë Christendom en die Konstantynse Christendom. Dit hou byna geen verband met die vroeë Christendom nie. Vroeë Christendom was ’n variant binne vroeë Judaïsme. Daardie Christene het nie klein kindertjies gedoop nie, maar die besnydenis beoefen, die Joodse dieetvoorskrifte nagevolg, die Sabbat gevier en God as ’n eenheid beleef. Die Christene van die 5de eeu n.C. het afskeid geneem van die Sabbat, was ook nie meer streng monoteïste nie, het babatjies besprinkel tydens doopgeleenthede, en het die Romeinse owerheid nie geopponeer nie.”
waarnemer: God word verwys na God die Vader – My vader in die nuwe testament deur Jesus.
Ek bid wel vir jou dat jy eendag ‘n persoonlike ontmoeting met hom sal he in plaas daarvan om so tegnies te raak oor God.
God is gister vandag dieselle en tot in alle ewigheid.
Die oomblik as jy ‘n persoonlike verhouding met Hom het, word hy jou God maak nie saak wie wat se nie.
Sterkte
Ek bid vir jou
Dankie vir die gebed Blondie maar ek weet nie wat het dit te make met die samestelling van die Bybel nie. Die God van die 66 boeke in die Bybel is beslis nie dieselfde nie en ons kan dit met graagte hier debateer as jy wil. Maar sal jy jou asseblief by die punt onder besprekring hou en nie allerhande uitsprake maak oor my eie verhouding met God nie want jy ken my glad nie.
Waarnemer: Ek is wel bewus van Sakkie Spanneberg se teorië maar gaan lees bietjie NT Wright se werk oor onder andere die Jesus Seminaar se teologie. Jy kan gerus ook op Scotr McKnight se “blog” gaan lees oor hoe teoloë oor die Jesus Seminaar praat.
Min mense betwyfel dit dat die Christendom uit die Jode voortgevloei het.
Ek dink nie dit sou moontlik wees om jou en my karakter en persoonlikheid in ‘n paar sinne klaar te beskryf nie. Ek weet nie of enige mens se persoonlikheid en karskter ooit klaar beskryf kan word nie – so ook nie God sin nie. Die Bybel is geskryf deur verskillende mense met verskillende persoonlikhede in verskillende omstandighede in veskillende “genres” waarin elke mens onder die leiding van die Heilige Gees God beskryf soos die persoon God beleef het. Op ‘n manier wat ons nie verstaan nie, het God die Heilige Gees in die lewe van die Bybelskrywers gewerk.
Dit is natuurlik nie moontlik om te bewys dat die Bybel God se Woord is nie, maar dat die Bybel ‘n unieke boek – of Biblioteek van boeke is, (Let wel: Ek verwys na ‘n boek saamgestel uit 66 verskillende boeke geskryf deur 40 verskillende skrywers.) is ook nie te betwyfel nie.
Om die Bybel as die Woord van God te aanvaar, is ‘n geloofskeuse. In hierdie paar “posts” beskryf ek die uniekheid van die Bybel. Op grond van onder andere die feit dat die Bybel met geen ander boek vergelyk kan word nie, kies ons as Christene om te aanvaar dat God self in die Bybel aan die Woord kom. Onder die Bybel as die Woord van God, verstaan ek dat God deur die Bybel aan die Woord kom en dat deur die lees van die Bybel vir myself ‘n beeld kan vorm van wie God is en hoe God is. Christen verkies om te bely dat hulle in God glo – vir ons die enigste ware God – en dat Hy nie minder is as wat ons in die Bybel leer Hy is nie, maar ons verwag ook dat Hy meer sal wees as wat die Bybel ons leer.
Lees een van NT WRIGHT se artikels. Hy beredeneer sake tog op Sakkie Spannenberg se vlak.
Jammer nie bedoel om jou persoonlik aan te val nie.
Ek verstaan die bybel word in sekere dele weerspreek, maar nooit dat God nie dieselfde God is nie.
Dis al.
Die God van die ou Testament is definitief die een van die Nuwe Testament. Jesus het maar net vir ons wys wat God is en hoe hy lyk. Die nuwe testament is net die volbringing van wat in die ou testament geskryf is. Kyk toe Jesus gese het in die nuwe testament: dat vandag is die skrif volbring in u teenwoordigheid. – dis wat in Ishaia staan.
So wie is die “ander” god na wie u verwys as jy se dit is nie dieselle nie???
Circumcision is the OLD covenant…. where Christ has come with the New covenant…in the new Testament. In the old covenant they also had to offer animals/sacrifices for sin… but now Jesus is the sacrifice.
En dan gaan kyk ook na die tye (jare verskil) hoe ver die bybelboeke uitmekaar geskryf is… maw wat jy 30 jaar terug experience het is nie wat jy vandag gaan experience agv moderne tye etc. kannie in dieselle terms geskryf word nie.
Asb antwoord my: Wie is die ander God na wie jy verwys?
Why did God say in the old testament: who will go for us and who will pay the price? and Jesus said: here I am send me!
why did Jesus then say in the new testament that I was send by my Father? Are you saying that’s a lie?
I am reading the bible line by line… and thats what it said
Dont really know what you trying to say. PLease explain.
If you dont mind me asking, are you a christian? or do you only read the bible as a philosopher? Sorry i only want to understand where you coming from and your view point.
Was very interesting what you saying, just want to know what you base your conclusions on.
Not judging you.
Attie ek sal graag wil weet op grond waarvan sê jy elke mens wat ‘n bydrae gelewer het tot die Bybel het dit wat hy of of sy geskryf het onder leiding van die Heilige Gees geskryf. Ek sal ook graag wil weet op watter skrywers het die Heilige dan gewerk. Is dit net die skrywers van die 66 boeke wat in jou Bybel is.
Tel die Katolieke Kerk se bybel ook onder die boeke wat onder die invloed van die heilige Gees geskryf is of nie. Ek is bevrees ons maak erge misbuik van die term Heilige Gees. As jy die Bybel as Woord van God wil aanvaar bloot op grond van ‘n geloofskeuse is dit natuurlik jou goeie reg. Maar dan is die Koran niks minder as die Woord van God op grond van die geloofskeuse van diegne wat dit so aanvaar nie.
Blondie ek stel voor jy gaan lees eers bietjie wyer oor die onstaansgeskiedenis van die Bybel. Daar is talle boeke oor die onderwerp beskikbaar.
Jy vra waarom het Jesus in die Nuwe Testament gesê vandag is die Skrif volbring. Dis juis deel van my punt. Toe Jesus dit gesê het was die Nuwe Testament wat jy vandag die Woord van God noem nog nie eers daar nie.
En Attie daar is wel ook Christene wat nie glo die Bybel is die Woord van God in die sin wat baie ander dit glo nie. Daar is ook Christene wat nie glo dat hulle geloof al geloof is wat mens uit ‘n sogenaamde hel kan verlos nie. Die draai of braai teologie is nie al teologie in die Christelike trasisie nie. Genadiglik nie!
Waarmemer.
“Naïewe Bybellesers maak die fout deur van die “God van die Bybel” te praat en reken dan dat die Bybel van Genesis tot Openbaring dieselfde God verkondig en dat daardie God ’n drie-eenheid is. Hulle is geneig om die Christelike dogmas terug te lees in die Bybel in.” Oor baie honderde jare was daar baie slim mense wat die Bybel deeglik bestudeer het. Sakkie Spangenberg was nie die eerste of slimste nie en ek verkies om nie sy standpunt te aanvaar nie. Dis vir my interessant dat daar neerhalend na “Naïewe Bybellesers wat foute maak” verwys word as iemand verskil.
Thank you Waarnemer
I only need the bible to confirm to me that God is My God, yesterday today and always the same.
John1:
In the beginning was the Word, and the Word was with God, and the Word was God. 2He was with God in the beginning.
3Through him all things were made; without him nothing was made that has been made. 4In him was life, and that life was the light of men. 5The light shines in the darkness, but the darkness has not understood it.
Om kommentaar te lewer wanneer ‘n mens min van ‘n onderwerp weet en nie net uit eie oortuiging of gevoelens praat nie, is natuurlik sinneloos (was baie makliker om op die vorige post kommentaar te lewer 🙂 ). Ek vind alles wat ek hier lees baie leersaam en interessant. Dit is ‘n voorreg om by ander te “leer” wat reeds al die harde navorsing, lees, studeer, en verteer gedoen het, selfs al is dit net ‘n beginpunt. Alhoewel ek die bybel al taamlik baie gelees het, en selfs nog nou en dan lees, weet ek bitter min van die ontstaan en oorsprong daarvan. Natuurlik moet ‘n mens dit ook sien in die lig van die omgewing, geskiedenis en ander gelowe van die tye wanneer dit geskryf of saamgestel is. Ek moet saamstem, dit is ‘n christen se plig as te ware om ‘n studie te maak van die bybel in al sy fasette.
Ek stem ter harte met Ds. Attie saam dat dit nie help om bybelverse aan te haal om die bybel te “regverdig” of te verduidelik nie, veral aan iemand wat dit betwyfel nie. Een van die beste “gesprekke” wat ek nog van ‘n christen af gehoor het.
Waarnemer, het jy dalk ‘n blog? Is nuut hier, weet nog nie hoe om dit op te spoor indien jy een het nie. Sal graag jou blog wil besoek.
Miskien, as dit nie te veel tyd sal neem nie, en dit moontlik is: kan Ds. Attie en Waarnemer dalk ‘n paar goeie boeke/artikels as leeslys voorstel, behalwe die paar wat genoem is, veral vir iemand wat nog die basiese moet oplees? Dit is eintlik fassinerend. Dit sal interessant wees om ook na ander geestelike boeke in hierdie mate te kyk.
Blondie, daar is niks mee verkeerd om ‘n vaste geloof te he nie, volgens my, solank jy nie ander mense en idees minag, en selfs boeke verbrand om ander kennis dood te smoor nie (wat ek selfs vandag nog by christene wat ek ken gesien het!). Die belangrikste is om eerlik en opreg te wees, ook teenoor jouself.
JULLE KAN SE OOR DIE BYBEL EN VAN DIE BYBEL NET WAT JULLE WIL.AS JY NIE WEDERGEBORE IS NIE,EN NIE JESUS CHRISTUS AANGENEEM HET AS JOU PERSOONLIKE VERLOSSER EN SALIGMAKERNIE,EN NIE JOU SONDES BELY HET OOR WAT JY GEDOEN HET TEEN GOD NIE,NIE VIR ‘N NUWE LEWE GEVRA HET NIE,EN NIE VIR GOD GEVRA HET OM SY HEILIGE GEES TE ONTVANG NIE,SAL DIE BYBEL VIR JOU NIKS BETEKEN NIE.DAN SAL JY DIT OORDEEL,BEVRAAGTEKEN,EN LIEWER BOEKE LEES OOR ANDER MENSE WAT NIE WEDERGEBORE IS NIE,EN VIR JOU PROBEER VERTEL WAT EN WIE GOD IS.SULKE MENSE IS VALS PROFETE.DIT IS HULLE WAT JOU ONTVOER AS BUIT OMDAT JOU FONDASIE NIE GEGROND IS OP CHRISTUS NIE.DIE HEILIGE GEES VAN GOD SAL DIE SKRIFTE VIR JOU OOPBREEK EN JY SAL IN VERWONDERING STAAN OOR WAT RERIG IN DIE SKRIFTE IS.JOU MENSLIKE VERSTAND SAL DIT NIE KAN OOPMAAK NIE,SLEGS DIE HEILIGE GEES.DAAR IS OPENBARINGE IN DIE BYBEL WAT AWESOME IS EN WAT GEEN MENSLIKE VERSTAND KAN UITDINK NIE.AS WEDERGEBORE CHRISTEN SAL DIE BYBEL VIR JOU DIE BELANGRIKSTE BOEK WEES IN JOU HELE LEWE,WANT DIT IS GEBASEER NET OOR GOD EN WAT GOD GEDOEN HET,EN WAT GOD NOG GAAN DOEN.DIE BYBEL IS DIE ENIGSTE BOEK WAAR DAAR PROFESIEE IN IS WAT VERVUL WORD EN NOG STEEDS BESIG IS OMIN VERVULLING IN TE GAAN.MENSE ,AS JULLE WERKLIK GOD KEN,EN WEET WIE HY IS SAL JULLE NOU ALMAL JULLE ONGELOOF BELY EN GOD OM VERSKONING VRA VIR JULLE OPTREDE.EK GEE NIE OM WATTER TITEL JULLE AGTER JULLE NAAM SKRYF NIE OF HOE LANK JULLE GELEER HET NIE,AL WAT EK WEET IS DAT KENNIS WAT NIE VAN GOD AF KOM NIE,HOOGMOED IS.DIT BRING JOU NIKS IN DIE SAK NIE.GOD SAL JOU EERS VAN JOU HOOGMOED MOET STROOP,VOORDAT HY JOU IN SY KONINKRYK KAN GEBRUIK.GEEN MENS,GEEN DIER,GEEN REDENASIE,GEEN BOEK OF ONDERHOUD,SAL MY OORTUIG VAN ‘N ANDER GELOOF OF GOD NIE.DAAR IS NET EEN WEG,EEN WAARHEID,EEN LEWE,EN SLEGS DEUR JESUS CHRISTUS SAL JY BY GOD UITKOM.AS JY NIE DEUR SY BLOED GEWAS IS NIE,IS JY NIE DEEL VAN HOM NIE.AS JY ‘N GOEIE MENS IS,WAT GOEIE WERKE DOEN AAN ANDER MENSE,EN JY STERF DIE DAG EN IS NIE GEWAS DEUR DIE BLOED VAN CHRISTUS JESUS NIE,SAL JY NIE HEMEL TOE GAAN NIE.JOU BESTEMMING IS DIE HEL.JY SELF HET DIE KEUSE GEDOEN EN DIE PAD WAT JY GEKIES HET OM TE LOOP SAL JOU BRING WAT JY GEDOEN HET.GOD VAT NIE JOU EIE VRYE WIL WEG NIE,HY LAAT JOU TOE OM ‘N KEUSE TE MAAK WAT JY WIL DOEN.
JY SIEN,ONS MOET BY GOD AANPAS,EN NIE GOD BY ONS NIE,MAAR DEESDAE SOEK ONS ‘N WEG OF ‘N GODSDIENS WAT PAS BY ONS BEHOEFTES SODAT ONS NIE VERONTRIEF WORD NIE,EN NOG STEEDS KAN VOORTGAAN MET MY LEWE,EN IN MY AGTERKOP,WEET EK DAN EK IS ‘N GELOWIGE.VERKEERD!JY HET GOD SE LIEFDE VERTRAP.HIERDIE AFGEWATERDE BOODSKAPPE IN VANDAG SE SAMELEWING IS ‘N KLUG SPEL.GOD IS NOG STEED DIESELFDE GOD EN HY HET NIE VERANDER NIE.AS JY SONDIG SAL JY DIE BELONING DAARVOOR ONTVANG.BAIE MENSE IS BANG OM HIERDIE GOED IN DIE OPENBAAR TE SE/PREEK,WANT HULLE IS BANG HULLE VERLOOR LIDMATE.JAMMER ,GOD VERWAG VAN JOU,OM VIR ALMAL TE VERTEL WAT GAAN GEBEUR AS JY OP DIE VERKEERDE PAD IS.AS DIE SKAPE WAT ONDER JOU SORG GEPLAAS IS,’N VERKEERDE BOODSKAP HOOR EN NIE SOOS DIE BYBEL DIT SE NIE,EN NET EEN VAN HULLE GAAN VERLORE SAL HULLE BLOED VAN JOU AFGEEIS WORD.SE VAN MY NET WAT JULLE WIL.DOEN NET WAT JULLE WIL.TEORIE EN PRAKTIESE ONDERVINDING IN GOD SE WERELD IS VERWYDER SOOS DIE OOSTE VAN DIE WESTE.JY KAN MY AFBREEK EN MY BELET OM ENIGE VERDER KOMMENTAAR TE LEWER OP HIERDIE BLOG,EK GEE NIE OM NIE.GOD IS MY VOORSIENER,NIE MENSE NIE.EK STAAN OP VIR SY NAAM EN EK IS BEREID OM ‘N PRYS TE BETAAL OM SOVEEL MOONTLIK VAN GOD IN MY LEWE TE HE,TE DOEN VIR HOM.GOD OF SY HEILIGE GEES IS NIE ‘N ENERGIE OF ‘N VIBRASIE NIE OF IETS DERGELIKS NIE,DIT IS NEW AGE TEACHINGS.DIT IS DIE GEES VAN DIE ANTICHRIS.WEET JULLE WIE LEER MY.DIE HEILIGE GEES.EK LEES GOD SE WOORD EN BEPEINS DIT EN DIE HEILIGE GEES OPENBAAR DIE SKRIFTE VIR MY .AS JY ELKE AAND 5 MINUTE BYBEL LEES EN NOG AMEN SE TERWYL JY BESIG IS OM IN DIE BED TE KLIM.DIT IS OOK SOOS JOU VERHOUDING MET GOD SAL WEES.DIT VAT TYD,DEURSETTINGSVERMOEE,TRANE,VERNEDERING,LOSMAAK VAN TRADISIES,EN NOGMAALS TYD.KOOP DIE TYD UIT.LOS 7DE LAAN EN SPANDEER DIT MET GOD.DIE TELEVISIE STEL IS DIE DUIWEL SE GROOTSTE GEREEDSKAP STUK OM JOU TE BRAINWASH DEUR GOED UIT TE BEELD EN JOU TE KONDISIONEER VIR DIE NUWE WERELD ORDE EN GODSDIENS WAT AAN DIE KOM IS.OORDEEL MY AS JY WIL,SE VIR MY EK IS UIT DIE OU ERA,EK WEET DAT EK VOLGENS GOD NIE IS NIE.JY KAN NIE DIE HEILIGE GEES ONTVANG AS JY NIE WEDERGEBORE IS NIE.BY THE WAY DIE HEILIGE GEES IS ‘N PERSOON,NIE ‘N ENERGIE OF FORCE WAT GOD GEBRUIK NIE,DIT IS ISLAM EN NEW AGE LERINGE.AS JY DINK JY IS ‘N GENTLEMAN,WAG TOT JY DIE HEILIGE GEES ONTVANG,DAN SAL JY AGTERKOM JY WAS NOOIT ‘N GENTLEMAN NIE.HY LEER JOU DIE VRUGTE VAN DIE GEES.DIESELFDE VRUGTE WAT IN JESUS CHRISTUS IS.JY MOET DIESELFDE GEES AS JESUS CHRISTUS HE,ANDERSTE BEHOORT JY NIE AAN HOM NIE.ROMEINE 8 VERS 9.GOD IS ONPEILBAAR ,SY WEE IS ONNASPEURLIK,AS JY NIE GEESTELIK IS NIE.SAL JY HOM NIE VERSTAAN NIE.AS JY ‘N VRIEND VAN HIERDIE WERELD IS,IS JY ‘N VYAND VAN GOD.VLEES EN BLOED SAL NIE DIE KONINKRYK VAN GOD BEERWE NIE.JY KAN NIE GOD EN MAMMON DIEN NIE.HOU OP OM BOEKE TE LEES VAN MENSE WAT GOD BETWYFEL,OF SY BESTAAN,OF DIE BEBEURE IN DIE BYBEL.GAAN OP JOU KNIEE EN DANK GOD VIR DIE ASEM IN JOU NEUS WAT NOG DUER SY TOEDOEN DAAR IS.HY STEL NIE SY KOMS UIT NIE,MAAR IS VERDRAAGSAAM EN LANKMOEDIG WANY HY WIL HE DAT ALMAL GERED MOET WORD.GOD IS NIE ;N MENS NIE,WEES VERSIGTIG WAT JY VAN JOU SKEPPER SE.JY IS MOS VOLGENS SY BEELD EN GELYKENIS GEMAAK.
BLONDIE,IN SES DAE HET GOD DIE HEMEL EN DIE AARDE GEMAAK,MAAR DIE BYBEL SE NIE DIT WAS SES AGTEREENVOLGENDE DAE NIE.DIT KON OOR 40,000 JAAR OOK GEBEUR HET,MAAR DAT HY SLEGS 6 DAE VAN DIE 40000 JAAR DIE AARDE GESKAPE HET.DIT SKAKEL DIE TEORIE UIT WAT MENSE SE DAT DIE AARDE NIE SO OUD KON WEES NIE.’N DAG IS SOOS ‘N DIUSEND JAAR EN ‘N DIUSEND JAAR IS SOOS EEN DAG.GROETE IN CHRISTUS.DAAR IS NET EEN,EEN BYBEL,EN DIT IS AL BYBEL WAT AANGEVAL WORD.GEEN ANDER NIE.NET DIE BYBEL.NIE;N KORAN NIE,NET DIE BYBEL.JY SIEN ,DIE MENSE WIL JESUS UIT DIE PAD HE,WANT HY IS AL WAT STAAN TUSSEN ONS EN AL DIE ANDER GELOWE,DIT IS WAAROOR DIT GAAN,HULLE WIL HOM ‘N MENS MAAK,EN SY GODDELIKHEID VAN HOM AF WEGNEEM.AS HY UIT DIE PAD IS,IS GODSDIENSVRYHEID OOK TABOE EN DAN KOM’N EEN WERELD ORDE GODSDIENS WAAR JY GAAN HANDJIES HOU MET ANDER GELOWE EN BELY DAT JY DIESELFDE GOD DIEN.VERKEERD.EK LEEF NIE ONDER GODSDIENSTIGE SLAWERY NIE,EK IS VRYGEKOOP DEUR DIE BLOED VAN CHRISTUS JESUS.JULLE MOET BID EN VOOR GOD GAAN LE OM DIE VYAND UIT DIE KERKE UIT TE HOU.REG ,SLAG MY NOU EN SE EK IS VERKEERD.
Thanks Ben, beter as dit kon ek nie se nie.
Dit moet van die Heilige gees afkom.
God bless you!
NT WRIGHT sê:
I agree completely with the Seminar that the search for Jesus in his historical context is possible, vital, and urgent. I am as convinced as they are that if the church ignores such a search it is living in a fool’s paradise. What is more, my own study of Jesus leads me to think that “conservative” and “orthodox” Christianity, in the twentieth century at least, has often, indeed quite regularly, missed the point of Jesus’ sayings and deeds almost entirely. But the way to address this problem is not, and cannot be, the way taken by the Jesus Seminar.
I question whether the Jesus proposed by The Five Gospels
constitutes, or offers, good news, i.e. “gospel,” at all. The main thing this Jesus has to offer, it sometimes appears, is the news that the fundamentalists are wrong. Some of us believed that anyway, on quite other grounds. Aside from that, Jesus becomes a quizzical
teacher of wisdom, to be ranged alongside other quizzical teachers of wisdom, from many traditions. No reason emerges as to why we should take this teacher any more or less seriously than any other.
From a historical point of view it might of course be true that there is no good news to be had. Christianity as a whole might simply have been whistling in the dark for two thousand years. Subversive aphorisms may be the only comfort, the only hope, we have.
But this question must be addressed precisely from a historical point of view. And, when all is said and done. The Five Gospels is of no help whatever’ in that task. There is such a thing as the serious contemporary search for Jesus in his historical context. This
particular book makes no contribution to it.
Waarnemer: Hou gerus die res van die gesprek dop. Terloops – jy was dalk ‘n klein bietjie vinnig op jou perdjie teenoor Blondie.
Nog hierdie een punt: So ver my kennis strek, is daar net drie godsdienste wat daarop aanspraak maak dat die boek wat hulle gebruik die Woord van God is. Al drie aanvaar die boek as die Woord van God op grond van ‘b geloofskeuse. Die drie is: Islam, Jode en Christene. Islam en die Jode gebruik die Ou Testament net soos die Christene. Christene het net die Nuwe Testament by omdat ons daarvan oortuig is dat Jesus Christus die lang voorspelde Messias was.
Ek stem nie saam met die Jode en Islam se werkswyse nie, net soos daar ook Christene se werkswyse is waarmee ek nie saamstem nie, maar ek respekteer hulle steeds vir hulle geloof. Ek probeer my bes om mense wat nie soos ek dink nie te te respekteer, ek kry dit nie altyd ewe goed reg om my naaste net so lief te hê as wat ek myself het nie, maar ek probeer my bes.
Alec: Jy is reg daar was oor die eeue baie mense wat die Bybel en sy ontstaan bestudeer het. Soos met enige ding wat mens oor ‘n tydperk bestudeer neem kennis oor die onderwerp toe namate daar meer navorsing gedoen word oor die bepaalde onderwerp. So is dit ook met die Bybel en sy ontstaansgeskiednis die geval. Ons beskik vandag oor kennis aangaandie die ontstaan en samestelling van die Bybel waaroor ons voorheen nie beskik het nie.
Dit is glad nie ‘n geval van “slim” mense wat een of ander agenda het om die Bybel as onwaar te bewys nie. Ons gesels hier doodgewoon oor die vraag of die Bybel die Woord van God is. Ek meen dit is nie. Dit beteken nie ek glo nie daar bestaan nie ‘n God nie. Die twee is nie afhanklik van mekaar nie. Jy kan aan God glo sonder om te beweer die Bybel is die onfeilbare onveranderlaike Woord van God.
annerkant: Dit lyk my jy het ‘n oop benaderign tot dinge en stel regtig belang om meer uit te vind. Dankie vir jou styl van gesprekvoering. Dit is in skrille kontras met Ben se geskreeu.
Jy vra vir verwysings na interessante leestof oor die onderwerp. Lees gerus ‘The Bible: A Biography’ deur Karin Armstrong. Jy kan ook Google vir meer info oor die boek of hier lees. http://www.npr.org/templates/story/story.php?storyId=16220762
Ek beveel die boek aan en dit is baie objektief geskryf. Daar is ook heelwat denkende teoloë in die land wat aansluiting vind daarby. Dit is nie uit die perspektief van ‘n ateïs geskryf nie.
Nee ek het nie ‘n blog nie en neem ook nie gereeld hier deel nie. Die vorige keer toe ek dit gedoen het, het die gesprek ‘n nare wending geneem. Daar is wel ander plekke op die web waar die gesprek ook deursigtig in Afrikaans gevoer word.
BEN: Ek het jou eerste twee sinne gelees toe hou ek op. Iemand wat sou lank en aanhoudend in een lang paragraaf op my skreeu moet nie verwag dat ek daarop sal antwoord nie. Ek lees dit nie eers nie.
Attie: Ja dankie ek sal die gespek volg. Ek het mos reeds vir jou gesê ek stem saam dat al drie godsdienste waarna jy verwys daarop aanspraak dat hulle spesifieke boek die woord van God is. My punt is doodgewoon dat al drie nie reg kan wees nie. Net een kan reg wees. Of nie een van die drie nie. Op grond waarvan meen jy dat jy reg is? Jou antwoord blyk te wees op keuse. En dis my probleem. As jy as Moslem of Jood gebore was sou jou keuse anders gelyk het as nou.
Jy maak ook ‘n denkfout as jy beweer dat ALLE Christene Jesus sien as die lank voorspelde Mesias waarvan daar in die ou Testament gepraat word. Verskeie Christene en bybelwetenskaplikes sal vir jou met goeie verduidelikings uit die Bybel self sê volgens hulle is daar geen verband tussen die Ou testamentiese voorspellings van ‘n Mesias en Jesus nie.
Of jy met die Jode en Islam se werkwyse saamstem nie is nie ter sprake nie. Hulle stem ook nie saam met joune nie. Dit opsigself maak nie jou werkswyse reg nie. Jy sê immers self jy stem ook nie saam met baie Christene se werkswyse nie. Wat is jou kriterium dan vir ‘n aanvaarde werskswyse?
Waarnemer: Oor Ben, ek het ‘n vermoede dat hy van ‘n selfoon af werk. Gee hom maar ‘n geleentheid om sy stem te laat hoor. Vra hom liewers of hy bedoel om te skreeu. Waarom kyk jy nie maar verby sy “geskreeu” nie, en lees wat hy skryf nie.
Dit is reg dat net een van die drie reg kan wees. ‘n Hele paar teoloe wie se werk ek graag lees, is daarvan oortuig dat ons Christene reg is anders sou ons dit nie geloof kon noem nie. Daarme bedoel ek geensins dat ek neersien op enige iemand wat van my verskil nie, maar dit is wat ek glo. En, ek is nie skaam om te noem dat dit is wat ek glo nie.
Dieselfde teoloe en Bybelwetenskaplikes wat ek graag lees, het baie goeie verduidelikings om te wys dat Jesus wel die voorspelde Messias is. Selfs teksgedeeltes en skryfstyle en genres ens. Dalk sou my keuse anders gewees het as ek ‘n Moslem of ‘n Jood was, maar ek is nie ‘n Moslem of ”n jood nie.
Ek kan nie saamstem met die manier wat Islam bv. in New York gedoen het toe hulle met hulle vliegtuie in daardie geboue vasgevlieg het nie. Ek kan nie saamstem met die konflik tussen die Jode en die Filistyne nie. Ek kan nie saamstem met Christene wat onverdraagsaam is teenoor ander rasse. Wat is die kriterium? Die lifdesgebod – Om God meer lief te he as enige iets anders en my naaste soos my self, En, nee ek kry dit nie 100% reg nie, maar dit wel die maatstaf waaraan ek my eie optrede meet en meer kere as wat ek graag sou wou erken, moet ek na God toe gaan om mye gebrek aan liefde te erken en opnuut weer sy vergifnis daarvoor te aanvaar.
Ek vind bostaande bespreking op die #blog uiters stimulerend en leersaam.
ʼn Interessante feit oor die herkoms van die Bybel – net die volgende: In 320 n.C. het Konstantyn die Grote afskrifte laat maak van die Bybel soos ons dit vandag ken. Dit is met die sinodes van Hippo en Karthago in 393 en 397 n.C. dat die Bybel gefinaliseer is soos ons dit vandag het. Ek wil nie eens oor die verskillende vertalings iets sê nie behalwe om te noem dat vorige vertalings het met die letterlike betekenis gewerk en ander met die boodskap. Die huidige 1983 vertaling het met die boodskap van die teks gewerk en daarvoor is kodeks Vaticanus en kodeks Sinaiticus gebruik. Dit is die oudste Griekse tekste wat bewaar gebly het.
Uit die aard van my eie beredenering en werkswyse (wetenskapsbeoefening?) het ek ʼn gereformeerde akademiese agtergrond. Dit het ʼn besliste invloed op my probeer denke en verstaan van God.
Ek is seker dat die God wat Hom in die Bybel openbaar dit doen onder andere doen deur die literêre konteks van poësie, verhale, wysheidsliteratuur en nog ander. Daarby is Hy die God van die verbond wat ʼn ooreenkoms met die mens gesluit het in die persoon van Abraham. Die teken van daardie verkoopsooreenkoms was die besnydenis. Dus God openbaar Hom ook as Verbondsgod.
‘n Saak wat nog nie aangeraak is nie, is die plek en konteks van die vrae wat by die doop van kinders van gelowige ouers in die NG Kerk (my werkruimte) gevra word.
Glo jy dat die Ou en Nuwe Testament die enigste leer van saligheid is, dit is vervat in die belydenisskrifte en word plaaslik geleer.
So die tweede vraag vra ons nie of jy glo die Bybel is ‘n wetenskaplike of historiese handboek nie. Dit vra of jy glo dit is die Woord van God en of jy glo die Bybel is genoeg. Genoeg in die sin van ek hoef nie op ander plekke te soek om gered te word nie. Dit staan in die Bybel.
Maar om dit te aanvaar het ek geloof nodig. En jy kan nie die Bybel as die Woord van God aanvaar as jy nie in die God van die Bybel glo nie!
Dit is juis die laaste paragraaf wat ek meen die sleutel moet bly in my denke oor God en die God van die Bybel. Geloof bepaal dan ook my metode in my wetenskapbeoefening.
Attie as jy glo Ben het ‘n stuk van 1200 woorde op sy selfoon getik en dit hier gepos sal jy sowaar enige iets glo. Snaaks dat fundamentalistiese mense altyd die geneigdheid het om alles in hoofletters te tik of uit te skreeu.
Jammer ek koop nie daai een nie en ek lees nie ‘n geskreeu op my nie.
Dit is die basiese etiket en goeie maniere van internetgesprekvoering om nie op mekaar te skreeu nie.
Attie skryf: Dieselfde teoloe en Bybelwetenskaplikes wat ek graag lees, het baie goeie verduidelikings om te wys dat Jesus wel die voorspelde Messias is. Selfs teksgedeeltes en skryfstyle en genres ens. Dalk sou my keuse anders gewees het as ek ‘n Moslem of ‘n Jood was, maar ek is nie ‘n Moslem of ”n jood nie.
Gee asseblief daardie teksverwysings waarna jy verwys (ek is bewus daarvan) dan bespreek ons dit. Natuurlik sou jou keuse anders gewees het as jy ‘n Moslem of ‘n Jood was. En ja jy is nie. Maar maak dit nou jou argument meer geldig dat die Bybel die Woord van God is, natuurlik nie. Net so min soos wat dit die Moslem of die Jood se argument geldig maak dat een van hulle heilige geskrifte naamlik die Koran of die Torah die Woord van God is. Dit is die hele punt Attie.
Ek verwys na die volgende opmerking in waarnemer se skrywe hierbo. “Ons gesels hier doodgewoon oor die vraag of die Bybel die Woord van God is. Ek meen dit is nie. Dit beteken nie ek glo nie daar bestaan nie ‘n God nie. Die twee is nie afhanklik van mekaar nie. Jy kan aan God glo sonder om te beweer die Bybel is die onfeilbare onveranderlike Woord van God.”
Die laaste sin keer die hele onderwysstelsel van die 1960’s tot nou op sy kop. In die skool is ons geleer dat die Bybel is die Woord van God. Nooit het enige kind dit durf waag om die juffrou/meneer se siening te bevraagteken nie. Waarnemer is reg as hy se dat nuwe navorsing en argeologiese ontdekkings inderdaad nuwe inligting oor die ontstaansgeskiedenis van die Bybel op die markplein bring. Die probleem is dat die nuwe inligting word nie gekommunikeer na die jong Bybellesers op skool nie. Ek meen dit is hoekom talle christene (tieners, 20’s en 30’s) vandag twyfel oor die Bybel as woord van God.
Self weet ek nie op watter wyse die nuwe inligting aan skole deurgegee word nie, is daar dalk een op hierdie blog met gedagtes hoe relevante inligting by skole en kerke deurgegee kan word?
Waarnemer: Jy is nogal bitsig in sommige van jou opmerkings. Hierdie gesprek was nogal op ‘n goeie vlak gevoer, maar dit is nie billik om mense aan te val nie. Onthou bietjie as jy weier om ander se kommentaar te lees, gaan hulle ook nie jou kommentaar lees nie. Sommige ouens wat hier lees is nie bewus van internet etiket nie, en probeer net saam gesels.
‘n Vriend van my het juis hierdie saak oor Jesus wat die verwagte Messias is op sy “blog” bespreek. Sonder twyfel gaan ek op ‘n stadium oor hierdie saak skryf, maar waarom gaan kyk jy nie bietjie daar en daag hom uit nie. Gaan lees gerus hier. Ek herinner jou ook aan jou skerp antwoord aan blondie wat so gelees het: “Maar sal jy jou asseblief by die punt onder bespreking hou en nie allerhande uitsprake maak oor my eie verhouding met God nie want jy ken my glad nie.” Die punt hier onder bespreking is die unieke samestelling van die Bybel.
Ek volg hierdie gesprek die hele tyd. Wat vir my baie interesdant is is dat waarnemer nou al ‘n paar keer die onderwerp verander het. Dit begin nou vir my lyk asof hy bietjie ongemaklik raak en nou raak hy persoonlik. Dit is ook interessant dat die oomblik wat Christene aandui dat hulle bereid is om te staan by wat hulle glo dan word die woord “fundamentalisme” uitgeruk. Wikipedia beskryf “fundamentalisme” so: “The term fundamentalist has since been generalized to mean strong adherence to any set of beliefs in the face of criticism or unpopularity, but has by and large retained religious connotations.
Waarnemer: Jy voel net so sterk oor jou oortuigings en in die lig van kritiek val jy self terug op ‘n stuk fundamentalisme en verkleinerende opmerkings. Jy is nie die eerste voorstander van Sakkie Spannenberg wat hier kom skryf nie, en jy is ook nie die eerste een wat jou wend na sulke verkleinerende opmerkings nie. Dit is jammer dat jy nie kans sien om net ‘n effense verskoning aan blodnie te rig en dat jy nie kans sien om vir Ben te vra of hy bedoel het om te skree nie. Dit is regtig jammer dat die gesprek hierdie rigting ingeslaan het.
Ag Attie asseblief. Regtigwaar. Wys my asseblief waar is ek bitsig. Ek is nie ‘n kind nie en gaan nie hier sit en kinderkransprekies anhoor van jou nie. Jy laat toe dat die basiese reël oor internetmaniere willens en wetens verbreek word deur Ben maar jy beskuldig my daarvan dat ek bitsig is. Moet asseblief n ie bitsigheid verwar met reguit gesprek nie. Jy het dit al ‘n vorige keer gedoen. Gaan jy diit nou weer doen?
Ek is mos ook nie nou in gesprek met jou vriend nie. Ek sal gaan kyk na sy blog maar ek kan nie met tien mense gelyk in gesprek tree nie. Ek het reageer op wat JY ges^e het.
Aan vraagteken: Lyk my jy is ook een van diegene wat telkens s^e mens is verkleinerend as daar nie met jou samgestem word nie. Wys my tog asseblief ook wat jy as verkleibnerend ervaar het.
Waarnemer. Hierdie is Attie se blog waar mense kom koffie drink. Ek dink jy is besig om op sy koffietafel te braak. Gaan doen dit a.s.b. op ‘n ander plek.
Dit kan mos nou nie so werk nie. Brian McClaren skryf so:
“How were the truth-claims of Christianity presented in the modern era, other than an as objective facts, historically or scientifically verifiable (we hoped), as abstract absolutes, as a kind of impersonal third party intruding upon our subjective experience with objective information? For a new kind of Christian these kinds of objective truth-claims still must have great value of other kinds of truth-claims… those that modern folk may have dismissed as being subjective, but which we will assert are in fact inter-subjective… meaning that they manifest themselves to us as real experiences with God. For example, instead of offering a list of objective evidences and demanding a verdict, we go on to offer a story that can be objectively proven, but which can subjectively ring true and make sense of our lives.”
Dit is tog wat jy in ‘n sekere sin Sondag-aand ook genoem het. Jy het iets genoem in die lyn van dat jy nie dink dat hierdie gedagtes iemand sal oortuig dat diE Bybel die Woord van God is nie, maar dat dit bedoel is om iemand soos ek wat glo die Bybel is die manier waarop God met my kommunikeer se geloof te versterk. Dit het gebeur.
Ek sien myself as ‘n “a new kind of Christian” wat nie wil teruggryp na die modernistiese tyd waarin ons soveel getuienisse as moontlik moet voorle ten einde sie skeptici te oortuig dat ons reg is nie.
Nog een aanhaling van Brian McClaren: “… we as Christians can no longer approach the Bible as if we were in a laboratory , seeking for abstract, universal priciples devoid of contexts and environments, believing we can approach the text objectively as if we were stumps or furniture or zeroes. Impossible. We cannot help but approach the Bible as subjects encountering a subject, with our background, prejudices, assumptions, biases, needs, misunderstandings, experiences – in a word, our subjectivities – intact.”
Sela.
Ek het nou bietjie daar by Scott se blog gaan lees. So skryf hy:
“Here’s a key for this section: instead of finding themes that would prove a case, Wright unfolds four central themes about YHWH in the Old Testament that become central to the identity of Jesus, leading not to “therefore Jesus is God” but to something like this: what the Israelites called God and how they understood God the early Christians called Jesus and understood Jesus. So, it’s the Story that unfolds in a christological direction. Smashing.
1. Creator: YHWH is creator; Jesus is creator: 1 Cor 8:6; Col 1:15-20.
2. Ruler: YHWH rules; Jesus rules: Ps 33; Ps 110:1; Dan 7:13-14 –> Acts 2:32-36; 1 Cor 15:24-28; Rev 3:14.
3. Judge: YHWH is judge; Jesus is judge: Ps 96:13; Phil 2:16; 2 Cor 5:10; Rom 14:9-12.
4. Savior: YHWH saves; Jesus saves: Ps 68:20; Rev 7:10; Titus 2:13.”
Terloops:Dit is nie NT Wright, maar as ek reg het Chris Wright.
attie:ek skryf nou maar in klein letters.dan fluister ek maar liewers.ek het nie geweet dat as mens hoofletters tik dan is dit skreeu op internet nie.ek se dankie dat jy dieper kyk as hoofletters en woorde,maar dat jy wel geestelik “sien”wat ek voor staan.n mens kan dadelik agterkom wanneer iemand nog nie Geestelik volwasse is nie,maar dat daar nog vlees in n persoon is.Ek is geklee met die volle wapenrusting van God,en deur die jare het dit al die vurige pyle wat op my afgevuur word,suksesvol gedeflekteer en terug gestuur waar dit vandaan kom.
Julle doen goeie werk en is baie interessant en leersaam.
die skrifte se in die Bybel,dat as jy nie vir god is nie,dan is jy teen hom.
Waarnemer – dankie vir die verwysings, sal dit beslis opvolg.
Ek geniet hierdie gesprek en veral die wetenskaplike inligting baie. Self bekommer ek my nie te baie oor allerhande emosionele opmerkings en reaksies nie, probeer maar net tussenin krap vir pitkos, en daarvan is hier genoeg sommer van almal af. 🙂
In my eie studie en “soeke” (wat maar skaars begin het) is dit vir my ook die egste en mees pure om te begin dink dat godsdiens en geskrifte soos die bybel nie dieselfde is of ‘n verpligte is vir geestelikheid en die begrip en gewaarwording van God nie. Ek moet gaan kyk waar ek dit gelees het (vergeet altyd bietjie die feite – te veel dinge in die brein), maar iemand het opgemerk dat godsdienste eintlik in die pad kan staan van die ontdekking en persoonlike ken van God, want godsdienste kan te besig wees om hulle self teenoor ander godsdienste te verdedig. Maar niks, nie selfs ‘n mens se eie oortuiginge is bo ondersoek nie. Maar nou is ek ook behoorlik van die onderwerp af! Sal defnitief hier by Ds. Attie bly lees, en ek hoop Waarnemer en ander met soortgelyke denke sal nie wegbly nie.
Alec skryf: Waarnemer. Hierdie is Attie se blog waar mense kom koffie drink. Ek dink jy is besig om op sy koffietafel te braak. Gaan doen dit a.s.b. op ‘n ander plek.
Dankie Alec. Mooi stukkie Christelike vriendelikheid van jou kant daai. Is dit hoe mens deesdae die evangelie verkondig? Mooi man
Annerkant:jy weet alreeds dat dar verskeie godsdienste is of beter,gelowe.elkeen het sy eie manier van doen en dink.die een se jy moet doop in die naam van jesus,die ander een se jy moet doop in die naam van die vader,die seun en die heilige gees,en die ander se weer besprinkeling ens….die feit bly staan dat sa jy al jou aandag op hierdie dinge vestig , is dit ;n warboel van veskille doen en late in die kerk deur die liggaam van Jesus Christus.Dit alles bring nie geestelike groei voort nie , en lei tot waar die een groep homself verdedig teen ‘n ander groep….
Die belangrikste wat moet gebeur is dat jy moet by GOD homself uitkom en ‘n intieme verhouding opbou met Hom.Dan het jy ‘n lewende verhouding met God self en dan val al die tradisies,verskille,weg,want God is nie ‘n God van tradisies nie nie.His mercies is new everyday.Hy sal jou die weg aantoon.Mense kan jou nie leer van God nie,hulle kan jou net vertel van God.God self wil jou leer.so,die belangrikste van alles is jou eie intieme persoonlike verhouding met God en Hy sal jou leer van Hom. Hy sal jou weer verwys na die Bybel toe want dit is Hyself wat die woord ingegee het.
En alles wat Hy jou sal wys en leer.is bevestig in die Bybel.Ek se nie ek is reg nie,maar ek weet dat God reg is en betroubaar.hy is nie ‘n mens wat sal teruggaan op Sy woord nie.Daar is ‘n skrif in die Bybel wat se dat daar is ‘n pad wat vir die mens reg lyk,maar die uiteinde daarvan is die dood.Die enigste nadeel is dat jy dit eers agterkom wanneer jy by die adres aankom,dan is daar nie meer terugdraai nie.Vestig jou aandag op God en nie op mense nie.Oppas vir die vals profete.’n Boom word aan sy vrugte geken.Kyk wat uitvloei uit ‘n mens en vergelyk dit met wat jy lees in die Bybel.Oppas vir die vals profete.Die duiwel doen Hom voor as ‘n engel van die lig.Los die ander paaie uit.dit is dwaalwegte.die uiteinde daarvan is geestelike dood.Blessings op jou ontdekkingstogte in Christus.
Sjoe! Soveel inskrywings en soveel verskillende punte. Dankie vir julle almal want al die verskillende menings hierbo dien tog ‘n belangrike doel.
Vir my as leek beteken hierdie debat hierbo regtig baie maar op die ou end moet ou jou eie mind opmaak.
Ek stem saam met Ben op 28 Julie. As ek nie wedergebore is en die Heiland as my persoonlike Saligmaker aangeneem het nie, beteken alles maar min. Ek kan riglyne uit die Bybel neem en baie van dit nie verstaan nie, daarom gebruik ek Joyce Mayer se verwerking vir my stiltetyd want daar is volgens my beskeie mening baie verduidelikings wat vir my sence maak terwyl ek dit lees en dan nie agterna nodig het om na te slaan nie.
Doom Attie, ek wonder of jy besef watter groon diens jy met hierdie blog gee. Baie dankie hoor!
A3:Jyis op die regte pad.Goeie verwerking stukke:Goeie keuse.Ek luister graag na haar.Moenie links of regs kyk nie,hou jou oog gevestig op Jesus Christus.Ondersoek altyd die skrifte
Ek lees vanoggend weer hierdie draad van voor tot agter en ‘n paar vra kom by my op.
Attie beskuldig my van bitsigheid maar ek weet steeds nie waar ek bitsig was nie. Ek hoor graag.
Ben skreeu vir my in hoofletters maar Attie beweer nee Ben het op sy selfoon getik en wou nie op ander skreeu nie.
Blondi wat my van geen kant af ken nie mag insinueer dat ek nie ‘n persoonlike ontmoetimng met God het nie en as ek beskaafd daarop reageer beskuldig Attie my daarvan dat ek op my perdjie is.
Alec reken ek is besig om op hierdie koffietafel te braak nadat ek op uitnodiging van Attie op ‘n beskaafde manier probeer deelneem aan die gesprek.
Waraan laat al hierdie dinge my dink? Dit laat my dink hoe maklik Christene ander mense beskuldig van onverdraagsaamheid maar hoe onverdraagsaam hulle self dikwels is.
Ek het twyfel uitgespreek oor sekere stellings wat gemaak is en nou word ek deur mense soos Alec weggejaag.
Ek kan my net indink hoe dit sou wees as iemand soos hy een van Jesus se dissipels was na die kruisiging en hy was by toe Thomas die eerste keer saam met die dissipels vergader het. Sou hy ook vir Thomas gesêhet hy is besig om te braak toe Thomas die opstanding bevraagteken het? Sou hy hom ook gevra het om pad te gee soos wat ek hier gevra word om pad te gee.
En as dit die geval was en Thomas het wel padgegee wat sou dan gebeur het? Hoe sou die geskiedenis gelyk het? Sou hy ooit weer teruggekom het? Sou hy ooit weer tot geloof gekom het as hy weggejaag is?
Ek twyfel.
Groete
Waarnemer.
Goeie more Waarnemer.
Wou net vir jou se dat as jy my opmerkings gelees het is dit presies wat ek van christene gese het. Maar ek sien dis net jou opmerkings wat tel.
In elkgeval, ek het jou onverskoning gevra as ek jou persoonlik aangeval het, maar jy val almal aan, en ek sien geen liefde in jou gesprek nie en praat veral met my asof ek ‘n biki dom is.
Kyk maar net na al jou opmerkings hoe jy met mense praat. En jy offer geen verskoning nie. (Se maar net)
Ek lees al jou opmerkings – soos al die ander – en maak self my mind op. Dink net dis nie reg dat jy nie eers Ben se opmerkings lees nie. Anyway Ek oordeel jou NIE!
Ons almal gesels en debatteer lekker hier, lees dan almal se opmerkings without being prejudice. Ek geniet alle insette RONDOM die bespreking, selfs joune. Kom ons hou daarby toe?
Ek het jou in my aanmerking 2 vrae gevra wat jy noggie eers geantwoord het nie, Laat my net wonder hoekom jy so krities is oor almal se geskrywe… maar ontduik baie van ons se vrae?
so as jy vir Dooms Attie ‘n antwoord verwag, verwag ek ook antwoorde asb.
Kom ons neem deel in hierdie gesprek in Jesus se liefde. Ek kan jou nie regtig plaas nie, maar as jy dan ni in Jesus se liefde “operate” nie, wees asb dan net respekvol teenoor al die kommentaar gewers op die blog.
Thanks man.
Blondi ek is seker albei van ons het beter dinge om te doen as om soos kinders te kibbel oor niks. Ek het nou al herhaalde kere gevra om my te wys op die opmerkings wat pla maar telkens kry ek sulke vae antwoorde.
Dit lyk my as mens hier van iemand verskil beskou sommige van julle dit as ‘n persoonlike aanval. Oor Ben se geskreeu. Jammer maar ek lees nie iemand se geskreeu nie.
Ek vra ook nie dat jy my moet plaas nie. Ek is nie hier om deur iemand “geplaas” te word nie. Ek gee slegs ‘n mening. Daarmee kan jy gerus maak wat jy wil.
Van watter Jesus liefde praat jy in jou laaste sin? Is dit Alec se Jesus liefde wat sê ek braak op die koffietfafel as ek verskil?
Kan ons nou terugkom tot die punt?
Groete
W
Attie vra vir bewyse dat die bybel verander is. Ek is nie ‘n teoloog nie, en in elk geval dink ek dat sekere gesprekvoerders tog bewyse voorgelê het. My aanames kan ek wel as volg verdedig. U self erken dat daar foute sou insluip en teksveranderinge moes plaasvind slegs as gevolg van die omvang en tyd wat dit geneem het om die bybel soos ons dit vandag ken te skryf. En nou praat ons nie van die verskye vertalings binne tale nie. Dit is ook nie ‘n geheim dat geskrifte soos die aprokriewe boeke nie ingesluit is nie.
Voordat ek self die geleentheid gehad het om die Vatikaanstad te besoek het ek boeke gelees oor die geheimhouding binne die Roomskatolieke kerk. As mens die stad besoek en daar meer ingelig word oor die RK dan word dit net nog duideliker dat daar baie dinge gebeur wat totaal vir die samelewing weggehou word. Wie weet watse geskrifte (en bewyse) hulle nie alles wegsteek nie. Is dit nie juis gedeeltelik hieroor dat die hervorming plaasgevind het nie?
Maar my kritiek kan dalk juis gebruik word as bewys dat God die inspirasie vir die bybel is, omdat die foute, veranderings, weglatings ens. dalk juis so moes gebeur om die bybel meer as ‘n boek te maak en dit die Woord van God te maak. En ek glo dit is wat christene wil glo. Daarom is Attie se vraag een van daardie vrae wat nie ‘n korekte antwoord KAN hê nie. Amper soos die vraag “Wat was eerste? Die hoender of die eier?” Daar is net nie ‘n korekte antwoord nie. Ek meen, glo ons slegs in ‘n God omdat die bybel hom beskryf, of het Hy gesorg dat die bybel geskryf word sodat ons in hom kan glo?
So laat ek nou maar die reël breek en afsluit met ‘n antwoord deur Jesus, vanuit die bybel oor die eet van onrein (OT joodse wette) kos. In my eie woorde het hy geantwoord dat dit nie saakmaak of jy die wette gehoorsaam nie, solank jy net sorg dat jy ‘n goeie lewe, lewe. Met ander woorde, dit is goed en raadsaam om jou bybel te lees en te bestudeer maar as jy nie ‘n goeie lewe, lewe nie gaan dit jou beslis nie op die einde baat nie. Hierdie filosofie is ook van toepassing op die koran, thora, budistiese leeringe, en ek glo die kern van die s.g. ‘new age’. As jy ‘n christen is, gaan lees jou bybel, as jy nie een is nie, gaan lees wat jy wil, solank jy net jou bes probeer om die ‘regte’ ding te doen en dit sluit in om respek vir ander se denke en gelowe te hê.
Dawid: Ek reageer graag op jou opmerkings:
1. Lees asseblief vandag se “post” oor bewaring. Daar is maniere om die akkuraatheid te toets.
2. Apokriewe boek word al hoe meer gebruik, maar hulle dra net nie vir ons dieselfde geslag nie. Daar is selfs ‘n boek uitgegee waarin die apokriewe boeke ook vervat is. NT Wright gebruik byvoorbeeld in sy boek The New Testament and the People of God slegs buite Bybelse bronne om wat hy noem “The setting and the Story van die gemeenskap te beskryf waarin Jesus gelewe het en die Nuwe Testament geskryf is.
2. Jou laaste parragraaf. Ek stem saam met jou gedagtes oor ‘n goeie lewe. Ek dink soms dat sommige Christene die terme “geloofsekerheid” en “volkome vergifnis” gebruik om nie te verander of die”goeie lewe” sos jydit noem te lewe nie.
3. Weereens: Ek het nie ‘n byltjie te slyp met ander godsdienste nie, en wat my aan betref is hulle welkom om te lees wat hulle wil en te glo wat hulle wil. Ek het egter die vryheid om te kies wat ek wil glo en te s♪6 wat ek wel glo. Die manier waarop ek dit wat ek glo uitdra, moet egter gepaard gaan met respek en agting vir ander en nie tot ‘n liefdelose konfrontasie lei nie.
Dankie vir jou sinvolle bydrae tot die gesprek Dawid. Die ironie is dat dit juis die Protestantse sola scriptura beginsel is wat help aanleiding gee het tot die kritiese lees van die Bybel – en met “krities” word nie bedoel “afbrekend” nie, maar bloot ‘n ernstige, soekende, oop, historiese beandering waarin die Bybel werklik bestudeer word vir wat dit is, naamlik ‘n komplekse versameling historiese geskrifte. Daar is geen teoloog wa sy sout werd is wat sal betoog dat die Bybel die woorde van God is nie maar hulle noem dit maklik die Woord van God sonder om te verduidelik wat hulle daarmee bedoel.
Die gevolg is dat mense dan maklik die Bybel letterlik lees asof dit inderdaad God se woorde is.
Oor die laaste 100 jaar het baie nuwe insigte binne die Bybelwetenskappe en sistematiese teologie navore gekom. En ‘sola scriptura’ is opsigself ook maar net n dogma-slogan deur mense gecoin tydens die reformasie en het dus opsigself n al-te-menslike geskiedenis.
Die Bybel self is ook maar net die ‘teoriee van mense’. Al wat ons het is die getuienis en teorieë van mense. God self het niks kom bevestig nie.
Baie mense probeer ander wat nie soos hulle voel nie op n guilt trip sit as hulle nie die Bybel soos hulle sien nie. Maar enige iemand wat glo die Bybel is die foutlose onfeilbare woord van God – en dit terwyl dit vele teenstrydige godsbeelde, historiese fiksie, uitgediende moraliteit en al-te-menslike ideologiee bevat, kan dit net doen deur onkunde oor wat regtig in die Bybel staan – asook deur die onbewuste dogmatiese herinterpretasie van baie tekste en die doelbewuste ignoreer van die laaste twee eeue se ontwikkelinge in die Bybelwetenskap, teologie, filosofie, sielkunde, ens.
Aansprake dat slegs die Bybel deur die Heilige gees geïnspireer is, is natuurlik ‘n baie groot en veregaande aanspraak. Beteken dit nou dat gelowiges in ander tradisies wat oortuig is hulle is reg nie na die Gees luister nie?
Ken die mense wat sulke aansprake maak ooit die geskiedenis van die Protestantse kanonvorming?
Dooms Attie, Wat is dan jou gevoel oor die Aprokiewe boeke? Hoekom is dit nooit innie bybel saamgevat nie, of is dit geskryf volgens oorleweringe, of is dit maar fiksie?
Kan ons as Christene dit aanvaar as “deel van die Bybel?”
Blondie: “Apokriewe boek word al hoe meer gebruik, maar hulle dra net nie vir ons dieselfde geslag nie. Daar is selfs ‘n boek uitgegee waarin die apokriewe boeke ook vervat is.” Nee, ek dink nie die boeke dra dieselfde gesag as die Boeke van die Bybel nie.
Waarnemer: Dalk moet jy versigtig wees met jou wonderlike insigte jy begin jou teologiese agtergrond openbaar.
Attie: Tog kan ‘n goeie lewe ‘n mens nie red nie?????
Die vraagteken skryf aan my: Dalk moet jy versigtig wees met jou wonderlike insigte jy begin jou teologiese agtergrond openbaar.
Nou wat sou hierdie opmerking beteken vraagteken? Wat sou my teologiese agterond wees waaroor ek versigtig moet wees? Verduideliik asseblief vir ons. Waarmee is ons hier besig? Is dit ‘n herhaling van die Inkwisisie of is dit ‘n gesprek oor die Bybel?
Is dit nie opmerklik hoe mense telkens in sommige kringe verketter word as jy van hulle verskil nie. Waarom spreek jy nie liewer die argumente self aan nie Vraagteken??
Hoe voel jy oor die saak ds Attie? Ek sal rerig graag wil weet.
Oor die apokriewe boeke. Is daar ‘n bepaalde rede waarom die Evangelie van Thomas byvoorbeeld nie dieselfde gesag het as kom ons sê maar byvoorbeeld Matt wat veel later geskryf is nie? Ek luister by die radio.
Doooms, is dit dan al ooit bewys dat dit net fiksie is? as ek so kan noem. Ek skuus, op grond waarvan dra dit nie dieselle gesag nie.
Ek weet my Pa het ook altyd so gese, maar ons bespreek mos feite of hoe?
?????? Ek dink nie ‘n goeie lewe kan ‘n mens red nie. Die geandewerk van Jesus Christus red mense. Die wet van Moses is vervul, maar die groot gebod van Levitikus, wat telkens in die Nuwe Testament herhaal word, geld nog steeds: Die gebod van die liefde. In die Bergpredikasie staan: “As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as die van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.” (Mt. 5:20) Ek sou reken dat dat dit tog vir die Here Jesus belangrik was dat ons lewe ‘n “goeie lewe” sal wees.
Blondie vra ‘n geldige vraag: Sy vra is dit dan al ooit bewys dat dit (Apokriewe boeke) net fiksie is ? Dan vra sy ook op grond waarvan dra dit nie dieselfde gesag as die ander boeke van die Bybel nie?
Blondie: Die Apokriewe is nie noodwendig fiksie nie en daarom gebruik mense soos NT Wright en Scot McKnight die buite-Bybelse bronne om veral met betrekking tot die ontstaanstyd van die Bybel sekere punte te maak. As ‘n mens NT Wright lees, dan verduidelik hy telkens waarom die buite_Bybelse bronne op sekere punte nie korrek is nie. Telkens is daar egter punte wat die bronne effektief gebruik word. Geen navorser stem ooit volkome saam met al sy bronne nie. Die Bybel het egter vir gelowiges unieke gesag. ‘n Gesag wat ons in geloof aanvaar omdat daar genoegsame aanduidings is dat ons dit so kan aanvaar.
Ons kan hierdie aanvaarding van die gesag van die Bybel tot op ‘n punt verdedig, maar op ‘n punt raak dit net nie meer die moeite werd nie. Ek het dit telke male al op hierdie “blog” gesê. Ek glo wat ek glo en ek gun elke persoon om van my te verskil. Ek voer debat net tot op ‘n punt.
Ek het dus nie self die navorsing gedoen nie, maar ek steun op vooraanstaande Nuwe Testamentici in die wêreld – waarvan NT Wright waarskynlik die pasaangeër in die wêreld is tesame dan met Scot McKnight, Chris Wright, GE Ladd, JDG Dunn.
Jy vrae sinvolle vrae.
Kom ons probeer weer. Op grond waarvan sal ‘n Bybelse boek soos Matt groter gesag h^e as byvoorbeeld ‘n apokriewe boek soos die evangelie van Thomas. Die probleem met blogs soos die is dat vrae nie verdwyn net omdat mens dit ignoreer nie.
Baie Dankie DS Attie.
Ek aanvaar dit so.
My Pa het ook altyd verwys dat dit net ‘n bron of ‘n verwysing kan wees. Maar dat die bybel deur al hierdie eeue gekom het, moet maar net God wees.
Baie dankie vir die deeglike uiteensetting.
Ek sien uit na die hele reeks!!
Blessings!
Die Bybel is die geskrifte wat aangeteken is(korrek)deur die skrywers van die onderskeie boeke(die skrif is deur God ingegee)en en is geinspireerd deur die Heilige Gees.2 Timoteus 3 vers 17 se onder andere”sodat die mens van God volkome kan wees,en vir elke goeie werk volkome toegerus”Dit dui aan dat jy in persoonlike verhouding met God moet staan(jy moet Hom persoonlik ken.Wedergeboorte)en God sal jou telkens terugverwys na Sy skrif.So,die Bybel en God is gekoppel aan mekaar,en is onafskeidbaar.Jy kan in die Bybel gaan lees oor God en jy kan dit bepeins,en die Heilige Gees in jou sal dinge in die skrifte vir jou openbaar.Mense preek uit die Bybel en nie uit ander boeke nie.Die heilige gees sal jou ook altyd herrinner aan ‘n vers of wat in die Bybel staan.Hy sal jou nooit herinner wat in die Sarie of die Keur staan nie.Die Heilige Gees kan jou ook net herinner aan wat jy gelees in die Bybel,en nie aan iets wat jy nie gelees het nie.Geniet julle dag in Christus vandag,en praat die hele dag oor Hom.
Attie, jammer as dit voorkom of ek klippe gegooi het. Ek steur my nie aan die ‘gees’ waarin die gesprekvoerders hul boodskappe tik nie, en antwoord net soos ek persoolik voel.
Wat my wel bietjie kriewelrig maak is verwysings wat eindlik tot ‘n heel nuwe/ander gesprek moet ly. Christene is geneig om die Heilige-gees in te span om te verduidelik of te verdedig as hulle nie ‘n goeie antwoord het nie. Amper soos die bank wat die rekenaar die skuld wil gee as jou balans verkeerd is.
Ns. Ek is ook nie besig om ander gelowe op te hemel of goed te praat nie. Ek sê net dat mens moet aanvaar dat hulle ook glo en dat baie van hulle idees dieselfde as die van christene is. Ek beweer ook nie dat mens nie tot bekering moet kom nie. As dit is wat jy oortuig is moet gebeur, dan is dit reg so. Maar lees mens nie telkemale in die NT dat ‘kerklidmaatskap’ en voldoening an dogma nie genoeg is om jou hiernamaals te verseker nie. Ek haal weer my eie woorde aan na aanleiding van ‘n bybelvers “Was jy maar warm of was jy maar koud, maar nou is jy lou en daarom spuug ek jou uit.”
NNS. Ek mik nie my aanhaling na iemand spesifiek nie.
Ben: Dankie vir jou inset.
Dawid: Ek het respek vir ander gelowe en godsdienste, maar dit beteken nie dat ek nie dit wat ek glo en waarin ek glo mag uistippel uitspel nie. Dit beteken ook nie dat ek altyd nodig het om dit wat ek glo te verdedig nie. En… ek dink jy praat in die laaste gedeelte poor gehoorsaamheid en daarmee stem ek en jy ook saam. As bekering ‘n vrypas na die hemel toe is, dan slaan iemand die bal mis.
David:Ek verstaan jou aanhaling soos volg:”was jy maar warm-beteken vir my dat jy vol is in jou werke vir God en jy leef jouself uit vir die koninkryk van God.”of was jy maar koud” beteken vir my-dat mens nog by God moet uitkom,Hom nog ne aanvaar het nie,so daar is nog kans tot oprigting.”maar nou is jy lou”-beteken vir my dat die kerk is tot die enigste God bekeer,hulle het groot dinge vir Hom gedoen,maar op die oomblik is hulle in ‘n toestand van teruggevallendheid.Dit kan tot ‘n persoon of die liggaam van Christus verwys,wat vandag se kerk is.By wedergeboorte ontvang elke persoon die gawe van God.Die Heilige Gees.of jy laat die Heilge Gees toe om jou te lei of jy ,na wedergeboorte lei weer die ou lewe en laat die Heilige Gees nie toe om Jesus Christus in jou te vorm nie.Dit is dan wanneer daar niks op ‘n geestelike vlak in jou lewe gebeur nie en mens moedeloos word.Kyk na die gelykenis van die saaier en die verskillende persentasies van oeste.Dit is hoeveel jy van God in jou lewe toelaat om jou te verander en sodoende ontwikkel die VRUG van Christus in jou.As dit nie ontwikkel nie,val Mens terug of jy lei ‘n baie op en af verhouding met God.dit is dioe verskil tussen ons en ander gelowe.ons ontvang die Heilige Gees wat God vir ons ‘n werklikheid maak soos wat jou eie ouers is.Ek bedoel niks hiermee nie,rig nikssteen iemand nie,val niemand aan nie,maar verduidelik iets,hoe dit in my lewe is.Prys die Here
Ek is nie seker of ek alreeds oor hierdie aangeleentheid geskryf het nie maar sjoe die ou duiwel vier fees onder almal maar dit is ook niks nuuts nie. Vir my die Woord van God die Bybel het ek Jesus leer ken. Ek bid die psalms van Dawid en die wonderlikste is daar staan geskrywe geloof kom deur die gehoor en gehoor deur te luister na die Woord van God. Teologie maak dood maar die HG bring lewe. Teologie het my nie gered nie maar die Gees van God het besit geneem van my siel en dit is vir my heerlik om die Bybel te lees en wie anders leer my oor die waarheid die Gees. Die Woord se die Gees sal julle lei in die waarheid.
Ten laaste ek het pas n boek gelees Far from Rome near to God van 50 roomskatolieke priesters wat wedergebore is en elkeen was deur die HG gelei deur die Bybel te bestudeer en God het met elkeen n pad geloop hoe wonderlik is dit om verseker te wees dat Jesus my Saligmaker en Redder is. Dit is n vrede wat alle verstand te bowe gaan wat besit neem van jou menswees. Mag die God van alle Vrede sy kinders bewaar teen dwaalleer.