HOE KAN DIE BYBEL DIE WOORD VAN GOD WEES?

My studeerkamer staan die hele huis vol aangesien ons bietjie opknappingswerk in die huis doen en my rekenaar afgeskakel is. Aangesien ek die meeste van my skryfwerk in die nag doen, kry ek deesdae nie regtig kans om te “blog” nie.

Ek het egter vandag ‘n paar van julle se insette nodig. Ek praat Sondag-aand met die tieners oor die Bybel as die Woord van God. Ek wil inleidend ‘n paar opmerkings maak oor wat mense wat nie glo dat die Bybel die Woord van God is nie, oor die Bybel sê.

Ek wonder of jy ‘n paar gedagtes oor wat jy al gehoor het mense wat nie glo dat die Bybel die Woord van God is nie, kan skryf. Dalk is jy self iemand wat dit nie glo nie. Ons gaan nie probeer om die antwoord te weerlê of die vrae te antwoord nie, ek wil net ‘n paar gedagtes hieroor kry.

Ek sal waarskynlik volgende week ‘n paar gedagtes skryf oor waarom ek dink die Bybel meer as net ‘n gewone boek is en waarom ek bereid is om te aanvaar dat die Bybel wel die Woord van God is.

Ek hoor graag van jou.

52 thoughts on “HOE KAN DIE BYBEL DIE WOORD VAN GOD WEES?

Add yours

  1. Die meeste Christene wat ek ken leef nie volgens die Bybel nie, hoe kan hulle dan van ons as ongelowiges verwag om nie net te glo dat die Bybel die Woord van God is nie, maar dan ook nog ongelowiges veroordeel wat nie volgens die Bybel leef nie. As jy as Christen dink dat dit nie nodig is om die Bybel te gehoorsaam nie, hoe kan jy my veroordeel en as verlore en bestem vir die hel beskryf omdat ek nie volgens jou standaarde leef nie? Ek dink die Bybel noem sulke mense huigelaars!

  2. Die bybel weerspreek homself op baie plekke. As God dan volmaak is, hoe kan Hy ‘n Bybel met foute laat skryf?

  3. Dagsê Doom

    Doom, ek’t nog maar altyd gewonder: waarvan is die woorde: “Woord van God” plekhouer?

    Dan groet ek maar eers weer.

  4. attie, ek het my ‘fix’ die laaste paar dae gemis! Hospitaal sonder selfoon charger werk nie!

    Dink ek moet Sondag jou preek kom luister! Eish, sterkte met huis! 😉

    Lo Xander…

  5. Hoekom sou ‘n God/Energie/Skepper wat so ongelooflik almagtig en groot is en ‘n heelal geskep het (het jy enige idee hoe groot en ongelooflik die heelal is?! en wat van alles wat nog buite die heelal mag bestaan????, wat ons ken nie die end daarvan nie), en tot die kleinste atoompie geskep het, en wat met alle mense deur alle tye in aanraking was en is, en onbeperkte liefde is, alles wat nodig is en die volle waarheid in ‘n erg beperkende boek met ‘n betreklike jong bestaan wanneer ‘n mens na die bestaan van selfs net die mens kyk, weergee? Die argument dat ons maar soos ‘n mier of ander klein diertjie is en God nie sou kon verstaan nie, is natuurlik ook belaglik. Die argument dat ons God nie mag ken in al sy volheid nie, omdat ons dan kwansuis bo God sou stel, hou ook nie water nie. En so baie ander welbekende argumente. Die bybel is onder ‘n boek wat die geskiedenis van ‘n volk, hulle ontstaan en hulle geestelikheid of godsdiens weergee. Moenie eers praat van die sterk patriargale omgewing waarin dit geskryf is nie! Daar sou ‘n mens natuurlik die bybelse verhale en inligting kon bevestig deur argeologiese ontdekkings en dies meer. Die bybel is ook vol kosbare waarhede, lewenslesse, filosofie, voorspellings ens., wat ‘n mens ook in baie ander geestelike boeke kan vind. Ek self lees graag die bybel. Maar ek het bitter min kennis oor hierdie onderwerp, en sal graag wou lees wat jy hieroor weet en waarop jy oortuig is dat die bybel wel deur God geskryf is.

  6. Jammer sien daar is baie foutjies in my kommentaar hierbo. Het maar vinnig gegaan. Die sinnetjie “Die bybel is onder ‘n boek …” moet wees “Die bybel is onder andere ‘n boek …”. Ek is seker daar is nog sulke glipsies. 🙂

  7. Ander gelowe beweer ook hulle heilige boeke kom van God, maar in dieselfde asem besweer hulle ander gelowe. Ek het immy jongtyd die bybel deurgelees met diehoop om God beter te verstaan, maar al wat ek wyser geword het was dat die ou testament meetal stambome en “voortrekker-verhale” is. Daar is natuurlik ook geskiedenis van een stam van die Joodsevolk wat hulself as die uitverkorens reken in.

    In die nuwe testament begin met met die storie van Jesus wat homself die seun van God noem,maar daarna is driekwart van die testament die skrywe van ‘n “bekeerling” wat Jesus nie eers self geken het nie. Waarom dan nie die geskrifte of gedagtes van die oorblywende 11 apostels eerder opskryf nie.

    NS. Ek weet dat Petrus darm ook van hom laat hoor in dalk die belangrikste geskrif in die hele bybel – Openbaring.

    Nee wat, ek kan nie sien hoe God betrokke was met die opstel van die Bybel nie.

    NS. Verder moet mens onthou dat baie geskrifte uitgelaat (Dooie-see rolle) en sekerlik verander is deur veral die Roomse kerk.

  8. Ek glo God drie-enig is die outeur van die Bybel, elke jota en tittel. Dit was nog nooit bedoel om ons te vermaak of om ons kritiese verstandjies te bevredig nie. Ek glo as ons die Bybel gaan lees met ‘n perfekte insig, soos wat Hy perfek is, gaan ons agterkom hoe ver ons te kort skiet en hoe ons HOm seermaak met ons kritiese opmerkings. Sy Woord is perfek soos wat Hy is.

  9. Ek dink bogenoemde argumente is ‘n goeie weerspieeling van kontemporere kritiek teen die Bybel. Maar as die Bybel inderdaad nie die Woord is nie, dan is die Christelike geloof tog nutteloos en sekerlik die grootste onwaarheid en klug wat nog OOIT op die mensdom losgelaat is? As ons die Bybel afmaak as ‘n gewone boek, wat bly oor van die Christelike geloof? So, dit wil my dus voorkom of die hele debat oor die legitimiteit van die Bybel in der waarheid ‘n debat is oor die legimiteit van Christenskap? Of is dit moontlik om in Jesus te glo, losstaande van die Bybel? I think not…

  10. Boerinballingskap, ek kan nie heeltemal met jou saamstem nie. Onthou asseblief, ek redeneer ‘n bietjie hier op my “gut” (binnegoed? 🙂 ), en die klein bietjie wat ek al gelees het en my eie mening, en dit is juis hoekom ek hier is, om te leer, net om te laat weet dat ek meer sou wou hoor.

    In elk geval my mening: Verskeie godsdienste het deur die verloop van die mens se ontwikkeling ontstaan om verskeie redes. Een van hulle is waarskynlik vir ontwikkeling en binding van die groep en reels om in hierdie verband beter in te pas, saam te leef en te oorleef.

    Tweedens is ek van mening dat daar baie meer is aan ons lewe hier op aarde en in die heelal as wat ons maar van kan droom, en dat daar wel ‘n Opperwese of wesens is, in watter vorm weet ek nie. Ons is deel hiervan, of IN dit, dink ek. Sodoende sal hierdie geestelikheid wat deel is van ons, uiting vind in die kultuur en natuurlik geskrifte. Daarin le die grootsheid van bv. die bybel. Dit is moontlik die woord van God, maar nie beperkend in die sin dat dit net eksklusief ‘n christelike God is wat die aller enigste en totale waarheid daar gestel het ten koste van alle ander godsdienste en geestelikheid nie. Vir my is daar ‘n spiritualiteit of geestelikheid wat dan uiting vind in ‘n godsdiens. Om te hipotetiseer dat die bybel nie die woord van ‘n christelike God is in die eng sin van die christene nie, beteken dus nie om die christelike godsdiens te negeer nie. Iets waaroor ek baie wonder is hoekom die christelike godsdiens alle ander godsdienste verwerp en verdoem, en hoe hierdie gedagtes in die bybel beland het.

    Wat Jesus Christus betref. Dit is my mening dat daar defnitief ‘n persoon soos Jesus Christus geleef het, en dat hy ‘n wonderlike en grootse geestelike leier was. Hierby volstaan ek vir eers. Ek kan darem nie die blog oorneem nie. 🙂

  11. My raad is, praat oor die Bybel sonder om die frase “Woord van God” te gebruik, en kyk hoeveel probleme spaar jy jouself.

  12. annerkant, bly te kenne!
    Die ou netelige probleempie in die Bybel, is natuurlik dat Jesus gese het: “Ek is die Weg, Waarheid en die Lewe. Niemand kom na die Vader, behalwe deur my nie”. Sou jy glo dat Jesus God geinkarneer was, moet jy nou besluit of 1) hierdie net woorde is wat in sy mond geplaas is; 2) of hy dalk verkeerd aangehaal is of 3) Hy dit werklik gese het en 4) of hy maar net op ‘n egoistiese “power trip” was. Dis ongelukkig die realiteit van die Bybel: Dit dwing jou om OF sekere aannames te verwerp, OF om sekere aannames as God se woorde te aanvaar. In hierdie verband negeer die Bybel wel ander godsdienste, want ek dink dis duidelik dat die Bybel spesifiek Jesus as Velosser voorhou en propageer dat Hy ook dus die enigste Verlosser is. Of mens hierdie aanname egter aanvaar of nie, is elkeen se persoonlike saak.
    Bertus, as jy die frase “Woord van God” uitlaat, wat is die Bybel dan anders as ‘n klomp fiktiewe stories wat waar of dalk nie mag waar wees nie? As gewone boek, het die Bybel dus geen meerdere geasg as enige ander boek wat ooit geskryf is nie…

  13. Boerinballingskap, aangename kennis aan jou ook en dankie vir jou reaksie. ‘n “Netelige probleempie” is dit inderdaad nie. 🙂 Dat dit ‘n aanname moet wees, is o.a. my probleem. Ek sal daaroor op ‘n stadium ‘n inskrywing op my blog maak en jou kom vra om daarop te reageer as jy wil. Ek hoop Ds. Attie sal die tieners laat dink.

  14. vir hulle wat nie wedergebore is nie,en gevul is met god se heilige gees,sal die bybel net ‘n boek wees met woorde,maar as jy wel wedergebore is,en gevul is met die heilige gees,sal wanneer jy die bybel lees,sal die heilige gees van god die inhoud van die bybel vir jou oopmaak.jy sal dan besef dat god lewe,en agterkom dat daar krag is in god se woord.let wel,dit is noodsaaklik dat jy wel wedergebore moet wees en die belangrikste is dat god se gees in jou moet woon.
    wanneer dit wel gebeur het.sal daar nie sulke negatiewe kommentaar wees nie.dan sal jy besef dat jy met ‘n lewendige god te doen het,wat jou so liefhet.

  15. Hallo Dooms
    My eerste keer op jou blog, wil net se jy het baie dinge vandag vir my bevestig wat God met my oor praat. Het jou preke baie geniet. Aan God al die EER.
    Ben, ek stem!! As jy noggie ‘n lewenservaring met God gehad het nie dan is dit net ‘n boek vol woorde. Maar boy oh boy, wanneer dit vir jou oopgaan, deur die HG, dan lewe dit!!
    Die bybel se dat die Woord is ‘n 2snydende swaard, Aan die eenkant het ons die geskrewe woord en die anderkant is dit die Woord wat ons praat, Amasing ne?
    So om God se woord te praat is die sleutel! Want die mag van lewe en dood le in die tong!!
    God Bless He is just magnificent!! Eternally, wonderful, glorious!!!

  16. Ek is opgewonde oor hierdie gesprek. Ben ek deel jou passie oor die belangrikheid van weergeboorte en al daardie dinge. Kan ek vra: As die Bybel dan net toeganklike is vir mense wat weergebore is, hoe op aarde gaan ons dan die boodskap van die Bybel aan ander oordra en uitdra?
    Annel: Moet my asseblief nie aanvallend beleef nie, ek verstaan hierdie blog is bedoel om ‘n gesprek aan die gang te kry. Hoe voel jy oor hierdie vragie wat ek hier bo gevra het. En watter rol het die Bybel gespeel in jou “tot geloof kom”?
    Dawid: As ek jou reghelp is dit ook nie om jou te verkleineer nie, maar net om ‘n regstelling te maak ter wille van die ander ouens wat hier kom lees. Die grootste gedeelte van die Nuwe Testament is geskryf deur Lukas (Die evangelie van Lukas en Handelinge.) Johannes het Openbaring geskryf, Jakobus het ook ‘n redelike stukkie geskryf en Petrus het twee kort briefies geskryf en Johannes drie en Matteus Markus Lukas en Johannes het elkeen ‘n evangelie geskryf. Volgelinge van Jesus het waarskynlik 236 van die 358 bladsye (My Bybel is die groot druk) geskryf. Met ander woorde: 65% van die Nuwe Testament is geskryf deur mense wat saam met Jesus geleef het en die ander 35% deur Paulus en die skrywer van die Hebreër brief.

  17. Ek gaan nie op hierdie stadium probeer om elkeen hier ‘n antwoord te gee nie.
    ????: Jy bedoel seker Lukas is die persoon wat in vergelyking met die ander skrywers die grootste gedeelte van die Nuwe Testament geskryf het.
    Xander: Vir my beteken Woord van God” dat die Bybel die manier is waarop God gekies het om met ons te kommunikeer. Vir my kom God deur die Woord aan die woord. Ek sou nie die indruk wou skep dat die Bybel woordeliks deur God ge-“dikteer” is nie.
    Platter: Sou lekker wees om jou te sien. Ek dink net die erediens is ‘n bietjie laat aangesien dit Sondag-aand 18:00 is.
    annerkant: Ek sou ook gesukkel het om te aanvaar dat God self die Bybel geskryf het – ek glo egter dat God betrokke was by die skryf van die Bybel. Maar, ek sal volgende week ietsie meer skryf.
    Bertus: Ek stem in ‘n groot mate saam. Die ongekwalifiseerde gebruik van die frase “Woord van God” skep indrukke wat moeilik is om te handhaaf en selfs te verduidelik as mens nie mooi daaroor gedink het nie. Ons dink nie altyd mooi wat ons bedoel wanneer ons daardie woorde gebruik nie. Ek sou nie die frase “Woord van God” heeltemal buite rekening laat nie, maar ek sou wou sien dat dit met meer omsigtigheid gebruik word en dat elkeen wat dit gebruik net seker maak wat hy/sy bedoel wanneer hy/sy dit gebruik.
    BiB: Ek is ook bekommerd dat indien ons die gedagte van die Bybel as die “Woord van God” (Sien my verduideliking aan Xander.) heeltemal buite rekening laat, dan word die Bybel dalk gelyk gestel aan ander boeke, en ons as Christene wil dit nie laat gebeur nie.
    Ben en Annel: Dankie vir julle insette, ek sou graag wou sien dat julle ????? se vrae as gesprek bietjie verder neem.
    Dankie vir elkeen van julle se inset.

  18. vir iemand wat nie wedergebore is nie,is die woord toeganklik deur dit te lees en te verstaan uit eie krag en afleidinge te maak in eie verstand.ek het ook jare en jare bybel gelees,kerk toe gegaan en geld in die sakkie gegooi.dit was wat my ouers my geleer het.wat om te doen en hoe om te doen.dit was ‘n christelike lewensstyl wat ek gevolg het,maar dit was kragteloos en ‘n gewoonte.daar was nie ‘n begeerte na god nie.die bybel se dat die gewoontes en tradisies van die ou mense maak die woord van god kragteloos.ek het tradisies gevolg en gewoontes en het nie ‘n verhouding met god gehad nie,want ek was geestelik dood.dink bietjie aan al die tradisies en gewoontes in ons kerke vandag.ons is besig met werke uit eie vlees en krag.ons dink ons hou kerk,maar eintlik volg ons ‘n gees van tradisie.ons moet ‘n lewendige persoonlike verhouding met god he,waar ek met god self kan praat en god met my.OM GOD SE STEM TE HOOR.hy doen dit met sy heilige gees wat woon in my,wat ek ontvang het met wedergeboorte.dan doen ek wat god wil he ek moet doen ,en nie wat ek dink god wil gedoen he nie.god says in his word that our best works according to us is like filthy rags in his eyesight.
    ons ontvang sy seen uit genade en nie uit werke nie.ek het tot bekering gekom op ‘n skoolverlaters kamp.geen mens kan ‘n ander mens tot bekering bring nie,maar net god se heilige gees kan dit doen deur jou wat geesvervuld is of iemand anders wat geesvervuld is.as jy dit uit jou eie krag in ‘n ongeredde teoestand kan doen, het jesus verniet aan die krius gesterf.die dag toe ek tot bekering gekom het het die heilige gees die persoon langs my aangeraak en die persoon het uitgebars in trane wat onbedaard gevloei het en hy het ‘n hartsbekering gehad,met berou tot god.dieselfde het met my gebeur.my hele wereld het verander.die saad wat jare aaneen in my gesaai was,het ontkiem deur die heilige gees wat dit natgemaak het.die hele wereld het so verander:die wolke was blouer,die voeltjies het so mooi gelyk en het anderste gesing.ek het besef dat dit is hoe jesus self na dit kyk deur my.ek was so vol liefde teenoor almal,en ewe skielik was daar ‘n begeerte in mu om god se woord te lees soos nog nooit in my lewe nie.die sliuer wat oor die woord was is gelig en god se lewende wereld het voor my oopgegaan.in my woon die heilige gees en hy is ‘n persoon wat god se wil in my lewe wil volbring,heiligmaking,dat ek soos jesus christus kan word in my,elke dag meer en meer. god se woord se dat ‘n leerling nie groter as sy leermeester sal wees nie,maar soos hy,en dit alles oor die inwonende heilige gees in my.ja,jy kan die wereld daarbuite bereik met god se woord en uit eie krag en die sluier van moses daaroor,of jy kan dit bereik deur die leiding van die heilige gees in jou en doen wat god wil he jy moet doen,deur syb heilige gees.in romeine 8 vers 14 se die skrif,hulle wat duer die gees van god gelei word is die ware kinders van god.ons moet onthou dat die hele skrif deur GOD INGEGEE IS ,en is nuttig tot lering,weerlegging,teregwysing,onderwysing in die geregtigheid.HOEKOM,sodat die mens van god volkome kan wees,vir elke GOEIE werk VOLKOME toegerus.2 TIM 3 VERS 16+17.HULLE WAT DIE BYBEL GESKRYF HET HET DIT GEDOEN DEUR DIE LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES EN WAT IN DIE BYBEL IS IS DEUR GOD INGEGEE EN WAT IN DIE BYBEL IS,IS VOLKOME EN NIKS ANDERSTE IS NODIG NIE.(verskoon as alles klien letters is,maar dit maak die tik van die brief gouer.)

  19. Ben: Ek is ‘n jong mens in die kerk. Ek het ook die Here Jesus as my Verlosser leer ken en ek bely dat God my Vader is en dat die Heilige Gees in my werk en my help om die Bybel te verstaan. Ek wil net een opmerking maak en een vraag vra: Een: Is waar, geen mens kan iemand tot bekering laat kom nie, maar bitter selde indien ooit gebruik God nie mense in die proses nie, of is ek verkeerd hier? God werk deur mense sodat Hy in mense kan werk. Twee: Wil jy nie bietjie verduidelik watter tradisies van die ou mense is dit wat die Woord in ons lewens kragteloos maak nie?

  20. Of ‘n mens die Bybel as woord van God aanvaar is wat my betref ‘n geloofskeuse. Mens kan iemand met argumente probeer oortuig, maar enige argument kan met teenargumente gestuit word. Op die ou ent van die dag is daar geen wetenskapelike bewys oor hierdie saak nie. Nie daarvoor of daarteen nie. So dus bly die mense oor met ‘n keuse om te maak. God gee ons daardie vryheid. As mens eenmaal die keuse gemaak het om te glo dan ontvang mens die heilige gees en al die ander dinge, maar voor daardie punt is dit ‘n mens se eie keuse.

  21. ?????? GOD GEBRUIK MENSE OP VERSKEIE MANIERE.IR MY VIR JOU VIR ATTIE,EN HIERDIE BLOG IS EEN VAN DIE BAIE MANIERE.

    EK HET WEL GESE DAT DEUR DIE TRADISIES EN DIE OORLEWERINGE VAN DIE OU MENSE WORD DIE WOORD VAN GOD KRAGTELOOS GEMAAK.
    NOU VOLG ONS DIE TRADISIES EN GEBRUIKE VAN HULLE EN HOU DAARBY I.P.V. ‘N PERSOONLIKE VERHOUDING MET GOD.EK KAN NET EEN DING SE.AS EK MOET BEGIN OM OP TE NOEM,GAAN EK OP TONE TRAP EN OP SEKERE GELOWE SE TRADISIES.KOM ONS VERMY DIT.
    ‘N PERSOONLIKE VERHOUDING MET DIE LEWENDE GOD (JESUS CHRISTUS) SAL TRADISIES EN GEMAKSONES VERMY EN JY SAL ALTYD GEESTELIK IN ‘N GESONDE VERHOUDING MET GOD WEES.JESUS IS DIESELFDE,GISTER ,VANDAG,EN VIR EWIG.ALLE PROBLEME EN SIEKTES,EN EMOSIONELE PROBLEME IS DEUR JESUS OP DIE KRUIS OORWIN.DAAR IS NIE EEN PROBLEEM,OF ENIGIETS ONDER DIE SON WAT ONS GAAN ERVAAR WAT NIE OORWIN IS NIE.
    JY SAL OOK ALLES OORWIN,AS JY AAN HOM BEHOORT EN IN SY NAAM VRA.DIE PROBLEEM IS ,DAT SOOS DIE MENS MEER EN MEER MODERN WORD EN VOORUIT GAAN,HY OOK HUNKER NA ‘N MEER MODERNE GOD EN IETS WAT OP DIE MENS SE VLAK VAN MODERNISASIE IS.DIE MENS WIL HE GOD MOET BY HOM AANPAS,EN DIT IS DIE PROBLEEM.ONS MOET BY GOD AANPAS.WAT ONS KORT IN DIE KERK IS DIE KRAG EN DIE MANIFESTASIES VAN GOD SE KRAG WAT MENSE TOT HOPE TOT BEKERING LAAT KOM,ARMS WAT UITGROEI,ENS,ENS.
    GOD IS DIESELFDE GOD VAN DIE OU EN DIE NUWE TESTAMENT,HY VERANDER NOOIT.DIT IS ONS WAT HOM NIEMEER IN ONS KERKE WIL TOELAAT NIE.ONS MOET DOEN EN GELEI WORD DEUR DIE HEILIGE GEES TYDENS DIENSTE,EN NIE WAT DAAR VIR ONS VERTEL WORD OM TE PREEK NIE.DIE BYBEL SE:DAT DIE OOG VAN GOD VERKEN DIE HELE AARDE VAN HOEK TOT KANT EN GOD IS OPSOEK NA ‘N HART WAT ONVERDEELD OP HOM GEVESTIG IS,SODAT ‘N OOP KANAAL DAAR KAN WEES WAARDEUR GOD KAN WERK.(MY INTERPRETASIE)
    DIT KOS EGTER ‘N PRYS.as iemand my wil volg,moet HY HOMSELF VERLOEN,ensy kruis daagliks opneem en my volg.ons moet die VLEES EN DIE BEGEERLIKHEDE VAN DIE VLEES KRUISIG,en onsself BEKLEE MET DIE HERE JESUS CHRISTUS.EK moet MINDER word en HY moet MEER word.ek MOET MY BLEWE AFLE EN STERF SOSAT HY KAN LEWE.
    EK PERSOONLIK VERKIES OM TE SE DAT EK NIE AAN ‘N GELOOF BEHOORT NIE,MAAR DAT EK ‘N SEUN IS VAN DIE LEWEND GOD.
    DIE OOMBLIK WAT JY SE JOU GELOOF IS SO EN SO,PEN DIE MENSE DIE TRADISIES VAN DIE SPESIFIEKE DENOMINASIE OP JOU VAS.WAAR DIE GEES VAN GOD IS DAAR IS VRYHEID.AS DIE SEUN JOU VRYGEMAAK HET ,IS JY WAARLIK VRY.??????,EK SIEN DAT JY BRAND VIR GOD.SOEK ALTYD DIE HEILIGE GEES SE LEIDING IN JOU LEWE.MOET NOOIT IETS OP JOU EIE DOEN NIE.HOOR WAT GOD WIL HE JY MOET DOEN.HY STEL BELANG IN JOU LEWE.DIE SALWING WAT JY ONTVANG HET,SAL JOU LEER,VAN JESUS,OMTRENT JESUS,ENS.GEEN MENS KAN JOU LEER VAN JESUS NIE.HULLE KAN JOU NET VERTEL VAN HOM,DAAROM WIL GOD HE DAT JY HOM SELF MOET LEER KEN.BLESSINGS!!!!!!!!!!

  22. Jammer ek dwaal nou af van die onderwerp. Ek wil net se dit is wonderlik om in die geselskap te wees van mense wat werklik opreg en passievol ‘n keuse maak. Ben, en baie ander, julle is baie inspirerend en dit moet wonderlik wees om ‘n bekering so eg te ervaar. Alhoewel ek al baie probeer het om tot bekering te kom, was dit nog nooit vir my ‘n werklikheid nie. Miskien is dit nie vir my so bedoel nie?
    Ds. Attie, en dink ook wel dat daar nie-aardse inspirasie was vir die skryf van die bybel, maar ek het ‘n probleem om dit as die algehele waarheid te aanvaar ten koste van ander spirituele oortuiginge van mense wat werklik opreg is.
    En Flippiefanus, ek dink ook dit is ‘n geloofsoortuiging om die bybel en alles daarin (wat belangrik is om christen te wees) ten volle te aanvaar. Ons het die vryheid van keuse, maar nie die kennis of insig deur die heilige gees voordat ons die keuse gemaak het nie, en dit maak nie vir my sin nie. My innerlikke of heilige gees neem my op ‘n ander pad.

  23. Hallo daar,
    Dankie Attie, vir my baie lekker om hier te kuier.
    Ben: Ek stem 100 % saam met jou…
    ?????: Hey daar, nee ek beleef glad nie dat jy aanvallend is nie, inteendeel ek kan sien jy soek…soek na antwoorde.
    1: Die bybel is nie net toegangklik vir die wedergeboorenes nie, weet jy as dit die geval was, sou ek nooit by die Here uitgekom het nie. Ons kan net aan ‘n verlore gaande wereld Jesus wys, en volgens die bybel se dit: God is LIEFDE. Weet jy, dit se nie, God gee LIEFDE nie, dit se: GOD IS LIEFDE!! maw: Water is Nat, water is nie droog nie, God is LIEFDE. Onthou vlg die bybel is die die grootste gebod. LIEFDE.. En dit lees ons in die BYBEL, so dis waar ek sal begin. Op die einde van die dag kan ons nie ons “kind van God” wees aan die wereld openbaar sonder die “handleiding” nie!

    2: Ek het in ‘n Pastorie groot geword. Ja ja, ek het gedink ek het geland en op my pad hemel toe, Elke aand my bybel gelees, gou gebid voor ek aan die slaap geraak het, Toe ek ouer word het ek lekker gejol en al die verkeerde goeters gedoen. Maar op ‘n dag het ek besef, as ‘n kat kleintjies kry in ‘n bakoond is dit nie Broodtjies nie, maar Katjies…RUDE awakening!! Waar is ek oppad heen. Deur al die jare het ek die Bybel gelees, maar dit nooit in my lewe toegepas nie. Nadat ek “repend” het van al my sonde en Jesus aangeneem het, en die Bybel deelgemaak van my lewe, het my lewe verander. God se inni Bybel: Hoe noem jy my Here Here en jy doen nie wat EK se nie?! Ons moet die Bybel reel op reel lees. As die Here soos bv Jonah vermaan, lees ek dit vir myself. Soos Ben gese het, die Woord is daar vir vermaning, terregwysing ens.
    So om jou vraag te beantwoord… Ek het die bybel gelees, maar die oomblik toe ek dit begin toepas, het dit my lewe verander. Onthou dis soos daardie gelykenis van die saad wat gestrooi word op klipperige grond en dan tussen die dorings en dissels en dan op vrugbare grond. Wel al my lewe was die “saad”, wat die Woord van God is, in my hart geval, maar weens sonde in my lewe (dorings en dissels) kon dit nooit groei nie.
    Ek dink wat ek probeer se is dat God se in die Bybel dat sy Woord NOOIT ledig na Hom toe terugkeer nie, en Hy wat die goeie werk in my/jou begin het SAL dit voleindig tot aan die einde van die Wereld.
    ??? ek is baie opgewonde dat jy soveel vra het. God se ook dat ons moet soos kinders wees, ontvanklik vir sy woord.
    Sterkte man, moenie ophou om die Bybel te lees nie, maak dit deel van jou, en groei daaraan. God is Getrou!
    Attie: Sit jy more se preke op jou blog??
    Is baie honger vir die woord.
    Lekker aand
    God Bles!
    Annel

  24. Hey daar annerkant!
    Ek glo dat jy moet net aanvaar dat God lief is vir jou, Hy het jou baie lief!! Partykeer is ons net te hard op onsself. God se genade is so groot. God se: Nader tot my en ek sal tot jou nader. Jesus het gekom vir jou. As jy die enigste persoon was op hierdie aarde sou God nogsteeds vir jou die sonsopkoms gegee het! Ek dink God huil oor jou siel. Dis so maklik. Hou op om dit in jou eie krag te doen. Se net Jesus hier is ek. Die Heilige Gees is so ‘n Gentleman, Hy sal nooit homself op jou forseer nie. Jy moet God eers toestemming gee.
    Moenie van Hom af wegdraai nie!! Gee Hom ‘n kans, ek belowe jou jy sal nie spyt wees nie.
    God loves you so much, he forgives you for His own sake! He wants you in heaven more than what you want to be there.
    Dis ook soos Ben gese het, Dit kos ‘n prys, maar dit is die moeite werd.
    Vertrou op Hom met jou Hele hart…
    Lekker slaap
    Annel

  25. Dalk is die mens bietjie arrogant om te dink die een of ander “skepper” gee ‘n vy oor ons om.

    Maar, jy kan seker ook sê dat dit tegnies beslis is dat die Bybel deur mense geskryf is. En dat dit haat spraak, en dus verban moet word. Dit veroordeel egbreukers, homoseksuele, ongelowiges, ens.

    En wat van die feit dat dit deur die eeue heen deur verskeie heersers gewysig is vir politiese redes? Dit wat ons nou lees, is nie eens die nonsens wat die oorspronklike skrywers kwyt geraak het nie. Dis net ‘n dik boek wat orals gelees word… dis al.

  26. Jaans: moenie so gou wees om goed sommer te verwerp nie. Mense sou nie in ‘n Skepper geglo het as die Skepper nie van sy kant af besluit het om betrokke te raak by die mens nie. Met ander woorde God het hom eerste aan ons geopenbaar.

    Kom ek gee jou ‘n vergelyking. Shakespear het Romeo en Juliet geskep, maar hulle weet dit nie want Shakespear het dit nie vir hulle laat weet nie.

  27. Uhm. Ek sou sê daar is ‘n kritieke onderskeid wat ons hier kan tref tussen Romeo en Juliet en ons. Romeo en Juliet is wat mense in die literatuurwêreld sou beskryf as fiksie. In eenvoudige terme beteken dit dat hulle nie regtig bestaan nie. Of hulle weet hulle is geskep of nie is dus irrelevant want hulle is nie werklik nie… Nog ‘n belangrike onderskeid om hier te tref is dat Shakespeare absolute volmag oor die dade van sy karakters gehad het. Voortstanders van die konsep van ‘n Skepper argumenteer dat ons vrye wil het. Romeo en Juliet het nie.

    Jou vergelyking is dus irrelevant en verkeerd.

  28. flippiefanus: Jy is reg, maar let net daarop dat ek gedagtes rondgegooi het. Ek is eintlik ‘n diep Christen. Ek veroordeel ook egbreuk, homoseksualiteit, ongelowigheid, ens. En ek sê vir almal dat hulle direk hel toe gaan omdat hulle so-en-so se wet van boek so-en-so oortree het. Dit maak my dus ‘n baie gelukkige mens, en so ook die mense rondom my.

    Ai… wat sou die lewe sonder religie wees!

  29. flippiefanus: Ek dink nie Shakespeare se skep van Romeo en Juliet kan vergelyk word met wat Christene bedoel met God as Skepper nie. Romeo en Juliet bestaan net in die gedagtes van Shakespeare en die mense wat sy werke lees. Ek en jy is ‘n werklikheid en ons bestaan nie net in God se gedagtes nie ons bestaan met ‘n vrye wil.
    Jaans: Verduidelik ‘n bietjie vir my wat jy bedoel as jy sê dat sommige heersers die Bybel vir politieke redes verander het?

  30. ?????: Dis wat ek op TV gesien het (ek weet, TV is so ‘n slegte invloed). Hulle sê die tekste is al deur soveel hande, dat dit bloot onmoontlik kan wees dat niemand iets daaraan verander het nie. Blykbaar is sekere boeke verwyder, sekere boeke bygelas, sekere boeke gewysig, ens. Bv. is een van Petrus of Paulus of wie ookal se laaste hoofstuk in sy een of ander boek glad nie in die styl van die res van die boek nie – wat aantoon dat daar gekarring is. Ek bedoel maar net, die boek is nie 2000 jaar digitaal gesave nie, dit moes die heeltyd oorvertaal word, en vertalingsfoute vind bloot plaas. En dan nog die mense wat die goed geskryf het wat gedink het dis nie duidelik genoeg nie… en toe voort gegaan het om op ‘n uitspraak uit te brei, en dit toe self gemisinterpreteer het. Sulke goed. Nie dat ek regtig omgee nie, aangesien die Bybel niks vir my beteken nie. Dis maar net eenvoudige logika wat vir enige persoon kan sê dat die boek deur mense soos ek en jy geskryf is, dat hulle foute begaan het, dat mense hul eie opinies (al probeer hulle hard om objektief te wees) daarin geplaas het, en dat Christendom seker maar bestaan het as gevolg van die Jode se begeerte om Judaïsme met Romeinse kultuur te versmelt. So dit alles… is niks werd!

  31. Dankie Blondie. Dit is ook vir my ‘n taamlike oortuiging dat daar ‘n opperwese of energie of iets is. Moeilik om dit te bedink. ‘n Mens se “gut” se so. Of dit verbeelding of wensdenkery is, weet ek nie. Ek het ook die grootste respek vir die heelal en alles wat ons nie weet nie. Van liefde is ek ook baie seker. ‘n Mens kan maar net in liefde ingaan en dit voel, dan raak ‘n mens bewus van die puurheid en wonder daarvan. Liefde is op die ou end die rigtingaanwyser ook. Dit is liefde wat jou enigsens besorg sou maak oor ‘n “ongeredde” persoon. Maar met die christelike godsdiens het ek in sekere opsigte baie probleme, o.a. dat alles wat nie “christen” is nie, verdoem word. Hierdie religie is dan ook waaroor die bybel handel, maar dit neem nie weg dat daar baie wyshede en waarhede ook in vervat is nie.

  32. Die voorbeeld van Shakespear is bloot bedoel as analogie. Of dit werklik is of nie is nie relevant vir die doel van die analogie nie. Dis bloot om te probeer aantoon dat ‘n skepsel nie uit sy eie enigiets van sy skepper kan agterkom as die skepper nie homself aan sy skepsel openbaar nie.

    Jaans: dis dalk nie ‘n goeie idee om ooit vir iemand te se hy/sy gaan hel toe om watter rede ook al nie. In ieder geval lyk dit asof jy jouself weerspreek wanneer jy beweer jy is ‘n diep Christen en dan se^ die bybel beteken niks vir jou nie.

  33. Hey annerkant.
    Ek hoor wat jy se. Maar God verdoem nie, sy genade is baie groot.
    Ek dink dis die “christen” wat soooo maklik mense verdoem en oordeel, plaas dat ons eerder liefde gee. Dis baie moeilik.
    Maar op die einde van die dag is dit God wat ons gaan oordeel volgens wat in die Bybel staan.
    Thanks vir jou response.

    Dooms: waas jy vandag???

    Flippiefanus: Ek stem 100%

    Lekker sondag julle mense!

  34. flippiefanus: Ek stimuleer net die gesprek, “gooi gedagtes rond”, en watookal. Ek het nog nie my opinie gelug nie.

  35. Jaans: nou toe lug dan jou opinie, my aarde. Passop dat jy nie die gesprek oorstimuleer nie. 😉 Terloops ek het nou ‘n post op my blog oor die onderwerp geplaas.

    Dankie blondie

  36. Johannes 1 vers1: In die begin was die Woord,en die Woord was by God en die Woord was God.
    Is dit nie ‘n bietjie arrogant om te se dat die bybel wat die geskrewe woord is , is die woord van God,wanneer die bybel,die geskrewe woord self se dat God is die Woord?

  37. Ek was die naweek ‘n bietjie besig met die afronding van my voorbereiding vir Sondag-aand en met familie wat hier kuier en kinders se sport en al sulke dinge. . Ek wil graag die gesprek oor die Woord in ‘n paar “posts” voortsit. Lees gerus die posts dan kyk ons of ons nie by een of ander gevolgtrekking uitkom nie.

  38. Ek het doelbewus nie voorheen hierdie vraag gevra nie, omdat ek geweet het ek gaan dit gsiteraand aanspreek. Nou wil ek egter die vraag vra. Ek wil graag vir Dawid en vir jaans vra: Kan enige een van julle asseblief vir my aanhaal waar enige iemand aangedui het dat die Bybel deur die jare deur enige iemand of kerk of regering of heerser verander is watter metode gebruik is om te bewys dat dit wel verander is? Ek is wel bereid om later ‘n paar opmerkings te maak oor die teendeel.

  39. Jy sal nie van jou opinie verander nie, maar dit is algemeen bekend dat rekenaars nie in die antieke tye bestaan het nie. Die vertaling en kopiëring van die los stukke van die Bybel, wat deur onbekende bronne nog geskryf is ook, is deur mense behandel. En dat dit 2000 jaar se vertaling kon weerstaan sonder dar daar êrens ‘n “glipsie” ingekruip het, is ‘n onverantwoordelike redenering.

  40. jaans: Twee opmerkings: Een: Die Bybelvertalings is nie vertalings van vertalings nie. Dit is vertalings uit die oorspronklike Grieks, Hebreeus en Aramees. Twee: Die akkuraatheid van die Ou en Nuwe Testamentiese geskrifte waaruit vertalings telkens gemaak word, is geverifeer deur ‘n erkende wetenskaplike proses bekend as tekskritiek. Dit is ‘n algemene feit dat rekenaars nie bestaan het nie, maar dit is ‘n ewe algemene feit dat die persone wat verantwoordelik was vir oorskryf van antieke dokumente op ‘n baie presiese wyse te werk gegaan het. Ek gaan by een van my latere “posts” iets meer oor tekskritiek skryf. Ek is bly ons kan met mekaar in gesprek wees oor hierdie dinge. Jy kan gerus oor TEKSKRITIEK gaan lees as jy belangstel.

  41. Van wat ek van tekskritiek gelees het, klink dit nie regtig vir my soos ‘n baie wetenskaplike proses nie – dit maak totaal en al op mense staat om na eie willekeur te besluit wat hulle *dink* die mees akkurate weergawe is.

    Iets interessant.

  42. Op die einde van die dag maak dit nie saak of daar “menslike” foute in die Bybel agv welke rede ookal (vertaling, tekkritieks, ens.) ingeluip het nie. Dit bly deur God geinspireer en deur geloof aanvaar ons dit. Verseker is daar foute! Maar dit beinvloed geensins (in totaliteit) die boodskap wat God wou tuisbring nie.

    Persoonlik kan ek nie verstaan dat mens nog enigsins in vandag se bestaan God kan bevraagteken nie! Jy kant eenvoudig nie bekostig nie… of het die samelewing so ‘n grootheidswaan en hoogmoedigheid ontwikkel dat jy dink dat jy op jou eie kan regkom en dat jou betsaan aan jouself te danke is?? Dink oor… en biiter aandagtig. Dis great om God te dien – moenie so groot issue van al die klein goedjies maak nie – Die Afrikaner doen dit baie gereeld, en nou is selfs die ideologiese “volkstaat” idee besig om te verbrokkel.

    goddank God is kleurblind!

    Groete,
    Murph

    http://murphmuurprop.wordpress.com/

  43. Ek dink nie die probleem is soseer dat ons hoogmoedig is as ons God se bestaan bevraagteken nie. Ons is eintlik baie nederig. Almal weet, dat as God regtig bestaan, hy nie eintlik oor ons miserabele spesie sal omgee nie, maar as hy wel nie bestaan nie, dan is daar geen eksterne bedreiging vir ons voortbestaan nie. Dan is ons die konings van die heelal, en kan ons voortgaan om dit na ons wil te choreografeer en orkestreer. Dan kan ons uiteindelik ons simpel opinies terugtrek en mense begin kloon, stamselnavorsing doen, mense geneties ontwerp, ens. Al hierdie dinge is baie belangrik indien ons ons voortbestaan wil verseker. God gaan nie uit die bloute ingryp om ons te red, soos die meeste dink nie.

  44. Jaans: Ek verskil op ‘n paar punte van jou.
    Die een is “dat as God regtig bestaan, hy nie eintlik oor ons miserabele spesie sal omgee nie…”
    1. Ek glo wel dat God bestaan, met ander woorde jou aanname is verkeerd selfs al is ek die enigste wat dit glo.
    2. Ek dink nie die mens is ‘n misrabelike spesie nie.
    3. Jy sê: “God gaan nie uit die bloute ingryp om ons te red, soos die meeste dink nie.” Ek is weer daarvan oortuig dat Hy dit reeds gedoen het en dat Hy dit weer gaan doen.
    Jy hoef nie met my saam te stem nie, jy is vry om te glo wat jy wil en ek is vry om te glo wat ek wil.

  45. Jaans ek moet met ?^6 saam stem. Jou stelling: “as God regtig bestaan, hy nie eintlik oor ons miserabele spesie sal omgee nie,” Is totaal ongefundeer. Jy maak aannames oor God waarvoor jy hoegenaamd geen bevestiging het nie. Dis dalk hoekom jy die bestaan van God in twyfel trek. Jou konsep van God is so klein en eng dat jy nie kan dink so God kan bestaan nie.
    Die redes vir die etiese probleme met kloning en dies meer is nie noodwendig omdat ons bang is vir God nie maar eerder omdat ons bang is vir die moontlike nagevolge. Die mensdom skep sy dalk nog sy eie hel. Ek stem ook saam met ?^6 dat God tog op ‘n manier reeds ingryp deur die mense wat die saak met bietjie meer verantwoordelikheid probeer aanpak.

  46. Ek is besig om my self nog beter toeterus met die Bybel en kom agter dat alles wat jy doen en glo en sê en jou optrede kom daarop neer dat as jy wil aanvaar word doen jy net wat jy kan om daar te kom. Verstaan my as Jesus moes doen om aanvaar te word was daar geen bekering van niemand waar so ons dan ge wees het-geweld erger as wat on kan dink-Ek glo dat die Bybel geskryf is deur mense wat die ervaring ontvang het om oor hierdie dinge teskryf. Bekeer julle en dit sal beter gaan met ons almal in hierdie wereld. Waaroor skryf n skrywer hy skryf oor dinge wat gebeur het, of hoe hy/sy iets ervaar het. Die Bybel presies dieselfde. En onthou as die hart van vol is loop die mmond van oor.

Lewer kommentaar op annerkant Kanselleer antwoord

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑