Ek lees op hierdie stadium ‘n besonder leersame boek van NT Wight – The New Testament and the People of God.
Ek vermoed ek sal van tyd tot tyd nog ‘n paar “posts” skryf oor wat ek by Wright leer. Op hierdie stadium het ek veral die gedagtes oor hoe ‘n mens ‘n teks lees, baie waardevol gevind.
‘n Mens kan die Bybel (of waarskynlik enige ander teks of artikel) op vier verskillende maniere lees. Die maniere waarop mens dan ‘n teks lees, stem in ‘n groot mate ooreen met sekere tydperke. Die vier tydperke is: Die pre-kritiese; die tydperk van die Verligting waar de teks meer in sy historiese konteks gelees is; In die teologiese tydperk is meer vrae aan die teks gevra en laastens is natuurlik die post-moderne lees literêr kritiese lees van ‘n teks.
Om te verstaan hoe mens op elke manier ‘n teks lees, kan die gelykenis oor die boere en die wingerd as ‘n voorbeeld gebruik word:
“Jesus het voortgegaan om in gelykenisse met hulle te praat en gesê: “‘n Man het ‘n wingerd aangeplant en ‘n klipmuur daar rondom gebou. Hy het daarin ook ‘n parskuip uitgekap en ‘n wagtoring opgerig. Toe het hy dit aan boere verhuur en daarvandaan weggegaan. Op die vasgestelde tyd het hy ‘n slaaf na die boere toe gestuur om by hulle sy deel van die wingerd se opbrengs te kry. Hulle het hom egter gegryp en geslaan en met leë hande weggejaag.
Daarna het hy ‘n ander slaaf na hulle toe gestuur. Hulle het hom oor die kop geslaan en hom uitgeskel.
Hy het nog ‘n ander een gestuur en vir hom het hulle doodgemaak. Later het hy nog baie ander gestuur; hulle het party geslaan en ander doodgemaak.
Hy het nog net een oorgehad, sy geliefde seun. Heel laaste het hy hom na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien.
Maar daardie boere het vir mekaar gesê: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood; dan sal die erfenis ons s’n wees.’
Hulle het hom toe gegryp en doodgemaak en hom uit die wingerd uitgegooi.
“Wat dink julle sal die eienaar van die wingerd nou doen? Hy sal kom en die boere om die lewe bring en die wingerd vir ander mense gee.
Julle het tog al in die Skrif gelees: Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.
Dit is deur die Here gedoen en is ‘n wonder in ons oë.” (Markus 12:1-11)
Vandag net ‘n paar opmerkings oor die pre-kritiese manier waarop mense die teks gelees het:
(i) In die pre-kritiese fase het mense min vrae gevra oor dit wat hulle onder andere in die Bybel lees. In hierdie fase lees mense die Bybel met die doel om die stem van God in die Bybel te hoor en daar word so min vra as moontlik aan de teks gevra.
Byvoorbeeld, sou so iemand die gelykenis van die wingerd gelees het en dalk hom-/haarself sien as die huurlinge wat nodig het om teregewys te word omdat hulle die Seun van God herken het nie. Indien die lesers egter in ‘n situasie van vervolging is, kan hulle eerder met die boodskappers identifiseer wat deur die huurlinge verwerp word, maar wat aan die einde van die tyd tog van God die wingerd sou ontvang.
Die waarde van die pre-kritiese fase is dat die lesers ‘n bepaalde gesag aan die teks wou toeken, maar hulle sou waarskynlik op drie punte gekritiseer kon word:
(i) Die lesers slaag nie daarin om die teks in sy historiese konteks ernstig te neem nie.
(ii) Die lesers integreer nie die teks met die res van die Nuwe Testamentiese Teologie as ‘n geheel nie.
(iii) Die lesers is nie genoegsaam krities oor hulle eie standpunte en voorveronderstellings nie.
‘n Vraag om oor na te dink en dalk ‘n stukkie kommentaar te skryf:
Hoe vergelyk hierdie beskrywing met die manier waarop mense vandag die Bybel lees?
Wat my pla oor die onkritiese lees van die Bybel, is dat dit die feit ignoreer dat die Bybel self baie internet kritiek bevat. Die Bybel is ‘n spel van menings, vrae en antwoorde, eerder as een stuk swart-en-wit-klaar-verpakte-ready-to-order antwoorde.
Talle dele van die Bybel opper sekere teologiese posisies, wat dan weer deur ander aangevat word. Om die Bybel te lees is om tussen hierdie posisies te probeer navigeer.
Ek lees tans ‘n fassinerende boek oor hoe die probleem van die kwaad in die Bybel hanteer word (Bart Ehrman se God’s Problem). Soms word uiteenlopende en selfs botsende oplossings in een Bybelboek voorgestel (vergelyk Job). As mens dit in ag neem, dan lees jy die Bybel as deel van ‘n gesprek en ‘n soektog, eerder as iets wat geskryf is om die soektog uit die weg te rym. Om ‘n Chappie-papiertjie effens te verdraai: The Bible is a journey, not a destination.
Ek dink nie elke stadium verbeter noodwendig nie, maar elke persoon kies hoe hy dit wil lees en dis reg so.
Bertus: Die onkritiese lees van die Bybel is nie die finale antwoord nie. Dit is ‘n manier waarop die Bybel gelees is ( en dalk nog steeds gelees word) Dar is wel kritiek teen hierdie manier van lees. na my mening is die Bybel bedoel om ons te help in ons op weg wees met God en nie noodwendig om pasklaar antwoorde te gee nie.
Alec: Ek sal later nog maniere waarop mense die Bybel lees voorstel.
Ag ek wil ook graag ‘n eiertjie lê. Dalk verstaan ek die groot woorde nie so lekker nie, maar hoekom moet ons altyd issues maak met God se Woord? wat daarin staan en wat bedoel word. Net soos Julanda Dreyer Kapp nie saamgestem het met Angus Buchan se siening vd Bybel nie. My siening is dat as mens nie saamstem met dit wat God in sy Woord sê nie, skeur dan daai bladsy uit die Bybel uit. Gesinslede het baie jare gelede baklei oor om te salf of nie te salf nie. Die Bybel se so duidelik die ouderlinge moet die siekes salf….. en wat daarop volg. Ek glo elke woord in die Bybel… en my Bybel het nog ook al sy bladsye. Met ons bybellees program by Bergsig, het ek die bybel al verskeie kere deur gelees en elke keer is daar iets anders wat ek raaksien, maar dit saai nie twyfel in my hart nie, dalk omdat ek dit saam met die Heilige Gees lees en hy dit vir my klein breintjie verklaar soos ek lees.
Ek groet
Ek kan verstaan dat ‘n mens die Bybel wil lees net soos hy daar staan. Ek weet net nie of dit altyd tot eer van die koninkryk van God is as ons dit so doen nie. As Kapp en Bucchan van mekaar verskil, dui dit dan nie eerder op ‘n probleem as ‘n antwoord nie. Natuurlik hoef mens nie geleerd te wees om die Bybel reg te verstaan nie, maar mens moet tog leerbaar wees. Daaronder verstaan ek dat ek altyd gereed moet wees om my persoonlike oortuigings en standpunte ondergeskik te maak aan die Woord en altyd bereid moet wees om te erken: Ek ken ten dele.
Ek het ook ‘n vraag: Moenie my verkeers verstaan nie, ek dink wat Bucchan doen is besondere werk en ek glo die Here gebruikhom op ‘n wonderlike manier, maar: Wie is dan nou reg Bucchan of Kapp? Besluit ons nie dalk met ons harte Bucchan is reg en dan is Kapp verkeerd nie? Is dit hoe die Here wil hê dat ons die saak moet hanteer? Moet almal nie dalk maar sê: Ken ek dalk iets by jou leer nie?
Ek stem saam met die ouens wat sê hulle breine is te klein vir die groot woorde en dat ons net ten dele ken. Ek wil net soos ‘n klein ou kindjie my oopstel vir dit wat die Heilige Gees vir my oopbreek soos wat ek aan die Bybel lees, sonder om groot en onverstaanbare terme te heg aan dinge en daaroor te debatteer en soms in diè proses die punt te mis. Persoonlik heg ek verskriklik waarde aan Jesus se uitsprake dat ons soos kindertjies moet wees om in die die koninkryk te kom en dat die koninkryk juis vir eenvoudiges bedoel is.
Ek weet nie of ons die “in eenvoud lees” moet afspeel teen die lerend en soekend lees nie. As die Bybel bedoel is om aan ons ‘n God te openbaar vir wie ons nooit ten volle sal ken nie, moet ons dan nie juis te wagte wees om telkens weer deur die Woord verras te word nie.
Ek dink tog net dar bv. in hierdie gelykenis van die wingerd kan elke begrip en elke uitdrukking en elke gebeure nie net so gelyk gestel word aandit wat in ons tyd met die uitdrukkings en begrippe en gebeure bedoel en daaronder verstaan nie.
Ek het onlangs ‘n belangstelling ontwikkel vir die ontstaanstyd van veral die Nuwe Testament juis as gevolg van die aanvegtinge wat daar op hierdie blog oor God en die Bybel was. Ek lees nou baie daaroor en baie van my bestaande idees en menings word verander en baie bly ook dieselfde, maar elke keer eindig ek met ‘n beter begrip en verstaan van God, maar raak die Bybel ook vir my al hoe meer geloofwaardig.
You’ve got a copy of “The New Testament and the people of God”?!?! Do you know how hard that is to find in SA?! Can I please borrow it after you?
I’ve found that N.T. Wright has given me back the Bible…which I thought, a few years ago, that it was impossible. Glad you’re reading him 🙂
Largely, I experience evangelicals in South Africa reading the Bible with little regard to the historical context, and transplanting what Jesus said and did directly into our time, with little appreciation for the back story. I like what Wright says, that as Jesus was sent to Israel, so we are sent to the world.
Ek dink dit is elke Christen se verantwoordelikheid om nooit op te hou om te soek om die God van die Bybel beter te verstaan en te ken nie. As die Bybel die manier is waarop ons God kan ken, dat moet ons nooit ophou om meer van die Bybel te weet nie.
Ek wil ook nie die indruk skep dat enige iemand se manier van Bybellees noodwendig verkeerd is nie. Punt drie van die besware teen die pre-kritiese lees van die Bybel is belangrik: “Die lesers is nie genoegsaam krities oor hulle eie standpunte en voorveronderstellings nie.”
‘n Verantwoordelike lees van die Bybel behels vir my altyd sodanige openheid dat my standpunte en voorveronderstellings deur die Woord gewysig kan word. In my eie lewe het ek dan ondervind dat ek die Bybel deur die bril van my standpunte en voorveronderstellings lees. Ek lees in die Bybel wat ek graag in die Bybel wil lees en ek sien net dit raak waarvoor ek kom soek het toe ek die Bybel oopgemaak het.
Roger: I consider myself blessed. I’ve been reading a few of Wrights articles on line, but then ‘n friend sent me three of his books as a gift. You said it “N.T. Wright has given me back the Bible.” It just makes more sense than ever to believe the Bible and be able to say: “This is why I believe the Bible is reliable and the primary source for knowing God.” Maybe we can talk about the borrowing of the book, but I read with a pen in hand and the book travels everywhere I go so it doesn’t look very good. But the book is not finished with me yet. But I will be posting form to time on what I read.
Ek het al soveel wonderlike ervarings met die Heilige Gees gehad waar vers op vers vir my begin lewe dat ek nie anders kan as om die Bybel heel dikwels “letterlik” te lees nie. Faktore soos die konteks, geskiedenis, omstandighede ens. van die vers in ag geneem. Saam met die Heilige Gees kan dit ‘n hemelse ervaring wees. In sonde kan ek ook Sy naam ydellik gebruik as ek lees, en hoor wat ek wil hoor en dit dan so gaan verkondig as dat” “Hy het mos dit en dat gesê.”
Die gelykenis van die boer en die slawe in die wingerd “leef” mos al duisende jare in ons daaglikse lewens. Daar is mos nog altyd profete, ou Testament en nuwe Testament en selfs vandag nog. Tientalle verse “ondersteun” hulle lot. Hulle sal misverstaan word, vertrap word en selfs doodgemaak word. Die “lewe” van die stuk kom in die praktiese toepassing in. ‘n Gawe, selfs ‘n profetiese gawe, is ‘n stukkie hemel wat Hy aan uitgesoekte, maar gewone sondige mense gee om weer aan ander gewone sondige mense te gaan oordra. As Paulus se woorde dat ons bejammerenswaardig is as ons net leef vir die hier en nou ‘n lewende werklikheid in gelowiges se lewe is, moet die volgende dan ook waar wees. In hierdie proses van gawes uitleef gaan mense seerkry. As hulle nie hulle wonde kan lek, weer vergewe en in hemelse krag weer die tuig opneem nie, dan het Jesus daarvoor ook verniet gely, gesterf en opgestaan. Dan het die bose werklik net nog ‘n slag geslaan.
Skuus, ek het “internet” getik waar ek “interne” bedoel het.
Attie, ek verskil. Die onkritiese manier van Bybellees is juis ‘n uitvloeisel uit die wanopvatting dat die Bybel nie gekritiseer kan word nie. Daar is mense (ook in die meeste gemeentes) wat nie eens weet dat iets soos tekskritiek bestaan nie, wat waarskynlik sal dink tekskritiek is ‘n sonde as jy hulle daarvan vertel. Die feit is dat die Bybel sigself dikwels van binne kritiseer en dekonstrueer, maar mense ignoreer dit omdat hulle dink as die Bybel nie een samehangende uitgesorteerde geheel vorm nie, is dit irrelevant. Ek bepleit ‘n derde weg.
Bertus: Ek dink nie ek en jy verskil nie. Ons kan regtig nie maak asof die Bybel oor absoluut alles orals presies dieselfde sê nie. Dalk is daar selfs ‘n vyfde weg.
Beste Attie, Bertus en ander,
Ekself het hierdie asook die volgende boeke van NT Wright deurgewerk: Jesus and the Victory of God (die opvolg op die boek wat jy tans lees) asook The resurrection of the Son of God.
Mens is dankbaar vir wereldklas Nuwe Testamentici wat die vermoee het om krities om te gaan met die Bybel en met integriteit en geloofwaardigheid aan te toon dat jy nie jou verstand hoef te begrawe om in dinge soos Jesus se liggaamlike opstanding te glo nie. Die historiese bestudering van die Bybel hou geen bedryging vir geloof in nie – in teendeel, dit gee geloofwaardigheid daaraan.
Ek stem saam dat baie gewone kerklidmate nog ver het om te gaan wat teks, konteks, historiese samehang, hedendaagse interpretasie ens betref. Ongelukkig is dit egter ook so dat sekere “wetenskaplikes” gelowiges soms so skok met teoriee wat mincemeat van omtrent alles in die Bybel maak dat dit gewone Christene bang maak vir ‘n kritiese omgang met die Bybel.
Groete en lekker lees!
Willem
Groete
Willem
Hi Willem: Daardie twee boeke staan gereed en ek lees hulle nadat ek hierdie een gelees het. Eintlik lees ek nie die boek nie, die boek lees my. NT Wright het my geloof deur hierdie boek op ‘n wonderlike manier versterk. veral gesien in die lig van die debat oor God en die Woord wat van tyd tot tyd in ons land kop uit steek. Lekker om van jou te hoor.