Ek het ‘n hele rukkie terug ‘n “post” geskryf oor die wonderlike werk wat in ‘n tonk in die VSA gedoen word. (Ongelukkig kan ek nie daardie “post” van my opsoor nie.) My “post” was gebaseer op ‘n artikel wat ek gelees het met betrekking tot een van die leiers in die VSA wat trinkstraf uitgedien het en toe met ‘n bediening in gevangenisse begin het. Die gevangenisse het die Here Jesus leer ken, en dit het hullehele lewe verander en die gevangenisse het al hoe meer verantwoordelikheid vir mekaar en vr hulleself aanvaar.
Daar was persone wat die geloofwaardigheid van die “post” en selfs die waarheid daarvan bevraagteken het. Brian McClaren het nou ‘n post geskryf wat basies dieselfde verhaal vertel, maar hy het ook ‘n paar skakels waar mens kan gaan kyk om die gebeure te verifieer.
Ek glo nie die een wat die waarheid van die “post” bevraagteken het lees meer die “blog” nie, maar dit is in elk geval ‘n besondere getuienis om te lees.
Ek het nie die artikel gelees nie, maar ek glo met my hele hart God is aan die werk, nie net in gevangenisse nie, maar in ons eie lewens ook. Net soos wat ons dinge soos die artikel nie altyd wil glo nie, wil ons Hom ook nie toelaat om in ons te werk nie. Hy is altyd daar, ons is die ouens wat Hom pootjie, en ek is lekker skuldig daaraan in my eie lewe.
Dagsê Doom
Xander lees E se kommentaar en kan nie help om verby xander se pyp te glimlag nie; hoed dieper oor oë te trek met ‘n sug: “jaaaa, mens, sooo diep waar”. Wie is nie skuldig daaraan nie?
Laat vir xander verder net wonder: pootjie xander Hom nie partykeer per ongeluk en onbewustelik nie, omdat xander maar half kort van geduld is en die Here Hom mos nou nie laat aanjaag nie en omdat xander die roete op pad huis toe maar slegs ten dele ken?
Ja-ja, die sementvloer is al twee duike in geskuur waar xander op sy knieë bid, maar hoe gemaak as die antwoord bly ontwyk? Net soms, net soms, wens ou xander die Oubaas wil ook maar net ‘n bietjie growwer in sy lewe werk – nie so fyn dat manman skaars agterkom dat God besig is om te werk nie, maar sommer ordentlik sodat manman mos kan SIEN daar is verandering!
Welkom terug, Doom. Hoop die ruskans het die gewenste uitwerking gehad!
Groetnis
Jou ou vriend
E: Hy werk op maniere wat ons nie altyd raaksien nie. Hierdie verhaal was egter vir my baie bemoedigend. Die beste van alles, dit is die hoof van die gevangenis wat hierdiedine inisieer.
Xander: My goeie vriend, ek ht nie ‘n kitsklar antwoord op die saak van die Here wat soms te “fyntjes” en te sag met ‘n mens werk nie. Geduld, geduld, geduld. Die gevaar is nauurik eersten dat ‘n mens kan doen vor jy gehoor het. Tweedens (Ek sê dit baie versigtig) dat ‘n mens dalk hoor maar nie wil hoor nie.
Doom:
Natuurlik is dit so dat manman, veral as jy nou in ‘n ander ry gestaan het toe geduld uitgedeel is, kan doen voor manman hoor.
Ek verstaan van hoor maar nie wil hoor nie, maar daar is ‘n verskil tussen om nie te hoor nie omdat jy nie wil hoor nie en sodoende hoor jy eintlik wel, aan die eenkant, en aan die anderkant nie hoor nie omdat jy regtig nie seker is of jy reg hoor nie. En xander stamp nie nou voete nie, Doom, xander gesels in soveel vrede met Doom juis omdat Doom altyd so ordentlik is – dankie daarvoor.
Xander: Ek dink ni jy stamp voete nie, en ek het jy weet mos dat ons saam soek na antwoorde en nie dink een se antwoord is noodwendig ‘n klaar antwoord nie. Ek hou van wat jy sê: “omdat jy regtig nie seker is of jy reg hoor nie.” My vriend, daarin lê die stryd. Op die ou end lê dien antwoord vir my daarin dat ek met die lig en die insig tot my beskikking ‘n besluit moet neem. Ek dink nie ‘n mens gaan selfs biddend ‘n pasklaar antwoord kry nie. Maar biddend gaan mens in afhanklikheid van die Here bly soek.