Ek kry e-kerk se nuusbrief en daar is baie kere artikels in wat vir my waardevol is. Hierdie een oor leierskap het hierdie week my aandag getrek:
Meeste Amerikaners beskou Lincoln as een van hulle grootste presidente. Wat ons wel kan sê, is dat hy ‘n groot leier was en vir elkeen van ons ‘n voorbeeld is van wat bereik kan word as jy jou op iets toespits
Hy is in ‘n houthuis gebore; hy het minder as een jaar formele opvoeding gehad – en hy word president. Wat egter opvallend is, is sy mislukkings:
1843: hy verloor die nominasiestryd vir die Amerikaanse Kongres.
1846: hy word verkies tot die Kongres, maar twee jaar later is hy uit, want sy party het Kongreslede se termyn tot twee jaar beperk
1854: hy verloor ‘n verkiesing as senator.
1856: hy verloor die nominasie vir vise-president.
1858: hy verloor weer die verkiesing as senator,
Ook op persoonlike vlak gaan dit maar sleg met hom: sy eerste liefde sterf; ‘n vrou verwerp sy huweliksvoorstel – klinies was hy depressief. Ten spyte van al sy terugslae word hy in 1860 as president van die VSA verkies.
Wat kan ons van Lincoln leer?
Hoe kan ek my mislukkings verander in suksesse?
Let op: elke keer as Lincoln misluk het, was hy terug om iets groters te doen. Hy het dikwels misluk, maar soos Maxwell sê: opwaartse mislukking. Dit beteken dat hy innerlik baie sterk moes gewees het. Daar was baie emosionele en professionele hekkies waaroor hy moes kom, maar nooit het ‘n terugslag hom permanent ondergekry nie.
Hoe dikwels laat ek en jy toe dat mislukking ons toekoms bepaal? Hoe het Lincoln daarin geslaag om uit elke mislukking te leer – om sterker anderkant uit te kom? Ons kan twee lesse by Lincoln leer:
Volharding. Dit is die kern en Lincoln was ‘n meester in volharding.
Glo in jouself. Lincoln het hom as ‘n leier gesien lank voordat hy een was. Dit was nie arrogansie of leë ambisie nie. Hy het ‘n doel in die lewe gehad wat die moeite werd was om na te streef.
Ek kan ook hierdie twee eenvoudige beginsels toepas om my lewensroeping te ontdek en te bereik.
Moenie toelaat dat iemand jou drang om jouself te verbeter, wegvat nie.
Inderdaad ‘n goeie voorbeeld. Hoeveel jong mense vandag sê hulle kan nie gaan swot nie, want niemand wil vir hulle beurse gee nie. Ek het sedert my st7 jaar elke vakansie gewerk en selfs op universiteit het ek gewerk, maar ek het klaar gestudeer- ‘n studielening van R200000 ten spyt. En dit was in die dae wat ‘n mens ‘n huis kon koop met R200000. Dit is egter binne drie jaar afbetaal.
Welkom terug! Hoop jy het lekker uitgerus! 8)
Alec: Dit gebeur so maklik.
Blixer: Ek het self vir sewe jaar op Universiteit my eie koste gedra.
BiB: Dankie vakansie was lekker, maar dit is ook lekkr om terug te wees