WETTISIME vs LIEFDE

Soms kan ‘n mens baie leer by die Joodse Rabbis. Een so ‘n storie kom van Rabbi Levi Yitzhak van Berdichev in die Ukraïne. Hy het erken dat hy die waarde van liefde by ‘n dronkie leer ken het. Die Rabbi het by geleentheid ‘n kantien in die Poolse platteland besoek. Toe hy by die kantien instap het hy dadelik twee manne, Ivan en Peter, gesien wat duidelik reeds naby aan hulle genoeg gedrink gehad het. Met hulle arms om mekaar se skouers het hulle probeer uitvind wie die ander een nou eintlik meer liefhet as die ander een.

Skielik het Ivan vir sy vriend gesê: “Peter, vertel my bietjie wat maak my die seerste?” Skoon verbaas het Peter agteroor gesit en met ‘n sleeptong gesê: “Hoe sal ek weet wat maak jou die seerste?” Ivan se reaksie het die Rabbi die ware betekenis van liefde geleer: “Peter,” het Ivam gesê, “as jy nie weet wat my seermaak nie, hoe kan jy sê dat jy my liefhet?” Lees voort “WETTISIME vs LIEFDE”

IN TRANSITO

Die  twee grootste godsdiens-groepe in die wêreld is die Christene (2.1 Biljoen – 33%) en Islam (1.5 Biljoen – 21%). Die nie-godsdienstiges is die derde grootste groep (1.1 Biljoen – 16%). Die Jode is ‘n baie kleiner groep (14 Miljoen -0.22%) Die drie godsdienste (Christene; Islam en Jode) het al drie hulle oorsprong in Abraham, terwyl ‘n mens kan sê dat beide die Christene en Islam uitvloeisels is van die Joodse Godsdiens.  Tesame vorm die drie ongeveer 54% van die wêrelds se bevolking. (Ek probeer nie ‘n getalle oorwig redenasie opbou nie.)

In sy boek “Finding our Way Again” skryf Brian McClaren: “And of course they wield an influence that affects 100 percent of the planet’s six plus billion living human beings, not to mention the uncounted trillions of human beings who will someday exist unless aggresive and suicidal elements in these three religions drive us to extinction. Lees voort “IN TRANSITO”

GOOI DIE KLIPPE..

Die gebrek aan vergifnis is dikwels die oorsaak van stukkende verhoudings. Vergifnis is die een saak in die lewe waar ons die meeste van die kere nie kan vergewe soos ons vergewe is nie. Verskille – selfs ernstige verskille – gebeur tussen alle mense, ook tussen Christene. Een voorbeeld van so ‘n ernstig verskil is in Handelinge 15:36-41. Die wonderlike van die gedeelte is dat die uiteinde opbouend positief is.

In die praktyk kry ons dit net eenvoudig nie reg om altyd te vergewe nie. Nie eers die mense die naaste aan ons nie, wat staan die mense met wie ek geen verbintenis het nie. Lees voort “GOOI DIE KLIPPE..”

THE FATAL FAILURES OF RELIGION (II)

EK het onlangs die storie gelees van die klein dogtertjie wat by haar oupa en ouma op die plaas gaan kuier het. Haar oupa en ouma was baie streng daaroor dat Sondag die dag van die Here is en dus ook heilig. Hulle was daarvan oortuig dat dit ‘n dag van stilte behoort te wees, waar ‘n mens nie hardloop nie en dat die Bybel die enigste boek is wat gelees mag word. Die klein dogtertjie mag nie op die swaai gespeel het en mag ook nie blomme in die veld gaan pluk nie en mag ook nie rondgehardloop het nie.

Terwyl oupa sy middagslapie geneem het, het sy toestemming gekry om tot by die hek van die plaas te loop – sy mag net nie te vinnig loop nie. Op pad hek toe loop sy by die muil se kamp verby. Die muil staan langs die draad met sy kop omlaag en sy oë toe. Sy het haar handjie deur die draad gesteek, aan die muil gevat en gesê: “Siestog, het muile ook godsdiens?” Lees voort “THE FATAL FAILURES OF RELIGION (II)”

DIE BYBEL – DIE BOEK

Ek kry gereeld e-kerk se nuusbrief wat nogal interessante beriggies ens. in het. Hulle het ook hulle eie webblad waar nog meer artikels gelees kan word. Hierdie berig was vir my interessant en ek plaas dit met die toestemming van e-kerk.

Het jy al ‘n Filistyn of ‘n Moabiet of ‘n Amalekiet gesien? Hulle was almal omtrent so groot soos Israel, maar hulle het verdwyn. Wat onderskei Israel van hierdie ander nasies? Dit was nie mag nie – Israel was meestal beset deur vreemde volke; dit was nie rykdom nie; dit was nie grootte nie. Wat het Israel gehad? ‘n Boek – eintlik boekrolle. Hierdie Boek het vir hulle gesê dat daar net een God is – Hy het alles geskep en Hy sal alle dinge weer regstel. Hierdie boek sê dat die geskiedenis van Israel ‘n verhaal is – God se verhaal – met ‘n begin, ‘n krisis en eendag ‘n klimaks. Geen wonder hulle staan bekend as die “mense van die boek” nie. Om die kinders aangaande hierdie boek te leer, was die ouers se belangrikste taak; om hierdie boek aan ander te leer (om ‘n rabbi te wees) was hulle grootste ambisie.

Menslik gesproke kon hulle net hierdie Boek aanbied. Lees voort “DIE BYBEL – DIE BOEK”

THE FATAL FAILURES OF RELIGION

George Maru het nog altyd op ‘n besondere manier aan die gesprekke op my “blog” deelgeneem.George het verlede week hierdie kommentaar gelewer op Lidmaat se kommentaar op een van my inskrywings:

Betreffende jou opmerking oor die Bergpredikasie, spesifiek hierdie opmerking: “Die ouens op George se blad wys egter ook niks van iets soortgelyks nie, maar hulle verwag van ander om dit te doen.” Ek verskil nie noodwendig van jou dat dit so is nie. Ek dink wel dat ons (hetsy gelowig of nie) ‘n verantwoordelikheid het om dit uit te leef wat ons verkondig en/of glo. Lees voort “THE FATAL FAILURES OF RELIGION”

KINDERS BY SHELTER

Ons dogter Rene en twee van haar maatjies, Minette en Chere het toe Vrydag by die Shelter, waar weeskinders versorg word gaan kuier. Hulle het die babas die vorige week leer ken en was gedetermineerd om Vrydag weer te gaan en die kindertjies ‘n bietjie beter te leer ken. Ons het hulle gaan aflaai en na ‘n uur en ‘n half weer gaan haal .

Hier is drie fotos waar elkeen van hulle ‘n babatjie vashou en so ‘n klein bietjie van die geskiedenis van elkeen van die kindertjies. Lees voort “KINDERS BY SHELTER”

VOLGELINGE NIE BEKEEERLINGE NIE

Wanneer ‘n mens op die punt kom dat jy daarvan oortuig is dat jy alles weet, dan weet jy waarskynlik te min. Ek lees graag en leer by verskillende mense, sonder om een van hulle slaafs na te volg.

Ek lees op hierdie stadium McClaren se boek Finding Our Way Again. The Return of Ancient Practices.” Ek haal ‘n paar paragrawe aan van sy hoofstuk:

“I was talking to a Jewish friend of mine a couple of years ago about the person in question. “What do you think of Jesus?” Lees voort “VOLGELINGE NIE BEKEEERLINGE NIE”

VERGEWE EN VERGEET

Dat ek juis nou na alles wat op hierdie “blog” gebeur het hiermee moet worstel…

Wat beteken dit om te vergewe en te vergeet?

1. Vergewe is om ‘n ander persoon toe te laat om menslik te wees met betrekking tot foute en misstappe. Vergeet is om daardie dinge deel van die verlede te laat wees in die mate dat dit nie weer bespreek word nie en nie meer ‘n blokkasie in die verhouding veroorsaak nie. Lees voort “VERGEWE EN VERGEET”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑