Ek lees op hierdie stadium John Burke se boek: “No Perfect People Allowed”. Dit wil voorkom asof die boek nie in Suid Afrika beskikbaar is nie. John Burke is predikant van ‘n gemeente wat hoofsaaklik bestaan uit die geslag wat hy “post-modern” en “post- Christian” noem.
John Burke het sy bediening begin as ‘n studente leraar maar wou na sewe jaar die handdoek ingooi. Einde laaste het hy by hierdie punt gekom: ” I now believe that that only a church full of imperfect people, acting as his Body, can bring hope and healing needed to change our post-modern world for the better – one life at a time.”
Burke wys veral daarop dat die modernistiese (Later noem hy dit pragmatisme) manier waarop kerk tot nou toe gedoen is, eerder die einde van die kerk beteken as wat dit die voortbestaan daarvan sal verseker. Hy wys veral daarop dat die modernistiese manier van kerk wees, die kerk op ‘n punt gebring het, waar ons nie regtig weet hoe die pad vorentoe lyk nie.
Volgens Burke het die wêreld nie nog teorieë en nog statistieke en nog “quick-fix” werkswyses nodig nie, wat die wêreld nou nodig het, is tasbare bewyse dat God nog steeds doen wat God altyd in elke geslag gedoen het – Hy bou sy kerk vanuit hooplose situasies. Dit het ons op die punt gebring waar ons nie meer nodig het om af te breek nie, maar op te bou.
Ons staan egter ook voor die werklikheid dat die modernistiese werkswyse waarop die kerk gebou is, nie ‘n impak gaan hê op die post-moderne, post-Christelike geslag nie. Volgens Burke het hy die boek geskryf vir gemeente , kleingroepleiers en bedieningsleiers. Met die boek wil Burke hierdie rolspelers in die gemeente help om ‘n bepaalde kultuur te skep – ‘n kultuur waar ‘n mens nie eers hoef te verander voordat jy deel kan word nie – sodat die kerk of gemeente op hierdie manier die gaping tussen kerk en die post-moderne geslag kan oorbrug.
Ek gaan ‘n bietjie oor die boek “blog”. Ek het nie al die antwoorde nie, en ek self is nie deel van die post-moderne, post- Christelike geslag nie, maar ek werk met hierdie geslag en ek doen my bes om hulle te verstaan. Ek weet egter dat hier ‘n hele paar mense uit hierdie geslag is, wat hier lees en ek sal graag van tyd tot tyd julle menings wil hoor.
Burke het ses dinge gesien waarmee hierdie geslag worstel en as die worstelstryd van hierdie geslag nie in die kerk geakkomodeer word nie, gaan die kerk irrelevant word. Hy het ‘n deel van die boek afgestaan aan elkeen van die dinge waarmee die geslag worstel en die boek is dan opgedeel in sewe dele en sestien hoofstukke. Die eerste deel van die boek is waar hy meer agtergrond inligting gee en daarna bespreek hy elkeen van die ses dinge waarmee hierdie geslag worstel.
Die verskillende dele is:
Deel een: Die worsteling van die kerk met die oog op die opkomende geslagte.
Deel twee: Die worsteling met vertroue.
Deel drie: Die worsteling met verdraagsaamheid.
Deel vier: Die worsteling met waarheid.
Deel vyf: Die worsteling met gebrokenheid.
Deel ses: Die worsteling met eensaamheid.
Deel sewe: Die worsteling met die toekoms.
Hoe aktueel dink jy is hierdie ses dinge met betrekking tot die post-moderne, post-Christelike geslag?
Doom Attie
Ek het ‘n vragie oor die post-moderne, post-Christelike geslag. Ek verstaan hulle is die toekoms en die volgende geslag wat gaan oorneem en dit belangrik is dat ons hulle op die regte pad hou en hulle denkwyse verstaan ens. MAAR wat van my, nee – wat van ons. Wat ek wil vra is hoekom wil die kerk die kerk “verander” vir die post… geslag as ons al die kerk probeeer verander vanaf Handelinge? Miskien is ek onduidelik hier.. ek verstaan self nie wat ek skryf nie. Jesus het gesê dat Hy nie gekom het vir die gesondes nie maar vir die siekes (Matt 9:12-13). Ons gee om vir die armes en help die in nood waar ons kan. Dit is die oudste gebod in die Bybel of “Sjama” om God lief te hê met ons hele hart en verstand en ook ons naaste. Die dele wat Doom in die boekmet ons wil deel is nie net van toepassing op die post…. mens nie maar dit is dele waarmee ons almal mee worstel… elke dag.
Skuus as ek nie sin maak nie maar soms dink dat ons so fokus op die volgende geslag en om die kerk te wil verander dat ons die huidige geslag soms miskyk en verloor. Veral die tussen 20-35.
Groete
Pieter: Dis waar ons verander die kerk al van Handelinge af, maar die verandering het behels dat ons die bediening van die kerk aanpas by die omstandighede waarbinne die kerk haarself bevind.
Oor die gedagte dat die dinge ook van toepassing is op die ander geslagte is waarskynlik waar, maar hulle beleef dit uniek. Hulle beskryf die post-moderne geslag as die groep wat grotendeels na 1980 gebore is. Terwyl ek die boek lees, ontdek ek inderdaad ook dinge waarmee ek worstel. Die gedagte is dat sekere dinge waarmee die geslag worstel die gevolg is van sekere dinge wat hulle beleef het, maar dit is nie te sê dat ander nie dieselfde dinge beleef het en dat die effek op hulle nie dieselfde was nie.
Maar ek skryf later meer daaroor.
Ek weet vir ‘n feit niemand van ons is volmaak nie!!