SOMMER NET ‘N PAAR SOMMETJIES

Ek lees tans ‘n boek oor bediening aan die post-moderne geslag en ek lees daarin die gedagte dat ‘n mens dalk nie die Ou Testamentiese profesieë so maklik van die tafel af moet vee nie. Die persoon noem toe sommer so in die verbygaan van die profesieë oor die ballingskap en die verstrooing van Israel.

Ek gaan maak toe net ‘n bietjie seker wat die professië is en hoe die dinge in vervulling gegaan het. Christene glo immers dat die koms van die Messias in die profete voorspel is. Ek is eerlik as ek sê dat ek nog nie heeltemal weet wat ek daarmee moet maak nie, maar dit was vir my nogal interessant.

Ek wonder wat dink jy hiervan?

Eerstens hierdie teksverse:

“Dan moet jy op jou linkersy gaan lê en die sonde van die volk Israel op jou neem. Jy moet hulle sonde dra die volle getal dae dat jy op jou sy lê. Soveel jare as wat hulle bly sondig het, soveel dae lê Ek jou op: drie honderd en negentig dae lank moet jy die sonde van die volk Israel dra. En as jy daarmee klaar is, moet jy op jou regtersy lê en die sonde van die volk Juda dra, veertig dae lank: Ek lê jou ‘n dag op vir elke jaar.” (Esegiël 4:4-6)

Dan hierdie sommetjie:
390 dae (Een dag vir elke jaar.)
+ 40 dae (Een dag vir elke jaar)
= 430 dae (Een dag vir elke jaar)

In hierdie verse van Esegiël word dus 430 jaar van oordeel oor Israel aangekondig. In 606 v.C. word Israel (Juda) in Ballingskap geneem vir 70 jaar. (Jeremia; Daniël; Nehemia)

Dan nog ‘n sommetjie:
430 – 70 = 360 jaar van ballingskap of oordeel bly oor.

In Levitikus 26 kondig die Here aan dat indien Israel na die eerste straf nie hulle lewens in orde kry nie, dan gaan Hy hulle sewevoudig straf, en dat deel van hierdie straf sal wees dat hulle onder die volke verstrooi sal word:

“En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie. En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig. En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ‘n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ‘n wildernis en julle stede puinhope word.” (Levitikus 26:18 en 33) Hierdie is die 1953 vertaling aangesien die 1983 vertaling die syfers weggelaat het.

Nog ‘n sommetjie:

360 (Jaar van oordeel wat oorgebly het.)
X 7
= 2,520 (Jaar van oordeel moet nog deur Israel uitgedien word.)

Die Joodse kalender het voorsiening gemaak vir 360 dae in ‘n jaar en het voorsiening gemaak vir die skrikkeljaar beginsel deur sekere jare 13 maande in plaas van 12 maande te laat hê. (The Jewish calendar, however, coordinates all three of these astronomical phenomena. Months are either 29 or 30 days, corresponding to the 29½-day lunar cycle. Years are either 12 or 13 months, corresponding to the 12.4 month solar cycle.)

Nog ‘n sommetjie:
2520 Jaar
X360 dae
= 907,200 dae.

907,200 dae
÷365.25 dae
= 2483.78 jaar van God se oordeel oor Israel wat oorbly.

606 v.C. – Die jaar toe Israel deur Babiloniërs in ballingskap weggevoer is.
– 70 – tydperk wat hulle ballingskap gebly het. (Jeremia; Daniël en Nehemia)
= 536 v.C. – datum waarop terugkeer na Jerusalem.
+ 2483 – jare wat oorbly van Israel se oordeel.
+ 1 – want daar was nie ‘n jaar “0” v.C. of n.C. nie.
= 1948 – Die jaar waarin die volk Israel terugkeer na Palestina.

Ek hoor graag wat dink jy hiervan.

NS: Een dokument oor die Bybel en argeologie wat vir my interessant was, is HIER.

2 thoughts on “SOMMER NET ‘N PAAR SOMMETJIES

Add yours

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: